Jaco Strydom blog

...iewers tussen drome en herinneringe gebeur vandag...
God comes to us disguised as our life -Paula D'Arcy
w e l c o m e   t o  my chaos
    (this blog is a pit ± 39m deep - scroll deeper for the darker stuff)
die inhoud van die blog skommel heeltyd - soos die lewe . . .
________________________________________________________________________

“I had nothing to offer anybody except my own confusion.” 
― Jack Kerouac


30/05/2023
“He who jumps into the void owes no explanation to those who stand and watch.” — Jean-Luc Godard



probeer skryf aan die nuwe boek, 
maar die beautiful Wilge trek my aandag af . . 
                         my (very) tiny floating house on the Wilge river


Die Vreemde vrou se trane

uit my rubriek vandag in Beeld

Die vrou het so gehuil dat ek nie mooi kon hoor wat sy sê nie. Ironies genoeg was ek by 'n sendingkonferensie toe sy bel. Sy was 'n professionele vrou wie ek nog net drie keer in my lewe ontmoet het. 

Ek het nie mooi geweet wat aangaan nie, die vrou was duidelik baie ontsteld, sy was heel “in beheer” toe sy begin praat het, maar later het sy so gehuil dat sy die foon moes neersit. 

'n Paar minute later kry ek 'n sms waarin sy sê, sy is jammer is dat sy so huil, sy weet nie wat met haar aangaan nie. 

Ek sms dadelik terug dat dit my hart goed doen. Haar oproep was op 'n vreemde manier een van die beste dinge wat die week met my gebeur het - baie meer inspirerend as die praatjies by die sendingkonferensie!

   

Die afgelope paar dae het sy op pad werk toe 'n hoop plastieksakke langs die pad gewaar. Sy sê dit het vir haar gelyk of daar 'n mens onder daai sakke was. Met verloop van tyd het dit haar al meer begin pla. Daardie oggend kon sy nie weer net haar kop wegdraai en verby ry nie. Sy het al haar moed bymekaar gemaak, gestop, nader gestap en die sakke opgelig.

Onder die plastieksakke het 'n ou man gelê en bibber van die koue - dit was in die middel van die winter - en hy was heeltemal blind. 

Sy het dadelik vir hom gaan kos koop en belowe om weer 'n draai te maak. Toe sy wegry, sien sy in haar spieëltjie hoe hy hande viervoet rondkruip op soek na die pakkie kos. Sy het weer gestop en die keer die kospakkie in sy hande gesit. 

Die vrou wou hoor of ek weet van 'n plek wat bereid sou wees om hom in te neem.

 

Op 'n vreemde manier was haar oproep baie tydig met betrekking tot my eie geestelike pad. Ek het op daardie stadium al vir dae lank elke oggend in my stiltetyd die seënspreke in Mattheus 5 gelees. Ek het veral baie gewonder oor Matteus 5:4 “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word”. 

Haar stukkende hart was vir my 'n duidelike teken dat ek hier met 'n geseënde vrou te doen het. Ek het haar nie jammer gekry nie, ek het haar bewonder.

Die blinde ou man het haar gehelp. Die oomblik toe sy begin treur het sy ook een van die geseëndes geword. En alleen vanuit hierdie nuwe posisie, bewus van haar eie gebrokenheid, sou sy hom later kon probeer help.

 

Henri Nouwen het iets hiervan verstaan toe hy destyds besluit het om sy posisie as professor te verlaat en 'n huis te deel met 'n groepie gestremdes. Hy skryf: "I did not leave the university - after twenty years - and move in with people with disabilities at L’arche because I wanted to help them, but because I needed better teachers .”

Ons kan net groei in empatie en deernis as ons bereid is om self weerloos te wees. Mense wat altyd hulle afstand hou, altyd die veilige plekke opsoek, groei nie. 

Groei is pynlik.

Ons leef in 'n gemeenskap waar mense al meer afgestomp raak. Numbness is 'n verdedigingsmeganisme teen seerkry. Die eerste keer wat jy 'n straatkind sien, ontstel dit jou. Maar na 'n tydperk (as jy genoeg straatkinders gesien het), raak dit jou nie meer so diep nie, dan word straatkinders iets anders as kinders op straat(!). Dis asof daar 'n tipe eelt op jou gees groei. 

Ons natuurlike reaksie is om situasies te vermy wat ons harte laat breek. Ons is bang vir dít wat die seerkry van ander aan ons eie binnekant kan doen. Nouwen sê in sy boek, The Wounded Healer: “Who can listen to a story of loneliness and despair without taking the risk of experiencing similar pains in his own heart and even losing his precious peace of mind? In short: “Who can take away suffering without entering it?”


Tog, by Jesus, kry ons die idee: dat ons lewens die meeste sin maak juis wanneer ons toelaat dat ons harte breek; 
in 'n beweging nader aan die nood, eerder as in die wegvlug daarvan. 

Leonard Cohen sing: “There’s a crack, a crack in everything. That’s how the light gets in”. 

Geseënd is die vrou wat huil saam met die blinde oom op straat.


(Confessions oor Kerkwees - oorspronklik uit my rubriek in Beeld/Netwerk24 )


________________

“Wie van julle het iets interessants gedroom?” vra ek een oggend vir die jongmense op die Afpakkamp - meeste woon in ons Echo-huise.
  Die een outjie, wie se pa en ma ’n paar jaar gelede kort na mekaar oorlede is, steek sy hand op, hy het van sy ma gedroom.
  “Sy was vol bloed,” vertel hy, “haar oë was uit, los velle het aan haar hande gehang, sy’t op haar knieë gekruip en vreemde geluide gemaak en my begin jaag.”
  “Dankie,” sê ek. “Nog iemand?”
  “Can’t beat that,” sê iemand agter in die groep.
  Dit was ’n rukkie stil . . . en toe begin ons praat oor ons drome en vrese. . . 
(uit Alle Sondaars Welkom - Lux Verbi)





Deputy Judge President Aubrey Ledwaba and Judge Eberhart Bertelsmann from Echo Legal - meeting today about about future collaboration at Grounded at Echo


"Most criminal justice systems treat you better if you are rich and guilty than if you are poor and innocent . . . ” one of the reasons we started Echo Legal, a Christian Legal witness to the vulnerable and the poor in our city.  


#EchoLegal 

#EchoCommunity




11/01/2024

mystery is no enemy to the believer 

it can fill us with wonder

one of the most beautiful manifestations of faith . .





“Magic exists. Who can doubt it, when there are rainbows and wildflowers, the music of the wind and the silence of the stars? Anyone who has loved has been touched by magic. It is such a simple and such an extraordinary part of the lives we live.” 
― Nora Roberts




Abnormale gedrag
(uit my rubriek vandag in Beeld)
 

 . . . ek het al baie hieroor gewonder. Sê nou daar sou 'n wêreld wees waar almal doof is en op 'n dag kan een ou skielik hoor. Kanse is goed dat die ander sal sê die ou is mal. Hy doen vreemde goed - stop byvoorbeeld om na die voëltjies te luister. 
   Of sê nou daar is 'n wêreld waar almal blind is en een ou kan skielik sien. Die ander sal dink die ou het sy kop verloor as hy begin praat van lig en donker en die kleure van die sonsopkoms. 
   Of sê nou daar is 'n wêreld waar niemand kan ruik nie (en sê nou dis 'n manskoshuis) en een ou kan skielik ruik . . .
   As die wêreld besig is om al meer mal te word is die kanse goed dat dié wat dit raaksien en uitwys as die malles beskou sal word.
   “It is no measure of health to be well adjusted to a profoundly sick society.” sê Jiddu Krishnamurti.
   En, lets face it, ons samelewing is nie lekker nie. Ons besoedel die lug wat ons self weer moet inasem, piepie in ons eie drinkwater. Ons is  magsbehep, verslaaf aan geld en geraas en geweld. 
   Kyk hoe baie Suid-Afrikaners ondersteun steeds vir Zuma (en het destyds vir die NP gestem) en hoeveel Amerikaners stem vir Donald Trump - kyk hoe gewild is die Kardashians! 

   Die mensdom is besig om al hoe maller te raak. Crazy is die nuwe swart.
   Allerhande reëls met strawwe is nodig om ons teen onsself te beskerm: om veiligheidsgordels te dra, nie te vinnig te ry nie, nie te drink en bestuur nie, nie te veel hoesmedisyne te koop nie, nie uit jou kar uit te klim in die wildtuin nie, nie aan hoogspanningsdrade te vat nie, nie jou eie kinders se skool af te brand nie . . . Is daar enige ander wese op aarde wat meer selfdestructive is?
   Om eenvoudig te lewe, lief te hê en lig te reis is vandag “vreemd”. Om meer bymekaar te maak as wat jy ooit nodig sal hê, om vyandigheid met haat en geweld te beantwoord, om 'n selfgesentreerd te lewe is nie net aanvaarbaar nie, maar selfs bewonderenswaardig. Die groot druk is om beter en beter te lyk eerder as om beter te word.
   Crazy!
   As iemand die dinge sou doen waarvoor Jesus destyds gestaan het, sal mense dalk vandag nog meer uitfreak as toe - veral godsdienstige mense.
   Abnormale gedrag is nodig in 'n wêreld waar normaal is wat dit vandag is . . .  

________________



10/09/2014

noudiedag in Indië . .  .

. . . het 'n droom gehad oor een van daai vrolike Indiese kinders in die strate van Varanasi. 
   Sy het uit 'n donker vuil stegie verskyn - soos ʼn engel - nader gestap en vreemd na my gekyk. Iets het haar duidelik ontstel. 
   Eers toe sy naby genoeg was kon ek sien dat sy MY jammer kry. 
   Haar oë het gehuiwer. Dit het gelyk asof sy iets wou sê. 
   Die kind wou my help - besef ek - maar sy weet duidelik nie waar om te begin nie. 
   Dit was asof sy geweet het ek sou nooit gelukkig wees sonder 'n klomp materiële goed nie; haar eenvoudige blydskap, in daai vuil stegie, was onmoontlik vir iemand soos ek. 
   Toe glimlag sy maar net vriendelik vir my - en ek glimlag terug in 'n swak poging om my verleentheid weg te steek . . .


(Uit Alle Sondaars Welkom/Lux Verbi)




It wasn’t curiosity 

that did the killing 

and it wasn’t a cat

It was mediocracy

- and it was a bat




Aaa tx vir die mooi artikel (en die wyn!) Vrye Weekblad
- ek dink moeder Teresa draai in haar graf om though..





14/02/2023

(uit Alle Sondaars Welkom/LuxVerbi) 

Alle Sondaars Welkom @  Exclusive Books, Bargain Books,
C.U.M. Books, Grounded at Echo, Takelot . . .




30/11/2022

Thank You to everyone supporting our Echo Communities, 

what a wild year!






23/11/2022

we'd rather look better and feel better, than become better - this is the great compromise that keeps us from growing spiritually . .






wou alles mak maak
ons, die groot kinders van die klein god
die leeu, 
die bok, 
die see, 
en Hom ok 
- ons wou Hom ok hok

die dat ons mal raak

dat ons nou ok begin opraak . . .



08/08/2018
 
 finally opened his eyes tonight . . .

___________________________________________________________



'n Gospel-liedjie oor kerkmense an ander sondaars

______


verraad is nie vir sissies nie ou maat . . . 

______



People too often say “justice”, but mean “revenge. 
But if it is wrong when they do it, it is wrong when we do it. 
When you fight evil with evil, the outcome is certain: evil will win. 
Cruelty breeds cruelty . . .

...Rom12:21..


memories . . .





20/12/2015
dis belangriker om lief te hê as om belangrik te wees



10/11/2023



Serenity, my hermit-hut - opi mooie Wilge








07/02/2023
He gave us sacred permission to feel our own complexity without shame or neuroses . . 
- Ron Rolheiser on Henri Nouwen



05/10/2014

Die nonne van Kalkutta


Greta en David is albei verlief, elke nou en dan verdwyn een van hulle om op ons goedkoop hotelletjie se Wifi te probeer Facebook of Whatsapp. Veral David, wat onlangs die meisie van sy drome ontmoet het - ons sou na die tyd spot en sê hy was in die Karoo terwyl ons in Indië was. 

Sané en Annuschka is iewers besig om die tipe herinneringe te bou wat mens later in jou lewe oor en oor vertel, herinneringe van "die dae toe ons nog jonk en vry was". Van die ander slaap al. Bushy is nog wakker, hy drink elke oomblik in. Ek dink die backpack-travel-ding het hom nou finaal gegryp, hy sit en droom. Bushy is 'n fantastiese ou, as good as they come, een van die slimste, fluksste, eerlikste, vryste mense wat ek ken.

 Dis ongelooflik om saam met dié klomp in Indië te wees. My helde. Die mense wat die lewe leef waaroor ek maar net kan preek. Ons ken mekaar goed, soos familie wat mekaar aangeneem het (nie omdat ons moes nie, maar omdat ons wou.). 

Wonderlik om die enigma van Indië deur hulle oë te beleef. Hulle grootste gawe is dat hulle ‘n way het met mense, veral mense wat swaarkry. Meeste bly saam met ons jongmense in een van ons Echo-huise in Pretoria, een of twee is op ander maniere betrokke.

By "Kalighat - house for the dying" in Kalkutta, kon ek sien hoe 'n Indiese non genaamd Caroon, onmiddelik met Sané connect. Sy het binne minute haar eie hart gedeel sonder om vir 'n oomblik oogkontak te verloor met die vreemdeling uit 'n ander wêreld. Oor en oor, het sy oor twee goed gepraat: haar liefde vir God en die eensaamheid en weerloosheid van die sterwende mense in Kalkutta. 

Ons het baie vrae gehad. Baie om te leer.

Na sy geduldig al ons vrae probeer antwoord het, vra David of ons vir haar kan bid, hy stop in die middel van sy sin, verander sy vraag en en vra of sy nie eerder vir óns sal bid nie - ons was duidelik die mense daar wat gebed die nodigste het! Sal sy so gaaf wees om te bid dat ons God se hart meer soos sy verstaan?

“Nee,” verras haar antwoord ons. As ons gebed nodig het sal ons self moet gaan kniel en bid in die kapel ('n  gebedskamer reg bokant die twee vertrekke waar sterwende straatmense en melaatses versorg word). God self sal ons bedien, sê sy en haar oë blink - asof sy 'n  geheim ken.

Ons het vir 'n rukkie almal stil bo in die kapel - waar Moeder Teresa so dikwels gekniel het - op ons knieë gaan sit. Ek het doelbewus weer Sister Caroon se woorde in my kop rondgedraai, bang dat ek dit sou vergeet - en gebid vir my eie selfsugtige siel. Terwyl ons elkeen in stilte probeer besig raak met God, kom nog nonne in en kniel in stilte.

Na 'n rukkie stap ek uit en skep vars lug op 'n balkon wat uitkyk oor 'n tipiese Kalkutta aandtoneel. Van oorkant een van die besige strate vang 'n vreemde beweging my oog. 'n Stokou Indiese vroutjie met 'n dikkerige stok vir 'n kierie in haar hand skuifel sukkel sukkel oor 'n baie besige kruising - karre, tuk-tuk's, busse, fietse, schooters, honde, voetgangers, koeie . . .

Met 'n skok besef ek: sy is blind!

Ek kon my niks erger voorstel nie. Om blind en alleen te moet wees in die verskriklike chaos, in die vuil stad.

Maar tot my verbasing weet sy duidelik waarheen sy op pad is. Aan my kant van die straat was 'n tipe polisie versperring. Toe sy dit bereik gly sy haar een hand oor die bokant van die versperring en skuifel dan al met die reëling langs tot by die trappe van Susters of Mercy. 

Die deur waaraan sy klop was skuins onder my waar ek op die balkon van die kapel staan en afkyk. Die deur gaan oop en ek sien hoe iemand haar na binne nooi. 

'n Heilige oomblik.

Eers sag en toe al harder kom die klanke van 'n baie ou lied uit die kapel. Die evening-prayer het begin. Ek gaan terug en kniel saam met die ander en die nonne - sommige uit Oos-Asië, ander uit Europa, een uit Afrika en 'n hele paar vroue uit Indië.

Vir die volgende uur bid en sing ons saam met die nonne en voel iets van hoe God se hart hier in die teenwoordigheid van sy liggaam klop.

Net daar op my knieë begin ek wonder: hoe sou die wêreld lyk as elke Christen die evangelie soos Moeder Teresa en hierdie nonne sou verstaan? Miskien was die idee nooit dat hulle hierdie wonderlike "wow-uitsonderings" van die Christen-wêreld moes wees nie. Sê nou dít was maar net "hoe Christene is". Onselfsugtige mense. Mense wat iets groter as materiële rykdom - iets groter as hulleself - ontdek het om voor te lewe. Sê nou almal sou, soos hierdie nonne, kies om hulle lewens te gee vir 'n stukkende wêreld (soos Jesus?).

Dalk is dit die nabyheid van die blindes wat hulle help om te kan sien . . .


(Confessions oor kerkwees)






___________________________________________________________
03/03/2021

2 dinge geleer die laaste jaar:


- there isn't anything so bad 

that you can't make it worse


- moenie die ander wang draai 

as jy nie gebliksem wil word nie


___________________________________________________________




07/03/2020


(uit my rubriek vandag in Beeld)

’n Minder godsdienstige belewenis van God



Die Fariseërs en ander godsdienstiges in Jesus se tyd kon God hanteer solank Hy iewers in die geskiedenis was, in ʼn boek of in ʼn tempelboks, in rites en tradisies en wette, op godsdienstige feesdae . . . maar nie ʼn weerlose God wat asemhaal en rondloop in die hier en nou nie - veral nie op minder godsdienstige plekke nie - en allermins ʼn kaal God aan ʼn kruis.

     Wanneer die godsdienstige instelling haarself begin verkoop as díe een wat op "sekere plekke" en "sekere tye” belewenisse van God se teenwoordigheid vir mense moontlik maak, kry sy skielik ondenkbare mag - g’n wonder politici is dwarsdeur die geskiedenis dikwels saam met godsdienstige leiers in die bed gevang nie.

     Om bewus te leef van God se teenwoordigheid is ʼn baie belangrike saak. Richard Rohr waarsku in sy boek, The Naked Now, dat sonder “belewenisse van God se teenwoordigheid”, die teologie leeg is en eintlik maar net nog ʼn magspel word, 'n ego-spel - in ʼn magsbehepte samelewing.

     Baie gelowige mense beleef ʼn groeiende gaping tussen hulle godsdienstige lewe en die “groter wêreld daar buite”. Hoe ironies is dit nie dat die “godsdienstige wêreld” toenemend gesien word as die “kleiner, begrensde wêreldjie” nie?

     Die gevaar van georganiseerde godsdiens is dat dit God probeer vasvang - "sodat die mense kan kom kyk . . ."

     Jy kan natuurlik ʼn lewe maak uit 'n vreemde wese in ʼn hok. ʼn Mens kan geld maak met God. (Maar laat ek nou nie weer op daardie band-wagon klim nie..)

     Die waarheid is dit: God laat Hom nie vang nie! Daai wese in die godsdiens hok, hoe interessant of vreesaanjaend hy ook al mag voorkom, is nie God nie.

     Dit het die Fariseërs en ander "bestudeerders van God" byvoorbeeld erg ontstel toe Jesus se dissipels koring pluk en Hy siekes begin genees op die Sabbat; toe hy saam met sondaars begin uithang; toe Hy nie sy hande was volgens die godsdienstige gebruike van die Jode nie en nie die gebruiklike vasdag hou nie . . .

     Jesus het soveel anders gelyk as dít wat op daardie stadium in hulle godsdienstige hokke was.

     Maar, sou jy met reg kon vra, is dit nie ook waar dat God se teenwoordigheid op sekere plekke en spesifieke tye, sterker en duideliker beleef kan word nie?

     Ons glo tog byvoorbeeld dat die Bybel God se wil aan ons openbaar. Juis daarom sit ons spesifieke tye opsy om die Bybel te bestudeer. Jesus het homself dikwels gaan afsonder op “eensame plekke” om in die natuur te gaan bid. En selfs Paulus sê God openbaar Homself in die natuur (Rom 1:20).

     Alles waar, Jesus self het mense in sinagoges die waarhede van die ou geskrifte geleer . . . . maar volgens Jesus word God ook veral beleef op minder godsdienstige plekke, daar waar mense lief is vir mekaar en omgee vir vreemdelinge en vir weerloses, Hy leer ons dat God ook saam met sondaars eet.

     Wat bly oor? 

     Niks! 

     God is oral.

     Die kerk het soms die manier om die Evangelie onnodig ingewikkeld te maak, veral deur belewenisse van God se teenwoordigheid te probeer skeduleer en formaliseer. Die vloek van die dogma - volgens Jung.

     Vreemde dinge gebeur wanneer mense bewus word van God se heilige teenwoordigheid ook op minder godsdienstige plekke - ons gedra onsself mos oor die algemeen beter op heilige plekke. 

     Klassieke godsdienstige byeenkomste en die kerklike kalender kan dalk dien as geestelike katalisators wat help om hierdie ander groter, holistiese bewustheid te stimuleer. Kom ons hoop.

      Want as dit gebeur word die kerk meer as net 'n plek waar mense “kan kom kyk hoe lyk God”, sy word 'n gemeenskap wat eerlik saam soek en verwonder en ontdek.

      Die groot funksie van die godsdienstige beweging is tog nie om God te probeer vang nie, maar om mense te bevry en te help om te ontdek: dat Hy toe al die tyd nader is as 'n hartklop.

     Paulus en Silas het Hom beleef in die tronk; Petrus het ontdek dat Hy by hom was toe hy in ongeloof begin sink het - selfs toe hy Jesus verloën het; Paulus sien Hom tussen die heidene in Athene in die standbeeld van die “onbekende God” en selfs in die gedigte van Griekse skrywers (Hand 17 en Tit 1:12); die tollenaars en sondaars ontdek tot hulle verbasing dat Hy saam met hulle eet - en ʼn bruidegom dat Hy daar is toe sy wyn opraak . . . 


JacoStrydom/Beeld/Netwerk24









10/11/2022

Elke nou en dan dink ek ek moet dalk bietjie probeer om iemand anders te wees. Ook begin check hemde dra en netjiese skoene (met kouse), ook begin tee drink - en minder wyn en koffie, mooier eet, sport kyk op Saterdae, vakansie hou in 'n Aventura Oord . . . dalk moet ek ook sinodesittings begin bywoon of nog verder swot of my hare sny of vroeër opstaan om om die blok gaan stap of in 'n park met 'n nommer op my rug gaan hardloop saam met hordes ander mense . . . 

   Maar dan dink ek, naaa, klink te veel na moeite, en “hulle” lyk ook nie vir my te happy nie - en nou’s hulle nog moeg ook . . 


_______


Gister ’n onbekende tannie begrawe. ’n Klein begrafnis vol vreemde gesigte. Aan die einde van die diens het die een mens ná die ander opgestaan en met oë wat blink van trane en verwondering verhale vertel van haar goeie hart, haar baie omgee, haar moeite met mense . . . hoe baie sy vir hulle elkeen beteken het.

Ek kon letterlik sien hoe die mooi dinge wat sy op die aarde gedoen het nou in hulle voortleef.

Wat ’n getuienis! What a legacy! What a way to go!

_______





07/02/2023
we need monsters, because you can be cruel with a monster - and we want to be cruel with something - someone that's cruel with a moster can even be called a hero . .

_______


24/03/2022
tx Leef Tydskrif

https://dawidbrand.co.za/wp-content/uploads/2022/03/084-089-geloofhetnadres.pdf 





12/06/2017


Op 'n plattelandse dorpie vertel die eienaar van 'n koffiewinkel my dat 'n belangrike man van 'n politieke party daar uithang. Sy wil my só graag voorstel.
   'n Groot man in kakieklere kom nader. Teen die kant van sy kortbroek hang 'n pistool.
   “Skielik voel ek veiliger!” maak ek 'n grappie toe ons groet. Ek nooi hom om te sit.
   In die vorige verkiesing het hy meer as 'n duisend stemme gekry, sê hy.
   Jo, sê ek.
   Hy vertel van al die moeilikheid wat die mense op die dorp en die plase moet verduur. Daai ander lot maak dit nie vir 'n ou maklik nie, sê hy.
   Ek vra wat hy doen as hy nie politieke vergaderings bywoon nie.
   Hy sê hy het 'n mini-loan besigheid. Amper al sy kliënte is swart en sy besigheid doen deesdae eintlik besonder goed!
   Sjo, sê ek.
   Ons praat oor die kerk - hy het by die eienaar gehoor ek is 'n tipe kerkman.
   By húlle kerk neem hulle nog alles wat die Bybel sê letterlik op, sê die politieke man en maak sy oë groot.
   O, sê ek, soos daai versie wat sê verkoop jou goed en gee die geld vir die armes, of die een wat sê wees lief vir jou vyande?
   Hy lyk nie happy nie. Ons praat oor ander goed.
   Ek kan nou nie gedagtes lees nie maar ek dink wat hy eintlik bedoel het is die versie wat sê “die Here is my herder” en dalk die een in Levitikus (19:27/28) wat sê mens mag nie tatoeëermerke hê of jou wangbaard en die hare voor jou ore skeer nie? (Eintlik net die een deel, help ek myself reg, want hy sny duidelik sy sidies en sy wange is skoon geskeer)
   Hy was 'n vriendelike man - al leef ons nie op dieselfde planeet nie. Al wat ons waarskynlik in gemeen het is dat ons albei Afrikaans is.
   Dit help nie ons wil net met mense praat met wie ons saamstem nie, nie in hierdie land met al haar diversiteit nie.
(My rubriek vanoggend in Maroela Media)



]




 03/03/2014

Mathilda: "Pappa ek hou van 'n seuntjie by die skool"
Ek: "Weet daai seuntjie ek het 'n gun?"
Mathilda: "Ag hy hou nie eintlik van my nie so pappa kan hom maar skiet"



__________________________________________

Everyone loves a prophet 
when he is criticizing the other team...

______________________________________





my solo sup trip in 2016, Pemba Tanzanië
. . het 'n dag lank kaal geloop op een erg afgeleë eilandjie . .
en lanklaas so lewendig gevoel






“But we cannot simply sit and stare at our wounds forever.”
-Haruki Murakami

 
11/04/2020
 
Old-school-selfie want ek is locked-down 

like-never-before 


lockdown . . .  so I decided to make 2 whales, and tell you a whale-joke

Me: So you two girls are from England? 
Girls: Wales 
Me: Oh I see, so you two whales are from England?

__________

die kerk het ’n buitengewone vermoë 

om wreedhede weg te steek 

(en dit resoneer beter met donker as met lig . . )
__________



Die illusie van goeie teologie

 (uit Confessions oor Kerkwees - aanvanklik geskryf in Rapport )


   Toe sien ek
    ..dat die ou tannie met die swak teologie 
    wat drie weeskinders in haar plakkershuis inneem, 
    meer doen as sewe goeie teoloë...


Hoe dikwels moes ons deur die jare hoor hoe dosente en ampsdraers van veral die drie susterskerke met genoegdoening opmerk dat “ons gereformeerdes darem baie goeie teologie het”; en dan dikwels ook die waarskuwing om versigtig te wees vir die swakker teologie ander kerklike tradisies.

Lelike goed het al gebeur in die naam van sogenaamde “goeie teologie” - en dit kan weer! Die Here help ons, ons verwar maklik konformeer en doleer met reformeer.  En Jesus, alhoewel altyd handig en teenwoordig, is steeds té dikwels iewers in die agtergrond as dit by eintlike belangrike sake kom. 

Die ou NG-grappie uit die apartheidsjare (toe die gemeentes en teologiese fakulteite floreer het) gaan so: 


Die dominee kom af op Jonas waar hy op sy knieë voor die 

preekstoel hurk. 

 "Wat dink jy doen jy?” vra die dominee ontsteld. 

 “Ek maak net die vloer skoon my baas,” antwoord Jonas. 

 “O,” sê die dominee verlig, “ek dog net jy bid!”


Miskien moet ons onsself herinner dat hierdie tot redelik onlangs nie net ’n grappie was nie, dit was ook “goeie teologie” (en is vandag steeds in sekere kerkkringe, soos die APK).

Ja, daar was Bonhoeffers in die tweede wêreldoorlog, Beyer Naude’s in apartheidsjare . . . maar hulle was altyd die uitsonderings - onder kritiek van hoofstroom konformerende kollegas.  

Dis byvoorbeeld vandag steeds heeltemal moontlik om “teologies te floreer” in ’n kerkgebou, ’n lesingslokaal of studeerkamer sonder dat jou voete ooit die spreekwoordelike grond raak; sonder dat jy ooit in ’n plakkerskamp of die middestad kom en sien hoe swaar mense kry. 

Selfs die beste teologie is leeg sonder empatie. Die twee is natuurlik nie veronderstel om sonder mekaar te bestaan nie, maar te dikwels doen dit.

Die Franciskaanse priester ­Richard Rohr waarsku dat die teologie maklik net nóg ’n magspel binne ’n erg magsbehepte samelewing kan word; nog 'n plek om te presteer nog 'n kompetisie om te wen.

Daar is baie ironieë in die stryd oor wie reg is oor God. Soos byvoorbeeld die Gereformeerde dominees se sterk teenkanting teen die charismatiese idee dat dit die Here se grootste behoefte is dat sy kinders so ryk en gemaklik as moontlik moet wees; die sogenaamde “voorspoedsteologie”. 

Krap ’n mens egter  onder die oppervlak, vind jy dat baie gereformeerde predikante en gemeentes eintlik presies dieselfde leef. Charismatiese pastore en Ng-dominees lees dalk die Bybel verskillend, preek verskillend en bid verskillend, maar uiteindelik kom hulle vanuit twee totaal uiteenlopende teologiese strominge by presies dieselfde lewensstyl uit. En hier praat ek nie van buitengewoon skatryk televisie predikers nie, maar gewonde dominees en pastore - soos ek! 

Ons teologie verskil dalk baie papier, maar, lets face it, ons lewensstyl lyk eintlik maar dieselfde. Ons kan net so wel ophou stry.

Miskien is die probleem dat ons “goeie teologie” veral op papier of in preke soek, in plaas daarvan om te besef dat ’n boom aan eintlik sy vrugte geken word (volgens Jesus).

'n Vraag wat ek al baie oor gewonder het is waarom doen die goeie teoloë wat ek ken so min? Waarom leef hulle dan nie die goed nie? 

En jy’s reg, daar is uitsonderings. Maar, let’s face it (again!), as ons wil hê die kerk se boodskap van liefde moet ernstig opgeneem word, het ons nie bloot beter uitsonderings nodig nie. 

Wie meeste van van ons, meeste van die tyd is, sê meer oor die bepaalde tradisie waarvan ons deel is, as die uitsonderings. 

In die kerk wil ons deur die eeue graag hê die wêreld moet hoor wat ons te sê het, maar keer op keer ontdek ons: die wêreld is meer geïnteresseerd om ons dop te hou as om na ons te luister. 

Jesus het gesag gehad, want jy sou dieselfde boodskap kon kry, bloot deur hom dop te hou, al het jy nie 'n woord gehoor van wat Hy sê nie. Daar's nou vir ons 'n uitdaging!

My eie grootste teologiese ontnugtering het gekom vanuit twee uiters uiteenlopende kerklike tradisies: die Katolieke en Charismatiese; die mense met die “swak teologie” volgens my destydse gereformeerde professors en kollegas.  

Oor die jare is my gereformeerde denke erg verrinneweer deur besoeke aan moeder Teresa se Susters of Mercy in Kolkatta in Indië en onlangs selfs méér so deur ’n besoek aan die ekstreem charis­matiese, Heidi Baker, in Pemba in die Noorde van Mosambiek.

Ten spyte van die enorme verskille in die tradisies waarin die twee hulself bevind, is dit fassinerend hoe dieselfde Baker en Moeder Teresa se teologiese uitkyk is.

Almal wat al van Heidi Baker se boeke gelees het, weet dat sy Moeder Teresa as haar grootste menslike rolmodel beskou – al is sy ’n Katoliek! Toe ek Heidi hieroor uitvra, was haar antwoord dat hulle ­teologie “eintlik dieselfde is”. En as ’n teologiese boom aan haar vrugte geken word, is dié uitspraak sekerlik waar.

Heidi se bediening, Iris, gee daagliks kos vir meer as 10 000 armes in Mosambiek. Hulle bedryf honderde kinderhuise, skole en klinieke in Mosambiek, een van dié armste lande ter wêreld.

Haar hele menswees skree liefde en eenvoud. Jy sien haar bykans nooit sonder ’n kind op die arm of onder ’n boom besig om in Portugees te gesels met iemand oor hul probleme nie. Die hele “Village of Joy” in Pemba wemel van “haar kinders”. Hulle noem haar “Mamma Aida”. Baie van die jongmense wat vandag leiersposisies in dié gemeenskap bekleë, het jare gelede daar aangekom as honger en verwaarloosde babas of kleuters.

Wat my die meeste opval van die teologie van Moeder Teresa, Heidi Baker en ander soos hulle, is die eenvoud daarvan - hoe verbasend baie hulle regkry met min teologie.

Hulle teologie is Jesus en liefde. So eenvoudig en so moeilik soos dit. Dit is asof hulle hele wese sê: “Jy kan nie jou lewe vir Jesus gee sonder om jou lewe ook vir die wêreld te gee nie!”

Ná my besoeke aan Indië en Mosambiek vra ek myself al hoe meer af of ek eerder in ’n wêreld wil leef waar die meeste Christene soos my teologie­professors dink, klink en leef, of soos Moeder Teresa en Heidi Baker?

Ek het uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat goeie teologie en liefde veronderstel is om saam te loop. Maar as daar spanning kom tussen die twee, kies liefde!


______________



08/04/2020
. . so, I'm locked up - like the rest of the world - I thought, lets make some lights (very old idea..) and try and light up a bit of darkness . . . what else is there to do in times like these . .?  And now I feel a tiny bit better

Often the hands know how to solvea riddle with which 

the intellect has wrestled in vain” C.G. Jung




___________________________________________________________
Meer as een ou het al die fout gemaak om, as ek sê “dis chaos hier” te dink ek probeer net nederig wees of dat ek dit bloot figuurlik bedoel . . .
Moenie dieselfde fout maak nie!

___________________________________________________________



Waarom hoor mens nooit van 'n konferensie by ’n kerk oor die vraagstuk of 'n ryk jong man bevestig mag word as dominee nie - as skrifgesag dan so belangrik is?


(o ja, nou onthou ek  . . . die Kairos-ooms is mos ryk en nie gay nie)


13/07/2021


(uit my rubriek 'n ruk terug in Beeld )

Kerkmense kan soms erg tekere gaan oor dinge waaroor Jesus niks gesê het nie, terwyl hulle dikwels te min maak van die dinge waaroor hy wel baie te sê gehad het, dié dinge waaroor hy baie duidelik was.
’n Tyd gelede praat ek by ’n gemeente, en ná die tyd is daar ’n geleentheid vir vrae.
“Wat is jou siening oor die gays?” vra ’n man met ’n snor in die derde ry.
“Wat is jou naam?” vra ek.
“Johan,” sê hy (’n skuilnaam en hy het nie rêrig ’n snor nie).
“Is jy gay, Johan?” vra ek en sien die skrik in sy twee kinders se oë. Vir ’n oomblik lyk dit of hulle wil begin lag. Sy vrou lyk of sy wil flou word, of sy wil hê die kerkbank moet haar insluk. Johan self is duidelik nie lekker nie, sy gesig word al rooier, dit lyk of hy probeer sluk.
“Nee,” antwoord hy en maak keelskoon.
“Vra jy omdat iemand naby jou gay is? ­Iemand in jou gesin, ’n goeie vriend vir wie jy lief is?”
“Nee.”
“O,” sê ek, “nou kom ons praat dalk eerder oor iets wat jou raak?”
Jesus het gesê ons moet eers die balk uit ons eie oog haal – en as ek reg onthou, het ­Jesus niks oor gays gesê nie.
Dalk moet ons eerder praat oor daai teks waar Jesus vir die ryk jong man gesê het hy moet sy goed verkoop en die geld vir die armes gee? Dat ons nie skatte op aarde bymekaar moet maak nie. Of daai versie wat sê as ons begeerlike gedagtes oor ’n ander vrou het, is ons skuldig aan owerspel. Of dat hy barmhartigheid vra en nie offers nie. Of dat ons vir ons vyande moet lief wees. Die ander wang moet draai . . .
Maar ons wil nie oor daai dinge praat nie – want dit raak ons te persoonlik. Ons wil eerder oor die dinge praat wat ander mense raak, al het Jesus niks daaroor gesê nie. Dis minder ongemaklik om splinters uit te haal as balke.
Ek vang myself dat ek baie soos Johan is, net oor ander goed. Dalk is dit omdat ons beter oor onsself voel as ons vinger kan wys na ander. “Ek is darem nie só nie,” wil die ego ons gerusstel.
Diep binne ons is hierdie idee dat die groot probleem – die eintlike rede waarom die wêreld lyk soos sy lyk – iewers buite ons in “ander mense” rondhang. Die groter probleem is egter amper altyd aan die binnekant.
Leo Tolstoi het gesê: “Almal wil die wêreld verander, maar niemand wil homself verander nie.”
Dit herinner aan ’n Russiese grappie uit die kommunistiese dae.
’n Politikus kom by ’n boer aan en vra: “Het jy ’n trekker en sal jy dit gee vir die volk?”
“Ja,” sê die boer “ek sou, as ek ’n trekker gehad het.”
“ ’n Koei?”
“Ja.”
“Wat van ’n sleepwa?”
“Ja, natuurlik.”
“ ’n Vark?”
“Nee!” sê die boer.
Die politikus is ontsteld. Hoe kan hy bereid wees om ’n trekker, ’n koei en ’n sleepwa te gee, maar nie ’n vark nie, vra hy.

“Want ek het ’n vark,” antwoord die boer.





11/02/2023

"They came looking for dark and terrible revelations and instead found out something even more dark and terrible: that their lives were trite and boring."

- David Wong

    


It is no measure of health to be 
well adjusted to a profoundly sick society. 
- Jiddu Krishnamurti


___________________________________________________________


“Men are the devils of the earth, 

and the animals are the tormented souls.”

 - Schopenhauer


___________________________________________________________


Ai, ou Ingrid...

was die nat koud
die wag, 
was dit benoud
en die donker
en die dood 
voel dit beter 
en die sand 
en die sout
weet jy wat agter bly lê
sien jy die skulpe, 
die skedels 
die gladde wit beentjies
die stukkies krap
weet jy hoeveel vandag nog 
drink
aan jou drome 
verdrink 
in jou woorde
wat wil jy hê
wat maak ons met jou 
seespook 
jy wat vannag nog hier 
rondloop







sommiges sê dit lyk soos ’n selfpotret

- so onnodig om lelik te wees met die houtman 

#drifwood




06/03/2018

And
God is serenity
 and certainty
    and creativity
       and m y s t e r y . . .  .   .
                                                . 
                                                                                          . 

The man walked past me and stopped, observing the blood running down my neck. "Your injury. Let us tend to it." He looked out through the open doorway and silently gestured to someone out there. 
   "Our world," he said, "is far more advanced than yours. For reasons you'll understand shortly." 
   A thin, bony, naked woman entered the room, carrying two small, white kittens. She sat one of the fluffy cats in my lap and stuffed the other down my shirt. She turned and left. 
  "There," said the large man. "The kittens will make your sad go away."
- David Wong
_________



Dit was skemer en ons was in Dhaka, seker die mooiste stukkie hel op aarde. Ek het voor op die punt van ’n massiewe rivierboot gestaan en alles probeer inasem: primitiewe seil- bote, palmbome, vragskepe, houthuisies op pale . . . Later sou ek vir die eerste keer wit varswaterdolfyne sien.
  Die volgende paar dae was ’n enorme, stokou rivierboot ons huis.
  Bangladesj is een van die armste, digsbewoonde plekke op aarde en word amper elke jaar deur ’n verskeidenheid natuurrampe getref. Vroeër daardie dag het ek gesien hoe mense op ’n besige straathoek fietse, tuk-tuks en karre deur kniediep water stoot ná ’n vloed die vorige aand.
  Dit was mistig, die lug bo ons skakerings van grys en blou en effens goud waar dit teen die horison wegraak tussen die silhoeëtte van palmbome in die verte.
  Die nag was op ons, en dit was beautiful.
  Die skip se mishoring het oor die water geëggo om die ander skepe te waarsku. En toe stadig in beweging gekom.Onder ons vang my oog iets blous wat op die water dryf. Ek skrik toe ek haar sien. My eerste reaksie is om weg te kyk. Tussen ’n paar drywende bamboesstokke en blare, koel- drankblikke en ander vullis dryf die lyk van ’n baba. Die boot beweeg ál vinniger terwyl haar blou lyfie alleen tussen die rommel agtergebly. Sy dryf op haar rug en kyk op. Is dit dalk beter vir die kind om dood daar rond te dryf as om in dié helhool van ’n plek te moes leef? het ek gewonder, waarskynlik half in skok.
  Lank daarna nog het ek probeer om nie daaraan te dinknie. Maar sy wou my nie los nie.
   Dag ná dag het ons deur moerasse, digte woude op dieoewer en klein riviereilandjies gevaar. Hier en daar was dorpies met huise op pale bo die water. Soms het ons stilgehou en dan het mense met houtkano’s nadergeroei en vrugte, hoenders en selfs bokke aan die passasiers verkoop of geruil vir iets anders.Ek en my vriend Sean het in ons slaapsakke buite op die oop dek geslaap. Dit was goedkoper as ’n kajuit – en ek hou van ’n room with a view. Ek wou niks mis nie.
   Partykeer, laat in die nag, het die baba by my in my drome kom kuier. Dan het ek haar probeer troos, en ons het lank na die sterre en die skaduwees op die bewegende oewer gelê en kyk. Totdat sy weer oor die kant van die boot in die swart water verdwyn het.
  Die lewe is soos die natuur, beautiful en wonderlik en verskriklik en horrible en wreed . . . en vol amazing en aaklige geheime . .

                                                


14/11/2018
 
he came out of the wood today . . . been hiding

___________________________________________________________________
Die blog het pas 85 6000 hits, wohoo tx almal
- die teologie is nie te waffers nie though (soos Fanie, 'n belangrike kerkman, mense waarsku) 
so wees maar freaken versigtig!
___________________________________________________________________



12/09/2018
Ons soek 'n God wat vir ons werk. Wat sal antwoord op ons roepstem, sal offer as ons vra. 'n God wat drome waarmaak en vyande oorwin.
George Bernard Shaw het gesê: “God created man in his own image. And man, being a gentleman, returned the favor.”
. . . die “ons eerste”-evangelie is in radikale kontras met die evangelie van Jesus, want selfsug is die teenoorgestelde van liefde . . . 

uit my rubriek in Beeld vandag


03/06/2023

“Real magic can never be made by offering someone else's liver. 

You must tear out your own, and not expect to get it back.” 

 Peter S. Beagl


06/05/2023

daai vreemde wese


hey!

laat daai duiwels soos lindwurm

varklangs kransaf wei,

so sê Hy

en wys,

maar voeg dan by,

en laat daai los hoer wat dors ly,

ook water kry

en dan sê hy,

en help tog daai man

wat gepik is deur die lang slang,

want

help jy hom

help jy my


. . . en so en so en so sê Hy









 @  Exclusive Books, Bargain Books,
C.U.M. Books, Grounded at Echo, Takelot . . .



14/02/2023


Hy’t ‘n glorious “ag my fok” geskree 
en morsdood neergeslaan.
Was asemrowend, 
soos die wilde waters van die woeste see.
Ek kon die verwondering in die ander se oë ook sien. 
Beautiful, 
verruklik,
aangedaan,
verskriklik. 
Het diep diep dinge hier diep diep binne aangeroer.
En ek het opgestaan, 
vir 'n oomblik omgeloer, 
om ook my laaste kyk te gee 
en omgedraai en toe ook weggegaan.

18/02/2023

It is most unfortunate that so many people today act either like Fox News or CNN (or Steve or Julius), always exaggerating the wrongs of the other side, always unwilling to criticise their own - self justification is the enemy of justice, truth and freedom . .


02/03/2023

We have the most to learn from those who are different from us . . . In the words of Ralph Waldo Emerson: "In my walks, every man I meet is my superior in some way, and in that I learn from him"


18/09/2022

'n Kerk wat probeer floreer is met ander vrae besig as 'n kerk wat, soos Jesus, haar lewe probeer gee vir 'n stukkende wêreld. 

  Dalk is die kerk van vandag net té veilig, te smart, te magtig, te ryk, te groot . . . om in die donker krake van 'n stukkende samelewing in te pas . .







elke oggend vlug ek
van die vryheid van my drome
na ʼn wêreld van swaartekrag
en onmoontlikhede



at the open office on the Wilge . .

. . sighned contract with Penquin last week, now witing, writing . . . 
(tough job but someone..)





to grow we need authentic sharing community 

and raw contemplative solitude in nature, 

most people are afraid of both 

- and choose to rather live somewhere 

in the mediocre middle . . .




“We are what we pretend to be, 

so we must be careful about what we pretend to be.” 

 Kurt Vonnegut





'n ronde gebou
met 'n toring
en 'n hoender op
is eintlik 'n aardige hok
vir 'n alomteenwoordige God

('n ouditorium ok)




08/06/2020
what an impressive disease
this is . .


________________

the longing  
________________



03/03/2021

Every creature 

is a word of God. 

- Meister Eckhart


(16th century painting by Hieronymus Bosch)





18/10/2023
Story by Soren Kierkegaard

Once upon a time there was a fire in a small town. The fire brigade rushed to the scene, but the fireman were unable to get through to the burning building. The problem was the crowd of people who had gathered not to watch but to help put out the fire. They all knew the fire chief well, and the friendliness of the fire chief was legendary. So when a fire broke out the people rushed out to help their beloved fire chief.

Unfortunately the townsfolk were seeking to extinguish this raging inferno with water pistols! They’d all stand there, from time to time squirting their pistol into the fire while making casual conversation.

The fire chief couldn’t contain himself. He started screaming at the townsfolk. “What do you think you’re doing? What on earth do you think you’re going to achieve with those water pistols?!”

The people realised the urgency of the situation. How they wanted to help the fire chief. So they started squirting more. “Come on” they encouraged each other, “We can all do better, can’t we?” Squirt, squirt, squirt, squirt.

Exasperated the fire chief yells again. “Get out of here. Your achieving nothing except hindering us from doing what needs to be done. We need fireman who are ready to give everything they’ve got to put out this fire, people willing even to lay their lives on the line. This is not the place for token contributions”



___________________________________________________________

Jul2022


from my wildcamping sabbatical Transkei



___________________________________________________________


Sal iemand - wat die waarheid ken - my kwalik neem? 

dink ek het vir eers genoeg gehad van NGK heiliges . . (en tog gaan ek aan..)




___________________________________________________________


20/10/2023

Gisteraand droom ek oor die oorlog - 'n nagmerrie. Ons woon in Gaza. Ek klop aan my sussie se deur. Sy maak versigtig oop. 
  “Hulle het ons gebom,” sê ek. “En ek het goeie en slegte nuus. Wat wil jy eerste hoor?"
   "Slegte nuus," sê sy. 
  "Ma is dood . . . en daai oulike rooikop seuntjie van die bure. En oom Hennie wat oorkant ons gebly het se huis is ook nou plat soos ons s’n. Hy is in die hospitaal, sy been word glo geamputeer . . . en hulle soek na nog van die ander kinders.”
   My sussie begin huil.
  “Maar hey,” sê ek. “Daar is ook goeie nuus! Drie Hamas terroriste wat daar onder in die leë huis geskuil het is glo ook dood. High five!”

 “Wow!” sê sy, vee die trane af en high five my. “Kom in, dan drink ons ’n koffietjie.” 


____________



21/09/2022
die lelikste P-woord in Afrikaans is 
Pretensieus 
lelikste K-woord

Konformeer




07/01/2021

huge GT, on a shore dive, fight of my life.... 

 (..food for the 15 of us on the island, and the guards
...and a big  party on the beach that night. .)


01/04/2022

Nuwe boek uiteindelik uit

(tx viri mooi woorde Strephan en Cas)



#allesondaarswelkom


Oor my eerste boek, Confessions oor kerkwees, het ’n dominee in die Kaap gesê: “Dit lees lekker op die toilet.” My gebed is dat dit ook so sal wees met hierdie boek . . .
(uit Alle Sondaars Welkom)




07/07/2020

skelm lot, díe kerkmense, veral groot op cover-ups . .




21/03/2021

'n Welgestelde kerktannie het sekerlik iets om te gee vir ’n oumatjie in die plakkerskamp wat na ’n klomp weeskinders omsien . . . maar sy het veral baie om by haar te leer.




01/09/2022

the Lord will say, I was hungry, and you didn’t feed me, thirsty, and  you didn’t give me a drink, I was a stranger, you didn’t invite me into your home . . . 

Then we will reply, ‘Lord, but we did contemplate’ . .






15/08/2021

erg besoedelde ghoeroe

eiegeregtige wese 

vol leuens, wrede gedagtes 

en vrese






    

What a kid I got, I told him about the birds and the bees 

    and he told me about the butcher and my wife.

    - Rodney Dangerfield





01/08/2022

Jesus had the habit of going to lonely/solitary places to pray, he would “spend the night alone at the mountainside”. . . 40 days alone in the desert, the night before the crucifixion in the garden of Gethsemane . . . If Jesus needed time-out for prayer in solitude, we need it more

_____

“Madness is something rare in individuals — but in groups, parties, peoples, and ages, it is the rule.” 

Friedrich Nietzsche




kerkmense is nie die eerlikste mense op aarde nie . . . dikwels meer into 'liturgie' en 'die regte voorkoms' as 'rou waarheid' (ek is waarskynlik bietjie subjektief in my waarneming, ek weet...) 
en liefde wen selde



11/11/2019


(Uit my rubriek in Finesse)

Die see is my terapeut. Ek het onlangs vir meer as 'n week lank om Zanzibar geroei - en nou voel ek beter

Maar moenie 'n fout maak nie, dit was alles behalwe “'n gemaklike sessie”.  Die springgety het my byvoorbeeld een aand gevang met die gevolg dat ek die nag op 'n rif in die middel van die see tussen twee eilande moes deurbring.

Dit was koud, want ek was nat en die wind was wild. Om alles te kroon, ontdek ek 'n gat in een van my waterdigte sakke. Ek het binnein my nat opblaas kajak gelê en bewe en amper niks geslaap nie. Nie 'n lekker aand nie!

Maar 'n goeie aand. Ek het klein gevoel, dit was donkermaan, die sterre beautiful, die water swart met nou en dan 'n strepie fosfor. Die volgende oggend toe die son opkom was die see mooier as wat ek haar al ooit gesien het.

Sy lyk waarskynlik dikwels so, het ek gedink, maar vir eenkeer was ek op die regte plek, ongemaklik genoeg, wakker genoeg, om dit met my eie oë te kon sien, en te waardeer. The comfort zone doesn’t have much of a view  . . . 








18/03/2020
Die alternatief vir krummels-gooi vir die armes is nie om brode te gooi nie, maar om 'n maaltyd te deel 


____________




15/04/2020
Netwerk 24 vandag oor my tyd in lockdown (voel bietjie soos toe ek uitgevang is dat ek skool/kerk bank - al mag ek , want daar's 'n siekte ini lug . . . )





01/03/2015
"Marina kan nie uitgepraat raak nie. Iets groots het in ons huis gebeur. Sy vertel dit vir almal wat kom wyn drink: haar man het vir die eerste keer in veertien jaar sy studeerkamer reggepak (en, voeg ek dan by, besluit om dit van nou af elke veertien jaar te doen).
  Ek moes van 'n massa goed ontslae geraak. Stupid onnodige goed waarmee ek deur die jare leer saamleef het.
  Vandag is my studeerkamer minimalisties: 'n enkele stoel, 'n matras, ’n meditasiematjie en 'n boekrak (die lessenaar is ook gefire). Ek kan dit weer daar binne waag . . ." 
   "Om kerk te wees vandag het jy ten minste vyf of ses van die volgende goed nodig: 'n kerkgebou of ouditorium, teologiese opleiding,’n koster, belydenisskrifte, kerkreg, 'n sinode, 'n saakgelastigde, 'n jaarlikse ringsitting, 'n kalender, 'n Bybel, ’n website, ’n konsistorie, 'n klanksisteem, 'n pastorie, 'n letterbord, liturgiese handleidings, 'n dataprojektor, 'n klomp geld, 'n orkes, beligting, kontrakte, kommissies, ’n preekstoel, 'n toring met 'n hoender op . . . - en deesdae selfs 'n vurkieheining . . . "

(Lees my rubriek vandag in Kerkbode) 










01/02/2021

Someone asked Henri Nouwen why he decided to leave Harvard, he said: “I’m speaking about prayer, but have less an less time to pray, i speak about community, but I have no time to form a community, I’m teaching things like “blessed are the poor”, while living in this very ambitious place . . . “ 

   Later he said, "I did not leave the university - after twenty years - and move in with people with disabilities at L’arche because I wanted to help them, but because I needed better teachers . . ."  

 Often a particular spiritual depth - and a silent authority - are found amongst people who actually live the spiritual things most Christians only talk, sing and pray about. It’s as if they discovered a secret that can not be explained, only experienced. 

   Maybe there are certain spiritual things that can only be discovered in certain (often dark) spaces,  and you have to visit these places it in a real, tangible way - with your physical body.  (Because “presence makes the difference”)

    It is one of the ironies of life, that we often only discover the light inside of us once we dare to enter truly dark places.  

   Is there anything worse than the religious chitchat of comfortable theologians playing it safe, always only watching from afar - consoling their conscience with a little bit of charity every now and again?

   There is something of God’s heart that we won’t find in most beautiful cathedrals, the best theological institutions, the most amazing Christian books and music, not even in Bible study, worship, meditation or prayer. It is reserved to be discovered in true community with the most vulnerable. 

   It is Jesus who said: “I was hungry and you gave me something to eat, homeless and you gave me a place to stay . . . whatever you did for one of the least of these . . .”; “Blessed are the the meek, the merciful, the peacemakers . ."; He told the story of a Good Samaritan to Jewish religious leaders to explain the core of their religion and said loving our fellow human, is equal to loving God . .  




20/02/2022

We are fascinated by the stories of St. Francis of Assisi, because he showed us that the life of Christ is possible, beautiful and believable . . .
Thomas of Celano (1200 – c. 1265) wrote:
"The brothers who lived with him knew how his daily and continuous talk was of Jesus and how sweet and tender his conversation was, how kind and filled with love his talk with them. His mouth spoke out of the abundance of his heart, and the fountain of enlightened love that filled his whole being bubbled forth outwardly. Indeed, he was always occupied with Jesus; Jesus he bore in his heart, Jesus in his mouth, Jesus in his ears, Jesus in his eyes, Jesus in his hands, Jesus in the rest of his members....
And because he bore and preserved Christ Jesus and him crucified in his heart with a wonderful love, he was marked in a most glorious way above all others with the seal of him whom in a rapture of mind he contemplated sitting in inexpressible and incomprehensible glory at the right hand of the Father...."
—Thomas of Celano, First Life of St. Francis


17/10/2022



Die katte van Lamu

Kenia 2022





01/04/2022
Onderbreek my o God . .

I used to complain about all the interruptions to my work until I realized that these interruptions were my work...
- Henri Nouwen




it is not happiness that makes us grateful, it is gratefulness that makes us happy . .

 

just some handpan music at sunset at Echofarm . .



04/02/2023

Hy was ‘n goeie teoloog, belangrik en uitgesproke teen al die ongeregtigheid en ongelykheid in hierdie land vol armoede, weemoed en swaarkry, met ‘n luukse huis in die stad, twee smart karre, ‘n groot belegging in die bank en ‘n strandhuis - wat meeste van die tyd leeg staan … 

Nou en dan het hy 'n vuilgedagte gehad, iets soos “die wit rykkes is selfsugtige fokkers,” maar dit heelwat mooier verwoord wanneer hy in die openbaar sou praat of iets daaroor sou skryf (natuurlik heel onbewus van die feit dat hy self ‘n blinde fokker is - want eiegeregtigheid is die siekte van ons tyd)

Die lelikste P-woord in Afrikaans is pretensieus…en die kerk is vrot daarvan . . 




      When your lover is a liar, you and her have a lot in common, 

      you're both lying to you!

       - Susan Forward




“The acceptance of oneself is the essence of the whole moral problem and the epitome of a whole outlook on life. That I feed the hungry, that I forgive an insult, that I love my enemy in the name of Christ -- all these are undoubtedly great virtues. What I do unto the least of my brethren, that I do unto Christ. But what if I should discover that the least among them all, the poorest of all the beggars, the most impudent of all the offenders, the very enemy himself -- that these are within me, and that I myself stand in need of the alms of my own kindness -- that I myself am the enemy who must be loved -- what then? 

  As a rule, the Christian's attitude is then reversed; there is no longer any question of love or long-suffering; we say to the brother within us "Raca," and condemn and rage against ourselves. We hide it from the world; we refuse to admit ever having met this least among the lowly in ourselves.” 

- C.G. Jung Memories, Dreams and Reflections






01/09/2022

Die Vloek van Fiksie

Hy kyk my snaaks aan,
vra of ek nie net vir een keer iets moois van hom kan skryf nie

Maar ek moet tog eerlik wees,
sê ek,
anders glo niemand my nie!

Ek het gisteraand tot laat gelê en dink
en ek is jammer,
sê ek,
ek het weer slegte nuus: jou ma was ’n hoer

Toe speel ek God en skryf sy storie . . .


___________________________________________________________


20/09/2016

there would be a lot less noise in this country if all the racists would stop pointing out other racists





Father, I have sinned (again).
  How long since your last confession?
  It has been one day, Father – or maybe half a day, I think. . . maar die keer wil ek dit ordentlik doen, the devil is mos in the details . . .
  Ek voel skuldig oor lui wees en worry en voorgee en on- geloof en bygeloof en oor mense sonder geleenthede, armes en haweloses (veral as dit reën) en oor vuil gedagtes en te min stiltetyd en geld geblaas op vakansies, kos, kajakke, reise en selfsug en te min moeite met eensames, oor my eiegereg- tigheid, oor ander se toewyding (en my blote praatjies) en my linkerhand se trots oor wat my regterhand doen (en oor wat mense van my dink en wie ek eintlik is) en oor bome en dassies en my hoogmoed teenoor rassiste, oor lugbesoedeling en visse wat ek al doodgemaak het en nog gaan doodmaak en te veel eet en te veel drink en voorgee en lieg en vieslik vloek en begeer en oordeel . . . en my ego se ewig onvervulde dors amen . . .
  Nou voel ek ’n bietjie beter. Thank you, Lord.
  Amen

uit Alle Sondaars Welkom (Lux Verbi)


09/05/2023

What is reading but staring at dead trees for hours and hallucinating vividly? Skryf is nie veel anders nie! 

  Die probleem is jy word soms só een met die hallusinasie dat jy jouself later moeilik onderskei. Of dalk is dit nie 'n probleem nie? Dis 'n tog fout om byvoorbeeld na 'n sonsondergang (of enige ander misterie) te kyk en aan jouself te dink as 'n blote toeskouer. 

  Jou silhoeëtte is op daai oomblik so deel is van wat daar afspeel as die sakkende son, die wasige wolke en die horison . . . Lets face it, jy is ook die sonsondergang, in a very real sense - of jy dit nou wil weet of nie . .   


(party evangeliese christene het 'n probleem met hierdie gedagte want hulle God is nie alomteenwoordig genoeg nie) 


13/09/2021

Blessed is the man who is content on living cheap in a tiny house overlooking the vastness of the wilderness - simply living and living simply - while wandering far and wide and deep . . . 






20/02/2012
me in therapy




 




09/11/2018

 
honest Pinocchio in the making . . and I'm starting to feel better better already . . .






___________________________________________________________


07/07/2014


en die girls het gedans...
"vrede is vreugde wat rus, vreugde is vrede wat dans..."
 



16/03/2013
is ons die Indiese spreeus wat die duiwe en die mossies verjaag
wat raas as die pasiënte in Eugene Marais wil slaap
wat op dokters se karre skyt - en nou en dan ʼn karwag se kop
is ons die aliens oor wie bygelowige Zoeloe kinders honderde jare gelede reeds nagmerries gehad het 

of is ons die brandweermanne wat net ʼn vuur wou blus 
maar toe (per ongeluk) ook die enigste lig?



23/07/2020
    “In order to retain a commitment to Jesus’s new messianic community with its countercultural values, Christians must accept the fact that the faithful church will often—perhaps always—be a minority community in a broken world.” 
 Ronald J. Sider




Skattejag op die plaas


__________

Vanoggend het ek amper verdrink.
  Ná ’n halfuur se gespook het die branders my ’n kilometer verder op die rotse uitgespoel. Ek het ’n ruk lank net daar op die sand gelê en opgooi. Bewend. Te moeg om op te staan.
  Twee vriendelike ouens het my kajak gekry waar dit op die strand uitgespoel het. Die visstokke was nog aan die kajak vas. Terug by die chalet was almal kwaad omdat ek op die rowwe see in die mis gaan roei het. Iemand met twee kleuters is veronderstel om verantwoordeliker op te tree. Planne moes glo al te veel kere gemaak word vir die dag as ek nie sou terug-kom nie.
  Ek het lank in ’n warm bad gaan lê. Die vreemdste gevoel het oor my gespoel.
 Daar is niks soos ’n nabydood-ervaring om jou weer lewend
te laat voel nie!

17/09/2020


Ministry can indeed be a witness to the living truth that the wound, which causes us to suffer now, will be revealed to us later as the place where God intimated [God’s] new creation.

 —Henri J. M. Nouwen



09/07/2020
"Ek sukkel om met God te praat," sê Reggie nou die dag in ons podcast, "dit voel of ek altyd met Hom worstel." 
  Dis oukei, worstel is heel Bybels, sê ek. Dagstukkies is baie gewild vandag, maar lets face it, die Bybel is ook vol nagstukkies, donker psalms, klaagliedere... The spiritual life is a lot like sailing the wild seas. In the words of Miguel de Unamuno: 
“Those who believe that they believe in God, but without passion in their hearts, without anguish in mind, without uncertainty, without doubt, without an element of despair even in their consolation, believe only in the God idea, not God Himself.”






___________________________________________________________


noudiedag by Helen Martins op Nieu-Bethesda
 
klippe met groot oë

vanaand is die karoo swart
en sopnat

ek het hom so gereën
dis oor helen martins
en die snippers glas in haar oë

vanaand was die mis soos beton op die berg
en koud
ek het hom so gekry hier in die nuwe bethesda

dis oor koos malgas
en sy nonnetjie
en daai donker kamertjie
en veral oor daai laaste woorde wat die dominee gesteel het
(en al daai gefluister)

vergeet die uile
dis kraaie wat nou hier krap
grootoog rondkuier
blink goedjies bekyk




03/09/2020






 Mathilda moments





25/02/2016
 . . . and then there's the stuff I don’t believe . . .

We have people living together in 13 houses. People from extremely different backgrounds and cultures sharing, not only a house, but often a room. Some were street children with very little education, others have University degrees. There are Zulus, Sothos, Afrikaners, Indians . . . from South-Africa, Kenia, Burundi, Zimbabwe, Mozambique . . . living together for years (Echo is turning 15 this year). So, don’t tell me things like “oil and water don’t mix”, water and water does! Go read Col 3:11. 

   Diversity can be South Africa’s biggest blessing, but then we need a change of attitude - because, lets face it, no one’s going to change color.  
   People often think of inter-racial-community as an impossible dream. We find the opposite to be true - and many other intentional communities will tell you the same. What an adventure! We have the most to learn from those who are different from us.
   Don’t tell me it’s not possible. I won’t believe you!



 
Echo Community @ 555 24th Avenue


04/05/2022

Ek het ook al wonderwerke gesien. Een van die wonderwerke is  die uiteenlopende mense wat Sondae se Echo-erediens bywoon en saam eet. Dis deesdae altyd kleinerig (miskien so 60+ op 'n goeie aand), maar daar is mense uit verskillende kulture en sosiale agtergronde, 'n argitek, onderwyser, binneshuiseversierder, opvoedkundige sielkundige . . . en vlugtelinge, Zoeloes, 'n Iranese familie, haweloses, kleurlinge . . . you name it. Dis beautiful. En dis 'n wonderwerk, want meeste van hulle woon saam en ken mekaar actually goed. En dis chaos en 'n bietjie deurmekaar . . . maar dis steeds amazing om te dink dis moontlik - al is dit maar bietjie van 'n krippel poging . .  .



 17/01/2020
ons kerk heel week, maar van hierdie Sondag af sing en bid en preek ons weer 




_____________________________________________________________
we make the choice . . . 

and then the choice makes us
_____________________________________________________________




13/02/2020

Entitlement is always bad, 
but never as bad as when those in power cry victim



07/06/2019
“Christians are usually sincere and well-intentioned people until you get to any real issues of ego, control power, money, pleasure, and security. Then they tend to be pretty much like everybody else. We often given a bogus version of the Gospel, some fast-food religion, without any deep transformation of the self; and the result has been the  spiritual disaster of "Christian" countries that tend to be as consumer-oriented, proud, warlike, racist, class conscious, and addictive as everybody else-and often more so, I'm afraid.” 
― Richard Rohr



29/09/2015


hierdie land gee my nagmerries 
Ek het gisteraand gedroom Suid-Afrika het gestem vir 'n nuwe leier - Zuma is toe uiteindelik gefire. 
    Dit was baie spanningsvol (amper soos in die tyd van Bush en Gore). Daar was presies ewe veel stemme vir beide leiers, en ek was die enigste een wat nog nie my kruisie getrek het nie. Ek was laat - besig in 'n ander droom. 
    Die toekoms van die hele land 
    was in my regterhand.  
    Letterlik. 
    Ek moes kies tussen Julius Malema en Steve Hofmyer. 
    Wat 'n tameletjie.
    Julius het gesê as hy wen, privatiseer hy die myne, vat al die boere se grond, kanseleer Afrikaans en laat almal overalls dra. Steve het gesê hy gaan Sunette Bridges aanstel as minister van Kuns en Kultuur en vir Dan Roodt as die hoof van die Nasionale pers.
    Toe weier ek om te stem. 
    Toe sluit mense - in tradisionle klere - my toe in 'n hok op Thandi Modise se plaas . . . toe eet ek peule saam met sterwende varke . . . toe daag al Steve se seuns op en wil my groep-slaan . . . toe wonder ek of ek nie ook maar moet immigreer Holland toe nie . . . toe word ek wakker . . . . en hoor Zuma is steeds aan bewind 
. . . en toe's ek verlig (?!)
(mens kan nie help wat jy droom nie) 




 08/04/2020
Uit my rubriek vandag in Beeld vandag:
. . . daar is baie dinge wat ons nie weet nie, oor die virus, oor die wederkoms, oor die ekonomie, oor wanneer ons weer wyn kan gaan koop . . . Die beste ding om nou te doen is om nie te maak of ons dinge weet waarvan ons eintlik niks weet nie, en om die beste gebruik te maak van die klomp tyd wat ons skielik het. 
     Die Engelse het 'n uitdrukking “killing time”, in Afrikaans, om “die tyd om te wens”. Hel, dís tragies! Tyd is te kosbaar. 
Dit ís so, ons is gehok met die hoop om die wêreld se nuwe grootste vyand te probeer terughou en op hierdie stadium weet ons nie hoe lank dit gaan aanhou nie. Maar 'n mens kan, of jou tyd en energie gebruik om te tob oor die dinge waaraan jy niks kan verander nie, of jy kan fokus op dit wat jy wél tot jou beskikking het. 
     Soos tyd. Ons het skielik 'n klomp onbeplande aftyd. Meer as wat ons dalk ooit weer sal hê. 
     Die spreekwoord “time heals,” het nog nooit soveel betekenis gehad nie. 
     Daar is 'n klomp mense vir wie hierdie 'n verskriklike tyd van krisis is. Bid vir hulle. Maar die laaste ding wat ek en jy, as ons van die gelukkiges is wat bloot gehok is, moet doen is om onsself jammer te kry oor krisisse wat ander mense tref. 
     Op 'n vreemde manier dwing die pandemie die mensdom tot introspeksie. Om te fokus nie net op onsself as individuele mense nie, maar ook op onsself as deel van die kollektiewe mensdom - en deel van die natuur. 
     Dit maak dat ons stop en vrae vra oor onsself, oor wat regtig belangrik is, oor die rigting waarin die mensdom besig is om te beweeg en oor wat ons besig is om aan die aarde te doen.
     Gelukkig kry die ekologie nou ook 'n bietjie tyd, ’n blaaskans. In van die grootste wêreldstede, sien mense nou vir die eerste keer hoe blou die lug eintlik is.
     Dis waarskynlik die eerste keer in die geskiedenis van die mensdom dat letterlik die hele wêreld op een enkele ding fokus - in die 2de wêreldoorlog het mense nog kant gekies. 
'n Gemeenskaplike vyand het ongekende potensiaal om die mensdom in nuwe eenheid te laat saamwerk. Aan die anderkant bestaan die gevaar dat as slegs 'n persentasie mense werklik geraak word, dit kan maak dat sekere groepe erg selfsugtig begin optree en net weer hulle eie mense probeer bevoordeel. Ons sal moet sien wat gaan gebeur. 
     In Tolkien se The Fellowship of the Ring gesels Frodo en Gandalf:
“I wish it need not have happened in my time," said Frodo.
"So do I," said Gandalf, "and so do all who live to see such times. But that is not for them to decide. All we have to decide is what to do with the time that is given us.”



05/08/2016

saam met beautiful Katinka



13/03/2019
 . . . and God answered Job 
not with an explanation, 
but with a poem about the mystery
 of creation . . . 
Job 38..



19/11/2017

hulle het als gevat

sy tong

en sy lippe

toe praat hy maar met die gun en die klippe

niemand het verstaan nie

maar ten minste was hulle nou bang vir daai lanie 

excuse the pun

maar that’s how it all begun

with a man without a tongue





09/05/2014
'n haai (Zambezi) het my en Chris gejaag - verlede week by Milibangalala - nou voel ek weer lewendig . . . 
(dankie haai)

01/06/2018
Piet was besig om te moan oor hoe swaar hy kry in die nuwe Suid-Afrika, hy het al vinniger begin praat . . . en amper verstik aan ʼn stuk braaivleis.
#baiekortafrikaansekortverhale
  

16/06/2016
jou linkerhand mag nie tweet wat jou regterhand doen nie 


11/08/2023

Oom Jannie het 'n nuwe tannie 
En ons almal dog dis klaar met hom na die dood van sy vorige vrou. 'n Aaklige kanker dood, gevolg deur aaklige kanker eensaamheid. Maar hier loop oom Jannie dan nou, met 'n nuwe stokou tannie aan die mou. En hulle lyk na nuwe lewe! 
   . . . en daai ronde kort vroutjie by die winkel hier om die hoek wat altyd so vreindelik groet, en my soms per ongeluk oom noem - al is sy heelwat ouer as ek - werk heeldag; tot tienuur die aand. Slaan till, sit mense se groceries in sakkies, maak geselsies, sluit deure oop en toe, sit alarms aan en af. Kan nie maklik wees nie, though. Maar sy is heel positief, lyk of sy besluit het om die beste van hierdie aaklige onregverdige lewe te maak . . . soos oom Jannie en sy nuwe tannie



Iemand sê nou die dag die lelikste p-woord in Afrikaans is “pretensieus”. Dis jammer, maar ons moet erken, die kerk is nie altyd die eerlikste plek op aarde nie. Ons is vandag steeds dikwels meer vas as vry. 
   Dis asof ons onsself nie kan help nie. Ons raak maklik deurmekaar; kompliseer eenvoudige waarhede wat bloot geleef moet word, en oorvereenvoudig komplekse dinge waaroor ons eerder moet stilbly...


25/12/2017

Ons wou graag 'n God hê soos Kersvader
maar toe kry ons die Here Jesus . . .

 

ons het geskrywe en mooi gevra: "een vriendelike vet vrygewige God soos Kersvader, asseblief . . . "
. . . maar toe kry ons 'n moeilike maer Jesus 
vir Kersfees 

(sug)
'n tingerige mannetjie sonder sokke
met 'n leë sak
aan 'n dooie boom

sonder klokke





04/01/2020
Het 'n groot vis geskiet - ons was amper 20 saam met die locals 
- free dinner (and no easy task form shore... ). 








t 12/03/2022
. . teen 2022 . . .
het die dommes al meer gepraat
en die slimmes al meer stil geraak



22/02/2019

VSA / Taliban

verkluim / verbrand

opgooi / diarree 

Cora Marie / Jurie Els

Steve /Julius

maagpyn / hoofpyn

keuses, keuses, keuses . . .





31/03/2016
  SOLO PADDLE PEMBA TANZANIA
 
Couldn't get much info on traveling/paddling Pemba on the web, so here's my little contribution 
-  contact me for more detailed info: jaco@echoyouth.co.za

Pemba island  Zanzibar sup trip

I had to do a solo trip (to gain some sanity) and it had to be over Easter - rest of the year already packed.  First I thought of Transkei, but then some of the people in our community borrowed the vehicle I share with Echo. And then a few things happened: I remembered a dream I had a year or two ago, saw a cheap plane ticket on the web (Fastjet) and then, to top it all, Marina told me that my in-laws were planning a visit! (I know what you think, but it actually only meant that she wouldn't be alone with the kids). The stars were lining up fast, so I double checked the limit on my credit card and got the ticket. 
   I boarded the plane at 
   I boarded the plane at O.R. Tambo a few days later, weighing in my inflatable stand up board (sup), everything else stuffed into a waterproof bag as hand luggage. 
   Stayed one night in a very cheap and shaky joint near the port in Stonetown and took a ferry to the neighboring island to the North called, Pemba. 
   Pemba (63km in length) is smaller and wilder than Zanzibar and not much of a tourist destination, partly due to the tense political situation with mainland Tanzania - or so most travel guides warn. 

   Truth is, I couldn't find any proof of tourists ever being harassed on Pemba. I landed three days after the election. Had lots of chats with locals on ferrys, dallala’s (taxi’s) and on the beach. Everyone talked politics. Beautiful friendly intelligent people, fed up with rigged elections, harassment by the army and being exploited by mainland Tanzania. Just about everyone I spoke to on Pemba, the same as did the locals on Zanzibar (Unguja), said“First we were colonized by the Arabs, now we are colonized by mainland Tanzania”
   The name, "Tan-zania", is actually "Tanganyika" (previous name of mainland Tanzania) combined with "Zanzibar". 
   Back to the trip. 

   At the Port in Mkoani I met a taxi driver named Mohammed Hassim who offered to drop me of at a small fishing village,Tumbe, 50km to the North-east.  
   The most dangerous form of travelling Pemba is on the road. People drive like crazy, killed two chickens on the way. The valleys on the island are all covered with a dense cover of clove, coconut, mango and other fruit and crop plantations. 
   Beautiful. 
   Had to walk a distance among clay huts in tribal Tumbe to reach a small beach surrounded by mangroves. 
   Stayed one night in a very cheap and shaky joint near the port in Stonetown and took a ferry to the neighboring island to the North called, Pemba. 
   Pemba (63km in length) is smaller and wilder than Zanzibar and not much of a tourist destination, partly due to the tense political situation with mainland Tanzania - or so most travel guides warn. 
   Truth is, I couldn't find any proof of tourists ever being harassed on Pemba. I landed three days after the election. Had lots of chats with locals on ferrys, dallala’s (taxi’s) and on the beach. Everyone talked politics. Beautiful friendly intelligent people, fed up with rigged elections, harassment by the army and being exploited by mainland Tanzania. Just about everyone I spoke to on Pemba, the same as did the locals on Zanzibar (Unguja), said“First we were colonized by the Arabs, now we are colonized by mainland Tanzania”
   The name, "Tan-zania", is actually "Tanganyika" (previous name of mainland Tanzania) combined with "Zanzibar". 
   Back to the trip. 
   At the Port in Mkoani I met a taxi driver named Mohammed Hassim who offered to drop me of at a small fishing village,Tumbe, 50km to the North-east.  
   The most dangerous form of travelling Pemba is on the road. People drive like crazy, killed two chickens on the way. The valleys on the island are all covered with a dense cover of clove, coconut, mango and other fruit and crop plantations. 
   Beautiful. 
   Had to walk a distance among clay huts in tribal Tumbe to reach a small beach surrounded by mangroves. 

Tumbe
   My presence drew a bit of a crowd (don't think they get much visitors form the “outside”, some of the kids started crying when they saw me) and the fishermen looked very surprised when a "boat" appeared from the bag I was carrying. 
   At around 15:00 I started paddling - at last. Was extremely hot. Had to paddle hard the first 3km into a 20km/h headwind and the incoming tide. 
   It was horrible and beautiful. 
   Mangroves to my left and  two small uninhabited islands, called Usubi and Hamisi, to the right, white sand, emerald blue water, lots of birds (Pemba has 183 bird species, 4 endemic)
   I did only around 15km a day (unfit paddler, slow boat, to much gear and the freaken carrybag and pump that I had to take along . . .). 
   I camped on the beach, sleeping every night on the sub under the stars, not needing to put up the tent even once, ‘cause it never rained. 
   Spend one night on the edge of the Ngezi forest, home to the endemic, Pemba flyingfox (a huge bat with a wingspan of 1,8m that looks more like a flying Siamese cat - that doesn’t eat humans).
   I planned the trip as much as possible according to the wind and tide (had to go head on into the wind on tree occasions though). The Kaskazi was still going strong, the consistent North-east Monsoon from November to March. From the point at Vrumavimbi it was all downwind and I later rigged a downwind sail (with one of my three T-shirts). 
   Lots of fish, saw a huge barracuda in the shallows. 
My down wind T-shirt-sail
   Paddled one day past Manta Lodge, one of the very few tourist hotels on Pemba. Stopped to get water and a beer (5$!). The waiters were very inquisitive when they found out that I came from Tumbe and warned me (as did everyone else on Pemba) about the dangerous Funde-gate that lay ahead.  
  Funde-gate turned out quite okay in the end, not much worse than Hellsgate at Inhaca in Mozambique. Njao and Funde are beautiful islands with thick vegetation, totally desolate beaches on the seaside and one or two tiny fishing villages on the landside. 
   Came upon some small caves at low tide on Njao .
   Met lots of friendly fisherman all the way, some fishing of ngalawas (outrigger canoes) or mashua (small dwows), others spearfishing far offshore without boats for octopus. 
    Was very hot and humid during the day (37 °C), and at night (27°C) luckily very few mosquitoes. (found an island with no humans - walked naked half a day)     
   Faced a horrible sidewind when crossing the bay from Funde to the point east of Wete, from thereon things got even worse when I had to turn head on into the wind.

   Reached Wete just before 20:00 the last night. Stressed a bit when my arrival freaked out some guys with AK47’s. One asked for a permit or papers (I honestly still don't know if you need it or if such a thing even exists). I gave him my passport. No further mentions of permits. I started to offload the sup. 

   They didn't know what to do with me, but after I gave one of the guys - a Rambo lookalike with a AK47 -  my fishing rod and to one of the others my shoes everything was better (wasn't a bribe, had to leave stuff behind, it turned out my most irritating “wetshoes" was one number to big and I had to pay R200 for 2 kg of extra weight to Fastjet, less than what the rod was worth, decided earlier to leave some stuff behind anyway).  
   Tried to be quiet and friendly. 
   You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone. 
   Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice).  
   Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back. 
   Took a taxi the next morning, 
feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours). 
   The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown.  He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...  
   Tried to be quiet and friendly. 
   You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone. 
   Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice).  
   Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back. 
   Took a taxi the next morning, feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours). 
   The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown.  He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...  
   Tried to be quiet and friendly. 
   You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone. 
   Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice).  
   Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back. 
   Took a taxi the next morning, feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours). 
   The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown.  He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...  
   Tried to be quiet and friendly. 
   You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone. 
   Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice).  
   Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back. 
   Took a taxi the next morning, feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours). 
   The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown.  He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...  
Jaco Strydom










18/05/2020
Ek het eenkeer 'n hawelose ou op koue wintersaand 'n kombers gegee sodat ek beter kon slaap



11/05/2020
verraad 
    is nie vir sissies nie
        ou maat


22/10/2019

As jy ’n volgeling van Jesus is en jy wonder hoe God se plan vir hierdie stukkende wêreld lyk, neem ’n selfie.


03/04/3017
skool toe . . .










___________________________________________________________

(my rubriek vandag in  Maroela Media - en hulle het dit actually geplaas..)

As dit verkeerd is as “hulle” dit doen … 


Ek lees nou net weer die berig van ’n week of wat gelede oor Solidariteit se besluit om klagtes in te dien by die SAPD, die Gelykheidshof en die Onafhanklike Verkiesingskommissie teen Syanda Gudebe en Lindsay Maasdorp van BLF oor hulle haatspraakboodskappe na aanleiding van die tragedie by Hoërskool Driehoek. 

Ek onthou hoe daardie boodskappe my persoonlik ontstel het. Hierdie land is sieker as wat ons besef, het ek gedink.

My gedagtes het my teruggevat na ander soortgelyke uitsprake. Ek onthou ’n swart man op Twitter se opmerking dat daar nou gelukkig een wit mens minder is nadat iemand die nuus gebreek het van ’n vriend wat so pas in ’n motorfietsongeluk gesterf het. 

Dit is nie ’n nuwe verskynsel nie. 

Dis meer algemeen as wat ons wil erken. Hoeveel keer moes ek as kind hoor hoe die ooms en die tannies ná ’n nuusberig oor ’n taxi- of ’n mynongeluk opmerk dat daar nou ten minste “minder van hulle” is. 

Elke mens wat tragies sterf, is iemand se kind, iemand se broer of suster, iemand se vriend …

In ’n stadium skryf ek ’n artikel vir ’n koerant oor die konflik tussen die Jode en die Palestyne na aanleiding van ’n groep kinders wat dood is, en ek sit die skakel op Facebook. ’n Man wat ’n ouderling was in ’n gemeente waar ek vroeër die jaar gepraat het, skryf in reaksie op die berig dat alle Moslems doodgemaak moet word.

“Ook die vroue en kinders?” vra ek.

“Ja,” sê hy, “die goed teel aan soos vlieë.”

Ek en ’n paar vriende het een jaar vroeg in Januarie op Inhaca-eiland in Mosambiek gaan kamp. Terug by die huis laat weet iemand my dat vier jongmense daar verdrink het. Ek soek dadelik op die internet na meer inligting oor die voorval. 

Dit was ontstellend. Vier jongmense van Suid-Afrika het verdrink baie naby aan die plek waar ons etlike dae vroeër nog gekamp het. Daar is ’n soektog geloods, al was daar eintlik min hoop dat iemand lewend gevind sou word. Ek het my die angs van die familie en vriende probeer indink. 

Amper meer ontstellend was sommige opmerkings op sosiale media en onderaan die nuusberigte. Mense het duidelik begin agterkom dat die jongmense wat verdrink het swart was. Meer as een persoon het dinge geskryf soos: “Hulle kan mos nie swem nie. Wat soek hulle in die see?” Ander het gespekuleer dat “hulle sekerlik weer dronk was”. Van die grootste kritiek was op die moeite wat van Suid-Afrika se kant gedoen is om met die soektog te help. 

Hoe dikwels lees ons hierdie soort uitsprake op sosiale media of onderaan digitale nuusberigte. Die kommentaar onderaan Maroela Media en Netwerk24 (om net twee te noem) se berigte is na my mening een van die swakste vorme van kommunikasie in hierdie land. Oor die algemeen. En dit is nadat die kommentaar gesif is! 

Kan jy dink hoeveel Syanda Gudebe- en Lindsay Maasdorp-opmerkings daar sou gewees as dit nie vir die sif was nie.

Ek skryf rubrieke vir verskeie publikasies en dit wil voorkom of dit dikwels dieselfde mense is wat ingesurf uit die buiteland kom om te kom gal braak. Van hulle geniet die speletjie so baie dat hulle meer as een profiel het.

Niks goeds kan uit haatspraak kom nie.

Die probleem is dat rassisme vir die rassis net ’n probleem is as hy of sy aan die ontvangkant daarvan is. 

Daar sal heelwat minder geraas in hierdie land wees as rassiste ophou om kritiek uit te spreek teenoor ander rassiste. Dit word ’n bose kringloop met geen goeie einde nie. 

In Noam Chomsky se woorde: “If it is wrong when they do it, it is wrong when we do it.”

___________________________________________________________





 




22/08/2021

In my stiltetyd vanoggend, besef ek: Paulus seën keer op keer in sy briewe die mense vir wie hy lief is met die woorde “genade en vrede”. . .  sy groot wens vir hulle 

Belangrike woorde, goeie wens 

want,

sonder genade kan ek nie bestaan nie

en sonder vrede kan ek net bestaan 

en nooit werklik lewe nie




16/05/2022

Uitgewer het laat weet Alle Sondaars Welkom is die 4de beste verkoper die week van alle Afrikaanse boeke landswyd (19de over all - Engelse titels ingesluit, 17de op Bargain Books se top 100 . . . ). Baie dankbaar.  

    Maar daar is ook 'n vraag: 

    Waarom wil die Christenboekmagnaat, C.U.M. Boeke, nie die boek op hulle rak hê nie (tot op hede)? 

    Kan net spekuleer. Voel hulle uitgesluit in die titel? Is dit omdat daar nagstukkies in is, en nie net dagstukkies nie? Is dit die lelike ou op die voorblad? 

    Ek het hulle gemail met die vraag, nog geen antwoord nie though, so, op hierdie stadium kan ek net raai . . . 






27/01/2021

I've learned that even when I have pains,

 I don’t have to be one . . . 

Maya Angelou



23/08/2020



Ons praat oor donker tye, happy tye, hate mail, die keer toe Bouwer Bosch actually kwaad geword het (for real!), Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, sy kinderjare, Steve Biko, onderwysers, vakansie, die NG Kerk, die nuwe musiek video, #Politees, die siekte, die toekoms . . . 






_____________________________________________________________
Dis drome van rykdom wat ons arm maak . . .
_____________________________________________________________







25/10/2013
date night met Mathilda



29/06/2020
dis nou alleen klim
die duister in
net die volmaan
en die leë aarde
en die memories
en die see
en die leuens
en die tussenin
net daai lonely longing
everything
in between
has gone terribly wrong
everything
in between
  moved on




24/03/2021
there's a certain kind of freedom
 only found in loneliness .. .


30/01/2014
Katinka's new Apple Watch




 02/04/2020
. . this morning I realized , I often feel more trapped by people, 
than by places, fences, 
rules and time and spaces  .




18/01/2018

Die Kerk en mag in die tyd van Zuma


'n Mens hoor dikwels hoe iemand sê, “as ek net een dag ryk is” of “as ek eendag 'n  belangrike posisie beklee,” dan gaan hy/sy dit of dat doen om die wêreld 'n  beter plek te maak. Ook in die kerk kry ons die gedagte: dat die Afrikaanse kerke in Suid-Afrika byvoorbeeld al minder van 'n  rolspeler is, omdat sy toenemend minder mag het onder die ANC regering (anders as in die tyd van die NP). 

Want 'n mens het posisie en mag nodig as jy verandering wil sien. Reg? Nie noodwendig nie.

Die Amerikaanse sosioloog, Tony Campolo, vertel die verhaal van 'n  stad in Amerika waar daar 'n inrigting vir geestelik gestremdes was. 'n Groepie mense het die visie gehad om van die pasiënte met 'n  goeie prognose te herintegreer in die gemeenskap deur 'n  paar huise te ontwikkel in residensiële woonbuurte.

Die inwoners was woedend. Hulle hou toe 'n vergadering in die stadsaal. Die plek was stampvol. 

'n Verteenwoordigende raad het voor op die verhoog gesit. Na die voorsitter 'n klomp besware aangehoor het, het hy voorgestel dat hulle tot stemming oorgaan. Soos jy jou kan indink was die stem oorweldigend teen die beplande huise.

Hulle was net reg om huis toe te gaan toe daar skielik 'n  roering agter in die saal is. Almal het omgekyk. Hulle kon hulle oë nie glo nie. 'n Vreemde stilte het oor die plek toegesak.

Moeder Teresa was op 'n besoek in die stad. Sy was laat en het amper die vergadering gemis. 

Die mense het haar dadelik herken, díe stokou, klein, geplooide vroutjie wat stadig met haar kromgetrekte rug tussen hulle deurstap. Moeisaam het sy opgeklim teen die trappe van die verhoog en op haar knieë gaan staan voor die raadslede. Sy het met 'n sagte stem gepleit en gevra of hulle nie asseblief weer sal stem nie.

Die voorsitter het oor die mikrofoon vir die inwoners gesê van moeder Teresa se versoek.

Hulle het weer gestem en die keer is daar eenparig besluit dat die ontwikkeling van die huise vir die gestremdes kan voortgaan. In elke plaaslike koerant was daar glo die volgende oggend 'n  berig oor die vreemde voorval. Niemand kon dit glo nie - maar niemand het gewaag om die nuwe voorstel te beveg nie.

Na Campolo die storie vertel, vra hy die vraag: Wat is dit wat aan 'n  klein, kromgetrekte ou vroutjie met 'n sagte stem soveel outoriteit gee?

Na aanleiding van navorsing in die sosiologie maak hy dan 'n  saak uit vir die verskil tussen klassieke magstrukture en hierdie vreemde vorm van outoriteit.

Die twee grootste magstrukture is polities en ekonomies. In kontras hierteenoor staan hierdie vreemde outoriteit wat kom deur selfopoffering en diens.

Waar mense aan magstrukture móét antwoord - anders is daar moeilikheid - het hierdie vreemde outoriteit 'n ander tipe invloed. Dit gaan nie soseer oor wat 'n  bepaalde persoon sê, of hoe hy of sy dit sê nie, maar eerder oor hoe die een wat dit sê, leef.

Die vroeë kerk was 'n  goeie voorbeeld hiervan. Die historiese sosioloog Rodney Stark wys in sy boek, The Triumph of Christianity, hoe die vroeë kerk haarself dikwels in tye van totale magteloosheid bevind het. Maar ook dat dit juis vanuit hierdie posisie van solidariteit met die weerloses was, vanwaar sy met ongekende spoed gegroei het (van 'n paar duisend tot twintig miljoen in die eerste drie eeue), en dít sonder enige politieke of ekonomiese mag of status.

Die kerk was selde in die verlede goed met mag. Sy is op haar beste 'n bediende!

Dit is goeie nuus vir die magteloses, maar wys ook op die ongelooflike outoriteit wat iemand wel met politieke en ekonomiese mag skielik het, wanneer hy/sy eerder kies vir 'n  lewe van selfopoffering en diens.

Ek het die aankondiging van die nuwe Pous op die TV dopgehou. Dit was baie interessant om te sien wat die sekulêre media daarvan gemaak het. Oor een ding kon CNN, die BBC en selfs Aljazeera, nie uitgepraat raak nie. Oor en oor het joernaliste met oë wat flikker van verwondering vertel dat hierdie pous 'n nederige man is. Dat hy in 'n eenvoudige woonstel gewoon het as kardinaal. Dat hy nie met die Limousine gery het nie maar saam met die ander met die bus. Dat die nuwe pous iemand was wat homself met die armes vereenselwig het en dat hy deur sy lewe dikwels opgestaan het teen sosiale ongeregtigheid.

Ek weet nie of hy so goed is soos almal sê nie, maar die reaksie van die media wys daarop dat die wêreld vreemde outoriteit gee aan 'n leier wat omgee vir weerloses en 'n  reputasie het van selfopoffering en diens.

Mense luister eenvoudig eerder na iemand wat omgee.

Die Russiese skrywer Leo Tolstoy het in die laaste derde van sy lewe heelwat geskryf oor die beginsel dat boosheid nie met boosheid oorwin kan word nie; dat 'n mens mag nie met mag beveg nie, maar juis in die "teenoorgestelde gees". Hy was amper obsessief oor die bergprediking, veral Mattheus 5:38-48 waar Jesus sê dat ons ons vyande moet liefhê en dien.

Vreemd genoeg was dit die Hindoe leier, Mahatma Gandhi wat Tolstoy se interpretasie van Jesus se woorde ernstig opgeneem het. Gandhi het dikwels na homself as 'n  dissipel van Tolstoy verwys en selfs vir 'n tyd lank 'n “Tolstoyan Community” net buite Johannesburg bedryf. 

Later sou die woorde van Jesus soos beskryf deur Tolstoy in sy boek, “The Kingdom of God is within you,” ook groot impak hê op die denke van mense soos Martin Luther King en Nelson Mandela.

Selfs die magtiges kan impak hê, as hulle bereid is om te dien!

Ek het al gewonder, sou Julius Malema 'n paar jaar gelede sy huis in Sandton verlaat en sy politieke agenda dryf, uit 'n  plakkershuis, of hy nie skielik ongekende outoriteit sou hê nie? Of enige iemand hom dan kon stop? Maar toe kies hy eerder die pad van politieke en ekonomiese mag . . .

By baie Afrikaanse kerkmense hoor jy vandag stemme dat hulle magteloos voel. Dat die nuwe magsisteme in die land hulle al meer marginaliseer. Wat natuurlik nie heeltemal waar is nie, want al het die Afrikaner vandag kwynende politieke mag, is 'n  groot klomp ekonomiese mag steeds in hulle hande - ons is steeds die base op die plase en besit steeds 'n reuse klomp besighede en eiendom in hierdie land. Hoe dit ook al sy . . . of ons nou mag het of toenemend magteloos voel, as ons vir Jesus volg en ons wil verandering sien sal ons moet leer om te dien.

Daar is dinge wat nie met ekonomiese krag en politieke mag reggebuig gaan word nie, dit gaan “reg gedien” moet word. Van onder af.

Jesus het gesê: 


"Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense." (Mattheus 20:24)


Miskien berus te veel van ons hoop (of wanhoop) in Suid-Afrika op ons verwagtings van die politici en ekonomie? Is dit waar ons hulp vandaan kom?

Natuurlik moet ons bid vir die mense in magsposisies - ons moet veral bid dat hulle minder bewus sal wees van hulle status en meer bewus van hulle verantwoordelikheid tot diens ten opsigte van hierdie land en sy mense. Dalk moet ons bid dat hulle Jesus se voorbeeld sal volg en ook 'n bietjie afkom aarde toe.

As die Evangelie dan die beste gekommunikeer word, nie vanuit 'n  posisie van mag nie, maar vanuit 'n posisie van weerloosheid, is die Suid-Afrika van vandag dalk toenemend 'n ideale plek om te probeer kerkwees!

Nou die dag lees ek in 'n  koffiewinkel op 'n kaartjie die volgende woorde: 


“As 'n groot klomp mense elkeen iets kleins doen sal die hele wêreld verander.” 


Ek het amper geval daarvoor, maar toe ek bietjie dink besef ek dat Jesus presies die teendeel gesê het. Hy het gesê: “As 'n  klein groepie mense alles gee - hulleself gee - sal die hele wêreld verander.” Hoe vreemd is die boodskap van die Evangelie nie!

Dis goeie nuus! Want sou dit so wees dat net die magtiges impak kon hê, was die potensiaal vir positiewe verander gereserveer vir 'n baie klein groepie bevoorregtes in die samelewing. Was dit so dat 'n  mens baie moes hê om gelukkig te wees, sou lewensgeluk vir min mense moontlik wees. 

Maar nou kom sê Jesus die teendeel, dat daar is outoriteit is in selfopoffering en diens: dat om te gee mens gelukkiger maak as om te ontvang. Skielik is die grond gelyk want almal, ryk en arm, magtig en weerloos kan dien. Almal kan gelukkig wees want almal kan gee, van Sageus die hooftollenaar tot 'n paar eenvoudige vissermanne.

Dalk is die hele idee van baie Afrikaners dat ons deur God geroep is om "te heers in Afrika", waar ons die groot fout maak? Ons is eerder geroep om onsself te gee en haar te dien! Veral as ons onsself volgelinge van Jesus noem.

   Die duidelikste voorbeeld van verandering deur selfopoffering en diens, van hierdie vreemde vorm van outoriteit, is natuurlik Jesus self, en een van die beste opsommings daarvan is geskryf deur Paulus in Fil 2:5-11:


"Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word . . .”


(Confessions oor Kerkwees / Beeld artikel)




11/11/2018
   en jy sê my kop raas
      en ek sê: praat bietjie harder ek kan nie mooi hoor nie . .

         


23/08/2021

Die chirurg wou by die anti-mask oom weet of dit oukei is as hy ‘n masker dra wanneer hy hom opereer. 
    Ja, sê die oom, hy wil nie kieme kry nie . .






12/07/2014
vredelinde

sy’t haar droom gevat 
met die stert van ʼn stokkie en ʼn paar buisies sap
hom uitgedrip 
op 
lap
en siedaar! 
skielik lê hy daar 
en loer
vir almal wat kom kyk 








17/11/2014

’n Vreemde vlieënde vryheid


Laat niemand sê hy was net ʼn bietjie vreemd nie. Hy was om die minste te sê, super weird – ʼn gedaante uit die buitenste ruimte; ʼn vreemde wese van ʼn ander wêreld (hierheen gebeam in ʼn hout portal).

Godsdienstiges kon nog doen met ʼn God in ʼn tempelboks of selfs ʼn God in ʼn boek, maar ʼn kaal God aan ʼn kruis?

Hy was eenvoudig te anders, te vry, te naby. Het buite geslaap, met die wind gepraat, op water geloop, veertig dae gevas sonder om te kroek, wyn gemaak uit water en op 'n wolk weggevlieg.

Godsdienstiges het hom meer omgekrap as sondaars; rykdom was 'n groter probleem as armoede . . . 

Toe mense Hom met klippe gooi het hy nie terug gegooi nie – nie met klippe; nie met 'n meteoriet of 'n planeet nie – bloot tussen hulle deurgestap.

Hy kon gedagtes lees, die toekoms voorspel, blindes reg beam en dooies opwek.

Mense glo dit nie, want dit klink te goed om waar te wees, maar let's face it: 'n bo –natuurlike wese uit die vreemde het ons aarde besoek . . . Jesus was 'n Alien!



maak oop oor my

here

en lig my op

ubduct my tog

o alien god

maak oop oor my

here

en lig my op

ubduct my tog

o alien god

maak oop oor my

here

en lig my op

ubduct my tog

o alien god

vvssshhhhh




12/12/2019

Die confusion van die skaap se oë


sy lewe lank

vrees hy die donker,

die jakkals, 

die wolf, 

die lammervanger,

maar dan, een Vrydagmiddag

onder helder son

is dit die herder 

wat vir hom kom

hom vasvat, hom wurg,

met lem verskeur 

en later onder moeë maan

met wyn, aartappels en beet, lag

der laaste stuk van sy lyf oopbreek

skud en slurp aan sy murg

en sy amper alles opvreet




19/08/2021

the most important attitude I've tried to acquire when living in India - and later traveling Bangladesh, Nepal, Pakistan . . . and South Africa(!) is to look upon the different people of this world with interest, not with judgement . . .

the curious heart  is open to new discoveries - judgementelism traps us in our own small world of self justification where we trick ourselves in believing that we are the only ones that know






13/09/2021

when the truth is shameful 

people will choose a lie 




01/05/2022

as daar iets is wat ek geleer het, is dit dit: 

moenie by mense probeer leer wat altyd die veilige gemaklike plekke opsoek nie, al het het hulle die CV en die status . . . leer by die wat dit actually gewaag het om Jesus die donker in te volg . . 

- die  teologie word maklik net nog 'n power game - by die hele lot, die gereformeedes, charismate, katolieke . . . 

Talk is cheap, veral vandag! Vra "wys my?" as hulle hulle slim praatjies praat . .

(net dit, 

sela)



03/08/2018

Op 'n plattelandse dorpie vertel die eieares van 'n koffiewinkel my dat 'n belangrike man van 'n politieke party daar uithang. Sy wil my só graag voorstel.

   'n Groot man in kakieklere kom nader. Teen die kant van sy kortbroek hang 'n pistool.

   “Skielik voel ek veiliger!” maak ek 'n grappie toe ons groet. Ek nooi hom om te sit.

   In die vorige verkiesing het hy meer as 'n duisend stemme gekry, sê hy.

   Jo, sê ek.

   Hy vertel van al die moeilikheid wat die mense op die dorp en die plase moet verduur. Daai ander lot maak dit nie vir 'n ou maklik nie, sê hy.

   Ek vra wat hy doen as hy nie politieke vergaderings bywoon nie.

   Hy het 'n mini-loan besigheid, vertel hy trots. Amper al sy kliënte is swart en sy besigheid doen deesdae eintlik besonder goed!

   Sjo, sê ek.

   Ons praat oor die kerk - hy het by die eienaar gehoor ek is 'n tipe kerkman.

   By húlle kerk neem hulle nog alles wat die Bybel sê letterlik op, sê die politieke man en maak sy oë groot.

   O, sê ek, soos daai versie wat sê verkoop jou goed en gee die geld vir die armes, of die een wat sê wees lief vir jou vyande?

   Hy lyk nie happy nie. Ons praat oor ander goed.

   Ek kan nou nie gedagtes lees nie maar ek dink wat hy eintlik bedoel het is die versie wat sê “die Here is my herder” en dalk die een in Levitikus (19:27/28) wat sê mens mag nie tatoeëermerke hê of jou wangbaard en die hare voor jou ore skeer nie? (Eintlik net die een deel, help ek myself reg, want hy sny duidelik sy sidies en sy wange is skoon geskeer)

   Hy was 'n vriendelike man - al leef ons nie op dieselfde planeet nie. Al wat ons waarskynlik in gemeen het is dat ons albei Afrikaans is.

   Maar dit help nie ons wil net met mense praat met wie ons saamstem nie, nie in hierdie land met al haar diversiteit nie.


(My rubriek vanoggend in Maroela Media)








19/09/2021

they thought that good theology was something that looked good on paper . . .

- it would have been so easy though

but now: a tree is known by it’s fruits? 

not?

is this the answer to the big question: why most of the  so-called “good theologians” are still living the normal, status quo materialistic life? 

While Jesus was clearly counter-cultural to the core . . .

The great challenge even to the "good theologians”, is to follow Jesus . . . it seems . .


22/09/2013

2 goed wat ek sukkel om te verstaan: 1 - Waarom so baie Evolutioniste nie in God glo nie; 2 - Waarom so baie Christene nie in evolusie glo nie
... . .. ... 

as jy op die verkeerde pad is, is die laaste ding wat jy moet doen om vinniger te hardloop . . ..
.   .  .  .  .

"if a poor person envies a rich person, he is no better than the rich person"  
- Tolstoy




25/08/2021

Ons wil so graag ons eie (en ander) se diepste kern bevraagteken, maar op die ou einde is dít hoe eenvoudig dit is: as jy ‘n beter mens wil wees, begin beter dinge doen.   

En dis goeie nuus! (veronderstel om te wees)

Dit is so, ons kern is lig, almal is na die beeld van God geskape, Jesus het vir ons almal gesterf… Maar, lets face it, goeie, godsdienstige uitblinkers wat al hierdie mooi feit erken en verkondig het, het ook dwars deur die geskiedenis van die horribleste, wreedste, bose donker goed aangevang - en min dinge walg die wêreld meer as “'n goeie godsdienstige” wat bose goed aanvang. 

’n Goeie kern help niks te midde van slegte dade nie. Dit maak eintlik die skande groter. Met reg. 

Gelukkig is die ander kant ook waar, van die mees aangrypende boeke en films, stories wat vertel word om ons te inspireer, gaan juis oor mense wat oorspronklik deur die samelewing as “boos” geklassifiseer is, maar op ‘n dag besluit het om goeie goed te begin doen.

Dis in die hart van die evangelie: Enigiemand kan verander, ‘n nuwe begin maak, terug keer na die oorspronklike plan, ‘n boom word wat goeie vrugte dra. 

Op die ou einde is ek en jy so goed of so boos soos ons laaste daad . . . Dalk is juis dit die rede waarom Jesus meer gepraat het oor hoe ons moet lewe as oor hoe ons moet glo? Baie meer.

Dalk is daar nie iets soos 'n “goeie mens” of “slegte mens” nie, dalk is daar net goeie en slegte dade.






15/09/2020


Grace is a great injustice 

It’s the unfair act of giving something, potentially liberating to someone, who don’t deserve it 

It’s tough, hard, painful, even cruel . . . but, without grace there is no Christianity 



11/12/2022
die liewe Here weet, ek het my share van oneerlike, hoogmoedige, materialistiese, pretensieuse, wrede kerkamptenare gehad  . . .

- genoeg vir een leeftyd, baie dankie, 

gee my nou eerder die heidene . .






13/09/2018
Nasionalisme

so gevaarlik 
soos 'n bang
man
so dodelik
soos 'n lang 
slang
so sleg skadelik
so giftig soos ‘n slap stert met angel 
’n pap hang woord met 'n isme
soos alles wat dodelik is 
- behalwe verg-isme









18/06/2021


die hengse land

daar duskant die palissadelaer
sit die netjiese tuinmense
- die voel-veilig-in-die-hok-tussen-die-grense mense -
en braai
maar anderkant die doringdraad
away from that beautiful hut 
lê die bliss van die wildernis
- an infinite lonely abyss -
die gevaarlike land van vryhardloop 
die anderkant
die hengse land 
van wilde wense, woeste waters 

en windwesens 



19/05/2020

"You can't rush your healing, darkness has its teachings . ." words of one of my favourite songs these days by Trevor Hall. 
    Darkness is often a spotlight that amplifies secret things seldom seen on sunny days, things hidden in ourselves - nocturnal truths about who we are . . . 
    or in the words of C.S. Lewis: "Where we find difficulty we may always expect that a discovery awaits us" 

- Viktor Frankl found it in a concentration camp, Henry David Thoreau in the wilderness, Paul, and later John of the Cross, in a dark and lonely jail cell, Mother Teresa on the streets of Kolkata, Henri Nouwen in L'Arche . .


Tussen die velle van ʼn frons het sy oë moeg en grys gehang. Toe ek naderskuif, sien ek net die weerkaatsing van myself wat probeer inloer. 
  Die man is nie hier nie, sê die kyk in sy oë, hy't uitgegaan vir ʼn droom . . .


29/07/2021

die waarheid is nie altyd gewild nie

veral nie in die kerk nie

- it seems



16/08/2021

die ryk kerktannies 

wat anderkant Menlyn vergader

love die woorde van die berader

wat sê 

hulle moet net meer en meer boundaries hê





10/07/2021

Sê nou alles wat in hierdie wêreld gebeur het is rêrig. Dit bestaan. Soos rotse tussen branders. Die enigste rede waarom ons dit nie ordentlik kan bekyk en byvoorbeeld daaraan kan raak nie - net deur die stukkende vuil spieëls van ons geheue en verbeelding oor meeste dinge wat was en sal wees kan droom - is omdat tyd nie, soos ons aarde, rond is nie, dis redelik plat en reguit, in een enkele rigting, vorentoe. En soos o.a. Siddhārtha Gautama gesê het, alles verander altyd. Verandering is die enigste iets wat is. 

   As jy die hede op fast-forward kon sit, sou alles lyk soos golwe op 'n onstuimige see of vlamme in 'n vuur. Ook my en jou bestaan. Ook die lewe en die dood. Die enigste rede waarom iets soos 'n rots vir ons ewig lyk, is omdat ons nie lank genoeg kan kyk nie…





17/03/2011
Nou die dag droom ek, ek is laat vir kerk. Loop oor 'n grasperk, hoor mense sing, stap om 'n hoek . . . en daar, op 'n trap in die oggendson, sit God.
   "Gaan U nie kerk toe nie?" vra ek (ek is soms baie dapper in my drome).
   "Nee," sê God, "hulle kom mos goed reg sonder my"
(Later in ʼn ander droom loop ek hom raak by 'n partytjie - uit vrees vir tug en vervolging kan ek nie hier vertel wat daar gebeur het nie . . .)





29/07/2021
pseudo serenity
 
is daar vreemde vrede in eiegeregtigheid “wat volledig is”
is dit so?
is hoogmoed soothing
is ignorance bliss
gee materialisme rêrig rus?
of is dit alles
net pseudo serenity



 01/06/2019
 God is wild . .. don't try and tame him

 



09/07/2021

"Ek het by myself gedink: dit is ter wille van die mense self dat God hulle toets; hulle moet insien dat hulle niks anders as diere is nie" 

Pred 3:18



21/04/2019
   en ek sal my oë afslaan
   as die hoop beskaam
   van die berge 
   na wat hieronder aangaan




07/03/2015

mooiste Katinka






08/07/2021

2020/2021 was (tot dusver) die moeilikste jaar van my lewe, en dit was nie Corona nie, nie in my geval nie. Ek het uitgevind daar is erger dinge as siekte, moeiliker dinge om te hanteer as selfs my ma en pa se dood destyds, onmoontlike dinge . . . 

 




17/03/2021
Deceiving yourself in the now, 
is the gateway to harming your future-self
- time to face reality .. . 

 08/02/2020

     Give me everything mangled and bruised,
     And I will make a light of it to make you weep,
     And we will have rain,
     And begin again.

     - Deena Metzger 


   
        You may write me down in history 
        with your bitter, twisted lies, 
        You may trod me in the very dirt 
        But still, like dustI'll rise.
       
         - Maya Angelou


17/02/2021


Die Boek is uit - het hom laas jaar in die donker geskryf, in sekerlik die moeilkste jaar van my lewe tot op hede . . .


Voor jy oppak, pak af . .



MAROELA MEDIA HET MY 'N PAAR VRAE GEVRA, ONDER ANDER OOR HIERDIE AANHALING UIT DIE BOEK:

". . . hoe is dit moontlik dat ’n volwasse Christenman op ’n koue wintersdag man-alleen met sy dubbelkajuitbakkie verby ’n vrou met ’n baba op pad dorp toe ry sonder om haar op te laai? Hy weet sy gaan die meer as tien kilometer in die koue stap. Hoe kan dit hom nie pla nie?
Vermom hierdie verhaal (en daar is ’n horde weergawes hiervan wat elke dag in ons land afspeel) in ’n sprokie of, soos Jesus, in ’n gelykenis en vertel dit vir enigiemand en die persoon sal waarskynlik wonder: Wat het gemaak dat dié man se hart so hard geword het? Is hy hoogmoedig? Sien hy neer op die vrou en die kind? Voel hy dan niks vir hulle nie?
Die man is egter heeltemal onbewus hiervan. Hy’s gewoond hieraan. “Dis maar hoe dit in Suid-Afrika is,” sal hy sê. Dié storie is ongelukkig geen uitsondering in Suid Afrika met sy baie kerke nie . . . " 







20/05/2020

As ek jou twintig jaar gelede kon vertel van 2020, dat almal maskers dra, dat die meeste lande se grense gesluit is, dat die verkoop van drank en sigarette verbode is, dat Donald Trump president is van Amerika, dat hy heeldag sit en twiet, dat 'n tienermeisie met die naam Greta Thunberg die internasionale stem vir die ekologie is, van Julian Assange wat in die tronk is, dat ons deesdae Zoom kerk hou . . . sou jy waarskynlik sê dis 'n goeie idee vir 'n draaiboek vir Sci-fi Film - en “2020” sou klink na 'n naam wat kan werk, of “Covid-19”.  
As ek jou die detail begin vertel, byvoorbeeld van die regering se Zoom vergadering wat nou die dag onderbreek is met 'n wilde seks video sou jy wonder of dit nie eerder 'n komedie is nie. Of dalk albei - daar is 'n “Sci-Fi Comedy” genre. 
Of dalk 'n tragiese komedie? PG Du Plessis het gesê dinge kan soms so tragies raak dat dit snaaks is. 
Die hele samelewing is effe bipolêr deesdae. Ons lag en huil en maak grappies en moan en droom en raas en raak stil en vrees en vloek en bid en skel . . . alles in een dag. 
Soren Kierkegaard het meer as 'n eeu en 'n  half gelede opgemerk dat die mensdom deur die kragte van twee pole beweeg word: plesier en pyn. 
Die soeke na gemak en plesier en die wegvlug van potensiële ongemak en pyn, beïnvloed die rigting waarin ons beweeg. Amper soos 'n magneet, die een kant trek en die ander stoot.
Maar dis nie al nie, sê Kierkegaard, veral by mense wat hulle lewens as betekenisvol beleef is daar 'n dieper beweegrede. 'n Hardkoppigheid om die regte ding te doen ongeag die pyn of plesier wat dit mag inhou. 'n Behoefte om goed te wees in slegte tye. 
Die vryheid van die individu lê juis daarin om moeilike innerlike keuses te maak te midde van eksterne druk. Selfs 'n dooie vis kan stroom af swem . . .





29/04/2021

Oor skryf . . .


Ek het agtergekom skrywers skryf. 

That’s it. Hulle sit op hulle boude en skryf. 

- en dis flippen moeilik, want baie dinge trek mens se aandag af soos Netflix, en my hond Inhaca wat op die kinders se beddens piepie of heeltyd tjankgeluide maak as ek hom ignoreer en al my imaginary friends op Facebook en Instagram en die interessante bose dinge op die nuus . . . en dis baie makliker om lê en wonder as om te sit en skryf . . . . . 

maar skrywers skryf . . (sug)


. . en ek het agtergekom dat kras eerlikheid heavy skaars is . . en gekombineer met kreatiwiteit, is dit die mees fasineerende kombinasie, want as mens eers die waarheid kan vertel met 'n leuen (fiksie) dan . . . DAN!


. . . en ek het agtergekom ek skryf op my beste na een glas rooiwyn - heelwat beter as na vier glase rooiwyn..


03/03/2021

..maybe the people who concern themselves with big things like theological academic institutions, church law and church structures can answer the questions about lager stuff - like synods and church-politics ....

I don’t know how to steer big ships - only kayaks and inflatable boats - Jesus struggled to move 12 people, don’t think I can do better..



30/07/2020
To love God
is to love what God loves


13/03/2021


-my review in vandag se Beeld/ Netwerk24


“What the hell?” 

Dit was my eerste gedagte toe ek Prophet se nuwe cover van Die Kolonie sien. Ek dog eers hulle spot met Jesus, toe sien ek dis Jan Van Riebeek met die zol en die pienk Ghoeroe-kleed  - met 'n hart in sy een hand en 'n selfoon in die ander, tussen twee skroewedraaiers, bokant twee AK47’s onder 'n dollar teken en iets wat lyk soos die maan . . . 

My tweede gedagte was, ek soek 'n plakaat vir ons hippy-shack op die Echo Plaas. 'n Grootte. Daar is soveel simboliek in die ding, oor waar ons vandaan kom, oor Suid-Afrika vandag, oor die ironie van kerkwees in 'n land soos die, oor ryk kerke in arm Afrika . . . 

En die cover is sommer net freaken beautiful om na te kyk. Amper soos die effek van lugbesoedeling op sonsondergange. 

Ek onthou hoe my oupa destyds opgemerk het dat die sonsondergange nooit so mooi (en so rooi) was, voor Sasol en Yskor in die Vaaldriehoek gebou is nie. 

Ek luister na 'n liedjie op die album. Die eerste sin sê: “As die skepe ver uit die Noorde kom en die Bybel saam met die skepe kom en gewere saam met die Bybel kom, sal die slawe Sondag na die Kerk toe kom . . .”

Die kerk-ooms gaan nie hiervan hou nie, dink ek. 

Dis nie 'n gewone Gospel CD nie. Daar is nie een enkele liedjie wat 'n mens sou kon speel voor 'n begrafnis of by 'n vroue-teë nie. Die musiek is soos die cover. 

Dis nie nog 'n Christen 'n album vol dagstukkies nie. Dit is is nagstukkies, die genre van die profete. En dis nie boring nie. Dit laat my dink aan “By the rivers of Babylon”, eintlik 'n ontstellende hartseerliedjie, maar op 'n lekker tune. 

Dit maak dat die musiek jou vang. Onverhoeds betrap. Skielik onthou jy dat Van Riebeek met die Bybel hier aangekom het, besef jy hoe maklik godsdiens gemeng met geld 'n magspel word, skrik jy wakker vir die feit die Christen-kolonie met 'n kerk op elke hoek steeds 'n wrede plek is. Vergeet jy vir 'n oomblik van ander mense en ander godsdienste en wonder jy of dit nie hoogtyd is dat die Christene vir Jesus begin volg nie. 

Profete vlei nie. Prophet se nuwe CD ook nie. 

Die album is 'n vreemde vorm van heiligmaking wat die potensiaal het om die wit hel uit kerkmense te frustreer. 


JacoStrydom/Netwer24/By-Bylaag/Beeld


16/07/2019 

When we are born we don’t come to the wilderness, we rise out of it - like dust - and deep down we have a longing to return to it.  
   John Muir said: “Thousands of tired, nerve-shaken, over-civilized people are beginning to find out that going to the mountains is going home; that wildness is a necessity”.  
   We need the experience of wonder to feel at alive.  
In the words of Henry David Thoreau “We need the tonic of wildness...At the same time that we are earnest to explore and learn all things, we require that all things be mysterious and unexplorable, that land and sea be indefinitely wild, unsurveyed and unfathomed by us. We can never have enough of nature.”
    Mystery is no enemy to the believer, it fills us with wonder - the most beautiful manifestations of faith . . . 


07/07/2021

The 3 Ends


. . . a t-junction .. . 
one road leeds into community (again) the other away from it, a choice between the sharp stinging pains of togetherness 
and the dark sagging pains of loneliness . . . 

or even worse 
the choice of standing still in the emptiness 
of not choosing 
suspending in the limbo of indecisiveness 
by not moving 
fatally embracing the ever-lingering meaninglessness . .



05/10/2019
had to find some solitude (want die mense maak my mal)
 . . . solo paddle around Zanzibar on an inflatable kayak (that fits in a bag) . . . rigged a sail from a old hammock . . . slept on the beach and in backpackers and with locals . . . met a lot of awesome beautiful people - the sea is my therapist - I'm better now . . .

 Instagram:
#kayakaroundzanzibar2019



15/04/2020
give us a today
in this world of populism
and group-identity
and empty middle-ground-mediocrity  

- and that distant thing called christianity
a new discovery 
of Kierkegaard-existentialism 
from sickness unto death
but in the freedom 
of Tolstoyan caring community
and St Francis
stillness 
and save us from this virus 
 - and willem and steve and trump 

om u naams ontwil amen





02/04/2014

Servaas, een van ons jeugwerkers, laai die bebloede seun in sy kar en jaag. Hy bel my, vra waarheen hy die kind moet vat. Die naaste hospitaal sê ek, al is dit 'n privaat hospitaal. Het gevrees die staatshospitaal is dalk te ver.

Toe hulle daar aankom het die kind reeds sy bewussyn verloor.

“Het hy 'n mediese fonds, meneer?” vra die vrou by die toonbank - baie vriendelik.

“Hy het nie eers ouers nie,” hyg Servaas.

“Het u R5000 kontant meneer?”

“Nee?!”

“Dan kan ons hom ongelukkig nie help nie,” sê sy heel ordentlik, en begin weer tik op die rekenaar voor haar. Sy doen net haar werk. By die hospitaal red hulle net lewens as dit winsgewend is.

As julle 'n bebloede kind in nood slegs sal help as die geld reg is, is julle meer oneties as die dwelmhandelaars en pimps in Sunnyside of die eienaars van Teazers . . . skryf ek later vir die hoof van die hospitaal.Ek is seker dat as ons by 'n kroeg sou instorm (en nie 'n privaat hospitaal nie!) dat letterlik almal die kind sou probeer help.

In korporatiewe sisteme kry 'n mens dikwels hierdie unieke vorm van immoraliteit. Niemand is verantwoordelik nie. Die vrou by die toonbank voer net haar opdragte uit, dieselfde met die dokters aan diens en haar baas, die hoof van die hospitaal - selfs die direkteure van die maatskappy sal pleit dat die besluite lankal geneem is en dat dit maar is hoe besigheid hier gedoen word (dis nie hulle skuld nie). 

So word bose sisteme in stand gehou.

Kry jy enige een van hierdie mense by 'n braai of by die kerk, stem hulle natuurlik heelhartig saam dat 'n mens se lewe meer werd is as geld, en dat geen moeite ooit ontsien mag word om 'n lewe te red nie. 

Die vrou by die toonbank sou waarskynlik heeltemal anders opgetree het as iemand met 'n bloeiende kind by haar huis opgedaag het . . .

Mense is in staat tot groter wreedhede wanneer hulle deel is van sekere groepe.

'n Ander voorbeeld hiervan is die Waterkloof-Vier. Dit is onwaarskynlik dat enige van die seuns heeltemal op hulle eie die bepaalde aand sou rondry en 'n onskuldige man sou aanrand - en uiteindelik vermoor. Op hulle eie is hulle gewone stoute seuns, maar sit hulle in 'n sekere groep - en gooi 'n bietjie alkohol by - en skielik is daar 'n ander bose dinamiek aan die werk.

Scott M Peck gebruik in sy boek, People of the Lie, die term “group evil” om hierdie verskynsel te beskryf na aanleiding van van sy navorsing oor die die My Lai slagting in 1968 waar 'n groep Amerikaanse soldate onskuldige vrouens, kinders en bejaardes doodgeskiet het in 'n Viëtnamese dorpie.

Ek het in die vroeë negentigs na die beeldsendings van halsnoermoorde gekyk en gewonder wie die wrede omstanders is wanneer hulle alleen is. 'n Mens het die idee gekry dat die groep 'n waansin met 'n momentum van sy eie ontwikkel wat omstanders intrek en wreedheid aanblaas.

Amper soos 'n veldbrand wat op 'n stadium so warm begin brand dat hy sy eie opwaartse wind veroorsaak en dan vinniger versprei.

Hierdie groepe het die potensiaal om die identiteite van hulle lede te absorbeer in 'n nuwe oorheersende groepsidentiteit. Een van die vernaamste eienskappe van group-evil is dat die bewustheid van persoonlike verantwoordelikheid verdwyn. 

Vryheid en die vermoë om persoonlik verantwoordelikheid te neem loop saam. Juis hierdie vryheid is dikwels ons grootste getuienis en is veronderstel om ons te laat uitstaan in bose groepe.

Veral by die meer aanvaarbare immorele groepe in ons samelewing, soos Privaat Hospitale, wat biljoene maak uit ryk mense se nood en tog wyer om 'n arm kind te help (in teorie is hulle natuurlik wetlik verplig, maar in praktyk is hulle 'n glibberige lot met allerhande ontwykende toertjies . . .). Geld is 'n wrede god.

Wat my amper meer ontstel is die baie Christene wat dit verdedig, so asof 'n ryk man se lewe tog meer werd is as die van 'n arm kind..


19/09/2021

they believed good theology was something that looked good on paper . .


why are so-many so-called “good theologians” still living the normal status quo materialistic life?

. . because they believe good theology 
is something that looks good on paper . . .

and it could have been this easy though
but now
a tree is known by it’s fruits 
you know

the greater challenge, even for the "good theologians”, 
it seems
is to follow Jesus 
to engage
of the page




26/12/2020
I feel closer to God in the wilderness than in church buildings
-  in the words of St Francis, the forest is quite an amazingly authentic chapel. ... . . and the sea even more so in my opinion . . .. . (buildings are just so pretentious, so superficial, so ... . freaken "man-made") 

but hey hooo, 
they do stop the wind 
and the sun 
and the rain 
from interfering with our God-experience, 
though




11/01/2021
2021 klink na die naam van 'n sci-fi fliek oor 'n pandemie







The best criticism of the bad is the practice of the better 

-Richard Rohr

01/12/2020
she loved gardens 
 I loved the wilderness . . .




12/04/2014

“Wind hoort nie in ʼn huis nie!” sê sy
“Sê dit vir die wind,” sê ek 
Met die gordyn in haar gesig, trek sy die venster toe 
“Die huis lek”
“Beter so,” sê ek, “anders sou ons dalk versmoor” 




 06/10/2015
So you have no problem ordaining the "rich young man", but the gay must stay away - and you get this from Jesus? 

(Is it perhaps because you're rich . . . but not gay?)

oooo, the inconsistency of that freaken self centered-christian-magic so called "scripture first" theology





Die ware verhaal van 'n ou wat eintlik heel normaal gelyk het


Na die aanddiens sê 'n ou wil my sien. Hy het 'n pak klere aangehad – 'n effe vreemde gesig in ons Echo erediens. 

In NG Villieria se konsistorie, omring deur die swart en wit fotos van vroom dominees wat toekyk, vertel hy my sy getuienis (dit nadat ek hom gevra het of hy dwelms gebruik, ten spyte van die feit dat hy baie ordentlik voorgekom het).

Hy vertel hoe hy jare gelede op die plaas iets gesnuif het – sy pa het hom baie omgekrap oor iets en hy wou glo net 'n bietjie wegkom. Hy kry toe die vreemdste gevoel, sê hy, en gaan lê met uitgestrekte arms op sy rug onder 'n boom. Die volgende oomblik sien hy God wat bo hom staan, afbuk en hy hoor 'n diep stem uit die hemel wat sê: "Stop jou kak”

Hy sê hy het hom daardie dag nugter geskrik en sal nooit weer aan dwelms raak nie.

"Van toe af stap ek 'n nuwe pad saam met die Here," was sy presiese woorde. Later het hy wel erg begin drink.







19/12/2020

FAMINE IN THE FARM HOUSE


the rats 

- and their children  -

died like flies in the farm house roof . . . 

but they didn’t know
though 

living in the shadow 

of the farm house down below . . .

humans

were the demons

dangerous dark gods with wondrous traps

and magical poisons

speaking only of death to rats

seeking only famine 

and human wisdom 





24/09/2014
hoe meer ek kyk en kyk
hoe meer wil dit lyk:
die armes 

is toe nie so arm 
en die rykes 
toe nou alityd nie so ryk


 22/04/2019








Few days alone on one of the beautiful unspoiled rivers in Transkei - free accommodation, transport, seafood . . . very few humans . . 

reading Henry Thoreau’s, Walden and The way of the heart by Henri Nouwen - couldn’t imagine a better setting. Long time since I felt so blessed, so alive. Serenity. 
What an Easter.
 “wildcamping" (no official campsites..) on a beautiful spot totally surrounded by mangroves, with typical green Transkei grass, to be reached only by boat/kayak - found it on Google earth while planning the trip

tricked myself into trying to live of the river and sea (did't take much food along only coffee, 2 packets of nuts, some droeëwors, a can of mushrooms . . .) Fishing a bit slow though, but it was spring tide and easy to collect mussels . . . and I had 2 bottels of wine :-)

Wonderful solitude on the river for a few days . . . saw the weather report, decided to find a roof for the last night . . . came upon a storybook place called The Kraal - the most a-freaken-mazing-Backpackers in hierdie deurmekaar land . . 

The Kraal


 12/12/2018
'n Minder vervelige Sondag 
 
Die son is al op en ek knyp my oë teen die lig. Buite hoor ek die eienaardigste geluid. Dit het geklink soos iets agter in die erf. Ek loop eers 'n draai en stap by die agterdeur uit om te gaan kyk. 
   Die paadjie wat na die kleinerige grasperk lei is amper toegegroei deur 'n paar hoë struike nog nat van die vorige nag se dou. 
   Heel agter in die hoek van die tuin sien ek hom. Voor die sinkhuise, op sy knieë, staan Moses - en maak sulke snaakse tjankgeluide. Hy krap met sy voorpote in die grond en gee elke nou en dan 'n sagte blaf. 
   Daar's iets in daai huisie, dink ek hardop. Miskien is dit 'n kat, maar sê nou dis 'n skelm? 
   Graaf in die hand stap ek nader. Versigtig stoot ek die deur oop. Dit neem my oë 'n paar oomblikke om gewoond te raak aan die donker. 
   'n Besem? Nie 'n gewone een nie, 'n grasbesem soos Liewe Heksie s’n, en hy sweef so wraggies 'n paar sentimeters bokant die grond.
   Ek word amper flou. Die volgende oomblik pyl die ding reg op my af. Ek klap en spring agtertoe. Die besem kom stadig tot stilstand. Nou, slegs 'n halfmeter van my af, sê iets vir my ek moet hom vat. 
   Ek byt op my tande en met bewerige hande gryp ek hom aan die steel. 
   Met eens is hy net 'n gewone besem. 'n Hout stok met 'n bos droë gras vir 'n kop. Morsdood. Ek skud die ding, gooi hom 'n ent, tel hom weer op en laat hom val. Niks. 
   Besem in die hand stap ek huis toe. Dis laat en ek moet regmaak. Die kerk begin nege uur en ek kry gewoonlik die kerkraad 'n paar minute voor die tyd in die konsistorie. Ek sit die besem langs die kombuisdeur teen die muur en stap kamer toe. 
   My vrou gaan dink ek is mal as sy dié storie hoor. Ek trek vinnig aan, sonder om 'n woord te sê. 
   Gesuit-en-getie stap ek by die kombuisdeur uit op pad kerk toe. Dis twintig voor nege, ek is laat. Die ou omies gaan moeilik wees. My oog vang die besem langs die deur. Op die ingewing van die oomblik gryp ek hom en klim sommer op - soos die Hekse altyd in die sprokies doen. 
   My kop tref amper die kant van die afdak. Ek koes vir 'n boom en skielik is ons - ek en die besem - tussen die voëls in die lug. 
   Ek vlieg! "Jiiihaai!" skreeu ek, want ons is nou te hoog dat enigeen my sal hoor, en die mense hier rond kyk in elk geval selde op. 
   Ek verstaan glad nie hoe die besem presies werk nie, maar ek kry hom beheer (baie soos my afstandbeheer, selfoon, rekenaar en ander interessante plug-en-play-goed waarvan ek nie 'n idee het hoe hulle regtig werk nie). As ek links wil draai gooi ek my gewig links. Gewig agtertoe is stadiger en gewig vorentoe, vinniger. Presies hoe ek dit regkry om hoër en laer te vlieg kan ek nie lekker verduidelik nie, maar dit werk. 
   "Vandag vlieg ek met die ding kerk toe!" besluit ek net daar hardop. 'n Mens kan mos nie iets so ongeloofliks ontdek en dit nie met die gemeente deel nie? Dit sal tog sonde wees! Teen hierdie tyd weet ek in elke geval nie meer of ek my oorspronklike preek sal kan preek nie. 
   Net voor nege duik ek op die kerk af. 'n Klompie ouderlinge en ander ooms wag geïrriteerd buite die konsistorie. Omdat hulle selde opkyk en dit belangrik is dat hulle verstaan hoekom ek laat is, maak ek 'n wye draai om die parkeerterrein en kom dan laag in oor die karre. 
   Die eerste oom wat my sien aankom, is die hoofouderling. Hy word spierwit. "Satan!" skreeu hy en hardloop vir sy kar. Jy sien net ou mense spartel. Tannie Marie, die saakgelastigde, kom uitgehardloop om te sien waaroor die kabaal is. 
   "Wat dink jy doen jy?!" gil sy "Dis óns kerk die! Wie gee jou die reg?!" met dié val haar hoed van haar kop af. Toe sy buk om hom op te tel, hardloop die voorsitter van die diensverhoudinge kommissie haar van agter af onderstebo. Hulle val in die bedding langs die gedenkmuur tussen die varkore. 
   Hier gaan ek nie inkom nie, besef ek, en dit gaan veel erger wees as die gemeente die storie hoor, as wanneer hulle dit vir hulleself sien. 
   Ek vlieg om die kerk by die hoofingang in, deur die portaal en dan al met die paadjie af. So ver ek vlieg raak mense flou. Dit lyk soos 'n omgekeerde mexican-wave. Die orrel hou op speel. Ek land op die kansel – nie agter die kansel nie, bo-op die kansel langs die groot Bybel en die glas water. 
   Besem in die hand, klim ek stadig af en kyk na die arme gemeente hier onder my. Met vrees in hulle oë staar die broers en susters my aan. Niemand slaap nie (behalwe oom Bert). Iewers huil 'n kind. 
   Wat 'n inleiding, dink ek en besef ek het nie eintlik meer 'n preek nie. 
"Die ding vlieg," sê ek sag en 'n onheilige stilte volg. Hulle weet seker nie meer wat om te glo nie. 
   Die volgende oomblik gebeur alles gelyk. Die hoofouderling kom met 'n haelgeweer by die kantdeur in gebars. Soos 'n klomp terroriste storm hulle op my af, twee diakens skuins van voor, die saakgelastigde skuins van agter. Sy probeer my gillend met haar hoed slaan. Toe ek weer sien is Bettie, die koster, bo-op die preekstoel met 'n blik Doom in elke hand. 'n Skoot klap. Oom Bert word wakker. Goed val uit die dak. Ek besef dis tyd om te gaan, maar skielik wil die besem nie werk nie. Allerhande goed tref my: Skoene, handsakke, peppermente, kieries, agendas en notules, selfs Bybels! Hulle sak op my toe soos 'n klomp vampiere. Net toe ek my bewussyn verloor, word ek wakker. 
   "Waar in die Bybel staan daar 'n dominee mag nie op 'n besem vlieg nie?" wonder ek hardop. My vrou kyk my snaaks aan. 
   “Jy moet opstaan, jy gaan laat wees vir kerk," sê sy. Ek is glad nie lus vir kerk nie.
   Later die oggend by die kerk, kry ek een van die moeilike ou tannies waar sy die konsistorie uitvee met 'n grasbesem. Ek wil haar eers met iets gooi, maar groet eerder net vriendelik en maak asof niks fout is nie. Want wie is ék nou eintlik om te dink sy is 'n heks? 


(uit Confessions oor Kerkwees 






16/08/2021

so skielik soos die dood


so uit die donker bloute
so onafgerond
so skielik . . .
die lewe stop nie eendag as ons klaar is nie
maar terwyl ons nog besig is
hier onder 
op die aarde
uit die donker 
bloute
die gevaarte
die benoute
skiet sy skielik op
en hou dit alles op
. . . .die nou en die eendag en die altyd en die nooit . . .
so skielik is die dood
so meteens
die onafgeronde afgrond



23/11/2020

Nuutste Podcast



23/05/2020
I went to the woods because I wished to live deliberately, to front only the essential facts of life, and see if I could not learn what it had to teach, and not, when I came to die, discover that I had not lived. 
― Henry David Thoreau 

13/01/2020


serenity  
 simpel living (on a beach) 7 days 20 weirdos 1 island 
sailing, kayaking, swimming, snorkling, fishing repeat . . . baie soos die tuin van Eden (maar met klere en kajakke en wyn)



20/03/2020
me and my therapist "the handpan" at a river in Transkei . ..
(I'm beter now . . . 'cause music is magic)


07/10/2020

“There was only one guy in the whole Bible Jesus ever personally promised a place with him in Paradise. Not Peter, not Paul, not any of those guys. He was a convicted thief, being executed. So don't knock the guys on death row. Maybe they know something you don't.” 

 Neil Gaiman






15/11/2013

Het vanaand besef, dat as ek wil lewe, ek minder in die nag moet slaap. Daar is ander beter tye om te slaap (soos tydens vergaderings). 
   In die nag, veral na twaalf word vreemde dinge wakker. Dinge wat net in stilte en donker beweeg. Dalk sou 'n mens in die dag kon lewe as jy vader Maximus Al Anthony is. (Hy is die koptiese monnik uit die oudste bestaande klooster in Afrika - in 'n woestyn in Egipte - met wie ek nou die dag 'n onderhoud gevoer het. Dáár is die dae glo leeg genoeg dat mens stemme in die lig kan hoor - in woestyne is daar mos mirages in die dag)
    Dit vra dat ek my sal dissiplineer, en leer om dinge soos die kritiese kyke van mense wat verbaas is dat ek aan die slaap raak in die dag te verduur. En Marina se kyke. Maar ek sal moet probeer, my helderste oomblikke kom nog altyd soos weerwolwe na middernag.
    Twee jaar gelede het ek vir 'n tyd lank elke aand teen middernag gaan draf. Ek het opgehou want my voete het 'n helse geraas gemaak. Marina kon aan die honde se geblaf hoor waar in die buurt ek is. Om die waarheid te sê haat ek dit eintlik net om te draf. Oorgewig mense soos ek moet eintlik nie draf nie (dit onstel die buurt se troeteldiere), ons moet eerder stilsit en droom en skryf.


17/07/2019
(my rubriek in Beeld)
'n Paar jaar gelede praat ek by 'n interessante gemeente. Die meeste mense was gewone kerkmense - die tipe mense wat jy oral in eredienste sien.
    Maar daar was ook vreemde wesens. Groot was my verbasing toe ek 'n klompie straatkinders in die agterste banke opmerk.
    Ons was nog besig met lofprysing toe 'n gehawende man met 'n verband om sy kop ingestrompel kom. Hy ruik na alkohol en sy balans is nie lekker nie. Tot my verligting skuif iemand weg sodat hy kan sit.
    Nog twee haweloses ingestap. Weet hulle nie 'n mens moet betyds wees vir kerk nie?
    Net voor die preek begin gaan sit 'n paar vroue in die voorste bank. Later hoor ek hulle is prostitute. Hulle mis glo selde oggenddiens.
    Dit was beautiful!
    Dis nogal iets om 'n prostituut en 'n materialis en 'n rassis die Here so saam te sien aanbid!
    Terwyl ek daar voor staan onthou iets wat ek op Twitter gelees het: “Don't judge me because I sin differently from you”
    Let's face it, Jesus het baie meer gepraat oor geldgierigheid en geestelike hoogmoed as oor byvoorbeeld dronkenskap en prostitusie. Hy waarsku dat ons nie vir God en mammon kan dien nie, vertel die storie van die ryk godsdienstige man en die arme Lasarus wat buite moes sit en bedel en sê vir 'n welaf jongman hy kan Hom net volg as hy sy geld weggee vir die armes . . . 
    Dalk moet ons nie so verbaas wees wanneer 'n prostituut, ’n dwelmverslaafde of 'n hawelose 'n erediens bywoon nie. Dalk moet ons eerder verbaas wees dat so baie welaf mense wat eintlik net vir hulleself leef (en net nou en dan krummels vir die armes gooi) so tuis voel in ons eredienste. 
    Dis nou as 'n mens die dinge wat Jesus gesê het ernstig opneem. 
    Jesus het dwarsdeur die vier evangelies, 'n groter probleem gehad met die godsdienstiges as met die klassieke sondaars, 'n groter probleem met die rykes as met die armes. 
    In die kerk omgewing vandag (in praktyk - in teorie is almal vreeslik “missionaal”) is presies die teendeel te dikwels waar. 
    Die armes word gesien as 'n probleem wat opgelos moet en klassieke sondaars voel dat hulle eers moet ophou drink en rondslaap voor hulle nader mag beweeg.
    Een van die vrae wat kerkleiers vandag te min vra is waarom die groepe mense wat destyds so tuis gevoel het by Jesus vandag so ontuis voel in ons kerke - en waarom die mense, soos die ryk jong man en die Fariseërs wat destyds so gefrustreerd was met Jesus deesdae so gevlei voel. 
    Jesus het 2000 jaar gelede kom wys hoe groot God se genade eintlik is - groter en wyer as wat die mense wat Hom bestudeer het ooit kon dink. 
    Dis ook die goeie nuus vandag.
    Daar is selfs plek vir tipiese kerkmense in sy koninkryk, mits ons ook tot die ontdekking kom dat ons sondaars is, arm mense, wat ook genade broodnodig het.


25/08/2020

moenie die ander wang draai, as jy nie geklap wil word nie



24/06/2020

Die tannie by die kerk se woontselblok was ontsteld toe die eerste swart persoon in die geskiedenis intrek . . . toe sê ek vir haar, as tannie ongelukkig is omdat die meisie swart is gaan raas met God, Hy't haar so gemaak . . . en toe raas sy met my omdat ek nie respek het vir ou tannies nie . . .
- en toe dink ek aan daai liedjie van Koos Kombuis . .

02/07/2020
Nou die dag se Onderhoud op Life FM 


09/03/2013
Vandag by die hof . . .     
    Die kinderkommissaris teken ʼn vierkant op die papier. Sy verduidelik vir die seuntjie, die vierkant is ʼn blok, díe blok waarin hy nou gaan woon en vra of hy verstaan. 
    Ja, sê hy, hy verstaan, hy hoort binne die blok, nie buite die blok nie.
    Toe ons wegstap, trek hy sy hoed laag oor sy oë - wys net sy mondhoek hy huil.
    Ons gaan drink  koffie en eet 'n paar muffens by die nuwe Coffee Shop voor ons hom in sy blok gaan sit  -  what to do?  




12/11/2019
(uit my Beeld rubriek)
Wie eerste is sal laaste wees. Grootmense moet soos kinders word. Leiers moet dienaars wees. 
Om geseënd te wees beteken gewoonlik dat goeie goed met jou en om jou gebeur: jy word skielik ryk, jou vyande word oorwin, die wêreld om jou maak die lewe vir jou makliker. 
Nie volgens Jesus nie. 
“Geseënd is die wat treur,” sê hy, “geseënd is die wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is.”
Vir die gewone mens gaan die suksesvolle lewe gewoonlik oor bymekaarmaak, groter word, groei in status, meer mag, belangriker posisies, groter gemak, hoër punte, vinniger spoed, rekords wat gebreek word. Meer, groter, belangriker . . . 
Maar nie volgens Jesus nie. Volgens hom moet jy altyd iets laat gaan as jy rêrig suksesvol wil wees: nader aan God wil groei. 
Jy moet minder hê nie méér nie. Die dissipels moes hulle nette los. Die ryk jong man sy rykdom. Jy moet van jou bitterheid ontslae raak, sewentig maal sewe keer vergewe, die ander wang draai, goed wees vir jou vyande.
Jesus praat nie net vreemd nie, maar leef ook vreemd. Hy hang met die verkeerde groep mense rond, sondaars, dronkaards en tollenaars.
En op die verkeerde plekke: in 'n Samaritaanse dorp, 'n melaatse se huis, hy gaan sit gereeld aan die tafel van sondaars, kuier selfs by die hooftollenaar - die grootste skelm van sy tyd.
Jesus was nie sy hande volgens die Joodse gebruike nie, sy dissels vas nie op die gebruiklike vasdag nie en hy laat hulle toe om op die Sabbat koring te pluk. 
Ons dominees en pastore wil dit graag so aangenaam as moontlik vir mense maak om vir Jesus te volg, maar dis interessant om te sien wat sy eie antwoord was wanneer mense gesê hulle wil hom volg. 
Vir die een ou sê hy jakkalse het gate en voëls het neste, maar die seun van die mens het nie eers 'n plek om sy kop neer te lê nie. Vir 'n ander ou sê hy om nie sy pa, wat pas gesterwe het, te gaan begrawe nie! Die ryk jong man moet eers sy rykdom gaan uitdeel aan die armes en dan terugkom. 
Gun wonder mense het sulke lelike dinge oor Jesus kwytgeraak nie. 
Op 'n stadium sê sy eie familie hy het van sy kop af geraak (dit staan letterlik net so in die Bybel!). Kort daarna sê die Fariseërs hy is besete. Jesus word 'n vraat en 'n wynsuiper genoem, 'n vriend van sondaars. 'n Dwaalleraar wat mense mislei. 'n Ketter wat teen God laster. 
Sy boodskap klink vandag net so vreemd soos destyds. Dis die alternatief, die teenoorgestelde van hoe die wêreld werk.
As die boodskap van die kerk vandag gewild is onder die status quo, is dit waarskynlik net omdat ons nie die hele storie vertel nie. 



 01/10/2011
ek het ook al 'n lewe in die akademie oorweeg, klink lekker om net heeldag te sit en lees en skryf en net nou en dan op te staan om iets te sê 



01/07/2020
HARDE HARTE
(my rubriek vandag in Beeld)
’n Maatskaplike organisasie het my gevra om met die bestuurders van hulle kinderhuise te praat oor “hoe kweek 'n mens verantwoordelikheid by 'n tiener” - ek wou eers terug skryf en vra of ek nie eerder oor world peace kon praat nie.
    Onverantwoordelikheid ken ek beter. Onverantwoordelikheid is om nie om te gee nie. Iemand wat onverantwoordelik optree, gee nie om vir hulleself, vir ander of die wêreld nie.
    Deur die jare sien ons dit dikwels by van die wildste tieners in ons eie Echo-huise: 'n tipe afgestomptheid. Hulle het hard geword in 'n poging om hulleself te beskerm teen seerkry.
    “I have become comfortably numb,” sing Pink Floyd.
    “Numbness” is soos 'n geestelike eelt op 'n mens se hart. Dit verdoof jou vermoë om empatie en 'n klomp ander emosies te ervaar.
    Dissipline, roetine, en al daai tipiese dinge, het sekerlik 'n belangrike rol te speel in die aankweek van verantwoordelikheid by tieners. Maar die eerste prys is wanneer 'n jongmens by die punt kom waar hy “die regte ding doen”, nie omdat hy moet nie - nie uit vrees vir straf of mislukking nie - maar omdat hy/sy begin ómgee.
    Dalk is die vraag waarmee ons eintlik besig moet wees: hoe leer ek 'n kind wat afgestomp geraak het om weer om te gee
    Grootmense natuurlik ook - hulle maak oor die algemeen baie meer droog as kinders!
    Mense wat wreed optree het dikwels self wreedheid ervaar. Ons word maklik wat ons haat. 
    Van die mees bose fenomene groei uit frustrasie. Jy sien of beleef iets boos, dit frustreer die wit hel uit jou uit, jy voel magteloos en dan vorm jy jou eie monster wat jy dink jy kan beheer, en voor jy jou kan kry, beheer dit jou en kort voor lank sit daai monster in jou spieël.
    Meeste bose goed was nie oorspronklik boos nie - tot ons mense daaraan begin vat het. Die lewe is fragile: gooi te veel ego oor ʼn goeie ding en hy word boos, skeep hom af en hy word boos. Skop ʼn onskuldige ding genoeg en hy begin self skop. 
    Boosheid is aansteeklik, van mens na mens, geslag na geslag, van dooie goed na lewende goed en andersom. Enigiets hoe mooi of skoon ook al, kan besoedel word, selfs ʼn onskuldige kind.
    Die groeiende hardheid in mense se harte in hierdie land voorspel niks goeds vir nie. Maar 'n kultuur van omgee word nie gekweek deur kritiek rond te gooi en te blameer of vingers te wys nie. Eerder die teendeel.
    Die metafoor van 'n kliphart kom uit die Bybel. In Esegiël 36:26 sê die Here vir die volk: “Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee.”
    Miskien moet ons elkeen by onsself begin en bid dat dit ook in ons tyd met ons gebeur.



11/03/2020

     as die leuen wen
     en die duisternis juig
     groei rankplante uit die kak in die krake
     wat dorings vir vrugte dra 



don't fear sinning
fear lying about it



18/03/2020
Uitgewer het vandag laat weet Confessions oor Kerkwees se verkope staan op oor die 4000 en is so te sê uitverkoop (dankbaar, dis glo nie te bad vir 'n boek wat meeste Christenboekwinkels wyer om op hulle rak te sit nie) . . 3de druk amper op pad, wohoo

Ek het nog omtrent 50 by my - kontak my gerus as jy een soek jacostrydom@icloud.com

(daar is ook nog 'n paar by Exlusive Books in Brooklyn en by Grounded at Echo)







19/06/2020
Sê nou jy loer deur 'n venster en sien hoe iemand iets steel. Die persoon word gekonfronteer en sê: “Ek is regtig jammer, ek kan dink dis 'n groot verlies vir jou, ek is jammer dat dit jou so baie ontstel het . . .” en sy voeg dan by, “maar ek wil net sê, ek het niks gesteel nie.”

     Dan is daai jammer maar bitter min werd, nie waar nie




17/07/2017
teen die tempo van die toeneem van lugbesoedeling 
was die sonsondergang nou amper maandeliks mooier 
- die opkoms natuurlik ook - 
ons was gehipnotiseer
diep geraak daardeur
in ons harte 
- en in ons longe -


 02/04/2020
they became theologically messed-up 
because they tried to tame the wild God . .






16/06/2014
amper val oeroupagrootjie se skildery af 
toe Nthando begin fluit speel



20/05/2020
That it is nobler to suffer than to inflict suffering, is the most difficult and profound Jesus Idea.

He changed the world
not by achieving
or gathering
or gaining,
but by mastering the art of letting go

 


17/06/2020

and then I saw that to be reckoned a “good theologian” these days
you don’t have to do much
just sit, read the right books, talk a lot about it . . .
weird though, because Jesus spoke more about how we should live than what we should believe . .
    so the “good-theology-tree” is not known, these days (maybe always?) by it’s fruits, but by its many words, and by it’s ability to deconstruct, and talk and talk and talk and so on, and so on . . . and now the church looks like this . .



23/06/2020
Jesus het nie gesê, ek was honger en julle het vir my gepreek, dors, en julle het vir my gebid, 'n vreemdeling en julle het debat gehou oor Xenophobia nie . . .
Die kerk het in die eerste 3 eeue die vinnigste gegroei, toe sy verbied was om om die openbaar te praat (dalk is die probleem nie dat ons nie genoeg praat nie)

"most good things have been said far too many times and just need to be lived" 
- Shane Claiborne



12/05/2020

Breyten Breytenbach nou die dag in 'n Litnet onderhoud: 
”Wat ook opval, is dat die mens, in die algemeen maar ook die besonder, eenvoudig nie onsekerheid kan duld nie. Ons het nog nie ’n stilte of ’n leemte teëgekom wat ons nie vol wil praat met nonsens nie.
     En al babbelend sal ons neuk oor die afgrond wat ons self gegrawe het. Dit gaan nou nie oor die toeskryf van blaam nie. Vandat ons op die agterpote regop gekom het om die son in die gesig te kyk, was ons blind vir ons beperkings . . . ” 


01/05/2017

maak oop oor my
here
en lig my op
ubduct my tog
o alien god
maak oop oor my
here
en lig my op
ubduct my tog
o alien god
maak oop oor my
here
en lig my op
ubduct my tog
o alien god
vvssshhhhh


03/06/2020

I’m at one of those, lets-see-where-it-leeds moments 
not nice
not boring

12/012020

I’m a hypocrite, just like the rest of them, 
but I see things . .

20/05/2020

“But our task is the opposite of distraction. Our task is to help people concentrate on the real but often hidden event of God’s active presence in their lives. Hence, the question that must guide all organizing activity in a parish is not how to keep people busy, but how to keep them from being so busy that they can no longer hear the voice of God who speaks in silence.” 
― Henri J.M. Nouwen, The Way of the Heart


30/05/2020
Made a lamp today, 
with a wood 
and a rope, 
and a globe . . 



31/05/2020
There is a circle of humanity, he told me, and I can feel its warmth. But I am forever outside. ” 
― Susan Griffin


10/06/2020

nooit besef 'n leuen kan so maklik wen nie.. (flip)


 27/01/20202
Dalk is ek net jaloers, of dalk voel ek skuldig omdat ek so min oefen . . . maar soms sien ek fotos op sosiale media van oorgewig mense met pense en dubbel-kenne in vests en te-klein-rekkerige-broekies, wat pas 'n marathon of iets soortgelyks voltooi het (of 100-en-iets-killometer met ‘n fiets) . . . en dan hoor ek 'n stem êrens uit die donker dieptes van my onderbewussyn wat sê: “sien dit help nie, nou’s hulle nog moeg ook . .” 



09/11/2021

Die grootste ontnugtering die jaar was die vraag, wat al 'n geruime tyd by my spook, maar wat ek for some reason nou eers kon verwoord: hoeveel leuens wen die hele tyd? 

  Hel, ek dog ten minste sekere waarhede staan redelik vas. Daar is dinge waarvan ek so seker was . . .

Hoeveel waarhede is eintlik leuens - wonder ek nou heeltyd - want leuens is duidelik makliker om te glo. Die waarheid is soms net té ongemaklik, dit vra moeite en lei tot allerlei ingewikkelde komplikasies - veral vir kerkmense - veral vir mense in magsposisies, sogenaamde “grootmense” (die horribleste van alles is dat as genoeg grootmense dit glo, begin kinders dit later glo . . ). 

Deel van die ontnugtering is die gedagte dat alles soveel eerliker sou kan wees buite die kerk . . . En nie net vir my nie. Húlle sou vandag soveel gelukkiger en vryer sou kon wees, hulle diepste gebede sou beantwoord kon word - sê nou byvoorbeeld ons was ingenieurs of plumbers of strippers of drankwinkel eienaars of boekhouers . . . (maar nou is ons kerkmense)



06/02/2015
“Because salvation is by grace through faith, I believe that among the countless number of people standing in front of the throne and in front of the Lamb, dressed in white robes and holding palms in their hands (see Revelation 7:9), I shall see the prostitute from the Kit-Kat Ranch in Carson City, Nevada, who tearfully told me that she could find no other employment to support her two-year-old son. I shall see the woman who had an abortion and is haunted by guilt and remorse but did the best she could faced with grueling alternatives; the businessman besieged  with debt who sold his integrity in a series of desperate transactions; the insecure clergyman addicted to being liked, who never challenged his people from the pulpit and longed for unconditional love; the sexually abused teen molested by his father and now selling his body on the street, who, as he falls asleep each night after his last 'trick', whispers the name of the unknown God he learned about in Sunday school.
   'But how?' we ask.
   Then the voice says, 'They have washed their robes and have made them white in the blood of the Lamb.'
   There they are. There we are - the multitude who so wanted to be faithful, who at times got defeated, soiled by life, and bested by trials, wearing the bloodied garments of life's tribulations, but through it all clung to faith.  
   My friends, if this is not good news to you, you have never understood the gospel of grace.” 
- Brennan Manning

18/04/2020

It is by universal misunderstanding that all agree.
For if, by ill luck, people understood each other, they would never agree.
- Charles Baudelaire 

(ek stem saam..)  



 12/01/2017
jy sê jy glo nie in God
maar het jy die vlieg gesien
die spinnekop
die kokkerot?

jy sê jy glo nie in die kerk
maar het jy die toring gesien
- met die hoender op -
die konsistorie
met die klokke
die finansiële klerk?



22/01/2020

Toe ek laat vanmiddag by die huis kom, voel dit soos ’n vreemde plek. Asof ek nooit hier gewoon het nie. Asof alles net 'n droom was . . .


13/03/2015
Jesus loved the world to much to be a people pleaser - what he said often disturbed people, especially the powerful, the religious and the wealthy


 14/04/2020
Elke keer as ek ‘n leë wynbottel sien dink ek aan daai meisies met die lampies wat nie voorbereid was nie - groot lesse om te leer in die tyd



24/01/2020
rooiwyn 
(want goeie teologie help ook net soveel)





04/04/2015
Milibangalala

daai aand was (soos gewoonlik)
gespikkel met ou sonne
die water (soos altyd) swart en alleen het wit geraas 
die sand was (steeds) stil though
die wind onsigbaar
maar aanvoelbaar vir ons almal daar 
(soos die gees)
die lewe was in ons en om ons en deur ons en tot ons
maar óns 
ons was onseker
die vier van ons
ons het dit net vermoed


 12/02/2015
When you fight evil with evil, the outcome is certain: evil will win. 


3108/2018

Het 'n droom gehad van 'n kerk met 'n “Fuck the Poor" sticker op - 'n mens kan nie help wat jy droom nie.




     been thoroughly fooled by a 
     materialistic mystic
     lost everything
     gained only freedom
     - and a bit of loneliness 



15/08/2014

 . . . Jesus het afgekom aarde toe - dalk moet sy gesante dit ook probeer . . .






07/06/2015

every child needs at least one adult that is crazy about him/her


03/03/2019
sweef soos 'n vuishou
want my griewe dra jou 
hoog, hoog 
bo die fasade 
hoog bo die skou
nie soos 'n duif nie though, 
meer soos 'n fokken pou



22/05/2020
“How vain it is to sit down to write 
when you have not stood up to live.” 
 Henry David Thoreau


13/11/2009

Nou die dag het ʼn sinode-oom my by ʼn kerkvergadering ʼn drukkie gegee. Nou, nadat ek die kerk in die koerant daarvan beskuldig het dat sy arm mense se geld gebruik vir eie gewin, los hy my uit . . . (dankie tog)

17/03/2021

is daar ‘n vreemde vrede in eiegeregtigheid "wat volledig is"

is dit so

en is hoogmoed soothing

is ignorance bliss

gee materialisme rêrig rus 

of is dit net deel van die fasade



11/11/2011
Ek glo God is ʼn goeie God, maar ek verstaan Hom nie. Goed soos, waarom Hy toelaat dat ʼn hottentotsgot wyfie haar man se kop afbyt net na seks, pla my. Ek voel dom. 

        Maar vir nou hou ek tussen al die misteries vas aan die beeld van God wat Jesus ons gee. Die wilde weird Jesus van die Nuwe Testament wat in die veld geslaap het, gesê het ons moet by die voëltjies en die plante leer en soos kinders word (nie die domesticated-kerkregtelike-konsistorie-Jesus nie . . ) 

        Dis asof Jesus kom sê het: moenie dink dat omdat jy nie alles van God kan verstaan nie, dat jy nou skielik niks van Hom kan verstaan nie. 

'n Ou sê nou die dag dat die goed wat hom deesdae die meeste omkrap in die Bybel, is nie so seer die goed wat hy nie verstaan nie, maar eerder die goed wat hy wel verstaan . . .

       
Soren Kierkegaard: “We Christians are a bunch of scheming swindlers. We pretend to be unable to understand the Bible because we know very well that the minute we understand, we are obliged to act accordingly.”  


 in die hemel, eendag, sal ons op en af spring en baljaar
as ons hop
sal spokerige wit wolke ons vang
ons, die kleuters van God
met ou bekendes sal ons kamp en surf en braai en luidrugtig drink
en vergeefs probeer onthou van kanker, pedofiele en muskiete
en die voëltjies sal kwetter en die engele sal lag
en Hy sal na ons kyk



22/04/2020

. . and by the year 2020 the only honest people left on earth
were the comedians . .


 30/02/2018
I hate it
when people I love
want me to hate
people they hate . . .



02/04/2020

“Life imitates art and art imitates life until both imitate imitation - Reality TV.”
― Brian Spellman 


20/02/2013






05/08/2019
It is one thing to love the human race so much you’re willing to die on a cross to save humanity. It’s quite another thing to expect to earn thousands of dollars a year describing a man who died on a cross to save humanity.
- Sören Kierkegaard



14/04/2020
I shall not commit the fashionable stupidity of regarding everything I cannot explain as a fraud.
- Carl Jung

 20/02/2020
“Jy gaan nie ’n lewe kan verdien deur poësie nie en jy gaan niemand daardeur ’n revolusionêr maak nie, jy gaan niemand daarvan oortuig nie. En tog, dink ek, dis absoluut noodsaaklik. Dis daardie kombinasie van die totale nutteloosheid en absolute noodsaak wat my fassineer.”  
- Breyten Breytenbach


16/04/2011
_________________________  

daar's 'n ding 
hier binnein
wat smag na die tuin van eden
wat weer wil
kaal rondloop
 vry hardloop . . . 
_________________________






13/03/2016
Jy mag krities wees, 
solank jy snaaks is




15/04/2020
and so it will be

history
like nature
is filled with beauty and cruelty
and so will be

in this present darkness
and the white empty future 
and the everywhere
and the so on and so on

and the so it will be





 03/04/2015
Mens moet mooi kyk, want vreemde wesens loop hier op aarde tussen ons rond . . .

Eenkeer hinkepink ek in Simonstad se hoofstraat - tot my groot frustrasie was ek op krukke na 'n operasie aan my enkel. 'n Hawelose vroutjie in vodde klere wat staan en bedel sien my, storm op my af, gryp my aan die arm.
    Ek was dadelik effens vies, maar soek tog in my sak vir 'n paar sente.
    Voor my hand uit my sak is, vat sy my aan die ander arm, kyk my vol in die oë en sê: “Ai shame meneer! Jy moenie worrie nie, ek bid dat die Here jou gou sal help,” en gee my hand 'n sagte druk. Toe los sy my en sy verdwyn tussen die mense.
    In Katmandu het ek jare gelede ʼn dikwielfiets gehuur om na die Chinese ambassade te gaan soek. Langs die pad het ʼn man gelê en kreun. Hy was toegedraai in plastieksakke, swart gevlek met ou bloed.
    Ek het hom innig jammer gekry, gestop, gevra of ek kan help. Hy het gevra dat ek vir hom 'n coke moet koop - net dit. Ek het, maar hy was vies, want die Coke was warm. Toe ry ek.
    Die volgende dag hoor ek by die vroutjie van die koeldrankstalletjie dat iemand hom na ʼn Hindoe tempel geneem het om daar te sterf. Later droom ek, ek kom in die hemel en Jesus sê vir my: “Thanks vir al jou moeite. Thanks vir daai warm Coke!”.
'n Engelse ou vertel my nou die dag hoe hy op 'n dag werkloos, haweloos en heeltemal moedeloos in 'n park gaan sit het. Die volgende oomblik, uit die bloute, kom die woorde by hom op: “It is most important to be tough in tough times!”. Net daar kry hy weer hoop. Met nuwe energie spring hy op en begin weer soek en kort daarna kry hy toe wraggies 'n werk.
    Ek prys die Here vir daai woorde! Die ou se storie het my persoonlik al baie gehelp. Die woorde wat hy daardie dag in die parkie “gehoor” het, is vandag 'n nuwe slagspreuk in my eie lewe - en ek kon al 'n klomp mense wat self deur tawwe tye gaan daardeur bemoedig.
    Baie van ons het alles wat ons oor God gehoor het - elke interpretasie van die Skrif - gekry by geleerdes en rykes, in geboue met torings en ouditoriums, in dik boeke, lesingslokale in biblioteke. So asof God net rondsweef tussen die geleerdes en rykes.

Te dikwels sien ons die “armes” bloot as die mense na wie ons moet uitreik, terwyl hulle dalk juis díé mense is, wat ons 'n paar geheime oor God kan leer . . .
(my rubriek vandag in Beeld)



13/02/2020
“The self-assured believer is a greater sinner in the eyes of God than the troubled disbeliever.”
Søren Kierkegaard 


17/04/2018
so, the same people who thought Obama was a Muslim says Trump is a Christian?


12/04/2020

“The proud person always wants to do the right thing, the great thing. But because he wants to do it in his own strength, he is fighting not with man, but with God.”
Soren A. Kierkegaard



28/02/2020
https://www.litnet.co.za/confessions-oor-kerkwees-deur-jaco-strydom-n-lesersindruk/Het vandag by die uitegewer gehoor dat Confession oor Kerkwees se totale verkope op tans meer as 4250 staan . . . nie te bad nie sou jy in ag neem dat CUM-boeke, die grootste Christen boekwinkel in Suid-Afrika, wyer om die boek op hulle rak te sit - derde druk binnekort uit wohooo  






13/03/2013
tata tandmuis

tata tandmuis
jy’t my kind genoeg gepla
haar haasbek groei nou toe
met regte tande
grawe maar jou gaatjie
en verdwyn gerus
- nogals jammer want jy’s mooier as die waarheid



 14/04/2020
“What is a poet? An unhappy man who hides deep anguish in his heart, but whose lips are so formed that when the sigh and cry pass through them, it sounds like lovely music.... And people flock around the poet and say: 'Sing again soon' - that is, 'May new sufferings torment your soul but your lips be fashioned as before, for the cry would only frighten us, but the music, that is blissful.”
― Soren Kierkegaard






. . . and I've learned it is never to late for a new beginning . .





12/09/2018
Tant Anna het die duisternis vervloek. Die duisternis was so beïndruk hy het haar omhels.
#baiekortafrikaansekortverhale



09/09/2014

dikwels kon net Koos Kombuis of Gert Vlok Nel (of Tolstoy of Jung of Pink Floyd of wyn) my red . . . 




03/04/2014










11/11/2017
ek het opgekyk
en af
en toe’s ek kaal!
daar was net gras, witstinkhout en bloekom
- ek wil nou nie brag nie maar die blaartjies was bietjie klein -
God het my gou gekry
gesê ek moet opstaan, nie worry nie, hy hou van kaal mense
ek het net effe skaam gelag
en rondgekyk
gewonder wat die kerktannies gaan sê
toe’t ek op my rug gaan lê
oop
soos iets wat wil vlieg
- soos ʼn kruis -
en ophou worry
en op sy asem opgestyg


24/02/2020
What makes the temptation of power so seemingly irresistible? Maybe it is that power offers an easy substitute for the hard task of love. 
 Henri Nouwen


04/05/2019
It was Saturday, and I thought of Helen, so I made a owl - with a freaken chainsaw

 
#driftwood
09/02/2020
I don’t know, to be honest, I know I should say I always only love nature, but I love luxury too . . . Last year while speaking somewhere, I was booked into a smart guest-house with a freaken jacuzzi in my room! That was awesome.
    Every night I wrote my sermon about poverty in the jacuzzi surrounded by candles and soft music  . . . hypocrite that I am . . .



 12/04/2020
“Many of us pursue pleasure with such breathless haste that we hurry past it.”
Søren Kierkegaard 





26/02/2020
We have the most to learn from those who are different from us . . . in the words of Ralph Waldo Emerson "In my walks, every man I meet is my superior in some way, and in that I learn from him"


 08/03/2020
noudiedag opi plaas . . . music is magic

20/12/2019
so, toe hoor ek (eers ses dae na die tyd via Carolien) dat ek nou die dag met my praatjie by TLF se Kersfeesontbyt heeltyd gesê het “Jews and Genitals” in plaas van “Jews and Gentiles” - en ek dog hulle lag vir my baard


 03/03/2014
talking to racists about Jesus is sometimes very difficult, but also necessary . . . since most are Christians
Col3:11

10/10/2010
Gebed van die godsdienstige rassis

O God wat my aanbid
dien my en my volk vandag
hou ons veilig
bewaar tog ons besittings en ons trots
laat ons nie aan groot stukke vleis verstik
lei ons op ons paaie en by die werk 

en by die kerk
gee ons vandag ons daaglikse gemak
vergewe ons ons haat
verstaan ons bitterheid
voel ons kwaad
en donder tog 

die donker skelms op
- en stuur dalk volgende keer iemand meer geweldadig as 
liewe Jesus?
om U naams ontwil
Amen



 09/02/2020
Campolo, Kierkegaard and Tolstoy get me going,
Rohr, Merton, Jung and Nouwen keep me going . . 








20/11/2015
die dood van die bidsprinkaan

sy’t hom
laat om kom
op sy knieë gebring
gekopuleer 
van sy kop af gehad
hom omgekeer
onthoof
kaal en koploos
gemaak
'n hottentotsgot  
godloos  
gelaat




 

11/07/2019
“Theologians may quarrel, but the mystics of the world speak the same language.”
Meister Eckhart




 10/01/2018
 
been sailing through the night, wet, windy, cold..
magic moment when at first light the island finally appeared..
- Mozambiqu2018

 

 22/12/2019

it's really difficult to help someone with a bad sense of humor

 11/11/2012
Ek was onlangs vir ʼn dag in Zurich. Pragtig. Stokoud. Doodstil. Selfs na nege die oggend toe die meeste winkels al oop is, was dit stil. Netjiese mense het oral in nou straatjies emosieloos verby mekaar geloop. Erg ordentlik. Almal het duidelik presies geweet waarheen hulle op pad was - behalwe ek. Ek het gewonder waaroor droom mense in ʼn perfekte plek soos Zurich? Wat sou hulle dink van Proes Straat (Johannes Ramokhoase) in Pretoria? Sou hulle dalk meer lewendig wees Marabastad? Sou hulle kon oogkontak maak? Sou Afrika hulle kon help? Moet ons dalk ʼn paar kinders uit Mamelodi bring vir ʼn uitreik in Zurich?

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

"He who loves community destroys community: he who loves people as brothers and sisters builds community" - Bonhoefer






21/09/2018
Joenalis het my gevra na my opinie oor die hofsake en die aanhoudende bekgevegte oor homoseksualiteit wat in die NG Kerk woed . . .

Daar was 'n tyd in die kerkgeskiedenis toe die tipe gesprekke plaasgevind het oor die afskaffing van slawehandel, die gelykheid van vroue ens. Dit was moeilike gesprekke. Die geskiedenis van slawehandel en vroue wat minderwaardig behandel word is amper so oud soos die geskiedenis van die mensdom - almal het dit tot onlangs geregverdig, 99,9% van  alle kulture, godsdienste ens - ook die Bybelskrywers.
   Dis alles behalwe uniek aan die Christendom. Moslems, Hindoes, Budhiste se priesters, monnike, leiers is so te sê altyd mans, vandag nog. Meeste godsdienste, soos meeste ander samelewingstrukture, het tot so onlangs as 150 jaar gelede, nog slawehandel regverdig, en meeste sien vroue steeds as minderwaardig, en diskrimineer steeds teen gays meeste - vandag nog. (Ook Afrika godsdienste en ander kultuurgroep).
   En dis wêreld-tensdense, nie net godsdienstig nie.
Ateïstiese magstrukture het allermins 'n beter rekord - gaan kyk maar na Mao Tse Tung, Lennin, Stallin, Kim Jong Un ens. 
   Ten minste was dit Christene wat die voortou geneem het met die afskaffing van slawehandel. Kan jy dink hoeveel Bybelversies die konserwatiewe kerk-ooms daarteen kon aanhaal. Moes uiters moeilike gesprekke gewees het met baie sterk teenargumente - o.a. die erkende geskiedenis van die mensdom tot op daardie stadium…
    Nou is daar weer so 'n gesprek. Die keer oor selfdegeslagverhoudings. En dis hoogtyd.
   Die konflik wat so 'n gesprek uitlok is onafwendbaar, maar die enigste manier vorentoe is om dit te laat uitspeel. 
   As ons konflik wil vermy is broodnodige gesprekke  soos hierdie nie moontlik nie.
   Meeste kerke is uiters versigtig om enigsins hieroor te praat. Vir baie is die idee dat gays minder regte in die kerk moet hê as in die res van die wêreld 'n uitgemaakte saak. Ten minste praat die NG Kerk openlik daaroor. 
   Die hofsake is jammer. Ek dink almal verloor. Maar konflik oor hierdie tipe goed is onafwendbaar.
   Die kans is goed dat ons kleinkinders eendag hieroor gaan terugdink - soos ons vandag terugdink aan slawehandel en die idee dat vroue minderwaardig behandel moet word. Dalk sal hulle sê:  “Kan jy glo my oupa-hulle het hieroor geargumenteer?” en nooit weet hoeveel moeilikheid dit geskep het vir die eerste mense wat die moet gehad het om begin opstaan en praat nie…

Lees Werner Beukes se Netwerk24 artikel hier
 02/02/2020

Die teenoorgestelde van 'n gemeente se "prioriteite" 

- hou op brag oor dinge waaroor jy eintlik moet skaamkry

'n Bietjie charity uit dit wat oorbly na jy en “jou mense” klaar genoeg geëet het (en oor gelos het vir more en oormore en die jare wat kom), is nie die teenoorgestelde van 'n prioriteit.
Moenie jouself - en jou gemeente - bluf nie. Gaan lees weer daai storie van Lasarus wat buite moes wag vir die bietjie oorskiet wat van die ryk man se tafel af val . . .  

(dis al klaar erg om so min om te gee, moet nou nie nog lieg ook nie)
#dieMissionaleGemeenteWeesIllusie . . .

09/03/2020

Awe and wonder is everything - "Wow!" and "Thank you" are often the best prayers . .
In the words of Rumi "Trade your cleverness for bewilderment"
. . . in ons observasies en ons drome . .
and everyting . .

and in the in between . .
________________________________________

In hierdie afdeling van die blog: 'n paar posts oor geestesongesondheid
(want ek het ervaring..) 
05/03/2020
"So, are you seeing anyone?"
- You mean like . . . a therapist or hallucinations?



11/01/2016
we'd rather look better and feel better, than become better - this is the great compromise that keeps us from growing spiritually . .

Solitude by Daler Usmonov (2015)

07/03/2015
i thank thee, o lord, for small creatures like katinka, mathilda and nthando, the only ones to keep me sane - on days like these

me in therapy


my terapeut kom lê by my
vra of ek haar ʼn storie sal vertel
sure, sê ek
vertel haar ʼn droom,
die verskil tussen feëtjies en engele en voëltjies
- en ʼn wese sonder naam -
sy is beïndruk
vra nog vrae
raak aan die slaap


It is no measure of health to be 
well adjusted to a profoundly sick society.  
- Jiddu Krishnamurti

20/02/20
Abnormale gedrag
(uit my rubriek in Beeld)
 

 . . . ek het al baie hieroor gewonder. Sê nou daar sou 'n wêreld wees waar almal doof is en op 'n dag kan een ou skielik hoor. Kanse is goed dat die ander sal sê die ou is mal. Hy doen vreemde goed - stop byvoorbeeld om na die voëltjies te luister.
   Of sê nou daar is 'n wêreld waar almal blind is en een ou kan skielik sien. Die ander sal dink die ou het sy kop verloor as hy begin praat van lig en donker en die kleure van die sonsopkoms.
   Of sê nou daar is 'n wêreld waar niemand kan ruik nie (en sê nou dis 'n manskoshuis) en een ou kan skielik ruik . . .
   As die wêreld besig is om al meer mal te word is die kanse goed dat dié wat dit raaksien en uitwys as die malles beskou sal word.
   “It is no measure of health to be well adjusted to a profoundly sick society.” sê Jiddu Krishnamurti.
   En, lets face it, ons samelewing is nie lekker nie. Ons besoedel die lug wat ons self weer moet inasem, piepie in ons eie drinkwater. Ons is magsbehep, verslaaf aan geld en geraas en geweld.
   Kyk hoe baie Suid-Afrikaners ondersteun steeds vir Zuma (en het destyds vir die NP gestem) en hoeveel Amerikaners stem vir Donald Trump - kyk hoe gewild is die Kardashians!
   Die mensdom is besig om al hoe maller te raak. Crazy is die nuwe swart.
   Allerhande reëls met strawwe is nodig om ons teen onsself te beskerm: om veiligheidsgordels te dra, nie te vinnig te ry nie, nie te drink en bestuur nie, nie te veel hoesmedisyne te koop nie, nie uit jou kar uit te klim in die wildtuin nie, nie aan hoogspanningsdrade te vat nie, nie jou eie kinders se skool af te brand nie . . . Is daar enige ander wese op aarde wat meer selfdestructive is?
   Om eenvoudig te lewe, lief te hê en lig te reis is vandag “vreemd”. Om meer bymekaar te maak as wat jy ooit nodig sal hê, om vyandigheid met haat en geweld te beantwoord, om 'n selfgesentreerd te lewe is nie net aanvaarbaar nie, maar selfs bewonderenswaardig. Die groot druk is om beter en beter te lyk eerder as om beter te word.
   Crazy!
   As iemand die dinge sou doen waarvoor Jesus destyds gestaan het, sal mense dalk vandag nog meer uitfreak as toe - veral godsdienstige mense.
   Abnormale gedrag is nodig in 'n wêreld waar normaal is wat dit vandag is.  

31/08/2014
“Happiness grounded in reality is far deeper than that built upon fantasy, and suffering teaches one that happiness can catch a person unawares in the midst of deprivation and desolation. There is a certain stripping away of the externals which makes one more sensitive to joy as well as to sorrow.”
― Sheila Cassidy



10/05/2010
bipolêre pretpark van chemiese psigiatrie: 
die kind moet binne bly
want grootmense speel nie
- nie meer nie
hulle slaap net en staar en wag


het vandag weer van die personeel by Weskoppies verwar
met van die pasiënte – party keer moeilik om te weet wie's wie...


13/01/2020
In die 90’s is elke 2de ou gediagnoseer met BORDERLINE,
die Sarie het daaroor geskryf en die Rooi Rose en die Mens Health en die Vroue Keur en die koerant . . . 
 
Toe is dit die tydperk van BIPOLÊR (dit was so gewild sielkundiges en kerkberaders en psigiaters by psigiatriese instellings het besoekers en ander sielkundiges en kerkberaders en psigiaters daarmee begin diagnoseer),
die Sarie het daaroor geskryf en die Rooi Rose en die Mens Health en die Vroue Keur en die koerant . . .
 
Nou is dit die tyd van NARSISME, (ek vermoed al die artikels oor Trump was die trigger) . . 'n ma kom sien my sê die sielkundige sê haar kind is 'n NARSIS, 'n vrou sê dit oor haar man, 'n dogter oor haar ma, 'n seun oor sy meisie, 'n kind oor haarself . . . en dit alles in die laaste 8 maande - as ons deesdae 'n kind  Echo Weskoppies toe stuur vir evaluasie raai ek al wat die diagnose gaan wees . . . ai tog, o wee (sug)
 
Boderline, bipolêr, narsisme . . . bestaan vir seker, niemand stry nie (en serious terapie en medikasie is dikwels nodig), maar ek moet sê die sielkundiges en psigiaters . . is ook nie altyd lekker nie, veral nie wanneer dit kom by groepsdruk nie - blyk dit

(en nou gaan hulle seker seker sê, ek is ook nie lekker nie, want ek sien dinge . .)



21/01/2016
Kosie was op 'n antidepressant genaamd rooiwyn. 
Dit het egter die teenoorgestelde uitwerking gehad die volgende oggend.
#baiekortafrikaansekortverhale

 

(die einde van die 
geestesongesondheids-afdeling 
van hierdie blog 
- hierna is alles heavy gesond)
________________________________________




08/03/2020
it is bad theology to just sit day after day and talk/read/write “good theology” (if it was that good it would've gotten you off your arse - stop fooling yourself)
Jesus spoke more about how we should live, than what we should believe . . . much more..


 26/02/2020
if I hear one more person GIVING UP Starbucks, or eating-out, or wearing shoes for Lent...
how about you give something AWAY (to the Jesus who said I was hungry, thirsty, without clothes..) 
- or do both, at least stop bragging about it
(go read Isaiah 58)


 19/12/2016

ons sal lewe 
ons sal swerwe
ons vir jou suid-afrika!
na europa, na nieu-seeland . . . na kanadaa
maa' 
ons is klaaa' 
met afrikaaaa!
 
ons sal nie antwoord op jou roepstem
nie offer as jy vra

maar ons sál lewe
en ons sál swerwe
(en aanhou kerm en braai en verlang en moan en kla . . . )
ons vir jou suid-afrikaaaaa!


 . . . hulle is mal oor Suid-Afrika - hou net nie van die mense nie


22/12/2019
When the woman showed her love for the children that were not her own, and wept over them, I saw in her the living God, and understood What men live by... 
- Leo Tolstoy


 2015-2020
went looking for truth 
found only lies . . . 

- even the truth were lies


20/07/2015

sy’s deesdae 'n bruid met 'n hoender op haar kop
'n leë dop
- net haar haar konsistorie lewe nog -
haar hart het lankal ophou klop
al lui haar klokke
- ok net op sondae
om laaste sondaar te lok




17/07/2019
 - uittreksel uit my rubriek in Beeld vandag

'n Paar jaar gelede praat ek by 'n interessante gemeente. Die meeste mense was gewone kerkmense, die tipe mense wat jy oral in eredienste sien.
    Maar daar was ook vreemde wesens. Groot was my verbasing toe ek 'n klompie straatkinders in die agterste banke opmerk.
Ons was nog besig met lofprysing toe 'n gehawende man met 'n verband om sy kop ingestrompel kom. Hy het na alkohol geruik en sy balans was nie lekker nie. Tot my verligting skuif iemand weg sodat hy kan sit.
     Toe kom nog twee haweloses kom ingestap. Weet hulle nie 'n mens moet betyds wees vir kerk nie?
    Net voor die preek begin gaan sit 'n paar vroue in die voorste bank. Later hoor ek hulle is prostitute. Hulle mis glo selde oggenddiens.
    Dit was beautiful!
    Dis nogal iets om 'n prostituut en 'n materialis en 'n rassis die Here so saam te sien aanbid.
    Terwyl ek daar voor staan onthou iets wat ek op Twitter gelees het: “Don't judge me because I sin differently from you”
Jesus het baie meer gepraat oor geldgierigheid en geestelike hoogmoed as oor dronkenskap en prostitusie. Hy waarsku dat ons nie vir God en mammon kan dien nie, vertel die storie van die ryk godsdienstige man en die arme Lasarus wat buite moes sit en bedel en sê vir 'n welaf jongman hy kan Hom net volg as hy sy geld weggee vir die armes . . . 
    Dalk moet ons nie so verbaas wees wanneer 'n prostituut, ’n dwelmverslaafde of 'n hawelose 'n erediens bywoon nie. Dalk moet ons eerder verbaas wees dat so baie welaf mense wat vir hulleself leef (en net nou en dan krummels vir die armes gooi) so tuis voel in ons eredienste.
    Dis nou as 'n mens die dinge wat Jesus gesê het ernstig opneem . . . 


11/06/2011
Sy is ʼn enkelma met twee kinders. Elke oggend staan sy vyfuur op om die bus te haal. In die aande kom sy eers na ses by die huis. Geen mediese fonds. Sy vrees die dag dat een van haar kinders ernstig siek word. Daar is nie geld vir mooi maak en ontspan nie. Alles vir die kinders. Sy is ʼn wonderlike ma, ʼn eensame vrou, ʼn engel, maar meeste mense sien net ʼn ousie.


serenity has a geography . . .  
 -  certain thoughts will only come to you 
in the wilderness . . 
 
InhacaIsland09/01/2020
  





19/01/2020
“People often think the question of non-resistance to evil by force is a theoretical one, which can be neglected. Yet this question is presented by life itself to all men, and calls for some answer from every thinking man. Ever since Christianity has been outwardly professed, this question is for men in their social life like the question which presents itself to a traveler when the road on which he has been journeying divides into two branches.
   He must go on and he cannot say: I will not think about it, but will go on just as I did before. There was one road, now there are two, and he must make his choice.”

“The history of mankind is crowded with evidences proving that physical coercion is not adapted to moral regeneration, and that the sinful dispositions of men can be subdued only by love; that evil can be exterminated only by good; that it is not safe to rely upon the strength of an arm to preserve us from harm; that there is great security in being gentle, long-suffering, and abundant in mercy; that it is only the meek who shall inherit the earth; for those who take up the sword shall perish by the sword.”
 
Leo Tolstoy, The Kingdom of God Is Within You


Leo Tolstoy het groot effek gehad op die denke van Mahatma Gandhi (Gandhi het dikwels na homself verwys as "'n volgeling van Tolstoy" en selfs vir 'n tyd lank in 'n Tolsoyan gemeenskap 35km buite Johannesburg genaam, Tolstoy Farm, gewoon). Tolstoy se boek oor passiewe weerstand, The Kingdom of God Is Within You, sou later ook 'n invloed hê op die denke van Martin Luther King - en selfs Nelson Mandela wat Tolstoy in die tronk gelees het)

   
26/12/2019
Anderkant die Doringdraad 60 000ste hit iewers in die laaste paar dae, wohoo, kan jy glo 2000 net in die laaste week . . . Tx for hitting my 37m blog! 

24/01/2020
(boeke is tellepatiese gesprekke 
nie gebind deur teenwoordigheid, 
afstand of tyd nie)


28/11/2019
Ek sien ‘n paartjie vir huweliksberading. Na die 2de sessie (van ‘n uur en ‘n half) besef ek, die vrou het nie een keer ‘n enkele sin oor haar lippe laat kom, waarin sy erken dat sy ook al iets verkeerd gedoen het nie . . .  not a good sign, dink ek, sy het waarskynlik 'n groter probleem as net 'n nie-goed-genoeg-man, en sy weet dit nie. 


28/03/2019
if you are seeking beauty you will always find it - even in the most unexpected places 
- the opposite is also true.

09/04/2020
what is the worst Christian? 
     the wannabe-mystique? (the deepest darkness often hides in the cracks nearest to the light . . .) 
     the contemplative spirituality without the simple, humble lifestyle of the true mystics seems to be a glorious but empty façade that often leads to extreme forms of self-justification and a superiority-complex, that even though better hidden, are often worse than that of the charismatic TV Evangelist (though never without a bit of look-good-charity on the side . . .). 
     - maybe precisely because the contemplative spirituality is potentially so pure, so self-denying, so blissfully awake and sooo peaceful . . .  
but then, when this is not true, when there is no "it", when there is only the talk about "it", the opposite becomes true . . ?

(are the super spiritual Jesus-narcissists, in Scott Peck’s definition the ultimate: “People of the lie”? 

I don’t know -  it is easier to know what is not good than to know what is good - maybe we are all just screwed . .) 

14/12/2019

Ek staan nou die dag in 'n Christen boekwinkel voor duisende boeke oor lofprysing, gebed, stiltetyd you name it . . en ek wonder: is christenwees regtig so ingewikkeld?
Hoe het daai arme mense in die vroeë kerk gecope?




16/05/2014
Soms as ek die evangelies lees, voel dit of Jesus kom wys het dat van die Ou Testament skrywers verkeerd was oor God. 
     God hou, volgens Jesus, byvoorbeeld nie eintlik van oorlog nie. Hy wil hê ons moet lief wees vir ons vyande - en Hy is self ook lief vir sy vyande - en Hy verkies barmhartigheid bo offers . . . (onder andere)
     Dalk is my koppie net te klein om te begryp hoe God een oomblik kan sê, “plunder en maak dood”, en die volgende oomblik, “draai die ander wang, vergewe, wees goed vir jou vyande, maak vrede.”?
     Hoe dit ook al sy, ek kan nie dink dat Hy kwaad gaan wees omdat ek wou glo dat Hy eintlik nog al die tyd goed was nie - eerder as dat hy wreed, bloeddorstig en inkonsekwent is . . . 

    Ek redeneer dikwels soos 'n ongelowige filosoof, maar ek vang myself dat ek steeds soos 'n kind bid (veral nou die dag met 'n insident met 'n haai in Mosambiek . . . lang storie).
    Dit is 'n misterie sê jy. Ek stem saam! Maar vir my deesdae nie so seer 'n misterie waarom God daai wrede goed in die Ou Testament gesê het nie, maar toenemend eerder 'n misterie of Hy dit gesê het.
    Sometimes religion is a beautiful mystery, sometimes the most ugly form of human creativity. Mag die Here ons help. 

"Julle het gehoor dat daar gesê is:`'n Oog vir' n oog en 'n tand vir' n tand. ' Maar Ek sê vir julle:Julle moet julle nie teen' n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie." "Julle het gehoor dat daar gesê is:`Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat. ' Maar Ek sê vir julle:Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen…”  Matt 5:38-45



Dalk is my vraag nie so belangrik nie?

Let the child pray!

Maybe we all have muti-personalities (as Jung observed)? Well I think I do. But where Jung thought the old man to be the better, I experience the opposite - different persons in different people of course.     
    I would allow the confused adult in me to argue like a grey wisdom-seeking philosopher - exploring what is good and bad and right and wrong and beautiful and ugly and the origins of things  - but then there is always this voice in the background urging me to let the child do the praying.
    I wonder about that. Is God after all not that interested in me being right about Him, but more about me being with Him - in childlike awareness of my smallness and His greatness? What is impossible for the old man is possible for the child.
    The adult wants to do the holding, but the child just wants to be held.
 
Lekker slaap 



08/06/2019
kerk- , skool-, ouetehuispraatjies . . . op Thabazimbi. Het vanoggend vir die eerste keer in my lewe 'n groen kat langs die pad gesien, besige tye (was laasweek by Groote Kerk in Kaapstad - waar alles nog hulle normale kleure het). Behalwe vir die groen kat was die TV in die sitkamer van die gastehuis op FaithTV en het ek na kerk met 'n ou met die naam Dirk gesels wat sendingwerk op die Maldives doen (stuur my Here!). Die gawe mense hier het gereël dat ek gisteraand gratis in die Spur eet. Daar was een of ander rugbywedstryd op die TV's, baie mense met kakie klere het gesit en kyk. Wil voorkom of die hele “ry oor jou dekodeerder vir Steve” ding uiters goed uitwerk vir Spur . . . oh the irony . .


08/02/2020
realized, if I want to make it, I will have to hold my loneliness in a higher place 

throughout history loneliness has been one of the most popular excuses - often for horrible destructive acts (en ek’s ‘n dominee - soortvan)











18/12/2013
Ek sit in Howick op 'n rusbank in my skoonfamilie se restaurant en probeer iets skryf. 'n Ent voor my sit 'n ou wat dit moeilik maak om te konsentreer -  hy trek heeltyd my aandag af - 'n ouerige man met brille, ek kan nie sien wie sit saam met hom by sy tafeltjie nie. 
    Die ou lyk heel normaal, behalwe vir die foelie teen sy agterkop. Dis soos 'n reuse agterstevoor bril, maar te laag om sy bles te verberg. Ek neem my voor om vir Leana (my skoonsus) te vra wat fout is met die ou. (Sy sal waarskynlik ook nie weet nie en wyer om hom te vra) 
    Dalk is hy bang iemand skiet hom met 'n lazer-gun van agter af? Ek weet nie. 
    'n Tannie met 'n string goue streamers stap by my verby na die kleedkamer en skielik besef ek dis amper weer kersfees. Die foelie-ding is seker die ou se poging vir 'n kroon. 
    Dit inspireer my om te hou by my besluit om die jaar Jesus se verjaarsdag op 'n ander dag te vier as 25 Des - net ek en hy sonder krone, streamers, klappers en al daai ander plastic stront. 
    Op Kersdag gaan ek net presente oopmaak, drink en party.





17/10/2012
Ek draai die vester af. Hy leun vooroor.
 "Sê my, is heroine dít werd?" ek wou rêrig weet.
  Sy oë trek effe skrefies, hy staan terug.
  "Nee, dis nie asof heroine so great is nie. Dis net dat die lewe sonder dit al meer kak is."
  Ek is so geskok, gee hom sommer twintig rand en ry.


10/10/2019




04/05/2015
Beautiful Mathilda

sy val op my 
van al die wesens wat ek al gesien het is jy die mooiste, sê ek
sy kyk af in my  
. . . feetjies, engele, voëltjies, waternimfe- 
wat‘s nimfe? vra sy
amper soos waterfeetjies, sê ek, of meerminne met vlerke . . .  
toe glimlag sy
ek druk my vinger in haar dimpel 
sy vat my wange in haar hand 
dan spring sy op en huppel weg 
- mis dadelik haar ora - 
eers later laat ek haar vlieg,  
laat ek haar vry 

'n dag gaan verby en my terapeut kom lê weer by my
vra dat ek haar ʼn storie vertel
sure, sê ek
vertel haar ʼn droom
die verskille tussen feetjies en engele en voëltjies
en van ʼn wese sonder naam
sy's beïndruk 
vra nog vrae 
raak aan die slaap

 30/02/2010


 na hy die kind geslaan het op die lip
die klein kop oopgekrap het 
- gekraak het deur die been
toe sy tong uiteindelik ophou skree 
hy skielik stil raak
die roggel opraak
sy oë van glad na grof raak
het hy die lyk gesleep
en hom gelos om op die hoek van duncanstraat te bedel 








 09/10/2019
(my  rubriek vandag in Beeld)

Nou die dag ry ek halfvyf die oggend iewers heen. Ek verstom my aan die massa mense wat dié tyd van die oggend langs die pad stap, op pad werk toe. 
    Hoe vroeg moes hulle opstaan? wonder ek.
    Om so vroeg op te staan en soveel moeite te doen om by 'n werk te kom, wat waarskynlik min betaal (anders kon hulle mos vervoer bekostig), sê tog baie oor iemand se karakter.
    Daar is meer goeie mense as bose mense, besef ek, al maak die dinge in die nuus my negatief.
    Ek het onlangs vir nege dae lank om Zanzibar in Tanzanië geroei. Dit was 'n wonderlike tyd alleen, weg van alles. 
    Die meeste aande het ek sommer iewers op 'n stand geslaap, deels omdat dit verniet was, deels om naby die natuur te wees, deels omdat daar dikwels nie 'n backpackers naby was nie. 
    Die see en die mooi natuur het 'n groot indruk op my gelaat, maar daar was nog iets: 
    Letterlik almal wat ek langs die water ontmoet het was vriendelik en behulpsaam. En dít terwyl ek 'n vreemdeling was - wat toenemend soos 'n boemelaar begin lyk het. 
    Een oggend word ek wakker in my hangmat langs 'n klein strandjie. Iemand hardloop op en af op die sand, doen opstote, spring op en af en hardloop dan weer. Elke nou en dan loer die jongman in my rigting om te kyk of ek al wakker is. 
    Sy naam was Bobby. Hy wou dadelik twee dinge weet: Waarheen is ek op pad, en hoe hy kan help. 
    Terwyl hy my help om my kayak in die water te sit sê hy: “My philosophy in life is that kindness is the most important thing in the world”.
    Terwyl ek wegroei dink ek aan die magdom Bobbys wat ek al teëgekom het. Die afgelope tyd oral in Zanzibar, dikwels ver van die luukse toeristeoorde af, maar ook al voorheen in Kenia, Botswana, Mosambiek, Namibië . . . en veral in Suid-Afrika. 
    Die mense van Afrika het goeie harte, stel belang en help graag. 
    Dís die reël en nie die uitsondering nie. 
    Reisigers wat deur Afrika toer sal dikwels hiervan getuig. (Dis eintlik oral in die wêreld so, nie net in Afrika nie)
    Misdaad bestaan, en Suid-Afrika se statistiek met betrekking tot geweld is buitengewoon hoog, maar die mense wat boos optree is steeds 'n bitter klein minderheid. Die probleem is dat die uitsonderings van geweld, misdaad en haatspraak die nuus haal. 
    Met die gevolg dat iemand wat net heeldag op sosiale media sit, nuus lees in die koerant en televisie kyk hierdie waarheid nooit ontdek nie. 
    Dis soos die Matrix, jy moet dit self beleef om dit te glo. 
    Miskien is dit waarom Jesus ons roep om, soos hy, “af te kom aarde toe” en nie net vanaf 'n veilige afstand te oordeel nie. 
   'n Mens moet nader gaan om beter te sien.

lees rubriek in Beeld


27/11/2018 
The Holy Land is everywhere . . . 


 21/06/2010
I visited the squatter camp during the day,
was visited by insomnia during the night







17/02/2020

Rubriek wat ek 'n paar jaar gelede geskryf het vir Kerkbode  . . .
Skel my uit as 'n broer

Jy kan van my verskil. Jy mag my reghelp (asseblief). Jy kan my selfs slegsê (ek is teen hierdie tyd al redelik hate mail fiks), maar sê my sleg as 'n broer, nie as 'n heiden nie.
   Goeie genugtig. As dit so is dat ons ons eenheid vind in byvoorbeeld ons siening oor gays, is Jesus lankal nie meer die middelpunt nie, dan het hy ver in die agtergrond ingeskuif. Dan het ons eie teologiese sienings belangriker begin word as Jesus self.
   As ons só wil redeneer is die dominees van die Gereformeerde kerk nie ons broers nie, want hulle glo nie vroue moet in die amp wees nie - ook baie Charismatiese kerke. Dan is Baptiste pastore nie ons broers en susters nie, want hulle het 'n ander siening van die doop (of is doop nie 'n belangrike teologiese kwessie nie?).
   Die feit is, hierdie mense ís my broers en susters - in Jesus se definisie, selfs meer as ongelowiges in my eie biologiese gesin.
   Iemand wat byvoorbeeld nie met die NG-Kerk se sinodale-gay-besluit saamstem nie, kan mos sê, “Ek stem nie met jou saam nie. Ek lees die Bybel anders. Ek self gaan nie gays bevestig in verhoudings of die amp nie . . .” en dan aangaan in eenheid?
   Waarom nie?

(Skirfbeskouing? Heeltemal fine as die "ryk jong man" bevestig word - en ons weet almal wat Jesus daaroor te sê gehad het . . . maar ons is ryk nie gay nie, so daai versie tel nie)   
    Hoe ironies is dit tog, wanneer dominees en kerkrade in die naam van “suiwer teologie” dreig om “weg te breek”. Is eenheid met ander gelowiges met ander woorde teologies minder belangrik?
   Ek is van mening dat ons so min werklike diep teologiese debat vandag in die kerk sien, juis omdat die verhouding gedurig op die spel geplaas word.
   Die dominee kan nie régtig eerlik wees oor moeilike sake soos rassisme, seksualiteit of evolusie nie, want 'n paar ooms en tannies op die kerkraad dreig gedurig om te loop. Daarom praat die dominee maar liewer versigtig - en word die spanning tussen sy/haar private en publieke teologie al hoe groter. Op 'n dag bars die bom en dan is dit uiters moeilik om met al die emosie in die lug oor dinge soos konteks en skrifgebruik te wil praat. Dis jammer, want dit sou baie beter wees as ons met vrymoedigheid oor moeilike dinge kon praat, lank voor die bomme bars.
   Dis eers wanneer ons ooreenkom dat ons met mekaar sal aangaan "maak nie saak wat nie”, dat ons werklik eerlik kan wees.
   Christen broers en susters het mekaar al in die verlede as vyande beskou oor dinge soos die nagmaal, doop, vroue in die amp, kleredrag, Sondagsport ens. Toe daar destyds oor hierdie dinge geredeneer is was daar baie emosie, maar na 'n paar jaar kan jy amper nie glo, “dís waaroor mense gestry het” nie. Dit sou goed wees as ons kerkmense bietjie vinniger tot daai besef kom en nie altyd eers baie jare later nie.
   Die idee om die tipe spanning wat diversiteit bring te verdra ter wille van eenheid is nie vreemd aan die Nuwe Testament en die vroeë kerk nie.
   Al was etiese kwessies vir Paulus geensins onbelangrik nie, lyk dit of eenheid onder Jesus se mense altyd vir hom 'n hoër prioriteit geniet het. Of dit nou gegaan het oor die eet van vleis wat aan afgode geoffer is of sy siening dat bekeerlinge uit die heidendom hulle nie hoef te besny nie (hy laat byvoorbeeld tog vir Timoteus besny ter wille sy interaksie met die Joodse gelowiges).
   In die hart van ons geloof is daar ruimte vir 'n diversiteit van sienings.
   Sekerlik een van die beste voorbeelde hiervan is dat die leiers van die vroeë kerk besluit het om nie te kies tussen die vier Evangelies nie, maar om al vier in te sluit (om nie die spanning op te los nie, maar om dit te handhaaf) al verskil die Evangelieskrywers se inhoud baie en het elkeen duidelik 'n ander beklemtoning.
   As ons vandag hieroor moes besluit, sou ons waarskynlik “die regte een” wou kies. Dit sou jammer wees, want juis in die verskillende weergawes van die evangelieskrywers groei ons insig.
   Miskien is waarheid nie soseer 'n voorwaarde vir eenheid, as wat eenheid 'n voorwaarde is vir waarheid nie.
   Dalk moet ons opnuut ontdek dat ons mekaar se onderskeie sienings nodig het in ons soeke na God. Saam is ons beter - al maak ons foute.



04/08/2019
Ek vang myself dat ek deesdae toenemend verkies om na die stemme van Henri Nouwen, Ron Rolheiser, Maximus Al Anthony, Jean Vanier, Richard Rohr . . .  te luister. En dit gaan nie net oor wat hulle sê nie. 
    Ek dink dis die feit dat hulle, a.g.v. die ordes waaraan hulle behoort, eenvoudig lewe, buitengewoon min besit, 'n groot deel van hulle lewens in diens aan die armes en in gebed spandeer. Die begin van hulle geestelike pad was die keuse om 'n totaal alternatiewe lewe te leef - om die bergpredikasie erg letterlik op te neem.
    Ons is vandag verslaaf aan inligting, ook teologiese inligting. Ek kom agter dat die laaste ding wat ek nodig het, is nog iemand wat my vertel van iets interessants wat hy of sy iewers gelees het.
   Ek raak bewus van 'n groeiende begeerte na leermeesters wat die mees basiese Jesus beginsels leef.
   Wat 'n mens by jou ghoeroe sien is net so belangrik as wat jy by hom/haar hoor - indien nie meer nie . . .
   Jy hoef nie met alles saam te stem met wat hierdie mense sê nie, maar ten minste is dit vir 'n verandering nie die ryk jong man wat die goeie nuus van Jesus probeer verduidelik nie. 

 14/05/2019
we may not practice what we preach
but we do preach what we practice
- every single day
in every possible way






02/07/2020
Ek weet dis nie waar nie, maar dit voel of almal wat die leuen glo in is op die cover-up

(bid vir my!)

25/12/2019
What we plant in the soil of contemplation, we shall reap in the harvest of action.
Read more at https://www.brainyquote.com/quotes/meister_eckhart_38531
What we plant in the soil of contemplation, we shall reap in the harvest of action.
Read more at https://www.brainyquote.com/quotes/meister_eckhart_3853

Entitlement is always bad, 
but never as bad as when those in power cry victim


 04/02/2019

these days . . to many influentials resembling Julius Malema, Steve Hofmeyr, Jacob Zuma, Donald Trump . . . 
to few Nelson Mandela, Desmond Tutu, Mahatma Gandhi . . . 
(Will the good guys win? Don't know..)



 27/12/2019
2019 is old and tired now
and ready to die 



09/06/2019

DIE GROOT FIGHT
Dit het so gebeur: Een seuntjie het 'n ander seuntjie op Twitter beledig, toe Whatsapp hy hom, "Ek kry jou na skool op Facebook  . . ."

#baiekortafrikaansekortverhale

03/04/2014

Baie mense wat ons Echo gemeenskap besoek is aanvanklik heel beïndruk, maar beleef gou 'n mate van ontnugtering as hulle ons beter leer ken - die chaos en veral die konflik . . . Ek wonder soms, wat het hulle verwag? St Franciscus se happy band of brothers? I wish!

Community is nie 'n plek sonder konflik nie. Dit skep 'n seldsame ruimte waar mense werklik eerlik met mekaar kan leef. Waarheid skep konflik (voorgee is dikwels 'n poging om konflik te vermy).

Wanneer daar 'n hegte langtermyn verbintenis is - van “ek sal jou nie los nie, maak nie saak wat nie” - kan verdedigingsmeganismes maar val. Dan het konflik die potensiaal om iets positief wees.

Dit word maklik vir ons belangriker om goed te lyk en goed te voel, eerder as om goed te wees. Al ons energie gaan dan daarin om te beïndruk of te verdoof, eerder as om te groei.

Die idee dat community 'n plek van aanvaarding is, is 'n halwe waarheid. In community word ons nie net aanvaar nie, ons word ook aangemoedig om te groei. Dis wat liefde doen. Eerlike gemeenskap met ander help my om weer te begin glo dat positiewe verandering moontlik is, dit moedig my aan om te beweeg na wie ek kan wees, te ontdek wie ek eintlik is. 

        Persoonlik hou ek ook nie daarvan dat mense aan my karring nie, dis ongemaklik om mense te naby aan jou te hê, maar ek kom agter dat ek eerlike spieëls in my lewe nodig het. Die uitdaging is om nie vir die spieëls kwaad te wees as ek dinge sien wat ek nie van hou nie.


 
it was 2073 and the world was fucked, 
raped by a species called humans 

10/01/2013
daar was gate aan die bome
soos spieëls
met hol poorte
iewers aan die agterkant
poorte na ʼn vreemde lig
skitterende moontlikhede tussen takke
soet ronde holtes
van hopeloosheid en hoop
 10/10/2019
Contemplation means rest, suspension of activity, withdrawal into the mysterious interior solitude in which the soul is absorbed in the immense and fruitful silence of God and learns something of the secret of His perfections less by seeing than by fruitive love.  
Contemplation is life itself, fully awake, fully active, and fully aware that it is alive. It is spiritual wonder. It is spontaneous awe at the sacredness of life, of being. It is gratitude for life, for awareness, and for being. It is a vivid realization of the fact that life and being in us proceed from an invisible, transcendent, and infinitely abundant source.     
    - Thomas Merton 




25/01/2020

Die seisoen het aangebreek. Dis einde Januarie. Die vaksansie is verby. More oggend moet ek vroeg opstaan en na die “Kerk tussen die Mielielande ry” iewers in die Vaaldriehoek . . . Van nou af tot êrens laat in Maart (wanneer dit weer vakansie is) preek ek elke liewe Sondag iewers, Meyerton, Rooihuiskraal, Witrivier . . . en  tussenin 'n reeks in Wellington (waaroor ek bly is want die vuil lug hierbo begin my vang - en ons het 'n klomp Echohuise in die Kaap - en ek freaken love die see en Tafelberg laat my altyd voel soos 'n toerus, 'n gevoel waarvan ek nogal hou . . . en dis soortvan my werk deesdae om vir Christene stories te vertel en te vra of hulle dit nie dalk tog wil oorweeg om te probeer om vir Jesus te volg nie? - al sukkel ek self - maar dan kan ek by ons huise in die Kaap slaap en wyn te drink met dominees en pastore en ander godvresendes . . . en ek het die geld nodig want ek is net 'n tentmaker en Marina 'n toenemendgefrustreerdebroodwinner en die hoof van ons huis) en dan is daar admin en ander mense se stoute kinders en hatemail antwoord of ignoreer en allerhande praatjies by vroue-tees en manne-ontbyte en skoolopeninge en selgroepbyeenkomste van vreemde mense by vreemde gemeentes en worries oor Echo se finansies en nou en dan vergaderings met ryk sponsors of gesprekke by koffie-shops met nog stoute kinders en grootmense met gedragsprobleme en gebedsgeleenthede en artikels vir 'n vrouetydskrif en 'n koerant (en hierdie freaken amazing blog) en 'n geheime boek wat moet klaar oor gans vreemde dinge waaroor ek nie mag praat nie en nuwe drome en nou klink dit waarskynlik of ek baie besig is, maar ek is nie, nie soos die mense wat by die tolhek werk nie, want ek droom en lees en praat en travel en skryf net heeltyd - wat nie veel anders is as wat ander mense op vakansieis doen nie, is dit?


24/12/2016
KERSFEES

. . . op my rug gaan lê, opgekyk . . .

“Geluk met u verjaarsdag liewe Jesus”
“Dankie”
“Wat wil u hê?”
“World peace”
“Jo,” sê ek, “wat van 'n liedjie oor u geboorte deur 'n bekende Afrikaanse sanger?”

 
02/11/2015

Dink mense mooi voor hulle name gee? Is hulle dalk aspris? Hoe gebeur dit dat 'n tronk Polsmoor genoem word? 
En Weskoppies. Is dit reg om 'n geestesinstelling 'n naam te gee met die woord “koppie” in? 
Die Amerikaners is nog erger, hulle noem hulle seuns, Dick. Die naaste wat ons in Afrikaans daaraan kom is, Tielman. Dis asof daai naam ontwerp is om iemand soos ek freudiaans te laat gly. Ek het al gewonder of die ouers bewus was waarmee hulle besig is, of is hulle net erg onskuldige mense?


14/06/2019
I ask for grace. A longing that is only possible through grace . . .
Should I pray to be blessed? I'm already blessed!
Maybe I should only ask for more awareness
and then be silent



lovies




08/04/2014
I couldn't sleep, so I thought about the different ways we as humans think about (unreachable) stars and galaxies . . .  

     Lets face it, the astronomer and the astrologist is probably both wrong in the end. At least it is clear with the astrologist - even in the beginning of his/her argument. 
     But with the astronomer, we (and not even he) might never know the error in his/her assumptions and conclusions. The lie is hidden by his carefulness and earnestness - in his logical way of seeking. Thus his theory transforms in to a fact that everyone ends up believing.
     But . .  at the end science also deceive us. The fact that the error takes longer (centuries?) to be discovered, doesn’t make it less of a lie. Elke nuwe ontdekking ontbloot 'n ou leuen . . .
     Truth is hidden in the mystery of nature - and God. Little truths here and there might be known (every now and again) but the whole-truth is unknowable to humans. The whole-truth is a mysterious truth - it only settles in reality, imagination is to weak to hold it.

nou gaan ek slaap, nag al my digital imagery friends 

 12/10/2017
Die teologie het deur die eeue ’n manier om vir die teoloog belangriker te word as mense. Dit is ironies, want Jesus het sy lewe gegee vir mense.



 12/02/2012
. . . en teen 2012 was die kerk ʼn ou gebou van siersteen met loodglas vensters en ʼn toring met ʼn hoender op . . .  


24/11/2019
The Modern Contemplative?

Solitude in nature      x
Simple living      x
Community with the poor and true solidarity with the marginalized      x
Restitution, reconciliation, effort in making peace      x
Open to different views      x
Meditation before the pedicure at the spa      ✓
Spiritual chats only with the rich and the white and the powerful      ✓
Reading nice books about the mystics      ✓
Crumbs to the poor      ✓

 . . . my problem with your theology is not that you are to much like Thomas Merton, Henri Nouwen or St Francis . . . .



 

Jy het dinge aan die gang gesit wat al meer ‘n bose momentum van hulle eie ontwikkel. En nou is jy te trots om dit te probeer stop - want daar is ‘n deel van die storie wat nooit in die lig mag kom nie (veral nie nou na jy dit so lank ontken het nie) . . 





22/06/2019


My Lord told me a joke. And seeing Him laugh has done more for me than any scripture I will ever read.
― Meister Eckhart


 02/03/2013
Elke keer as ek in 'n C.U.M. boekwinkel is, is ek op my senuwees, heeltyd effe gespanne, heeltyd op my hoede, elke nou en dan kyk ek om . . . of Jesus nie dalk met 'n sweep  instap nie

11/12/2012
. . . sy het die kind gehaat en toe hy uit is, was dit sy beurt . . .

    Sy ma was ʼn maer, seningrige vroutjie. Het gekreun, geskree en gespartel. Kon hom darem op die ou end met 'n stewige druk en vloek uitforseer. Daar was 'n kort oomblik se stilte - soos vir iemand wat dood is. Haar oë het vaal en verskrik rondgesoek teen die wit dak, terwyl haar hande natgesweet toevou oor haar bors. 
    Soms, as hy dagdroom, verbeel hy hom steeds ʼn gevoel van verligting toe die suster uiteindelik dit wat nog oor was van die pap string tussen hulle knip en hom wegvat na die tafel vir verlore kinders. 
    Vandag, terwyl hy haar haat, verwyt hy ook homself, want hy verlang soms nog (per ongeluk) na haar warmte en daai veilige gevoel van magteloosheid . . . 

2/5/2019
we need a change of attitude, because let's face it, no one’s going to change colour

 09/10/2012
Gavin in die maksimumeenheid in Weskoppies sê rasissme is amper geen issue daar nie. Toe ons uitstap kom groet 'n paar van sy swart pêlle. 'n Voorbeeld vir die res van die land.

07/06/2019

daar is dominees en pastore en teologiestudente wat sal moeite doen om betrokke te raak by die werklike armoede op die grond - as jy hulle genoeg betaal

23/05/2019

We want their peace, but not their lifestyle
(not the simple living, not the community with the poor . . . just the peaceful feelings and the nice thoughts . . .)

There seems to be some core differences between the classic contemplative spirituality of St Francis, Mother Teresa, Henri Nouwen, Thomas Merton, Ruth Burrows, Jean Vanier, Richard Rohr, Ron Rolheiser . . . and the contemporary versions gaining more and more popularity today:  where the above mentioned persons (and other mystics) are studied and acknowledged, but in practice, the emphasis is on constructing and strengthening individual boundaries rather than cultivating a life of community, solitude and self sacrifice.
    Not talking about the theory being taught. Many of today’s teachers will say things like: “contemplation will take you into this world”. But when the lifestyle of the teacher says the opposite, the “into this world” part of the teaching has little authority.
      At the core it is often nothing more a “God help me feel better about myself” spirituality - all about finding myself and not so much about giving myself.
     A way of finding peace without becoming a peacemaker - without engaging the messiness of this world. It is the “how to be a peaceful rich young man” alternative to the message of the Jesus (maybe why contemplation classes is always so popular among the rich?)

     
It is a silent tree, with an awareness for beauty, but very shallow
roots and only the pseudo-fruits of the classic contemplatives - who’s personal spiritual journeys started with total surrender to God and service to the poor. 

What we plant in the soil of contemplation, we shall reap in the harvest of action.
― Meister Eckhart
(supposed to be..)

If your spiritual practice doesn’t lead you to some acts of concrete caring or service, then you have every reason not to trust it
__ Richard Rohr

10/12/2014
Katinka en Mathilda kom vanoggend aangehardloop, vertel ’n bul het hulle gejaag. Later ontmoet ek die skuldige bees. Ek wou nie hulle bubble bars nie, maar voel tog ek moet die kans gebruik vir ’n belangrike lewensles.
   “Wanneer ’n bul vier totties het, is daai bul ’n koei en nie ’n bul nie,” sê ek . . .



27/07/2018
die grootste boosheid op aarde is nie Malema of Steve Hofmeyr nie, selfs nie eers Zuma, Dan Roodt, die Guptas, muskiete, sekere Afrikaanse musiek, Trump, die duiwel of die Antichris nie, die grootste boosheid is kanker




07/07/2019
Een van die moeilike vrae wat ek elke nou en dan moet antwoord is, wat doen jy vir 'n lewe? Ek is bietjie soos 'n ouerige selfoon met baie apps oop . . . Gewoonlik antwoord ek met iets soos “it is complicated”
   Ek is 'n dominee, soortvan, maar nie regtig nie, 'n skrywer, maar ek word amper niks betaal nie, so ek kan dit nie 'n beroep noem nie . . . 
   Public speaker, dink ek nou die dag. Hel ek praat letterlik elke week iewers. Het 'n paar weke terug 17 praatjies gepraat in 2 weke (verlede jaar eenkeer 19 praatjies in 2 weke) Dis reekse by kerke, jeugweke en ander skoolpraatjies, praatjies met dominees, praatjies met maatskaplike werkers, praatjies met onnies, by ouetehuise, selfs by universiteite, opi radio, konferensies, ontbyte, selgroepe, koek en teës . . . maar dit voel nie soos 'n werk nie though - want ek vertel meeste van die tyd net stories.
   Dit suck eintlik as ek lees iemand sê op Facebook of Twitter hy of sy is 'n “public speaker”. Ek dink altyd: ag asb, wat doen jy eintlik. Seker waarom ek nie kan dink dat “praatjies praat” my “werk” is nie. Dis g’n beroep nie.
   Dalk is my eintlike werk om te lewe, te worry, te droom, te dink? (Dis sulke harde werk 'n mens het gereeld koffie of wyn nodig om dit te kan aanhou doen. En solitude.)
  My grootste verantwoordelikheid is sekerlik ons Echo community (ons het 13 huise vol stoute kinders, 'n plaasprojek, programme by 10 skole, kampe, uitreike, eredienste, weeklikse saam etes, allerhande krisisse  . . . moeilikheid is ons besigheid!)
  Daar is meetings en admin en horders een tot een gesprekke by coffee shops en planne maak en worry oor finansies en weeklikse aksies . . . . maar na 18 jaar het ons 'n formidabele span, so moenie dat ek jou bluf nie, dis nie asof ek vreeslik baie doen nie. Die community ding werk - die Hand 2 kerk idee. Ons is in 'n sekere sin een van die kleinste gemeentes in die land, minder as 150 mense, maar omdat amper almal doelbewus saamwoon en alles deel, kry hulle heelwat meer reg in die gemeenskap as gemeentes met 4000+ lidmate. Baie omgee, baie chaos.
   En ek doen minder as vroeër - ons het meer as 40 leiers in ons huise wat saamwoon, 3 maatskaplike werkers, 'n drywer, 'n handyman, wonderlike mense wat die goed op ander dorpe bestuur . . . 
ek is meer soos die pa van 'n heavy deurmekaar gesin (dikwels effe awesige pa), as 'n CEO though . . .
   
Dalk het 'n mens nie 'n beroep nodig nie, net iets om voor te lewe



22/10/2015
After reading about the early church, Søren Kierkegaard was convinced that church people lie when they called themselves Christians, it’s been years since any Christians walked on earth, he would argue.

After reading
Kierkegaard I decided to at least try to be a Christian for one day a week - for a wile.
   On that (special) day I would fast, because fasting supposedly helps with awareness - it's a constant reminder of the endeavour of the day. I would read more Bible and spend more time in prayer than usual, try to discipline my mind concerning materialistic, hateful and lustful thoughts . . . and I would spend the night with the homeless on some street corner (the story of how Marina came to make peace with her husband sleeping on the street - a miracle in itself - I will maybe tell on another day).   
   I always have this wonderful feeling when I walk back home early the next morning . . . but then, literally within minutes, the dark boring contrast of my normal life would start to take over  - and soon I would have to learn to be a Christian allover again (sug)  . . . . . . . . . 


27/02/2019
My rubriek vandag @ Maroela Media 
(hulle het hom actually geplaas . . )

Ek lees nou net weer die berig van 'n week of wat gelede oor Solidariteit se besluit om klagtes in te dien by die SAPD, die Gelykheidshof en die Onafhanklike Verkiesingskommissie teen Syanda Gudebe en Lindsay Maasdorp van BLF oor hulle haatspraak boodskappe na aanleiding van die tragedie by Hoërskool Driehoek.
   Ek onthou hoe daardie boodskappe my persoonlik ontstel het. Hierdie land is sieker as wat ons besef, het ek gedink.
   My gedagtes het my terug gevat na ander soortgelyke uitsprake. Ek onthou ’n swart ou op Twitter se opmerking dat daar nou gelukkig een witmens minder  is, na iemand die nuus gebreek het oor 'n vriend wat pas in 'n motorfietsongeluk oorlede is.
   Dis egter nie 'n nuwe verskynsel nie.
   Dis meer algemeen as wat ons wil erken. Hoeveel keer moes ek as kind hoor hoe die ooms en tannies na 'n nuusberig oor 'n taxi- of mynongeluk opmerk dat daar nou ten minste “minder van hulle is”.
   Elke mens wat tragies sterf is iemand se kind, iemand se broer of suster, iemand se vriend . . .
   Op 'n stadium skryf ek 'n artikel vir 'n koerant oor die konflik tussen die Jode en die Palestyne na aanleiding van 'n klomp kinders wat dood is en sit die skakel op Facebook. 'n Man wat op daardie stadium 'n ouderling was in 'n gemeente waar ek vroeër die jaar gepraat het skryf in reaksie op die berig dat alle Moslems eintlik doodgemaak moet word.
   “Ook die vrouens en kinders?” vra ek.
   “Ja,” sê hy, “die goed teel aan soos vlieë”
   Ek en 'n paar vriende het vroeg in Januarie op Inhaca eiland in Mosambiek gaan kamp. Terug by die huis laat weet iemand my dat vier jongmense daar verdrink het. Ek soek dadelik op die internet na meer inligting oor die voorval.
   Dit was ontstellend. Vier jongmense van Suid-Afrika het verdrink baie naby aan die plek waar ons etlike dae gelede gekamp het. Daar was op daardie stadium 'n soektog aan die gang, al was daar eintlik min hoop dat iemand lewend gevind sou word. Ek het my die angs van die familie en vriende probeer indink.
   Amper meer ontstellend was van die opmerkings op sosiale media en onder aan die nuusberigte. Mense het duidelik begin agterkom dat die jongmense wat verdrink het swart was. Meer as een persoon het dinge geskryf soos: “Hulle kan mos nie swem nie wat soek hulle in die see?”. Ander het gespekuleer dat “hulle sekerlik weer dronk was”. Van die grootste kritiek was oor die moeite wat gedoen is van Suid-Afrika se kant af om met die soektog te help.
   Hoe dikwels lees mens hierdie tipe uitsprake op sosiale media of onder aan digitale nuusberigte. 
   Die kommentaar onder aan Maroela Media en Netwerk 24 (om net twee te noem) se berigte is na my mening sekerlik van die swakste vorms van kommunikasie in hierdie land. Oor die algemeen. En dis ná die kommentaar gesif is! Kan jy dink hoeveel Syanda Gudebe en Lindsay Maasdorp tipe opmerkings daar sou wees as dit nie daarvoor was nie.
   Ek skryf rubrieke vir verskeie publikasies en dit wil voorkom asof dit dikwels oor en oor dieselfde mense is wat in surf om te kom galbraak. Van hulle geniet die spelletjie so, hulle het meer as een profiel.
   Niks goeds kan uit haatspraak kom nie.
   Die probleem is dat rassisme vir die rassis slegs 'n probleem is as hy of sy aan die ontvang kant daarvan is.
   Daar sal heelwat minder geraas wees in hierdie land as rassiste ophou om kritiek uit te spreek teenoor 'n ander rassiste. Dit word 'n bose kringloop met geen goeie einde nie.
   In Noam Chomsky se woorde: “If it is wrong when they do it, it is wrong when we do it.”

https://maroelamedia.co.za/…/meni…/wreedheid-is-aansteeklik/



 09/09/2018
Sy naam was Domarrogant, hy was ʼn jong luigat, het nog by sy ma gebly, maar was gedurig kwaad omdat die regering nie húlle werk doen nie.
#baiekortafrikaansekortverhale


08/02/2017
Eendag lank lank gelede, op 'n donker dag, steel 'n dief sy eie vrede - en só begin 'n nuwe lewe van misdaad en politiek . . .
#baiekortafrikaansekortverhale





07/06/2018
God believes in humans


14/03/2018
“All of us have a secret desire to be seen as saints, heroes, martyrs. We are afraid to be children, to be ourselves.” 
Jean Vanier

22/02/2013
some people are talking so much about silence - its getting noisy


01/05/2019
If there is a voice we should to listen to today it is the voice of Jim Wallis. “Don’t go to the right and don’t go to the left,” he says, “go deeper!”
   Ron Rolheiser explores this further by warning us to be careful not get stuck in the typical radical left/right ideologies of our day, or even worse the comfort of hanging back in the mediocre middle. “Rather go deeper,” he says, “like Jesus, go wherever compassion takes you.” He talks a lot about “carrying our solitude at a higher level”.
 
  This is the way of the early church, the desert fathers, the mystics, the way of mother Teresa and St Francis of Assisi . . . the alternative, the good news of the Gospel - that is counter cultural in its core.  

12/09/2014

Jakobus moes alleen huis toe stap. Hy was bang vir die seekoei. Vandat hy met haar dogter getrou het, is daar hierdie snaakse kyk in haar oë. 
 #baiekortafrikaansekortverhale


 21/01/2016

Sy was nie hoogmoedig of 'n snob nie, net gevoel mense van ander rasse moet hulle afstand hou - en die ousie moet buite uit die blikbord eet
 #baiekortafrikaansekortverhale


15/02/2015

Nthando, my joy teacher, 
trying her best to teach me her skill


20/03/2018
wat hulle die kwaadste gemaak het was dat die armes nie tevrede was nie
#baiekortafrikaansekortverhale


29/03/2019
If only people who are smart enough to make nuclear weapons were smart enough not to
- Richard Rohr


10/03/2019
Fastest church growth in history happened in the first 300 years, when Christians was forbidden to speak in public
Maybe the problem isn’t that we don’t talk enough...


 

showing is stronger than telling 

(just saying . . .)

31/03/2019
if Jesus is your theology
love and self sacrifice should be your philosophy



04/07/2019
. . . and the Lord will say, "I was hungry, and you didn’t feed me, thirsty, and you didn’t give me a drink. I was a stranger, and you didn’t invite me into your home. I was naked, and you didn’t give me clothing. I was sick and in prison, and you didn’t visit me. . ."
   Then they will reply, "Lord but we did contemplate . . ."

29/01/2016

die vryheid van wraak

hulle het als gevat
sy tong
en sy lippe
toe praat hy maar met die gun en die klippe
niemand het verstaan nie
maar ten minste was hulle nou bang vir daai lanie
excuse the pun
maar that’s how it all begun
with a man without a tongue


26/01/2021

LEEF LIG, eerste eksemplare gekry . . . 

hopelik die week op die rakke 


(Exclusive Books, Bargain Books, selfs CUMboeke . . . 

of direk by my: jacostrydom@icloud.com / 0844777123)


Die suksesvolle lewe gaan oor bymekaarmaak, groter word, groei in status, meer mag, belangriker posisies, groter gemak, hoër punte, vinniger spoed, rekords wat oortref word. Meer, groter, belangriker …

Maar nie volgens Jesus nie. Volgens Jesus moet jy altyd iets laat gaan as jy regtig suksesvol wil wees, as jy nader aan God wil groei. 

Jy moet mínder hê, nie méér nie. 

Die dissipels moes hulle nette los. Die ryk jongman sy rykdom. Jy moet van jou bitterheid ontslae raak, sewentig maal sewe keer vergewe, die ander wang draai, goed wees vir jou vyande . . .


Die boek vertel verhale oor hoe “lig reis” skielik moontlik word wanneer ons “in gemeenskap leef”. 


LEEF LIG wil ons uitdaag om te stop, af te pak en 5 nuwe (antieke) gewoontes aan te leer wat ons help om weer ligter te reis. 




HUISGENOOT..



LANDBOUWEEKBLAD



BEELD:


18/02/2021

"There’s a place where my greatest joy and the world’s greatest need meet, and that, Frederick Buechner would say, was your calling. And I think that’s a pretty good definition of a calling. How do you know when God is calling you? Well I don’t know, in my own life I think that for years I tried to avoid loneliness, because it hurts to feel lonely. Now I’m beginning to recognize that maybe that’s what it feels like when God calls me. Maybe when God is calling, it hurts. Maybe when God calls us, it feels like a pain. And for years in my own life, I tried to drown that pain. I tried to avoid that pain. I tried to fill that ache with all kinds of what I can now look back on and see was a lot of stuff that was destroying me, corrupting me. And to listen to the call of God means to accept some of the emptiness that we have in our own lives. And rather than always trying to drown out that feeling of emptiness, instead of always trying to fill it with a lot of junk, to allow that to be a door through which we go to meet God.

And this is where I think moral purity begins to play in, that almost everything that corrupts us is something we use to fill some kind of ache, some kind of emptiness. And moral purity might be nothing more than a call to accept the ache and to accept the emptiness, and to allow ourselves to go through that to where God is calling us to go. And the joy of the Christian life is that those aches, those needs, that emptiness that we’re going to encounter because we’re human, is ultimately met in Christ, and that everything that we try to fill it with that is not Christ will never really fill it." 


- Rich Mullins



12/12/2016
hulle het sy horing afgesny, 'n paar fotos geneem en hom toe saam met die ander stropers begrawe
 #baiekortafrikaansekortverhale


26/07/2015
 . . . die kerkmense was woedend, hulle het gewens iemand wil hom kruisig . . .
#baiekortafrikaansekortverhale




30/03/2019
today was my birthday . So this morning in bed I repeated a few times: “This moment is the most recent moment in history” 
(and I felt better - even though I also realised I will never ever ever again be as young as I am today  - and I'm quite old now)

It is true for all, and it will always be true no matter who you are, where you are or when you say it . . . (if I said these words ten years ago, it would have been just as true - that would have been the most recent moment in history then - and so on)

we surf time and reallity like a surfer rides waves, (or maybe it is she who rides us? or maybe we are the sea and life is like a mystical wave going through matter, and the meeting place is us - for a short while)

there are only probabilities in what we call the future
and there are memories,
but the only thing we
truly have is this very moment

- the present is extremely thin

only now is now, 

the rest are only hopes and dreams 
(it seems)


27/03/2013
don't let your theology get in the way of following Jesus


 06/03/2020
“skrifgesag”
 . . . klink soos iets waaroor die fariseërs, sadduseërs en skrifgeleerdes 'n konferensie sou hou . . . alles trek skeef as 'n volgeling van Jesus iets anders in die fokus sit as Jesus (en die ding wat hy gesê "die heel belangrikste" is: LIEFDE) - selfs iets goeds, iets soos die "Die Skrif" . . .  as dit die geval is leef mens bv. maklik die "oog vir 'n oog" beginsel "want Die Skrif sê so!" (ens.), iets wat hoegenaamd nie moontlik is met Jesus as die vetrekpunt nie . . .
beter so
want
elke ketter
het sy letter
en Jesus het nogal dikwels verskil van die wetsgeleerdes se "Skrifgesag" . .

 13/03/2019
Ek lees die week op Facebook Frikkie Mulder se “Sodomie en die NG Kerk” en ander uitsprake oor Andre Bartlet, Coenie Burger en ander - en onthou van sy vorige aanslae op mense se karakter . . .
    Die tipe ding is niks nuuts op sosiale media nie, aan die linker en regterkant van die teologiese spektrum. 
    Ek onthou daar was laaitjies soos hy saam met my op skool. Hulle moes eenvoudig elke nou en dan 'n kind boelie in 'n poging om hulle eie maatjies te beïndruk.
    Dis fine dat ons as Christene van mekaar verskil, maar hoe ons dit doen is tog belangrik. Dalk kan ons iets by Dietrich Bonhoeffer hieroor leer.
    Bonhoeffer het radikaal van Schleiermacher en Adolf von Harnack verskil. Het hoegenaamd nie met hulle teologie saamgestem nie en dikwels standpunt daarteen ingeneem. Maar hy het dit op 'n gans ander manier as mense soos Frikkie Mulder ens. gedoen (hy het maniere gehad), soveel so dat hy genooi is om op Von Harnack se begrafnisse te praat.  Mense wat Von Harnack goed geken het getuig van sy respek en selfs bewondering vir Bonhoeffer.
    Die manier waarop Dietrich Bonhoeffer van mense verskil het was 'n getuienis van die evangelie waarin hy geglo het. n Mens kan nie in die naam van die Evangelie op 'n onevangeliese manier van mense wil verskil nie - dan is Jesus lankal nie meer die middelpunt nie. 

09/03/2019
     your freedom is my freedom
“Differences are not intended to separate, to alienate. We are different precisely in order to realize our need of one another.” 
Desmond Tutu



22/10/2014
. . . been wondering: if the gospel we preach these days is so popular amongst the rich and the powerful, are we telling them the whole story?

 25/03/2019

The most important thing for a pastor/priest/dominee is to live like a Christian
(not beautiful sermons, impressive worship sessions..)
It's our walk that gives authority to our talk - not the other way around




 31/10/2015
. . . en die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters . . . 
(dit gee mens hoop in hierdie tye)


07/02/2012
volwasse kreatiwiteit is glo kras eerlik


14/06/2017
Die gevaar van georganiseerde godsdiens is dat dit God probeer vasvang sodat die mense kan kom kyk. Jy kan natuurlik ’n lewe maak uit ’n vreemde wese in ’n hok. Jy kan geld maak met 'n God . . .


27/07/2015
ek het 'n gedig geskryf
maar nie oor jou nie
so jy sal nie daarvan hou nie


02/06/2018
Waarom wil CUM nie my boek op hulle rak hê nie? Is dit omdat ek (lank lank gelede) gesê het dat ek myself soms vang wanneer ek in een van hulle boekwinkels is, dat ek heeltyd rondkyk, heeltyd op my hoede is, heeltyd wonder of Jesus nie dalk met 'n sweep gaan opdaag nie? 
(of is ek krities op Mammon? My haarstyl? Te lief vir gays?die vloekwoord op bladsy 185? Flippet, ek kon nou ryk gewees het . . !)

 


- Update1: Emile Johnson van C.U.M. het my gebel, hy sê "dit isssie so nie . . ." (ek raai glo verkeerd) boeke soos die verkoop net nie goed nie
- Update2 (Feb2019): uitgewer kontak my vandag, die boek is uitverkoop
(binne bietjie meer as 'n jaar - sonder dat hy op die rak by die grootste Christen boekwinkel was), 2de druk nou in die pyplyn . . . 


16/11/2012
Die seuns het haar gevang, eers haar een arm en toe die ander een teen ʼn stomp gehou, haar hande met 'n panga afgekap. Het die hele tyd gespot en gelag. 
     Sy sê sy het deur die nag gehardloop, ʼn keer of wat geval en in haar moegheid en skok vergeet en met die stompies in die grond gedruk. Sy was twaalf. 
     Dit is nou jare later. Nou die aand was sy op CNN - waar ek haar die eerste keer ontmoet het.
     Maar sy het daai seuns vergewe, sê Mariatu Kamara, want hulle was net kinders soos sy in grootmense se oorlog.
     Vandag bring sy hoop sonder hande. Haar boek se naam is “The Bite of the Mango” en ek raak steeds tranerig as ek aan haar dink - haar dapperheid en die weemoed van so baie in Afrika wat nie soos sy kan skryf nie.



18/01/2018

Alles wat gebeur het is rêrig. Dit bestaan. Soos 'n stukkie seewater na 'n golf verby is - wat wag vir die volgende golf, of duining of brandeer of seestroom.
   . . . maar net soos alles in die heelal beweeg dit heeltyd though, 
   want alles verander altyd, sonder ophou…
Die enigste rede waarom ons dinge in die verlede nie ordentlik kan bekyk en bevoel nie, is dat ons slegs deur die stukkende, vuil spieëls van ons geheue soontoe kan droom, want tyd in ons wêreld is nie rond nie, dis plat en reguit, in een enkele rigting, vorentoe . .
. . nie te lank gelede nie sou selfs die slimste wetenskaplikes op aarde sê om 'n foto of 'n video in die verlede te neem en terug te speel in die toekoms is totaal onmoontlik (want die verlede is vir ewig weg en die toekoms bestaan eers as die hede daar aankom) . . . nou doen kinders dit . .
lekker slaap
13/03/2019
(My Beeld Rubriek vandag)

 
'n ou foto van oorlede Hansie die hanslam (een van die hoofkarakters in hierdie tragiese verhaal)
- het Hansie omkring want Jaco Swanepoel is ook in die foto

 
'n Identiteitskrisis is 'n aardige ding. Ons het hanslam gehad wat het gedink hy is 'n hond. Hy het karre gejaag en ander vreemde goed gedoen wat aanvanklik baie snaaks was, maar nie vir lank nie. 
   Veral nie toe hy op 'n dag skielik 'n groot skaap was nie.
   Sy nuwe slegte gewoonte was om die mense wat by die rivier kamp se kos te steel.
   Ek vermoed hy het begin dink hy is 'n mens, as hy lus was vir 'n bier het hy bierblikke begin omstamp (dit sal my nie verbaas as Hansie in daai tyd een of twee skaaptjops ingekry het nie . . .)
   Die probleem was Hansie se hardkoppigheid - hy het gedink hy weet hoe dinge werk. Elke nou en dan het hy lekkergoed en chips wat hy steel sommer met die plastiek en al ingesluk, of 'n brood met sakkie en al, of rommel uit asblikke. Dit was vir hom lekker, but it did’nt end well. 

   Hansie het vroeg gesterf. Identiteitskrisisse is gevaarlik.
   Hansie is geen uitsondering nie, ons land is vol identiteitskrisisse. Van dit is snaaks. Soos die pastoor van 'n paar jaar gelede wat gemeentelede met doom gespuit het. Die pastoor moes 'n baie vreemde prentjie van homself gehad het, die mense wat vorentoe gekom het om gespuit te word, nog meer.
  Dis is 'n landswye tendens. Eintlik is die hele wêreld op sy kop.
  Die ANC het 'n identiteitskrisis. Hulle klink lankal nie meer soos Nelson Mandela nie.

Die Afrikaners het 'n identiteitskrisis, hulle hou aan om dinge te sê soos “Afrikaans is Groot”.  Amper soos 'n kind wat probeer afshow.
   Wat is fout met klein wees?
   En dan is daar die kerk. Sy het duidelik vergeet wie sy is.
   Elke nou en dan vat 'n kerkoom my aan omdat ek na die kerk verwys in die vroulike vorm. Waar kom jy aan die liberale snert, wil hulle weet. Die antwoord is, in die Nuwe Testament waar die kerk die bruid van Christus genoem word.
   Google Image jy die woord “church”, is die eerste meer as honderd prentjies, fotos en tekeninge van geboue. Sommiges het torings met hoenders op, ander lyk soos ouditoriums.
   Elke geslag kerkmense staan voor die uitdaging om die eerste prentjie van kerkwees in die Nuwe Testament te herontdek. Om weer te onthou waar ons vandaan kom, wie ons eintlik deep down is.
   Die eerste prent wat 'n mens in die Nuwe Testament van die kerk kry is die van 'n omgee-gemeenskap waar almal alles deel, tot so 'n mate dat dat niemand iets te kort het nie. 'n Gemeenskap van mense wat eenvoudig lewe en 'n groot verskil maak met min. 

   Waar liefde wen.
   Natuurlik is dit nie verkeerd om geboue en strukture te hê nie, kerkgroei het nuwe uitdaging gestel aan die manier waarop Christene hulleself organiseer.
   Maar dit kan gevaarlik wees as 'n mens die slaai met die slaaibak begin verwar. Kyk wat het met Hansie gebeur, as hy hom soos 'n skaap gedra het, het hy vandag nog geleef.






15/04/2014

As nog een tannie vir my 'n “Maak skoon jou huis” DVD gee, kom ek iets oor. 
    Moenie 'n fout maak nie, ek hou ook nie van tuindwergies nie - en ek het Liewe Heksie op laerskool laas gelees . . . 
    Nou dat ek daaraan dink, daar ís actually 'n paar goed in my huis wat die “Maak skoon jou huis” geestelikes se halo’s donker sal laat trek. Byvoorbeeld my Indiese fluit en 'n Keniaanse kitaartjie (met 'n gesiggie op) en die Toa Te Ching in my boekrak en die prentjie van 'n engel langs my bed . . .  
     Ek sê nie my huis is “skoon” nie (Hier lê ook nog iewers 'n huisgenoot wat my skoonma - nou pun intended - hier vergeet het en 'n paar onbetaalde Etol-boetes)
     Die ding is ek verstaan “Maak skoon jou huis” mense nie, alles wat gesiggies het en oud of snaaks lyk moet uit, maar Mammon is soos altyd welkom - vir hom moet ons God dank en ons hande in die lug gooi? (en hy's eintlik die enigste enetjie wie Jesus 'n afgod genoem het)
     Ek wil nou nie lelik wees nie, maar ek voel Tiaan Gildenhuys diskrimineer. Hoekom is die Hulk poppe bv. boos? Wat van Barbie en Ken? Is dit omdat Hulk groen is?
 

12/04/2018
Mathilda: “Pappa! Hulle sing 'n lelike woord in daai liedjie”
“Watse woord?”
“F.A.K.”
“Daar’s ooms wat nie gaan hou van wat jy sê nie..”


kom ons reël 'n braai dan moan ons bietjie oor                       
hoe swaar ons kry hier in die nuwe SA


12/10/2015
Ek is eintlik erg Evangelies, sou byvoorbeeld bly wees as die Moslems en Hindoes op 'n dag sou besluit om vir Jesus te volg. En die Christene! Kan jy dink hoe anders die wêreld sou wees as die Christene vir Jesus sou volg?
My rubriek vandag in Beeld



30/01/2019
My Beeld rubriek vandag:

Voor ons te ontsteld raak oor kerkgetalle wat daal, voor ons verder droom van 'n groot kerk wat floreer, is dit dalk nodig dat ons net weer onthou wie ons is.
    Vriende van my was onlangs op 'n staptoer. Weer eens moes ek dieselfde ou storie hoor: “Ons het te veel goed saamgevat. . ."
    Ek is nie 'n vreeslike stapper nie, maar ek het destyds met 'n kajak van die Vaaldam af see toe geroei en dieselfde ervaring gehad.
    'n Klomp van die goed wat ek saamgevat het om my reis beter te maak, het presies die teenoorgestelde uitwerking gehad. My kajak was onnodig swaar en het water ingekry.
    Ek moes afpak en dinge agterlaat. Om ligter te reis was 'n moeilike maar nodige besluit, 'n besluit waarsonder die reis vorentoe onmoontlik was.
    Hierdie beginsel geld ook vir die kerk. Deur die jare het sy al swaarder begin reis, groter strukture gebou, al meer hulpmiddels bymekaar gemaak, dikwels met die beste motief.
   In die proses het ons egter vergeet hoe min ons eintlik nodig het. Ons het die kuns van die vroeë kerk om lig te reis verleer. Die kuns om baie te doen met min.
    As die vroeë kerk so baie regkry het met so min (hulle het die gesig van die magtige Romeinse ryk verander) is dit onredelik om te verwag dat 'n groot kerk met soveel strukture, geboue en ander hulpmiddels nog meer regkry?
    Waarom is die impak van die groot kerk vandag minder as die impak van die klein kerk van destyds?
    Waarom gaan dit nie beter in 'n gemeenskap met letterlik 'n kerk op elke hoek nie? Moet daar nie meer vrede te wees in 'n land met soveel vredemakers nie?
    Daar is dorpe met meer kerkgeboue as straatkinders en steeds is die kinders op straat.
    'n Kerk wat probeer floreer is met ander vrae besig as 'n kerk wat, soos Jesus, haar lewe probeer gee vir 'n stukkende wêreld.
    Dalk het die kerk te veilig en te groot geword om in die donker krake van 'n stukkende samelewing in te pas. Miskien is dit nodig om weer die waarde van klein wees en lig reis herontdek.
    Ek vermoed dat, of die kerk nou doelbewus gaan stop en afpak of nie, die kans goed is dat sy haar in die toekoms in elk geval in 'n al meer weerlose posisie gaan bevind, en ek is nie seker dat dit noodwendig slegte nuus is vir die evangelie nie.
    Volgens Jesus word die evangelie die beste verkondig nie vanuit 'n posisie van mag nie, maar vanuit 'n posisie van weerloosheid. Liefde word geloofwaardig wanneer jy so naby kom dat die een vir wie jy sê “ek het jou lief” jou kan seermaak - in Jesus se geval kon doodmaak.
    Wie weet, dalk ontdek die kerk in die proses weer die kuns om baie te doen met min . . .

https://www.netwerk24.com/…/kerk-moet-leer-om-meer-met-mind…
JacoStrydom/Beeld/Ntewerk24/Rubriek/30/01/2019

25/09/2018
Belangrik om met jou ore te luister - nie met jou ego nie
(nie so maklik nie though)






2glase wyn en ek's 'n skrywer






26/04/2019
Hey you clever know-it-all theology student!

Remember: you can deconstruct everything and accomplish nothing - stop playing the theo-philo-ego-game and rather start with the Jesus basics . . . (or go study something else - or you too might risk becoming a total freaken hypocrite for life)

27/03/2010
Dit was die pragtigste stukkie hel op aarde. 
     ʼn Sonsondergang uit ʼn ander wêreld. Ek het voor op die punt van ʼn massiewe rivierboot, wat die volgende paar dae ons huis sou wees, gestaan en alles probeer inasem: primitiewe seilbote, palmbome, vragskepe, houthuisies op pale . . . Later sou ek vir die eerste keer wit varswaterdolfyne sien.
    Bangladesh is een van die armste en mees dig bewoonde plekke op aarde. Dit is ook een van die lande wat jaarliks deur die meeste natuurlike rampe getref word. Vroeër daardie dag het ek gesien hoe mense op ʼn besige straathoek fietse, Tuk-tuk’s en karre deur kniediep water stoot.
    Die lug was nou grys en goud met net ʼn paar vaal silhoeëtte in die verte.
    Onder ons het ʼn blou babatjie op die vuil water aangedryf gekom. Ek het geskrik toe ek haar sien en probeer om nie te kyk nie. Toe die boot uiteindelik vertrek het haar lyfie alleen gelê en opkyk.
    Is dit dalk beter vir die kind om dood rond te dryf as om in dié hel-hole van ʼn plek te moes lewe? Vir lank het ek probeer om nie weer hieraan te dink nie - maar sy wou my nie los nie.
    Ek en Sean het elke aand sommer buite op die dek geslaap, dit was goedkoper. 

    Partykeer, laat in die nag, het die kind by my kom kuier - dan het ek haar probeer troos, en het ons lank na die sterre en die skaduwees op die bewegende oewer gelê en kyk . . . tot sy weer oor die kant van die boot in die swart water verdwyn . . .


24/03/2017
the bigger problem is always on the inside


12/03/2018
 

Litnet resensie deur Barend van der Merwe (wat sê hy is eintlik 'n ateïs):
"Confessions oor kerkwees is nie my tipiese leesstof nie. Ek het die boek verniet gekry, en omdat dit verniet was, het ek dit maar gelees. Maar ook om ander redes. Dalk is dit die buiteblad van die boek wat my nuuskierigheid geprikkel het. Jaco Strydom is duidelik nie ’n tipiese NGK-dominee nie. Hy dra ’n beanie op sy kop en maak die vredeteken met die hand. Hy gebruik Engelse woorde en is hip en with it en cool. Oukei, nie dat Engelse woorde my werklik beïndruk nie, maar dit skep tog ’n bepaalde atmosfeer van iets anders as die gewone. En die boek self is darem nie werklik deurspek met Engels nie. Dis eintlik net die titel. Die inhoudsopgawe bevat ’n hele rits opskrifte wat redelik uitdagend sal wees vir ’n tradisionele gelowige. Opskrifte soos “Sê nou die Christene sou vir Jesus volg” en “Die illusie van ‘goeie teologie’”. 
     Dis nie ’n boek wat mens in ’n sin of twee kan opsom nie. Strydom beskryf die boek as ’n “stirfry”. Dit is ’n versameling van sy rubrieke en webjoernaalplasings oor sy bediening en sy gewaarwordinge daarrondom. Maar daar is ’n interessante goue draad wat deur sy skryfsels loop.
     Strydom keer keer op keer terug na een saak, en dit is Jesus. Vir Strydom bly die fokus op Jesus. Daar is ook vir my as ateïs waarde hierin, en dit het my geboei, want ook ek geniet dit om oor Jesus te lees. My eie siening van die Bybel, en spesifiek die evangelies, is dat die sinoptiese evangelies waarlik fassinerende boeke is, en niks minder as literêre meesterstukke nie. Die groot verligting, hoe meer jy lees, is dat daar nie in hierdie boek al weer ’n gedurige gehamer is op die smet van die mensdom nie. Op die soenoffer en Triniteitsleer en die erfsonde nie. Nee, Strydom adem vir my iets van die gees van die Bybelse Jesus en bepleit eintlik juis minder wette en reëls. Hy sê selfs dat die kerk se sinodes minder mag moet hê. Volgens Strydom het Jesus “meer gepraat oor hoe ons moet leef as oor wat ons moet glo” (37). As dit nou nie verfrissend is nie, dan weet ek nie! 
   Ek het juis altyd hierdie saak in my hart dat dit tog absurd is dat . . ."  lees op Litnet
 
Kliek hier om te lees wat sê Cas Wepener, Stephan Joubert en Hennie Stander oor die boek



05/12/2018

Ek is eenkeer genooi om by 'n bejaarde byeenkoms te praat. Die tema van die oggend was: 'n Nuwe begin. Ek het gevra of kan ons dit nie liewer “'n goeie einde" maak nie. 'n Grappie. Net een oom het gelag.
   Toe praat ek oor die ou wat langs Jesus aan die kruis tot bekering gekom het, en sê dis nooit te laat vir 'n nuwe begin nie.
   En dis waar. Die Bybel is nie 'n verhaal van goeie mense wat heeltyd die regte ding gedoen het nie. Allermins. Die heilige boek is vol onheilige dinge.
   Dis eerder 'n verhaal van mense vol foute wat 'n tweede kans gekry het. Petrus het Jesus verloën, Paulus vervolg die kerk, Moses pleeg moord, Dawid owerspel . . .  En dís net die “geloofshelde” van wie ons ons kinders in die Sondagskool leer!
   Jy kan nie drie bladsye lees of iemand maak droog nie. Dit begin by Adam en Eva en eindig (op hierdie stadium van die geskiedenis) by jou en my.
   Ek praat dikwels met mense buite die kerk. Baie van hulle beleef toegewyde Christene as voorskriftelik. Mense wat maklik ander se foute uitwys. Dis jammer, want 'n mens sou dink Christene sou die Bybel ken en juis tuis voel tussen mense met foute . . .
 

(my rubriek vandag in Beeld https://www.netwerk24.com/Stemme/Sielsgoed/dis-nooit-te-laat-vir-n-nuwe-begin-nie-20181205 )

21/01/2019
'n Profesie aan die Elande, die springbokke (en die Zebra) by 'n drinkgat op 'n jagplaas naby Ganspan:

"Julle gaan almal doodgeskiet en opgevreet word en julle koppe gaan in lapas soos hierdie een - waar ek nou sit en skryf - hang.
  Daar is no-way-out op 'n plek soos die. Julle lot is seker. 'n Feit soos 'n steak. Die mensdom is steeds honger vir julle - al het hulle genoeg om te eet. As jy val, voel 'n gewone oom skielik soos 'n man - en dis belangrik vir gewone ooms.
  Dis egter nie net sleg nie - daar is erger dinge as die vinnige einde van 'n koeël. Ten minste kan julle met sekerheid weet nie een van julle gaan vir meer as twee jaar lank pynlik aan kanker sterf soos my ma nie.
You lucky you."
-Jaco

 18/07/2019
#ThingIDoNotUnderstand

Why don’t churches use their property to bring hope to the community?

Is it because:
A)  They do not see it as a blessing to be shared?
B)  They do not not really care about the need in the community?
C)  They do not believe the Gospel they preach?
Other …………………………………………………….

31/03/2019
die kerk het bekering net so nodig soos die Moslems en die Hindoes . . . sy lyk glad nie soos Jesus nie - eerder soos die ryk jong man  
(g'n wonder kerkmense is so mal oor Trump nie)

 29/12/2018
'n Paar vinnige random gemengde gevoelens:
(my FB kommentaar op die ou wat op die Andamans met 'n pyl geskiet is - wat later in Maroela Media verskyn het . . )

Toe ek op die Anamans was, was daar nuus oor 'n visserman wat skipbreuk gelei het op North Setninel en doodgemaak is - een van vele deur die jare. In 2006 het dieselfde lot twee ander vissermanne getref. Hulle lyke is aan pale op die strand gehang as waarskuwing aan besoekers.

In 1974 is daar op 'n National Geographic span met pyl en boë geskiet.

'n Voortvlugtige uit 'n Indiese tronk wat daar beland het is vermoor. Ons weet van ten minste twee skepe daar gestrand is, waar die mense moes veg en vlug vir hulle lewens . . .

As jy “the most dangerous places in the world” Google is die kanse goed dat jy iets oor North Sentinel gaan lees . . .

Maurice Vidal Portman was in die 1880’s op 'n paar ekspedisies na die eiland. Hy het o.a. op een van die ekspedisies 6 mense (4 kinders) as deel van 'n navorsingsprojek na die hoofeiland ontvoer, die volwassenes is dood en die kinders is later teruggeneem. Dalk het dit groot invloed op hulle agressie teen Westerlinge?

Nie waar dat daar nog nooit “vreedsame” kontak gemaak is nie though.

Die Britte het reeds in die 1800’s Onge stamlede van 'n ander eiland na North Sentinel geneem in 'n poging om te kommunikeer omdat hulle gedink het hulle praat dieselfde taal  - wat nie die geval was nie.

Daar was ook meer onlangs vreedsame interaksie - voor toegang tot die eiland verbied is - tussen 'n groep Duitse toeriste en die North Sentinals. Niemand weet waarom hulle so vriendelik ontvang is nie.

Daar was ook al studies op die eiland deur 'n Indiese antropoloog.

'n Mens sou die eiland wou beskerm teen Westerse invloed om 'n klomp redes, o.a. omdat hulle waarskynlik swak weerstand het teen ons siektes. Ook die vrees oor potensiële impak van buite op hulle kultuur ens - jammer dat die “Christen gemeenskap” te dikwels gelyk is aan “Westerse samelewing” en kolonialisme, dat ons ons aanvanklike vryheid verloor het.

As mens bewus is van die foute van die Westerse samelewing is dit maklik om primitiewe stamme te verromantiseer. Gaan ook maar rof daar. Utopia bestaan nêrens nie.

Daar gebeur dikwels dinge in hierdie samelewings wat moeilik is om te ignoreer as jy wil hê liefde moet wen.

Vroue het byvoorbeeld dikwels besondere swak status, word as eiendom van mans beskou  - om nie eers te praat oor wreedhede teenoor gestremdes, gays, albino's of enigiemand wat bietjie uitstaan omdat hy of sy anders is nie.

Met meeste van die Andaman stamme wat vandag gereelde kontak het met bosbouers, vissermanne en ander groepe van die hoofstroom Andamans gaan dit toenemend al beter - al was dit nie aanvanklik die geval nie.

Groot reddingspogings is byvoorbeeld aangepak om destyds met die Tsunami van die stamme te help. Van die stamme het totale uitwissing in die oog gestaar.

'n Ander interessante feit: Amper al die mense op die erg afgeleë Nicobar eilande, Suid van die Andamans is Christene (94%).

Hierdie Nicobar Christene leef steeds baie primitief - vang vis in selfgemaakte long-boats, woon in gras hutte, vier steeds tradisionele feeste . . .

Hulle is bekend as een van die mees vreedsame stamme op aarde (vroue word o.a. gelyk gesien aan mans - iets wat nogal uniek is vir primitiewe stamme…) en hulle jaarlikse moordsyfer is 0.
(Die sekulêre media is uit die aard van die saak nie gretig om hieroor te berig nie).

Ek het gemengde gevoelens oor die ou wat met die pyl en boog doodgeskiet is. Kan nie help om vir hom en sy familie jammer te voel nie. Gee hom dit: hy was dapper en hy het verseker geglo in wat hy gedoen het. Ek het sy dagboek inskrywings gelees en kan nie help om empatie met hom te ervaar nie.

’n Mens kan baie praat oor die manier waarop hy dit probeer doen het.

Ek besef dis maklik hier waar ek voor die rekenaar sit om vanuit 'n gemaklike materialistiese lewe te oordeel oor ander mense wat 'n verskil probeer maak . . . En as ek dit doen, wat sê ek van die vroeë kerk en die Apostels?

Ons is vandag Christene omdat hulle grense oorgesteek het, gevaarlike en dikwels verbode grense (die vroeë kerk was 'n verbode organisasie).

'n Mens kan krities wees oor wat die ou gedoen het - dis ook my eerste reaksie. Maar, lets face it, ons weet nie wat hy sou doen, sou hulle hom aanvaar nie. Sou hy deel word van hulle tradisie, hulle taal leer ken, saam met hulle woon op hulle manier? Of op 'n tipies arrogante Amerikaanse wyse probeer Bible-bash?

Baie skade is al aangerig deur dit wat mense probeer doen het - dikwels met goeie motief. When helping Hurts is 'n goeie boek.

Maar groot skade word ook aangerig deur die moaners, mense wat selfsugtig terugsit, 100% vir hulleself lewe, bloot krities kyk na ander se pogings, consumers wat net vat en niks noemenswaardig tot die samelewing bydra nie - nie eers probeer nie - behalwe kritiek op sosiale media.

As ek (as volgeling van Jesus) tussen die twee moet kies, kies ek John Allen Chau. Het met sy lewe betaal - en dit lyk nie of hy enige skade gedoen het nie.

Ek vermoed hy sou waarskynlik vir 'n tyd lank tussen die North Sentinels kon woon, sonder dat die res van die wêreld weet, maar die Indiese wette sou dit uiteindelik onmoontlik maak om verder as dit te gaan - definitief vir besoeke deur groter groepe ens.

Aan die ander kant fassineer die idee dat daar nog groepe mense is wat in totale primitiewe afsondering leef my. Ek sou ook graag wou hê dat hulle ten alle koste beskerm moet word teen “Exploits of the West”.

Daarom dink ek die 3km geen toegang radius om die eiland is 'n goeie ding. Wie weet watse effek vrye toegang sou kon hê.

Ek het self gereis deur die gebied van 'n ander groter stam, die Jawarras (met toestemming - al was ek die enigtse Westerling, die res was plaaslike Indiërs wat op die drie grootste eilande gevestig is).

Een van die redes waarom ek destyds daarheen gegaan was bloot die soeke na avontuur - elke nou en dan iets raak gelees oor die Andaman en Nicobar eilande toe ek op 'n stadium in Indië gewoon het . . . o.a. gelees van die beautiful ongerepte woude wat deur die Loneley Planet beskryf is as “Jurassic Park like forests” - en die ongerepte see . . . baie van die eilande is vandag nog totaal onbewoon . . .

25/05/2018
Barend van der Merwe (wat sê hy is ’n ateïs) se review oor Confessions oor Kerkwees op Litnet. Ek ken hom nie, maar sjoe ek waardeer dit! Ek is nie seker waarom nie, maar wat die ou sê beteken vir my amper meer as al die kerkmense se opinies.
Confessions oor kerkwees deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk Barend van der Merwe













30/03/2016

 
Solo trip for few days with inflatable sup on Phemba islands North of Zanzibar in Tanzania - wild place, free accommodation (on the beach), free transport (on the water), no people, walked naked, s-therapy: sweat, salt, tears . . .  feeling better now



10/05/2018
Daar is nog 'n paar afgeleë plekke op aarde
en ek was al tuis op 'n paar van hulle (die Andamans, Noord Pakistan, Tanzanië se Pemba, die oop see . . .) 
en ek verlang soms daarheen
maarnouja soms is mens net te lucky om alleen te wees

25/09/18
Dis 'n groot dag as jy ontdek die monster is nie onder die bed nie, hy is in jou kop. 
    Die probleem is, mense wat bang is doen stupid goed. 
    Doem-prediking lei dikwels tot selfvervullende profesieë. Hulle saai vrees en haat wat maak dat mense oorreageer in situasies wat lei tot verdere konflik, die konflik word dan voorgehou as 'n bewys dat hulle vrese gerond is, wat maak dat hulle nog dommer dinge doen, selfs geweldadig begin optree, wat daartoe lei dat die ander party begin terug baklei  . . . en op die ou einde het jy 'n gemors waarin almal verloor.
   Ek onthou hoe ons destyds kakiebos op die plaas gerand het, gewoonlik op 'n windstil dag. Soos die vuur al warmer en warmer brand, styg die lug al vinniger op. Die vuur kry meer suurstof wat tot gevolg het dat hy nog warmer en vinniger brand. Selfs op 'n windstil dag, skep 'n vuur uiteindelik sy eie wind wat hom aanblaas.
   Dis die probleem met rassehaat en die groeiende haatspraak oor die algemeen in ons land. 'n Tipe konflik word geskep wat homself aanblaas. ’n Bose kringloop.
   Mense is uiteindelik so ver van mekaar af dat hulle letterlik op mekaar moet skree in 'n poging om gehoor te word.
   Wat ons nodig het is die teendeel, om nader te gaan en moeite te doen om kennis te maak en te luister, so naby dat ons ordentlik met mekaar kan praat en nie hoef te skree nie. 

    Dis een ding as jou vrese gefokus is op die mense wat jou rêrig bedreig, maar wanneer die afstand al groter word tussen mense wat mekaar nie bedreig nie, die meerderheid van Suid-Afrikaners, voorspel dit niks goeds nie. Groter afstand beteken gewoonlik groter vooroordele.  
   Wanneer die afstand tussen ons en die objek van ons vrese groter en groter word word ons al meer oop vir onwaarhede en allerhande stories wat ons vrese bevestig.
    Ons is geneig om te soek na bewyse wat ons angstigheid regverdig. Ons doen dit, dikwels onbewustelik, deur die stories wat ons vrese bevestig baie ernstig op te neem en dié wat die teendeel bewys met suspisie te behandel en byvoorbeeld af te maak as verdigsels of gegrond op swak navorsing.

uit my Maroela Media Rubriek vandag


02/03/2014
Hulle sê ek is te krities oor die kerk . . . Nou die dag moes ons weer onderhoude voer met 18 tieners in desperate nood wat aansoek doen by ons huise. Ons kon net 4 inneem, want al die huise is oorvol, soos gewoonlik - maak jou mal om kinders te moet weg stuur, ek voel só skuldig om dit selfs net hier te noem.
     Maar, hier ís meer as 20 NG Kerke (in die Moot 5x10Km radius?) . . . meer as sewentig kerke in totaal. 

     Krities? Dit maak my van my kop af! Ek begin ernstig wonder of die groepie mense hier rond wat Jesus se verlossing die nodigste het, nie dalk die Christene is nie. Ek sal probeer minder krities wees, as die kerke hier probeer om meer om te gee. Deal?








04/12/2020

So, I’m an ambassador now (woohooo) for the Fluid kayak brand (in my off time)Not expected to do to much though, just enjoy paddling with their awesome kayaks and post photos and stories about it, and think of a few new ideas, and maybe organize a few trips . . . (not a bad job)


Fluid gave me some promotion discount tokens to give away 
(Order with this token kode “the-kayak-guy5” and get 5% of any kayak )

or contact me jacostrydom@icloud.com

 04/06/2018
The ANC
. . . by 2018 they started to sound more and more like PW Botha
and less and less like Nelson Mandela . . .

17/09/2015
die vroeë kerk het ook hulle probleme gehad . . . maar sonder ʼn eiendomskommissie . . . 
 22/09/2018

SLEGS GELOWIGES KAN TWYFEL

11/02/2016
Privaat hospitale is erg onetiese plekke, hulle red net lewens as die geld reg is. Jy moet hulle 'n helse klomp geld gee voor hulle omgee.
    Ek is met 'n dominee getroud so ons is van daai gelukkige mense met baie geld, ons het 'n goeie mediese fonds. Nou die dag is ek in die hospitaal vir 'n operasie aan my enkel. Fantastiese diens.
    Laat een nag lui ek die klokkie, want die pyn was erg. 'n Ouerige verpleegster kom effe kruppel by my kamer ingestap. Toe ek haar uitvra, sê  sy dat haar voet is ook seer, sy weet nie hoe sy die volgende paar weke se skofte gaan maak nie. Haar operasie is eers volgende maand, in Kalafong. 

   Toe gee sy my 'n duur inspuiting en stel die lugversorging 'n bietjie af.

12/09/2018
Been asked lately by a number of people about my take on all the  farm murders in South Africa - maybe because we also have a farming community in the Freestate. So here it is:

Farm murders and attacks should be treated as priority crimes‚ because a specific group is being targeted. Not whites, farmers and farm workers.
   The white genocide conspiracy theory driven by Steve and friends discredits any call for action - because it is based on lies, racial bias and bad analysis of stats. 
 
   I am disturbed by the 75+ farm murders and the other 19 000 murders a year in South Africa.

jdjd/sdkdj/jshds
my oog het 'n traan gekots
en my mond 'n paar woorde
toe’s die begrafnis skielik verby
ek het hulle nie geken nie
- hoe kon ek -
en hulle vir my
maar ek het darem R350 gekry

15/08/2018
Someday, after mastering the winds, the waves, the tides and gravity,  we shall harness for God the energies of love, and then, for a second  time in the history of the world, man will have discovered fire.  
- Pierre Teilhard de Chardin

14/08/2018
Not so long ago the whole world was wild with only a few fenced off pockets of civilization.
Now the world is “civilized”, with only a few remaining fenced off pockets of wilderness (called "nature reserves")
What a mess..




03/02/10919
In hierdie wêreld het mense nie gelyke waarde nie. Waarde hang af van geld, status en veral vooroordeel.
   Een van die beste voorbeelde hiervan is privaat hospitale (waar hulle slegs lewens red as die geld reg is).
   Ek is met 'n dominee getroud so ons het 'n goeie mediese fonds. 'n Paar jaar gelede is ek in 'n hospitaal vir 'n operasie aan my enkel. Fantastiese diens! 

   Laat een nag lui ek die klokkie, want die pyn was erg. 'n Ouerige verpleegster kom effe kruppel ingestap. Toe ek haar uitvra, sê sy dat haar voet is ook seer, sy weet nie hoe sy die volgende paar weke se skofte gaan maak nie. Haar operasie is eers volgende maand, in Kalafong. 
   Toe gee sy my 'n duur inspuiting en stel die lugversorging 'n bietjie af.
   As student het ek 'n stokou, sif, blou geroeste karretjie bietjie groter as 'n Mini gery, 'n Renault 5. Tot my groot frustrasie moes ek soos meeste studente buite die hekke van die universiteit parkeer en ver stap tot by die fakulteit.
   Op 'n dag breek my kar vir die soveelste keer. Gelukkig kuier Marina se pa-hulle by ons en hy leen my sy nuwe Mercedes. Net daar besluit ek, vandag parkeer ek binne, tussen die belangrike mense. 
   By sekuriteitshek, kyk ek bloot stip voor my uit en wys met my regter hand vir die wag om oop te maak. Sonder om 'n woord te sê of 'n vraag te vra, laat hy my deur. Ek kon my selfbeeld voel groei. 
   Die volgende dag is my Renault weer “reg” en dog ek by myself, net vir 'n proefneming, kom ons kyk of dit nie dalk weer werk nie. 
   Ek stop voor die hek. Kyk stip voor my. Wuif vir die wag om oop te maak - my gesigsuitdrukking was presies dieselfde. 
   Skrik my boeglam toe die wag met sy knuppel teen die venster klop. 

   “Wat dink jy doen jy?” raas hy, “julle moet buite parkeer!”. 
   Met “julle” het hy natuurlik bedoel “julle met die sif karretjies”.
   My proefneming het bevestig dat dit in hierdie wêreld eenvoudig onmoontlik is om belangrik te wees in 'n geroeste Renault 5.
   Ek het op 'n stadium in Indië gewoon. Ek was brandarm. Heelwat armer as daai dag by hek van die Universiteit. Vir maande het ek en 'n klomp ander ouens onder 'n palmtak afdak op die grond geslaap en onder 'n enkele kraan gebad. Ek kan nie in 'n tydskrif soos hierdie verduidelik in watter toestand die toilette was nie. 
   Maar ek het gou 'n trick geleer in my poging om nou en dan 'n bietjie beskawing en gemak te beleef.
   Dit was maklik. Ek het het met die goedkoopste bus gery na die middestad en by die eerste vyfster hotel ingestap. Ek hoef nie eers “opge-dress” het nie, die blote feit dat ek 'n Westerling (wit) was het my vrye toegang gegee tot die geriewe - ek het selfs 'n keer of wat kaalvoet opgedaag. Al kon ek nie eers 'n een-ster hotel bekostig nie, het die man by die deur het my keer op keer soos 'n belangrike man behandel. 
   Jesus was uniek, want Hy het nie hierdie spelletjie van ons wêreld gespeel nie, inteendeel, hy het gesê grootmense moet soos statuslose kinders word, die Samaritane was die helde in sy stories en Hy het dinge gesê soos "wie laaste is sal eerste wees".

(uit my rubriek in pink Finesse)

https://voelgoedboeke.co.za/produk-kategorie/tydskrifte/tydskrifte-gedruk/ 


 21/12/2016
. . . it is so short and jumbled and jangled, Sam, because there is nothing intelligent to say about a massacre. Everybody is supposed to be dead, to never say anything or want anything ever again. Everything is supposed to be very quiet after a massacre, and it always is, except for the birds. And what do the birds say? All there is to say about a massacre, things like “Poo-tee-weet?” 

I have told my sons that they are not under any circumstances to take part in massacres, and that the news of massacres of enemies is not to fill them with satisfaction or glee. 
                                      


I have also told them not to work for companies which make massacre machinery, and to express contempt for people who think we need machinery like that.
Kurt Vanaugut - Slaughterhouse-Five

 02/08/2018
God is wild don't try and tame him . . .  - when you think about him, think "wilderness" not "zoo".
   The Pharisees were fine with God as long as he was in a book, a ritual or a temple. But they couldn’t recognize him when he walked among them. It frustrated them when he walked through their fences to the side of those they despised. His freedom freaked them out.
   They could deal with a caged God, but not with the wild-one, a dressed up God, but not a God naked on a cross . . .

 16/05/2017
“When suddenly you seem to lose all you thought you had gained, do not despair. You must expect setbacks and regressions. Don't say to yourself "All is lost. I have to start all over again." This is not true. What you have gained you have gained....When you return to the the road, you return to the place where you left it, not to where you started.”
― Henri J.M. Nouwen

 29/07/2018
The modern conservative is engaged in one of man's oldest exercises in moral philosophy; that is, the search for a superior moral justification for selfishness.
–John Kenneth Galbraith

05/11/2015
“There is meaning in every journey that is unknown to the traveler.” 
Dietrich Bonhoeffer
. . . . . . . . . . . . . .

I had a memory of a memory
it didn’t satisfy me
the thirst prevailed
the truth escaped
again
now, only a longing for a longing
 - no more wishes for dreams


16/03/2018
'n Tannie hier naby Pretoria wil net weet of sy, indien sy as refugee na Australië vlug, haar Mercedes en bediende ook kan saamvat? En of sy so nou en dan sal kan terugkom - sy het nog ‘n time-share woonstel in Hartenbos.
    Sy sê sy besef Australië wil net help (en sy wil nie ondankbaar klink nie), maar sy sien nie kans vir een van daai bootjies saam met ‘n klomp Siriese of Mayanmar vlugtelinge nie, as sy nie kan vlieg nie sal sy dit oorweeg om eerder te bly - en 'n boerboel aan te skaf . . .


2903/2018
'n praatjie
met 'n voëltjie
in 'n hok:

jy’s vry sê hy
tweet tweet sê sy
jy’s myne sê hy
tweet tweet sê sy 

22/02/2018

 Voltaire's fascination with the quakers:

A conversation with Andrew Pitt about war

"We never go to war. This is not because we fear death. On the contrary, we bless the moment that unites us with the Being of Beings. It is because we are neither wolves, tigers nor mastiffs, but Christian men.
"Our God, who has commanded us to love our enemies and to suffer without complaining, would not permit us to cross the seas to slaughter our brothers, just because murderers clothed in scarlet, wearing caps two feet high, enlist citizens by making a noise with two little sticks beating on a stretched ass's skin.
"When after a victory, all London is lit up with illuminations, and the sky is ablaze with fireworks, and the noise of thanksgiving is heard from bells, organs and cannons, then we groan in silence about the murders which caused the public rejoicing." 


08/08/2017

America should not fear North Korea, America should fear America 


21/03/2012
I visited the squatter camp during the day,
was visited by insomnia during the night


 22/05/2018
Some irony when USA evangelicals chants “America first" 
- quite different from the songs they sing on Sundays 

21/11/2016

Dis 'n week later en alles is weer skrikwekkend normaal op die aarde . . . (behalwe vir die Springbokke wat teen Italië verloor het)

Toe 'n joernalis vir WikiLeaks se Julian Assange vra oor hoe dit is om vir vier jaar te moet skuil in die Ecuador ambasade in Engeland, antwoord hy: “One of the best attributes of human beings is that they're adaptable; one of the worst attributes of human beings is they are adaptable. They adapt and start to tolerate abuses, they adapt to being involved themselves in abuses, they adapt to adversity and they continue on”  
Crazy is net crazy tot ons aanpas - dan is dit Normaal  


 14/11/2016
Die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie. Wat 'n crazy week! Van laas week hierdie tyd is die nuus vol vreemde dinge: Donald Trump (die man wat sy naam in goue letters op geboue skryf) word verkies as president van Amerika, 'n Storm tref Johannesburg, die NG Kerk besluit finaal Gay mense het minder regte in die kerk as in die res van die wêreld (in Jesus se naam), Molefe bedank, 'n aardbewing tref New Zeland . . .  en 'n Suid Afrikaanse man beland in die hospitaal nadat hy SY TROURING OM SY PENIS PROBEER DRA (?!) (groot hande?)
    Wat's dit dié?
(dalk is dit die freaken supermaan?!) 'n Tragic-action-comedy met 'n R18 rating vir violence, strong language en seks? 
    Moet ons lag of huil (of altwee)? 
    Gaan die flieks begin leegloop omdat mense nou meer nuus kyk? 
    Vir die eerste keer is ek ook lus om te emigreer, supermaan toe

reality is stranger than fiction

22/10/2016
. . . die konserwatiewes sê hulle word gedryf deur “Christen-waardes” (wat veronderstel is om die waardes van Jesus te wees?), maar hulle word eintlik gedryf deur vrees, woede, die droom van rykdom en ’n oordrewe lojaliteit aan die belange van hul eie groep. Trump kry dit reg om op hierdie emosies in te speel. Hy is die klassieke prentjie van die Amerikaanse Droom . . .

(my rubriek vandag in Beeld se By: Trump, Hillary en die Amerikaanse Christene (vir die wat nie ingeteken is op Netwerk24 nie)

  07/08/2016
“Flirting with madness was one thing; when madness started flirting back, it was time to call the whole thing off.” ― Rohinton Mistry 


22/01/2015
honesty and creativity, what a fascinating combination

05/10/2015  
this world is more real than I ever imagined!

29/07/2017

“Perhaps, when we remember wars, we should take off our clothes and paint ourselves blue and go on all fours all day long and grunt like pigs. That would surely be more appropriate than noble oratory and shows of flags and well-oiled guns.”
― Kurt Vonnegut

17/05/2016

we grow through beauty and conflict
we need reality and art, solitude and community - it is when we choose only the one and not the other that we are crippled, like a man who would exercise only his one leg

30/12/12

Ek en Marina lê op die bed en lees. Dis Sondagmiddag. Ek hoor iets wat nie te goed klink nie, haal die oorfone uit.  Mathilda kom huil-huil ingestap, haar een wang is rooi.
    "Sussie het op my kop gesit," sê sy deur die trane.
    "Moenie op mekaar se koppe sit nie!" sê ek, hard genoeg dat almal in die huis kan hoor.
    Mathilda hou op huil. "Ek het nie op háár kop gesit nie," verdedig sy .
    "Maar jy het al," sê ek.
    Marina gee haar 'n drukkie en vryf haar kop. Mathilda is tevrede. 
    Wat is dit met ons mense dat ons alewig op mekaar se koppe wil sit?
 09/11/2015
Jy kan krities wees - solank jy snaaks is

 04/06/2016
Love is the free exercise of choice. Two people love each other only when they are quite capable of living without each other but choose to  live with each other.
  ―  M. Scott Peck


27/06/2018
die verlede bestaan slegs in die hede
- die toekoms ok . . . 
wohooooo soos in nou!
f you want peace, you don't talk to your friends. You talk to your enemies. Desmond Tutu
Read more at: http://www.brainyquote.com/quotes/quotes/d/desmondtut454135.html
Because forgiveness is like this: a room can be dank because you have closed the windows, you've closed the curtains. But the sun is shining outside, and the air is fresh outside. In order to get that fresh air, you have to get up and open the window and draw the curtains apart. Desmond Tutu
Read more at: http://www.brainyquote.com/quotes/authors/d/desmond_tutu.html
Because forgiveness is like this: a room can be dank because you have closed the windows, you've closed the curtains. But the sun is shining outside, and the air is fresh outside. In order to get that fresh air, you have to get up and open the window and draw the curtains apart. Desmond Tutu
Read more at: http://www.brainyquote.com/quotes/authors/d/desmond_tutu.h
 12/03/2018
Ek loop amper nooit iemand raak wat nie weet dat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons sondes nie. (Dalk hier en daar 'n Pakistani by 'n selfoonwinkel) 
   Amper al die mense wat ek ken, ken die evangelie en het al 'n hordes kere tot bekering gekom - hulle is weer en weer en weer WEERgebore . . . 
   Die situasie hier in Suid-Afrika is heelwat anders as in die tyd van die Nuwe Testament. Daar is letterlik nn kerk om elke draai. Die groot uitdaging vandag is om Christene te kry om vir Jesus te volg. Selfs die mees basiese dinge waarvoor Jesus gestaan het is uiters ongewild onder kerkmense. Ek wens elke Christen wil elke jaar die vier Evangelies lees - of ten minste die Bergpredikasie Matt 5-7.





Christian shop song

there’s money in Jesus
there’s money in poverty
there’s money in the gospel
there’s money in the easter bunny

it’s all about you Jesus
bless us more
we will market you
- and the poor 
(if you bless us more)
we'll have a party on Easter, 
and pentecost, 
and your birthday!
- will even say Mammon is a bitch
(if you put down the whip . . . and bless us more)

I will follow you
Jesus
(whenever and wherever there’s money) 

 04/05/2016
Ek het al saam met die broers wat soos monnike lyk by Taize op die Franse platteland gemediteer en ge-chant, deurnag gebid in 'n ondergrondse vertrek saam met wild charismatiese Christene in Indië, mooi regop getaan in NG kerke en Psalm 100 gesing, op en af gespring by jeugfeeste, ge-evening prayer saam met die Susters of Mercy in Kalkutta, in tale probeer spreek by Rhema, “Thula sizwe" gesing in Afrika kerkies, die mis gebruik saam met ʼn Ierse katolieke priester in Marishane, "Amen!" geskree saam met duisende mans by Mighty Men, gemediteer saam met Vader Mike by Good Sheperd Retreat….
   Ek beleef die verskeidenheid in spiritualiteit as iets baie positief - oral vind ek ʼn stuk opregte soeke – en baie om te leer! Ons mag krities wees oor "ander kerke", solank ons net die mooi ook kan raaksien. Die kerk is eintlik maar net ʼn baie vreemde klomp mense wat op verskillende maniere na God se wil soek. As jy my vra, is ons almal ewe confused - met dalk een of twee uitsonderings (wat meer confused is). Dankie tog vir genade van bo!
   Dis jammer dat daar soveel geestelike hoogmoed tussen die volgelinge van Jesus is - veral wanneer dit oor iets soos aanbiddingstyle gaan, wat volgens my mening, dikwels meer met persoonlikheidstipes te doen het as wat ons wil erken.
   Natuurlik is geen kerk perfek nie - inteendeel! Ons mag (en moet) gedurig krities na onsself kyk (veral na die tradisie waarin ons self staan), maar daar is ʼn groot verskil tussen kritiek wat daarop uit is om die kerk meer effektief te maak en ʼn sinnelose geskinder, gekla en gekerm. Iemand het eenkeer gesê: “Hy wat klippe gooi verloor grond.”
   Miskien is dit nodig dat ons almal bietjie van tyd tot tyd ʼn draai gaan maak by ʼn paar “ander kerke”, onthou net: “If you find the perfect church, don’t join it - you’ll spoil it!”
 

      Jesus is perfect theology

14/03/2013

Feetjies, Engele of Voëltjies  . . ? 
Al drie asb!

18/03/2014

het die naweek tyd spandeer met Shane Claiborne en sy vrou Katie, hulle het saam met ons in een van ons Echo-huise in die Kaap gebly (en Shane het ons skottelgoed gewas). ek het ook die voorreg gehad van 'n onderhoud met hom, met die oog op 'n artikel. het baie vrae gehad (op 'n stadium het hy gevra of ek besig is met 'n boek of 'n artikel!). ek het die afgelope paar jaar van sy boeke gelees, maar dit was die eerste keer dat ons in die "vlees" ontmoet. amazing ou, 'n vreemde vrede hang oor hom - letterlik so kalm soos 'n palm. iemand soos hy hoef nie te veel te sê nie, sy lewe doen die meeste praatwerk. maar as hy praat (of skryf) maak dit nogal sin om te stop en te luister   
(lees artikel)

Hier is 'n paar quotes: 
“All around you, people will be tiptoeing through life, just to arrive at death safely. But dear children, do not tiptoe. Run, hop, skip, or dance, just don't tiptoe . . . ”
“The more I get to know Jesus, the more trouble he seems to get me into.”
“When we truly discover how to love our neighbor as our self, Capitalism will not be possible and Marxism will not be necessary.”
“Christianity is at its best when it is peculiar, marginalized, suffering, and it is at its worst when it is popular, credible, triumphal, and powerful.”
“There are some things to die for but none to kill for. ”
― Shane Claiborne

28/04/2013


Ek het 'n swak geheue, maar 'n baie goeie verbeelding - 'n gevaarlike kombinasie, ek weet.
    Byvoorbeeld, kan ek glad nie die naam van my skoolhoof in graad 9 onthou nie. Maar ek verbeel my hy was 'n kort gedroggie met 'n boggelrug en 'n swart baard - en dat sy staf baie seer kon slaan.
    Ek onthou tannie Dollie my kleuterskool juffrou egter nog goed. Sy was 'n heks sonder 'n besem met sulke lang-lêl-oorbelle, enorme slap hang-borste en 'n moesie langs haar krom neus.
    Dis sy wat my getoor het, as ek reg onthou, op ʼn dag my met ʼn verskriklike woord vervloek het - na ek 'n kind met 'n klip teen die kop gegooi het. Die woord kan ek om die dood nie onthou nie. Is waarskynlik vir ewig verlore in my jarelange reaksie van ontkenning. Maar die effek voel ek vandag steeds (nou en dan).  
    Soos vanoggend, toe ek nie wou opstaan nie. 
    Ek moet erken, soms is my drome niks meer as 'n ontvlugting, ander kere dalk ʼn effense helder kyk in ʼn dowwe plek. Ek twyfel daaroor. Het min beheer daaroor. Soms maak dit my selfs bang as ek my goed verbeel  -  donker koue vakume wat my insluk, die kleuterskooltannie se spook wat my jaag, Jesus wat opdaag by 'n kerkraadsvergadering . . . en ander dinge wat my laat rondrol in die aand. 
  Maar ek vrees die dag as selfs dit verdwyn
  Dan is daar GELOOF
  Geloof is my manier van hoop dat dit God is wat my verbeelding gebruik - en nie andersom nie.

12/11/2014
ons manier van kerkwees vandag is soms net te smart vir 'n stukkende wêreld . .  


07/05/2015
Die een wat die boelie boelie is ook 'n boelie
"Geseënd is die vredemakers" - Jesus

17/10/2013
Plaasmoorde is verskriklik. Dit raak my, want my pa is self ʼn boer - alleen op ʼn plaas in die Vrystaat. ʼn Mens wens egter nugter intelligente mense met integriteit en kundigheid sou help om die saak ʼn groter prioriteit te maak. 
     Evil prospers when good men do nothing . . .
     Nou het Dan Roodt, Sunette Bridges en Steve Hofmeyr daai gap gevat. Met hulle hele white-genoside, die witman kry die swaarste in die land, empatie slegs vir blanke slagoffers van misdaad en hulle eensydige hantering van statistiek . . . is mense wat eintlik iets sinsvols aan die saak kan doen toenemend terughoudend. Hulle is so bang hulle word met die drie geassosieer. G’n wonder RedOctober is so swak ondersteun nie - selfs van die meer regse partye en organisasies wou nie daarmee geassosieer word nie.
     Dit het darem Aljazeera gehaal! Maar toe begin Sunette deur te sê haar dogter van agtien sal sekerlik nie ʼn werk kry in Suid-Afrika nie en die land moet verlaat (tewyl die nasionale werkloosheid 25,6% is, maar onder blankes 6,5% - dieselfde as in Europa . . .) en gaan sy aan oor “hulle wat die straatname verander het”. Volgende sien ons die groepie van net meer as ʼn honderd mense met rooi ballonne voor die uniegebou en Sunette wat op ʼn verhoog staan en skree, en dan begin Dan Roodt praat oor die geskiedenis van kommunisme in Suid-Afrika, Steve sê ons is gewoond aan beter - en elke nou en dan word hulle reg gehelp deur kenners met betrekking tot die misdaad statistiek . . . O wee, dit het nie goed gelyk nie. Ek het selfs begin lag - en plaasmoorde is eintlik ʼn baie ernstige saak.
     As hulle gehoop het dat die saak internasionaal meer "ernstige" aandag sou kry, het hulle presies die teendeel reg gekry. Die drie is besig om ʼn goeie saak belaglik te maak en van alle integriteit te ontneem. 
     Maar, sal die boere sê, hulle is al wat ons het.




17/03/2015
baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Sy babaseuntjie was nou slimmer as sy wolfhond. Hy kon al sê "Pappa".
27/05/2017

die here is my herder
ek kom niks kort nie
dis hy wat die asem in my in geblaas het
en dit steeds doen . . .
ek kom niks kort nie

(geen vinnige ford, 
geen porselein bord, 
geen veilige fort nie)

23/01/2015

baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Eendag lank lank gelede, op 'n donker dag, steel die dief sy eie vrede - en só begin 'n lewe van misdaad en politiek . . .
09/07/2013


. . . not so much a lack of theology, rather a lack of empathy . . . 
possible to have a passion for Jesus
without having the passion of Jesus 

- it seems


hoekom is ek wit
nee vrek
ek weet nie
ek gee op
gaan raas met God
net vir 'n kort tydjie
so het HY beskik
is die klompie dooie atome
ʼn wesentjie
genaamd ek



 30/05/2013
I’d rather go to God with my brokenness than with my promises. I’d rather put my trust His grace, than in my commitment.
    The challenge is not to use this as an excuse to do less though, but rather as a motivation to do try harder. 

I think this is what it means to put your trust in God?    
Some of us in the ECHO community meditated for the past two weeks on the sermon on the mount.
    The words of Jesus . . . sometimes so heavy, sometimes times so light . . . a freedom so beautiful - and so scary . . .



  29/05/2013
Het die wonderlike voorreg gehad om vir ʼn paar dae saam met Fanus Pienaar te seil - hy is een van die mense wat heel aan die begin help droom en werk het aan dit wat ons vandag die ECHO Community noem.
Fanus is op pad van Frankryk na Oman waar hy tans woon . . .  Ek en my vriend Gert het 640km saam met hom geseil vanaf Cagliari in Sardinië tot Taormina in die Ooskus van Sisilië. Op ʼn stadium was ons meer as 150km van enige kuslyn af op ʼn redelike rowwe see - het lanklaas so klein gevoel. Die see is ʼn wilde wese! Fanus ʼn dapper man (en oom Tim, die 70jarige Britse oom wat self al die wêreld vol geseil het en nou saam seil tot in Griekeland). Die boot het heelwat houe gevat die laaste tyd. Die plan is om ʼn paar dae “af te vat” vir herstelwerk voor hulle verder seil. Sterkte Fanus!





17/05/2013
Ek het al die agnostisisme ernstig oorweeg. Om af te sien van die idee van ʼn persoonlike kenbare God.
     Om egter totaal af te sien van die idee van ʼn godlike teenwoordigheid voel nog altyd - vir my in elkgeval - heeltemal onmoontlik, buite my bereik. Self al probeer ek dink ek nie ek sal kan nie. En ek het al. Die misterie van alles is net te groot. Om die misterie weg te redeneer sou te paradoksaal wees, want ʼn klomp dooie materie wat per ongeluk saam geskommel is, is nie veronderstel om hieroor te redeneer nie.
     Dat ontelbare ondenkbare klein energiewolkies en dooie balletjies só in balans tot mekaar rondsweef dat ons vandag daaroor kan wonder, is eenvoudig ʼn wonder. Bill Bryson het gesê fisika is eintlik maar atome se manier om na te dink oor atome. Jy moet baie aspris wees om die misterie daarvan te ontken.

Dat ons dooie atmosfeer - wat so dun soos die vernis op ʼn hout-aardbol oor ons lê - seisoene het, met winde wat op sekere maniere waai en wolke, en dat dit ons selfs beskerm teen die radioaktiewe strale van die son . . .
     Dat die see, wat eintlik net ʼn massa water is, byvoorbeeld net die regte seestrome het, op net die regte plekke . . .
     Dat daai hemelse gevoel bestaan wat ek gevoel het toe ek en Marina die eerste keer hande vasgehou het - om nie te praat van toe ons die eerste keer gesoen het nie . . .

     Dat ons die sterre kan sien . . .
     Dat ʼn lelike groen wurm op ʼn dag ʼn harde dop groei en dan binne in, eers verander in ʼn vloeistof, voor hy verander in ʼn skoenlapper, met ses lang pote en reuse vlerke - sommige met kolle soos die oë van sy vyand se vyand oë - en dat hy binne oomblikke weet hoe om te vlieg en waar om nou kos te kry . . .

     Dit alles kan eintlik maar net beskryf word as ʼn wonder (of dan ten minste as ʼn wonderlike misterie).

Maar die eintlike rede waarom ek glo dat God nie net ʼn onkenbare misterieuse mag is nie - maar 'n persoonlike God - lê op heel ʼn ander vlak.
     Ek glo dit nie bloot omdat daar wonders daar buite is nie, maar omdat Hy my lewe verander het, en dit op ʼn manier wat ek as volwassene moeilik kan beskryf. Die misterie daarvan is van so ʼn aard dat ek dit beter as kind kon verstaan en verduidelik. Dit dwing my om nie méér ingewikkeld te redeneer nie maar méér eenvoudig - nie tot groter redenasies nie, maar kleiner. Eerder op die vlak van belewenisse as bewyse. 

     Die persoonlike God word dalk eerder beskryf in ʼn getuienis as in ʼn teorie. In ʼn erkentenis van my eie subjektiwiteit eerder as in my (onmoontlike) poging tot objektiwiteit.
     Op die ou einde, as ek moet eerlik wees, glo ek eintlik maar die laaste 23 jaar in ʼn persoonlike God vanuit my ontdekking van Jesus, die vryste wese wat ooit hier rondgeloop het - as Hy sê God is ʼn persoonlike God, wie is ek om te stry?



 25/03/2019
daar's ‘n monster in elke westerse dam
in elke Zoeloe rivier ‘n waterslang
in elke skool ‘n spook
almal is gerook

almal gerook
almal gerook
almal bang
vir die
tokoloshe en die slang

almal gerook
almal bang
vir geeste in die donker
wat klein kindertjies vang

almal gerook
almal gerook
almal gerook
almal gerook

monster ini kop
die gees is ‘n rokie
monster ini kop

'n vrees wat wriemel
'n sperm in my dop

almal is gerook
(letterlik almal
die dominee, die orreliste
- en die skoolhoof ook)

2020
. . teen 2020 het ek al amper vyf jaar uitgehou en van my kop af begin raak . .

28/04/2013
ʼn Man klim op ʼn bus en wonder oor die dag se gebeure. Dit was ʼn lang, goor dag. 
    Naby Hatfield stop ʼn ou tannie in die middel van die pad. Die bus tref haar Volkswagen skuins van agter.
    'n Harde slag.
    Iemand gil.
    Die man klim saam met ander verbaasde passasiers uit.
    Die tannie is duidelik reeds dood. Haar lyf hang oor die stuurwiel; voor teen die ruit is ʼn paar bloedspatsels en 'n kraak.
    Nog mense kom nader. Die man hoor hoe ʼn student iewers agter in die skare ʼn grap probeer maak. Hy voel naar en stap na die oorkant van die besige straat.
    Nou dat die skok effens oor is kan hy vir die eerste keer weer dink. 
    Hy is kwaad vir God.
    “Maar jy verstaan verkeerd,” sê ek. “God het niks hiermee te doen nie.”
    Hy glo my nie. Ek probeer verduidelik dat ek hierdie storie nou net hier gesit en uitdink, en toe neergeskryf het. Hy maak of ek glad nie bestaan nie en bly eerder kwaad vir God - en ek wonder of ek God moet help deur hom eerder te delete.


opposite of a missional church = selfish church?


08/04/13 
Church will always be renewed when our attention shifts from ourselves to those who need our care - Henri Nouwen

  ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

die boom het vlamgevat en gees geword
voor ons oë
opgestyg
opgekom soos ʼn tortelduif
sy was grys
en ons kon die vuur in haar hare ruik
  ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......




zuma lê toe alityd net
jacob-regop lui en kreun
- en ons het gedog hy steek nog hierdie land aan die brand


dis soms onmoontlik om te weet jy lieg

26/02/2020
when you find yourself scheming and planning to exclude someone or some group 
check yourself
take a really good look at yourself
are you still with Jesus?
for real?
or have you joined the Pharisees?
how would you know?
when things shift so slow



06/03/2013
Nie 'n goeie week sover nie . . .  By 3 verskillende gemeentes in die laaste paar dae:



Gemeente 1:

David en Karoo bel gister ʼn gemeente om te hoor of hulle die kerkgebou kan gebruik vir ʼn troue. Nee, sê die vrou by die kerkkantoor, hulle kerkraad het besluit slegs gemeentelede mag die geboue gebruik vir ʼn troues. Hoe kan dit wees (?!) wonder ek en onthou toe die oom wat ek vroeër raakgeloop het op die plaas naby daai dorp wat woedend was omdat swart mense troufotos geneem het op die gras voor die kerk. Hy sal seker maak dit is die laaste keer dat dit gebeur, sê hy vir my - hy is glo op die kerkraad. Die oom vertel my toe passievol van sy observasie dat swart mense nooit regtig tot bekering kan kom nie. Sê hy het nog nooit ʼn ware swart-Christen gesien nie (soos hy?).



Gemeente 2:

Paul en sy vrou Nancy (albei sendelinge: Paul by Lig kinderbediening, Nancy by Pen), doen aansoek om by die kerk se woonstelblok in te trek, nee sê die tannie wat die plek bestuur, sy dink nie dit is ʼn goeie idee nie, want Nancy is swart. Op die ou einde gebeur dit tog - lang storie. ʼn Paar tannies is woedend wanneer Paul drie dae gelede op die stoep loop om hulle goed in te trek. Hulle snou hom ʼn klomp lelike goed toe. Hy kom sien my, vra hoe is dit dan moontlik, hulle is dan mense van die kerk? 



Gemeente 3:

Marina (my vrou) kry vandag te doen met ʼn kerktannie wat wyer dat mense daar begrafnis hou as hulle nie gemeentelede is nie - tot sy uitvind die man is ʼn professor, toe is dit skielik reg.



Seker maar net groot toeval - ʼn baie bad week. Dit gaan tog nie so by meeste NG Kerke nie? 



'n Tyd gelede moan 'n tannie (wat my gereeld moelikheid gee omdat ons kinders van ander kulture help) weereens oor “die swartes” in een van ons huise. Sy haat dit om uit haar woonstel af te kyk op hulle, sê sy, en hulle gedra hulle sleg en raas die laaste tyd ook nog.

"Ja," sê ek. "Tannie moet onthou, hulle is nou maar eers vir 'n paar maande in die kerk. Ons sal maar geduldig moet wees. Kyk net hoe lank vat dit vir tannie? Tannie is al meer as sestig jaar in die kerk en verstaan steeds niks van die Evangelie nie . . . ”

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Ons moet dalk net seker maak dat as ons Belhar aanvaar, dit ons nie net internasionaal beter laat LYK nie, maar dat dit hierdie kant deep down beter gaan - of ten minste besig is om beter te word . . .

31/01/2017
 
too many people I meet in church these days have a clear picture of “what things is not supposed to be like” - especially theology students
    everything must be de-constructed
    (some Hipsters-for-Jesus would deconstruct their own argument, if you repeat it back to them!)
    the problem is, theology works best when there is a passion FOR something
    think out of the box, speak out, criticize if necessary, dream…but more important: create what you wish existed




28/01/2017
 The opposite of love?

We should always ask: what is the moral of the story?
   With Trump, it seems, there is no moral only self-interest.
   Nationalism is fundamentally a conviction that a particular culture is the best in the world because you were born in it.
   All lower cultures must act in the interest of your higher culture. Nationalists would often state that it is in the “own interest” of other cultures to submit - because their (higher) culture is making the world a better place for all.
   The opposite of love is not hate, it’s self-interest.
   The child molester doesn’t hate children, neither does the capitalist factory owner that destroys the ecology hate nature, CEO’s that get millions of  rands in bonuses while thousands loose their jobs, politicians . . . they don’t necessarily hate, they just act in self-interest first.
   It is not that Trump is alone in this (a lot can be said about Hillary, May, Zuma . . .), but he is taking it to a new level. He is proclaiming self-interest as the ultimate motivation, the ultimate good. 
  The irony is that Trumps ideas are so popular amongst Christians even though it
stands in total opposition to the Gospel they proclaim.
  Without love there is no Christianity - and no morality. In the core of the message of Jesus is the idea that change for the better will come trough self-sacrifice, not self-interest.
  Christianity exists because Jesus loved his enemies.



 . . . and they shared everything . . . and no one lacked anything
(Acts 4)



The great enemy of Christianity is not Islam, Hinduism, atheism . . .  the greatest enemy is "self centeredness"


10/12/2013
Te veel Christene sien hulleself as God se speedcops, mense wat geroep is om die sondaars in die wêreld uit te vang - mense met 'n oog vir foute . . .  terwyl ons dalk eerder juis díé mense in die samelewing moet wees wat die mooi goed in die wêreld kan uitwys, wat 'n oog het vir lig, al is dit ook hoe donker.

...whatever is true, noble, right, pure, lovely, admirable - if anything is excellent or praiseworthy - think about such things -Phil 4:8





beautifustel Katinka




work hard play hard - and dream a lot

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Jesus het 'n groter probleem gehad met die godsdienstiges, as met die sondaars.
Hy was lief vir mense, juis daarom was hy geen people-pleaser  nie . . .

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

die post-modernistiese dekonstruksie
van die fundamentalistiese fiksie
- uitgelê in netjies modernistiese kategorieë
want die tukse teoloë is mos fundamenteel teen
fundamentalisme
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

. . . dalk is ons ontdekkingsreisigers in reuse oerwoud eerder as tuiniers in ʼn park.
Tuiniers wil alles mooi en netjies hê - iets wat onmoontlik is in ʼn oerwoud. 
ʼn Tuinier wil beheer, ʼn ontdekkingsreisiger bewonder.
Waar die tuinier besluit wat in die tuin gebeur, is die ontdekkingsreisiger eintlik heel weerloos voor die woud.
As hy nie versigtig is nie verloor hy homself maklik in die wildernis, verdwaal hy tussen al die lewe om hom. En verdwaal is nie noodwendig so ʼn skrikwekkende gedagte vir ʼn ontdekkingsreisiger as wat ʼn mens sou verwag nie - not all who wonder are lost . . . Eerder ʼn moontlikheid wat sy hart vinniger laat klop, wat hom lewendig laat voel, wat hom weer opnuut laat droom.


Hier is die gedeelte uit my artikel gister in Beeld wat met die editing uitgehaal is (was seker bietjie lank):
Liefdadigheid sonder werklike omgee gemeenskap het dikwels ʼn ontmagtigende effek op ʼn gemeenskap. Dit maak net die armes meer afhanklik – en die rykes meer tevrede.   
Na my mening is die groot vraag waarmee kerkleiers vandag moet besig wees: “Hoe moet ʼn kerk lyk wat skatryk is aan eiendom, mannekrag, vaardighede en kommunikasiemiddele in ʼn land met die hoogste HIV syfer in die wêreld, reuse werkloosheid en massas weeskinders?” 
Ek is nie seker wat die antwoord is nie, maar ek dink dit sal baie help as ons kan leer om kerk te wees saam met die wat HIV positief is, die werkloses en die weeskinders – en nie net uitreik na hulle nie.
lees hele artikel

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

o wee, die ANC is besig om presies dit te word, wat hulle vroeër so passievol gehaat het
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

15/01/13
Nou die aand by ʼn funksie - na ʼn paar wyne - vertel ʼn dominee, wat oortuig is Jesus is eintlik morsdood, van ʼn professor wat hom uitstekende raad gegee het oor hoe hy steeds op Sondae vir goed-gelowige mense ʼn goeie preek kan afsteek (sonder dat hulle dit agterkom?)  
- wat 'n edele kuns om te bemeester

 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Nuwe versie teen elke ECHO kommune se kombuismuur: "As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie" 2Tes3:10
Ek vermoed dit is nogal nie almal se gunsteling versie nie . . . Interessante tye! 
Why we choose to be a "Community" rather than a "Charity"   

 26/07/2015
sy naam was windpomp, niemand het hom sien kom nie

#baiekortafrikaansekortverhale
 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......
 03/09/2012
Jy kan nie jou lewe vir Jesus gee, sonder om jou lewe ook vir die wêreld te gee nie.
 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

as Jesus vir die ryk jong man gesê het hy moet Hom net aanneem as sy persoonlike verlosser en saligmaker, het hy dit waarskynlik gedoen . . . 

31/12/2012
. . . en waar's daai ruimtetuigies waarmee ons almal veronderstel was mee rond te vlieg teen 2013? Ek het so uitgesien! I feel cheated. Hulle het vir ons daaroor ook gelieg in die '80s 
- en ons op hierdie jeugweerbaarheidskampe gevat en dril oefeninge laat doen en army liedjies laat sing en ons tydens Bybelstudie laat bid dat Mandela nooit vrygelaat sou word nie, "want as hy uitkom gaan hy die Christen kerk vervolg"  
#bug_rogers_het_ook_gejok



18/02/2016
"When Jesus's family heard about this, they went to take charge of him, for they said, ‘He is out of his mind'" - Mark 3:21

Is it possible that this didn’t change, that the Jesus-family today still consider him to be “out of his mind”? 
    Do church leaders, for instance, feel the need to “take charge” of the Jesus movement, because - even if they would never say it - deep down they think his ideas are crazy
    For the modern church who enjoys the benefits of order, security (and ultimately prosperity), Jesus’s ideas of vulnerability and self-sacrifice sounds only good in theory, in practice it is nearly always rejected as crazy (not Jesus, only His ideas). “You should use your God-given mind and play it save,” they would say . . . 

17/02/2016
baiekortsuidafrikaansekortverhale:
 . . they started the fight, 'cause they didn't know each other's stories . .  



01/02/2016
Die hele kom-ons-beveg-rassisme-met-rassisme-idee is bietjie van 'n dumbass-idee. Dit maak net glad nie sin nie
    "Rassisme" is een van daai woorde wat jou kan vang. Die oomblik as jy dit misbruik, is die kanse goed dat jy skielik self besig is om een te word. Ons word maklik wat ons haat.
    Wanneer die ANC byvoorbeeld deesdae alle kritiek wat na hulle kant toe kom afmaak as "rassisme" ontneem hulle eintlik die woord van al sy potensiële krag.
   As alles rassisme is, is niks later meer rassisme nie.

  
Lets face it, SA is vrot van die rassisme, in die ware sin van die woord - nie nodig om te oordryf nie. Groeiende rassehaat aan beide kante van ons politieke spektrum voorspel niks goeds nie. 
   As 'n woord soos "rassisme" egter te veel gebruik word, in verkeerde konteks en veral wanneer dit oordryf word, verloor daai woord uiteindelik betekenis - is sy potensiaal om werklik nuttig te wees daarmee heen. Of het die teenoorgestelde uitwerking en blaas dit rassehaat verder aan.  
    "Rassisme" word toenemend rassisties gebruik  - mag die Here help dat ons nie ons sense of irony verloor nie. 
 

"I wanted to write about racism and xenophobia in 21st Century England and Ireland, but I wanted to do it in an exciting way so that I could reach more readers. Zombies seemed like a good way to do that . . ."
- Darren Shan

Racism isn't born, folks, it's taught. I have a two-year-old son. You know what he hates? Naps! End of list.

- Denis Leary





03/11/2015


"One day I will find the right words, and they will be simple."
- Jack Kerouac

12/02/2015
You may write me down in history 
With your bitter, twisted lies, 
You may trod me in the very dirt 
But still, like dust, I'll rise. 

- Maya Angelou


11/05/2015
baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Hulle het gesê hy moet ophou spot met Afrikaanse kuntstenaars. Toe is hy eerlik. Toe kruisig hulle hom.

05/03/2016
It is possible to stop living (without dying) and just exist. This doesn’t necessary happens when we suffer or face challenges (Some of the most alive people in on the planet knew loneliness, pain and suffering - society often ends up calling them heroes) it happens when we lose our sense of wonder.
    Reality is brilliant and crappy - and sometimes brilliantly-crappy.
    There is a reason for all the crap in our world: every single living thing craps a lot (there’s a lot of shit, because we all shit, often).    There is a lot of death on this planet, because everything dies.

It's a part of life.
    The the true mystery is the fact that in all this, life and beauty springs up again, everywhere, all over the place.
    We die the day we loose our sense of wonder.
Being human involves living between two very big worlds, the one enormous in its hugeness (planets, stars, galaxies . . .), the other enormous in its smallness (bacteria, cells, atoms, quarks . . .).
    We don’t look upon it, we can’t, we are always only looking from within.
    Or at least we try.
    A lot of guessing is involved. Society gives to those with the best guesses about the enormous, huge and small worlds, doctorate degrees in physics and astronomy (they call it theories and the scientists themselves would state that in spite of all the “likeliness" and “probability” they might be way wrong in the end. 'Who knows?' They would say.”)

The miracle is found in everything, the physical stuff, but also in weird things like emotion, fiction, morality, community . . .

This world is wonderful, with all its crap and pain and death.

Blessed are those who wonder.
17/02/2016

baiekortsuidafrikaansekortverhale:
Sy naam was Domarrogant, hy was ʼn jong luigat, het nog by sy ma gebly, maar was gedurig kwaad omdat die regering nie húlle werk doen nie.


15/01/2016
"Deserves it! I daresay he does. Many that live deserve death. And some that die deserve life. Can you give it to them? Then do not be too eager to deal out death in judgement. For even the very wise cannot see all ends.”
J.R.R. Tolkien,
The Fellowship of the Ring 



22/06/2013
 If someone actually becomes as "radically free" as we suggest in our sermons (about following the example of Jesus), would we still like them - would they still fit in? 

02/03/2012

It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between 
- Diane Ackerman




14/01/2016
Die KGB idee 
In reaksie op Solidariteit se #geeREG reaksie op my Beeld artikel die week. Ek stem saam dat mense mooi moet dink hoe hulle gee, ek is self by 'n hulporganisasie (glo my, dit sou lekker wees om net te sê ja stuur die geld, laat Echo hulle help) maar persoonlike betrokkenheid kan op die ou einde 'n groot verskil maak - in die ou in nood se lewe en in die een wat probeer help . . . 


In ons Echo-gemeenskap kies ons doelbewus om saam met mense in nood leef eerder as om net van 'n afstand af uit te ryk en uit te deel (Community vs Charity). Die vraag bly egter wat maak ek met die hawelose ou op straat, of ander mense in nood by wie ek verbyry?
    Dit is belangrik dat ons saam met ander op meer georganiseerde maniere betrokke is in hierdie wêreld, maar dit hef nie ons persoonlike verantwoordelikheid op nie. Te veel mense troos hulleself dat hulle 'n paar rand of blikkieskos vir 'n organisasie stuur (lees: Liefdadigheid is nie genoeg nie).
    Ek het op ʼn stadium met ʼn skok besef dat ek self eintlik besig is om te skuil agter wat ons Echo-gemeenskap doen. Die vraag wat my begin pla het was, wat doen ek in my eie persoonlike hoedanigheid, veral daar waar niemand anders sien nie?
    Praat ʼn mens oor die nood is baie mense se eerste reaksie: “Maar ek kan nie almal help nie! Moet ek nou vir elke bedelaar ʼn muntstuk gooi?” Moeder Teresa se antwoord was: “If you can’t help a hundred, then help one”
    Dis waar dat ons nie almal kan help nie, maar dit beteken nie dat ons niemand kan help nie.
    Dink jou in wat sou gebeur as elkeen wat hom/haarself ʼn Christen noem, behalwe vir  ondersteuning aan hulp-organisasies, 'n langtermyn verhouding sou bou en belê in die lewe van een persoon in nood. Nie net elke dag 'n muntstuk vir hom/haar gee nie, maar tyd vat om die persoon werklik te leer ken.
    Shane Claiborne het gesê "The problem is not that we don't care about the poor, the problem is that we don't know the poor." Die probleem in ons kerke is dat ons eerder oor armoede praat, as met armes praat.
    Sê nou jy sou ʼn langtermyn verhouding bou met byvoorbeeld daai straatkind wat elke dag staan en bedel op die hoek van Duncan- en Kerkstraat hier in Pretoria. Sê nou jy sou tyd neem om die waarheid omtrent die outjie se storie te leer ken. Jy sou moeite doen om dit op te volg deur te gaan kyk waar die kind vandaan kom. Sê nou jy sou weekliks kontak maak, nou en dan saam met hom daar op die straathoek gaan sit en 'n toebroodjie eet, sy vriend word en bereid wees om ook by hom te leer? Jy sou oor maande sy vertroue begin wen en saam met hom begin droom en nuwe planne uitdink? Sê nou jy sou die link wees na professionele hulp, of 'n moontlike organisasie wat kan help - en nie dan net weer verdwyn nie.
    

Omgee word gespel: M O E I T E.
    Selfs die hardste mens begin op een of ander stadium glo dat iemand werklik omgee, wanneer daardie persoon aanhou moeite doen - meer doen as wat van hom/haar verwag word. (Onthou net, die moeilikheid kom dikwels ʼn lang pad, kanse is groot dat die herstel en groei ook lank kan vat!)
    Ons het in ons Echo-gemeenskap op ʼn stadium ʼn projek begin wat ons noem die “KGB projek”. 

    Die idee is dat jy ʼn langtermyn verbintenis maak met ten minste een persoon in nood. Jy kry 'n swart bandjie om jou te herinner aan drie minimum commitments, die “K,G en die B” sê elk iets van hierdie verbintenis:
    K - Maak weekliks KONTAK. Eet byvoorbeeld een keer ʼn week ʼn toebroodjie saam met hom/haar (sommer daar op die straathoek). Ontmoet die persoon waar hy is. Leer hom ken. Word sy vriend.
    G - Raak fisies betrokke deur te GEE. Help hom of haar om ʼn ID dokument te bekom, om blyplek te kry by 'n skuiling of hulp-organisasie, om by ʼn program in te skakel, of dalk om te gaan vir rehabilitasie, om ʼn CV op te stel, om ʼn werk of ʼn bestuurders lisensie te kry . . . Dit gaan baie afhang van of dit ʼn straatkind of ʼn bejaarde persoon of dalk ʼn enkel ma is wat in nood is.
    B - Bid daagliks vir die persoon (en meld aan vir diens!). 


Die idee is dat, in plaas daarvan dat ons verlam word deur die reuse omvang van die nood, elkeen van ons met ten minste een persoon ʼn pad begin stap.
    Hulporganisasies wat daagliks sopkombuise bedryf, huisvesting gee of op een of ander manier by die bemagtiging van mense in nood betrokke is, kan dien as wonderlike platforms vanwaar hierdie langtermyn verhoudings aangeknoop kan word.
    Moet egter nie dat ek jou hier bluf nie! Om met party van hierdie mense “die lang pad te stap” is geen eenvoudige saak nie. Jy gaan hardkoppig moet wees soos nooit te vore nie (een van die geheime van die lewe is mos om hardkoppig te wees oor die régte goed!). Jy gaan al die hulp nodig hê wat jy kan kry. En jy gaan veral bereid moet wees om sélf te leer en te groei.
    Nou die dag word ek gevra om met die grootkoppe van ʼn finansiële maatskappy te praat. Ek het ʼn vreemde gevoel gehad dat ek dié keer nie moes vra vir finansies nie, maar vir hulle tyd en teenwoordigheid in ons kinders se lewens. Ek vra toe of van die direkteure nie sou kans sien om een keer ʼn week vir 'n uur lank van ons tieners wil leer bestuur, en dan vat vir koffie nie - net dit. Dit was te veel gevra. Nie een van hulle het tyd gehad nie. (Ek was na die tyd jammer ek het nie eerder vir geld gevra nie!)
    Kan jy dink watter impak 'n langtermyn verhouding met 'n direkteur of een of ander professionele persoon op 'n weerlose kind se lewe kan hê (daar is goeie voorbeelde hiervan - al is hulle min).
    Weerlose mense het, meer as enige iets anders, die teenwoordigheid van iemand wat regtig belangstel en omgee in hulle lewens nodig. by Echo sê ons, “it's easier to grab opportunity, when you're in community”.
    Hulporganisasies soos ons het skenkings en finansiële bystand broodnodig, maar lets face it, mense in nood kort meer as programme, kos, geleenthede en strukture. Hulle het iemand nodig. Iemand wat werklik belangstel en bereid is om die lang pad van die lewe saam te stap. Die diepste vorm van armoede is eensaamheid, die afwesigheid van betekenisvolle verhoudings. Niks is meer verlammend as dit nie.
    Elkeen kan iemand
wees vir iemand in nood .

Die hele “swart-bandjie-KGB idee” is nie almal se cup of tea nie, ek weet. Daar is sekerlik baie ander maniere. Vergeet daarvan as dit jou pla. Maar gaan dink ten minste oor die beginsel - dit kan jóú lewe verander!

lees meer: From Charity to Community . . . 


 27/10/2015
die versies in die Bybel wat my die meeste pla is nie die klomp wat ek nie verstaan nie, maar die paar wat ek wel verstaan


14/05/2019
Die kerk van vandag, if anything, is sekerlik een van die mees verlore entiteite op aarde?
Die ryk jong man wat nie sy rykdom wil weggee nie . .
Die godsdienstige ryk man in die verhaal van “die ryk man en Lasarus” - met die verskil dat sy vandag brag en fotos neem en artikels skryf oor die krummels wat sy vir die armes gooi . .
Die Fariseër wat dankie sê dat hy nie so sleg is soos die tollenaar,  nie so vol bedrog nie . .
Die tweede seun in die verhaal van die verlore-seun wat nog altyd in die Pa se huis bly, al mis hy Sy hart vir die verlore wêreld . . .
Die slim Skrifgeleerde wat die skrifte ken en homself wou handhaaf . .


Here help ons!
Here Jesus Christus wees ons genadig! 


Was iemand al ooit so verlore soos die kerk van vandag?
Het sy al ooit in die geskiedenis so min gedoen met so baie?

Hel, die Fariseërs was ten minste gelowig en toegewyd en vroom . .  .


23/10/2015
Richard Selzer, MD, writes:

"I stand by the bed where a young woman lies, her face postoperative, her mouth twisted in palsy, clownish. A tiny twig of the facial nerve, the one to the muscles of her mouth, has been severed. She will be thus from now on. The surgeon had followed with religious fervor the curve of her flesh; I promise you that. Nevertheless, to remove the tumor in her cheek, I had to cut the little nerve.
   Her young husband is in the room. He stands on the opposite side of the bed and together they seem to dwell in the evening lamplight, isolated from me, private. Who are they, I ask myself, he and this wry mouth I have made, who gaze at and touch each other so generously, greedily? The young woman speaks.
   “Will my mouth always be like this?” she asks.
   “Yes,” I say, “it will. It is because the nerve was cut.” She nods and is silent. But the young man smiles.
   “I like it,” he says, “It is kind of cute.”
   All at once I know who he is. I understand and I lower my gaze. One is not bold in an encounter with God. Unmindful, he bends to kiss her crooked mouth and I am so close I can see how he twists his own lips to accommodate to hers, to show her that their kiss still works . . ."


12/11/2015 
Jesus loved the world to much to be a People Pleaser - what he said often disturbed the powerful, the religious and the wealthy
 01/08/2013

Someone once asked Mother Teresa, "When you pray, what do you say to God?" Her answer startled the interviewer. She said, "I don't say anything, I listen." Not knowing how to answer, he fumbled around for words and finally said, "Okay! When you pray, what does God say to you?" Mother Teresa answered, "He doesn't say anything. He listens. If you don't understand that, I can't explain it to you."



06/05/2013
Die laaste tyd trip ek op Kierkegaard en Tolstoy. Veral Tolstoy. Fassinerend. Hy was obsessief oor die bergprediking; veral Jesus se opdrag om lief te wees vir jou vyande en om boosheid nie met geweld te weerstaan nie. Die kerk in Rusland het hulle gou van hom gedistansieer - hom uiteindelik ge-ekskommunikeer.  
     Dit was ironies genoeg die Hindoeleier, Mahatma Gandhi (wat homself beskou het as ʼn dissipel van Leo Tolstoy, na hy o.a. "The Kingdom of God is within you", wat in reeds 1885 geskryf is, gelees het) wat die - Evangeliese - idees van Tolstoy vir die eerste keer hulle krag laat wys het in die groter politieke arena. (Later ook Martin Luther King - en tot ʼn mate  Nelson Mandela)
     Tolstoy was dapper, eerlik en duidelik. Ek het nog altyd gevoel, mense sal ons as Christene dalk begin glo wanneer ons praat oor die mooi goed, as ons ook eerlik is oor die lelike goed. Sy woorde was tegelyk ontstellend en mooi. Geloofwaardig - al stem jy nie met hom saam nie. Tolstoy was eerlik oor sy geloof en oor sy ongeloof.
      Hoe sou mens hom beskryf? Ek weet nie. 'n Agnostikus wat vir Jesus gevolg het? ʼn Mistikus wat die kerk gesien het as die mees onetiese beweging op aarde? Na my mening die naaste wat die “moderne” wêreld gekom het aan ʼn profeet. 
     Ek het nog nie sy groot romans gelees nie (baie kenners meen, “War and Peace” is die beste roman wat ooit geskryf is). Ek het wel “The Kingdom of God is within you”, “A Letter to a Hindu” en onlangs “Conversations with Tolstoy” gelees. 
     Tans lees ek “A Confession”. Dit gooi my nou al dae lank van balans af, laat my wakker lê in die nag, my gedagtes in die dag rond dwaal. Marina moan dat ek hardop met myself sit en praat (dalk was dit met Tolstoy?). Jy kan onmoontlik met alles saamstem, maar lanklaas het iemand my so uitgedaag om Jesus se woorde ernstig op te neem. 

Hier is 'n paar woorde van Leo Tolstoy onder andere oor die Britse besetting van Indië:

Jesus said "You have heard that it was said an eye for an eye, and a tooth for a tooth. But I say unto you, resist not evil. If one smites thee on the left cheek, turn him the other also; and if someone goes to court to get your coat, then give him your cloak also". Noah, Moses and the prophets taught that the evil doer must be punished with death; wrong must be opposed by wrong, murder by murder, evil with evil. But Christ rejects all this.
    Situation in India? What does it mean that thirty thousand men – not athletes but rather weak and ordinary people – have subdued two hundred million vigorous, clever, capable and freedom-loving people? Do not the figures make it clear that it is not the English who have enslaved the Indians; but the Indians who have enslaved themselves?
    If the people of India are enslaved by violence, it is only because they themselves live and have lived by violence, and do not recognize the eternal law of love inherent in humanity.
    As soon as men live entirely in accord with the law of love natural to their hearts and now revealed to them, which excludes all resistance by violence; and hold aloof from all participation in violence – well, as soon as this happens, not only will hundreds be unable to enslave millions; but not even millions will be able to enslave a single individual. - Leo Tolstoy

Mahatma Gandhi oor Leo Tolstoy (19th November, 1909):
"Tolstoy's life has been devoted to replacing the method of violence for removing tyranny or securing reform by the method of non-resistance to evil. He would meet hatred expressed in violence by love expressed in self-suffering. He admits of no exception to whittle down this great and divine law of love. He applies it to all the problems that trouble mankind.
     When a man like Tolstoy, one of the clearest thinkers in the western world, one of the greatest writers, one who as a soldier has known what violence is and what it can do, condemns Japan for having blindly followed the law of modern science, falsely so-called, and fears for that country 'the greatest calamities', it is for us to pause and consider whether, in our impatience of English rule, we do not want to replace one evil by another and a worse. India, which is the nursery of the great faiths of the world, will cease to be nationalist India, whatever else she may become, when she goes through the process of civilization in the shape of reproduction on that sacred soil of gun factories and the hateful industrialism which has reduced the people of Europe to a state of slavery, and all but stifled among them the best instincts which are the heritage of the human family.
     If we do not want the English in India we must pay the price. Tolstoy indicates it. "Do not resist evil, but also do not yourselves participate in evil—in the violent deeds of the administration of the law courts, the collection of taxes and, what is more important, of the soldiers, and no one in the world will enslave you”
     There is no doubt that there is nothing new in what Tolstoy preaches. But his presentation of the old truth is refreshingly forceful. His logic is unassailable. And above all he endeavours to practise what he preaches. He preaches to convince. He is sincere and in earnest. He commands attention."
- Mahatma Gandhi
 20/08/2014
War war war . . ?!!
I think it works something like this:
they bomb your neighborhood, kill someone you love, and you don't care who's right or wrong any more, suddenly the enemy seems obvious (sug)
#Gaza

Neels het my vandag bemoedig (kerkooms wat van oorlog hou is kwaad oor my artikel vanoggend in Beeld) deur 'n qoute wat hy glo in die onlusjare agter op 'n badkamer deur gelees het:  "Fighting for peace is like fucking for virginity" (dit het my baie my gehelp, het onder andere my gedagtes laat dwaal van oorlog na seks) 

Hier is 'n uittreksel uit my artikeltjie :

Elke nou en dan vertel 'n oom my die grappie van Yasser Arafat wat destyds samesprekings met Ariel Sharon gehad het. Dit gaan so:
     Ariel Sharon sê, voor hulle begin, wil hy net eers hê hulle moet 'n kwessie bespreek wat in die tyd van Moses gebeur het.
    Waarop Yasser Arafat verontwaardig antwoord: “Maar daar was nie eens Palestyne in Israel daai jare nie!”.
    Ariel Sharon sê dan: “Nou dat ons dít uitgeklaar het, kom ons praat oor die grond kwessie!”.
'n Lekker grappie vir meeste Afrikaner ooms om oor te vertel. Tot Julius Malema daai trick trek! Skielik is die grappie glad nie meer snaaks nie. Dis net snaaks as ons die Jode is, nie as ons die Palestyne is nie.


6/11/2015
We are  fascinated by the stories of St. Francis of Assisi, because he showed us that the life of Christ is possible, beautiful and believable . . . 

Thomas of Celano (1200 – c. 1265) wrote:

"The brothers who lived with him knew how his daily and continuous talk was of Jesus and how sweet and tender his conversation was, how kind and filled with love his talk with them.  His mouth spoke out of the abundance of his heart, and the fountain of enlightened love that filled his whole being bubbled forth outwardly. Indeed, he was always occupied with Jesus; Jesus he bore in his heart, Jesus in his mouth, Jesus in his ears, Jesus in his eyes, Jesus in his hands, Jesus in the rest of his members....
And because he bore and preserved Christ Jesus and him crucified in his heart with a wonderful love, he was marked in a most glorious way above all others with the seal of him whom in a rapture of mind he contemplated sitting in inexpressible and incomprehensible glory at the right hand of the Father...."
—Thomas of Celano, First Life of St. Francis

30/09/2015
 Suid-Afrika se jaarlikse moordsyfer het gestyg met 4,6% sê die koerant vanoggend. Dis verskriklik, dink ek, die amper 18 000 mense is egter lankal vermoor - verlede jaar al - meeste van dié wat hierdie boekjaar se statistiek moet volmaak lewe op hierdie stadium nog - hulle moet nog vermoor word. Hulle drink seker ook vanoggend koffie en lees die koerant en wonder waarheen alles op pad is. 

27/07/2014

Daar is 'n nuwe vryheid aan die groei in die kerk wêreldwyd, ook hier in Suid-Afrika. Die army-oom wat ons destyds in weerbaarheids periodes laat bid het teen Mandela se vrylating, “want hy gaan die Christene vervolg,” het sy fout besef. Al hou hy nie van Zuma nie is dit vir hom lekker om vandag met 'n oopknoop hemp kerk toe te gaan.
Dis nie deesdae so maklik om die ooms en tannies kwaad te maak nie. Hulle wil actually hê die dominee moet eerlik wees. Hulle is moeg gevlei. Hulle soek die waarheid al is dit moeilik, ongemaklik, selfs lelik. Hulle soek nie meer predikers wat “net sê wat hulle graag wil hoor” nie - die uittog na die APK is verby.
Meeste kerkmense wat ek teëkom gee regtig om vir hierdie land en haar mense. Daar is ontsteltenis oor dinge wat in die politiek gebeur - enigiemand wat omgee sal ontsteld wees - maar daar is ook 'n verfrissende nuwe diep soeke na spiritualiteit.
Kerkmense, selfs in die susterskerke, het die afgelope twintig jaar begin uit-figure dat Jesus belangriker is as die kerkorde en dat die kleur van jou das eintlik glad nie saak maak nie. Dat die “regte belydenis” sonder liefde niks is nie - al het jy die geloof om berge te versit (1Kor 13:2).
Wat 'n verligting.
Ons mag deesdae reguit praat oor dinge wat regtig saak maak. Goed soos: politiek, rassespanning, geld en seks - al is die gay kwessie by baie kerke nog 'n taboe. Die ergste wat deesdae gaan gebeur is dat 'n oom opstaan en uitstap uit die erediens (of hate-mail van 'n sekere tannie in Richardsbaai).
Niemand gaan jou martel by Vlakplaas nie. Jou huis gaan nie deur die veiligheidspolisie dopgehou word nie. Hulle gaan nie jou foon tap omdat jou teologie verkeerd is nie. Jy hoef jou nie te bekommer dat iemand vir jou 'n briefbom gaan stuur (soos destyds vir Vader Michael Lapsley) nie.
Die vervolging is verby!
Al daai boeke by die teologie fakulteite wat apartheid uit die Bybel regverdig het, het saggies verdwyn. Die Broederbond is vir alle praktiese redes saam met die NP dood. Selfs die Hervormde kerk sê deesdae dit was verkeerd om swart broers en susters te verbied om saam met wit Christene te aanbid.
Ook die sinode sal jou niks maak nie - veral as jy in die NG Kerk is - anything goes!
En ek verkies dit so, al is dominees en dosente met “ongeloofsekerheid” vir my 'n vreemde gedagte . . . lees verder

(My rubriek in Beeld 29/07/2014)

13/11/2015

too many bored-again-Christians - like firefighters talking fire-fighting-philosophy around a camp fire, candles hanging around neon lights... 

nothing makes sense to a candle who keeps to the light - but theological chitchat

oh, the irony 
that to a light 
darkness brings clarity


10/11/2015
"Brief oor gays aan kerk se voordeur gespyker" - sien, selfs die mense teen die gay besluit spyker  
- https://twitter.com/jacostrydom_

"Maar, laat hy wat nie spyker nie (in die bed, in sy kop, teen die kerkdeur . . . ) die eerste klip gooi"  
(ek wou meer grafies wees, maar as die tweet nie goed afgegaan het nie, gaan prentjies die kerkmense crack) 

"haal eers die spyker uit jou eie oog dude . . . "

#almal_spyker



09/02/2014
my onderhoud met Heidi Baker 
   " . . . fassinerende mens. Moeilik om te beskryf. ʼn Vreemde wese! Ek het haar gevra oor . . ."    lees meer



18/10/2015
'n Tannie stop my na kerk. Sy is kwaad oor die NG Kerk se besluit oor gays.
   “Maar ek is self gay,” sê ek, “Tannie moet bietjie mooi kyk, Marina is eintlik 'n transvestiet.”
   Sy is sprakeloos. Dit vat haar 'n paar sekondes om te besf dis net 'n grappie. Maar sy lag nie. 

  
 (Later lag ek maar - huil help nie meer nie)


16/03/2015
sê nou iemand sou 'n studie doen en gemeentes se finansiële begrotings gebruik om te bepaal wat hulle teologiese prioriteite is . . .

16/05/2010
Ek kan nooit verstaan hoe ander mense kan dink hulle kinders is die mooiste nie, ken hulle dan nie my kinders nie?

 08/05/2015
Karoo vertel my nou die dag 'n baie interessante storie uit haar skooldae. Dit het tydens 'n skoolopening gebeur. Die Gideons het die skool besoek om Bybels uit te deel. Voor in die saal was twee massiewe groot kartonbokse vol Bybels. 
   Die skoolhoof het na die podium gestap en vriendelik vir die twee ooms van die Gideons gewys om op twee stoele voor op die verhoog gaan sit.
   “Julle wonder seker wat maak hierdie twee dose vanoggend hier ?” begin die hoof.
   Karoo sê hulle kon toe nie daardie oggend die Bybels uitdeel nie, dit was uiteindelik 'n baie kort saalopening - maar hulle het toe darem 'n paar weke later
hulle Bybels gekry.

 11/05/2015
baiekortsuidafrikaansekortverhale:

Die Zoeloes was woedend, hulle het die koloniale grense gehaat. En hulle broers en susters van Afrika wat dit minag. 
Mense van anderkant die grense was nie welkom nie - nie om te werk nie, nie om hulp te soek nie . . . selfs al was hulle ook van Afrika en besig om te sterf van die honger.


14/05/2012
why so negative?! 'cause we have to show 15 - 30 homeless kids away every month in a part of the world with no shortage of churches - or missional talk . . .


....... ....... ....... .......

Ek het ook al ʼn loopbaan in die akademie oorweeg.
Klink vir my lekker om heeldag
te sit en lees en skryf . . .
(en net nou en dan op te staan om daaroor te praat)



14/08/2014
Daar het nie veel vanaand gebeur nie, maar dit was die mooiste gesig - a beautiful view. Wayne het op die toonbank gesit en 'n kort speech gemaak. 
Hy vertrek Maandag en gaan almal baie mis, het hy gesê. 
'n Klompie van ons van Echo was saam met die locals, die haweloses van die Night Church in Sunnyside. Meeste van ons ken mekaar teen die tyd al redelik goed. Dis nie ons eerste social saam nie, ons was nou die dag ook hier saam toe Wayne en Robin getrou het - die afgelope jaar het ons selfs 'n keer of wat hier saam nagmaal gebruik. 
Almal was doodstil en gemaklik. Nou en dan het iemand 'n grappie probeer maak. Wayne se speech was verbasend kort, hy’t eintlik maar net gesê dankie vir wat hy kon leer. Toe bid Annuschka en toe eet ons almal saam.
. . .. . . .  . .. ... . .
Jesus is perfect theology
. . .. . . .  . .. ... . .


23/05/2015
 Vredeslesse by vreemde wesens

Ons was op die pawiljoen, die skoolopening was net verby. Iemand het van agter half teen my geval, ek het my vererg, omgeswaai en die ou terug gestamp en met 'n skok besef hoe groot hy is. Ek was 'n gewone grote graad agt en hy 'n buitengewoon volwasse (nie in die geestelike sin nie) graad nege, met 'n stoppelbaard en 'n besondere lang nek. Hy wou my slaan, maar daar was te veel onnies. Die ou het afgebuk en teen my gesig gefluister, hy kry my pouse.
   Ek was bang en het om 'n hoek my toebroodjies gesit en eet toe hy en 'n paar vriende opdaag. Hulle het gesê ek moet saamstap, die groot ou wou die ding “ordentlik” uit-fight.
   Dit het gevoel of ek gevonnis is en begelei word na my teregstelling, my bene was lam en my lippe droog, maar ek het by myself gedink ek gaan probeer om ten minste een “ordentlike” hou in te kry - voor my dood.
   Hy het sy nek heen en weer beweeg en die geveg begin met 'n hou in my maag. Ek het met 'n geweldige hou geantwoord en sy neus heeltemal mis geslaan - en geweet dis verby. Toe, skielik, staan daar ’n eienaardige maer outjie tussen ons.
   Ek kan nie onthou wat hy gesê het nie, maar op die ou einde het ek en die graad nege met die lang nek bladgeskud.
   Dit was die eerste keer dat ek 'n vredemaker in aksie sien. Hy was in graad elf en sy naam was Gobabis (bless his soul), die skool se groot daggaroker. Hy was die tipe ou “wat nie kon sit en kyk hoe een ou 'n ander ou boelie nie,” - en ons het waarskynlik die rus en vrede op sy rookplek versteur . . . 
(my Kerkbode rubriek lees verder)



17/04/2015
Some of the most respected people in our Echo Community are from Zimbabwe, Zambia, the DRC, Nigeria, Mozambique, Iran . . . We are family - impossible to imagine our community without them - they are our brothers and sisters. Anybody saying bad things about them don't know them. 

nothing more disturbing than listening to church people backing xenophobia or other forms of racism
   Jesus said "Blessed are the peace makers"
   Paul said about the ancient church: "Here there is not Greek and Jew, circumcised and uncircumcised, barbarian, Scythian, slave, free; but Christ is all, and in all" Col3:11








15/04/2015
'n Joernalis van Rapport het my opinie gevra oor regering wat dreig om Christen vakansiedae weg te vat. Die waarheid is ek het eers daarvan uitgevind toe sy bel - het eers geskrik, want ek hou baie van vakansiedae!
  Ek weet nie hoe ek daaroor
moet voel nie. Ek is 'n groot voorstaander van godsdiensvryheid. Die Evangelie word die beste gekommunikeer vanuit 'n posisie van weerloosheid - eerder as 'n posisie van mag. Dis nooit 'n goeie getuienis-idee om dít wat vir ons heilig is op ander af te forseer nie.    
   Aan dien ander kant kan Moslems, Hindoes en Ateïste sekerlik nie té verbaas wees dat daar in 'n land met soveel Christene, Christen-vakansiedae is nie (waaroor mens eerder verbaas moet wees is die feit dat daar in 'n land waar soveel mense sê hulle volg vir Jesus, daar soveel rassehaat, bitterheid, kwaadpraat, bedrog en geweld is, dat werkers uitgebuit word met minimumlone en dat daar soveel weeskinders en haweloses is sonder 'n dak oor hulle koppe . . .).
   Die vroeë kerk het baie goed gedoen onder sekulêre regerings - wat nie net nie-Christelik was nie, maar anti-Christelik. Juis in die moeilikste van tye het die kerk die vinnigste in die geskiedenis gegroei. Wat maak ons so spesiaal dat die regering vir ons moet sorg?
Die vroeë kerk was nie afhanklik van die spesiale behandeling nie - inteendeel!
  Christen vakansiedae is 'n voorreg waarvoor ons dankbaar moet wees, wat ons moet geniet terwyl ons dit het. Wanneer ons dit nie meer het nie, sal die wat ernstig daaroor voel eenvoudig verlof moet insit. Wat nie noodwendig net sleg sal wees nie. Vir baie mense kan die bietjie opoffering bydra tot die viering van die dag. 
  'n Mens fokus mos beter wanneer dit jou iets kos.




Mathilda - 1ste dag gr1





30/12/12

Ek en Marina lê op die bed en lees. Dis Sondagmiddag. Ek hoor iets wat nie te goed klink nie en haal die oorfone uit. Mathilda kom huil huil ingestap, haar een wang is rooi. "Sussie het op my kop gesit," kla sy deur die trane. "Moenie op mekaar se koppe sit nie!" sê ek hard genoeg dat almal in die huis kan hoor. Mathilda hou op huil. "Maar ek het nie op háár kop gesit nie," verdedig sy dadelik. "Maar jy het al," sê ek. Marina gee haar 'n drukkie en vryf haar kop. Mathilda is tevrede. Wat is dit met ons mense, hoekom wil ons alewig op mekaar se koppe sit?
183/2015

. . . die laaste ding wat ons nodig het is kerke wat meer en meer soos kultuurverenigings funksioneer.
Baie Afrikaners gaan aan asof ons eintlike Jode is. Dis 'n leuen. Ons voorouers se voorouers was Europese heidene wat deur Christene van ander kulture bereik is. 
As die vroeë kerk 'n volkskerk was, was die Evangelie nou nog steeds net in Israel. As Paulus ʼn rassis was, was nie een van ons vandag ʼn Christen nie. 
As die vroeë Christene so min gevoel het vir kerkeenheid, soos dit nou blyk 'n baie groot groep NG Gemeentes doen, was daar nie vandag 'n kerk in Suid-Afrika nie.


 14/02/2012
. . . one of the scariest thoughts I had on a recent  visit to India was that maybe the original Jesus idea was not that the Mother Teresa’s in our world should stand out as these amazing exceptions. Maybe the idea was that this would be the normal Christian way of life. Is the idea that all followers of Jesus are supposed to sacrifice themselves and make it their core business to make this world a better place by joining those who are lonely and suffering too radical? Why do we see to little of that here in SA?


28/04/2014
vanaand sit die Dalai Lama
George
Bush
en jy en
Sunette Bridges

en Zuma

en ek,
saam met Steven King en Clive Derby-Lewis
in 2014

Yasnaya Polyana
is leeg
Ferney lê stil
(selfs Onrus slaap)

what disturbs me most?
we settled for less!
in this emptiness
traded the loneliness
for wannabe saniks
- van paarrym pappegaaie
met name soos Steve
en vanne soos May -
asof die wêreld nie reeds genoeg suffer nie
gooi uit
laat ons eerder die leegheid drink


13/01/2015
 Lesse by my Ghoeroes:


God is not just great because nothing is too big for Him. God is great because nothing is too small!” Greta het hierdie woorde uit 'n boek van Mark Batterson vir my voorgelees toe ek nou die aand hulle nuwe huis in Garsfontein vir hoërskoolmeisies in nood besoek. Die eerste meisie het pas ingetrek en saam met ons in die sitkamer gekuier. 'n Heilige oomblik.
   Greta is 'n dominee by NG Moreletta, Su-Ann werk by 'n hoë profiel finansiële instelling. Hulle het albei onlangs uiters gemaklike woonplekke opgegee om in te trek in 'n kamer in die nuwe huis, met die hoop om 'n familie te wees vir tienermeisies wat aan hulle eie genade oorgelaat is. Nog meisies sou deur die loop van die week intrek.
  Ek het my verwonder aan Greta en Su-Ann se entoesiasme en opgewondenheid al weet hulle maar alte goed dit gaan geen sondagskoolpiekniek nie, slapelose nagte, baie konflik, min persoonlike ruimte en wie weet wat alles nog lê voor.
   Net die vorige dag was ek in 'n vergadering met 'n klomp van die jong werkende mense en studente wat kies om hulle lewens te deel met die tieners in ons hoërskoolhuise in Villieria. Terwyl ons praat oor nuwe kinders wat intrek, wie gaan kosmaak, een van die meisies wat soek is na sy weggeloop het, studiehulp vir die kinders wat sukkel met leerwerk, wie gaan wie wanneer rondry, wie gaan waarvoor vroeg opstaan . . . dink ek by myself: hierdie mense gee régtig hulle lewens vir hierdie kinders!
  Ek voel so bevoorreg om hulle te ken! Hulle is my heroes. Die mense wat dít leef waaroor ek dikwels maar net kan skryf en praat.
   Hulle het 'n ander idee oor kerkwees - nader aan die aarde. Hulle glo 'n lewe is 'n lewe werd . . .  (Kerkbode rubriek)

05/02/2014

my rubriek vandag oor Ope briewe en Ontoeganklike leiers . . . (onder 'n selfs meer corny opskrif - deur Beeld)   
lees op Echo site of Beeld/ Media24 site


16/03/2015
Die Sondagskool juffrou (en die tannie by die Kinderkrans) het vir ons gelieg toe sy gesê het ons moet soet wees, “want Jesus hou nie van stoute kinders nie”. Jesus love stoute kinders! Hy’s mal oor hulle. Dis all over die Bybel. (Dis eintlik baie stout van juffrouens om sulke lelike dinge vir kinders te te sê)

15/01/2015

Die Evangelie leer ons dat hoop meer is as ’n lewensuitkyk of ’n filosofie. Hoop daag op in hierdie wêreld in die vorm van ’n teenwoordigheid, hoop is ’n persoon: Jesus. Hy bring nie net die hoop vir die wêreld nie, Hy is die hoop. En die manier waarop Hy vandag kies om sy teenwoordigheid in hierdie wêreld te demonstreer is deur sy liggaam. Jesus het nie net vir ons iets gestuur nie, hy het self gekom. En dit is ook ons grootste roeping, om op te daag, om daar te wees.
    Mense in nood het meer as net ons boodskap nodig, hulle het ons teenwoordigheid nodig. Ons word geroep om nie alleen hoop te bring nie, maar die hoop te wees – teenwoordig te wees juis waar daar hopeloosheid is. Om hoop “te bring” vra dat ek iets gee, om hoop “te wees” vra dat ek myself gee.




I could handle everything, well, kind of . . . but oh the longing for the kids nearly drove me crazy at times - and even more so when I realized that the kids started to believe some of the lies told about me as part of the great-cover-up. So many things happened that I thought impossible for most of my life . . . Everything could have been OK in a way though, I think, even if they kept on telling lies about themselves (I committed not to present the evidence in my possession, and I committed not to say a single bad word about her to the kids). They are free at last, the 2 of them - sometimes the lie wins - but I honestly thought al that money and the fact that they can be together will be enough, that more cruelty and lies will not seem necessary . . Oh how easy it would be to prove the truth, and today even more so, with all the witnesses that came forward in the last few months, if they only new what effort it took to convince some of them to let it all go, for the sake of new beginnings.

So many things happened that I thought impossible, even unthinkable, for most of my life . . . and now I find myself thinking, worrying, asking: if thís could happen, what other evil is possible?  Some certainties have been smashed and in the darkness of my loneliness and confusion I’m starting to be more and more aware of my blindness for my own wrongs, and my weakness to do what is right and not to hate



30/12/2014
Ek lees nou weer Rodney Stark se laaste boek oor die geskiedenis van die Christendom en verstom my opnuut oor hoe verskillende akademici dikwels op presies dieselfde plek uiteenlopende bewyse kry om hulle uiteenlopende teorieë te staaf.
  Vir my was een van die duidelikste voorbeelde hiervan nog altyd die verskillende sienings onder Nuwe-Testamentici oor die geloofwaardigheid van die boek Handelinge. 

   Die een groep is van die oortuiging dat Handelinge groot en deels gefabriseer is - fiksie in 'n poging om die vroeë Christendom in 'n moeilike tyd beter te laat lyk - die ander groep glo Handelinge is met eerlike motief en redelike akkuraatheid geskryf. In albei groepe is daar behoudende akademici, met goeie logiese argumente, gebaseer op argeologiese en ander historiese “bewysstukke”. In albei groepe is daar eerlike soekers, briljante denkers.
  Geloofsoortuiging
speel waarskynlik 'n groter rol as wat ons wil erken in die seleksie van inligting waarop 'n betrokke persoon geneig is om te fokus.
  Laat my dink aan 'n klomp mense wat soek deur random legkaartstukke wat honderde jare gelede op 'n tafel gelos is. Party soek na die stukke wat nie pas nie, ander soek na die stukke wat wel pas. Elke nou en dan kry een 'n stukkie legkaart waarna hy/sy “nog die hele tyd gesoek het”.
  Die geskiedenis is meer ingewikkeld as 'n klomp legkaarte op 'n tafel - veral die geskiedenis van 2000 jaar gelede. Ons is aliens! Dis te ver van ons af, die stukke is al so stukkend, dikwels so geskommel - want ander mense het ook daarin gekrap - dis so verweer deur die tyd, so weerloos voor ons slim mense van vandag se interpretasies.
   Op die ou einde glo die een vir Lukas en die ander een nie, of is dit dalk reeds aan die begin so?


John Lubbock het gesê:
“What we do see depends mainly on what we look for. ... In the same field the farmer will notice the crop, the geologists the fossils, botanists the flowers, artists the colouring, sportmen the cover for the game. Though we may all look at the same things, it does not all follow that we should see them.” 

04/03/2015
the church is at her best
not trying to survive,
but willing to die

Matt 8:35
25/12/2014


CHRISTENE, KERSFEES EN HEIDENSE SIMBOLE . . .

(my rubriek die week in Beeld / Netwerk24) 
Elke nou en dan hoor ek iemand sê Kersfees is beïnvloed deur heidense feeste en daarom mag volgelinge van Jesus dit nie vier nie.
     Ek is self nie altyd mal oor Kersfees nie. Dit pla my byvoorbeeld dat Kersvader vir die ryk kinders duur speelgoed bring en dat die arm kinders tevrede moet wees met daai skoenbokse met die tennisballe en die tandeborsels in.
     Maar ek dink nie Kersfees is inherent boos nie. Dit hang af
wat jy daarvan maak.
     Nou die dag hoor ek weer iemand krities opmerk dat “gelowiges vandag tog só visueel ingestel is”. Wel, die vroeë Christene was ook! Meeste gelowiges in die eerste eeue kon nie lees nie, simbole (en kuns) het in die vroeë kerk 'n belangrike rol gespeel.
     Nie net dit nie, die vroeë kerk het dikwels aan simbole en feeste van buite die Christendom nuwe betekenis gegee (’n mens sou amper kon sê hulle het simbole tot bekering gebring!).
     Vandag is die kruis sekerlik díé simbool vir volgelinge van Jesus. Die eerste Christene sou egter nie eens daaraan dink om die kruis as simbool te gebruik nie. Die kruis was te verskriklik! Dit was 'n martel instrument van die heidene.
    “Van die ‘dierbare kruis’ van die hallelujalied was daar nie sprake in die vroeë kerk nie”, sê Stephan Joubert. Gelowiges in die eerste eeue sou die vis of die druiwetros as simbool gebruik, die goeie herder of die skuitjie, maar nooit die kruis nie.
    Tertullianus het wel aan die begin van die derde eeu na Jesus se volgelinge verwys as “die wat toegewy is aan die kruis”, maar eers by Konstantyn begin die Christendom die kruis as publieke simbool gebruik - aanvanklik 'n magsimbool op die skilde van Christen soldate!
     Vir baie mense vandag is die kruis bloot ’n mooimaakding wat gebruik word vir juweliersware of muurbehangsels, vir ander is dit 'n baie ernstige simbool wat hulle herinner aan wat Jesus gedoen het, 'n simbool van selfopoffering, van die koste van ware liefde.
     Die betekenis van simbole verander gedurig.
     Simbole het nie betekenis in hulleself nie. Mense gee betekenis aan simbole.
     Dis asof ons as mense 'n onvermoë het om oor God te praat, ons woorde skiet te kort, ons koppe het simbole nodig. Dwarsdeur die Bybel sien ons dit. Jesus is brood, water, lig, wingerdstok, herder . . . lees verder
(Beeld  24/12/2014)


06/12/2014
'n Mens praat nie politiek in die kerk nie . . . Hoeveel keer moes ons dit nie al hoor nie. 
  Maar Jesus het! Om te praat van 'n Nuwe Koninkryk was politieke taal. Hy is uiteindelik doodgemaak tipies soos die leier van 'n rebellie in daardie dae doodgemaak is, aan 'n kruis . . .   Uit my Kerkbode rubriek: Jesus wou als omgekeer (en ons wil als regop hou)

  16/11/2014
I picked up a piece of paper on the street, years ago in Johannesburg, it said: "If there really is a God, why won't he come and tell us?”
I opened it. On the inside was only these words: 

“Would you believe him if he did?”
 09/11/2014

Op ’n vreemde manier was haar oproep baie tydig met betrekking tot my eie geestelike pad. Ek het op daardie stadium al vir dae lank elke oggend in my stiltetyd die seënspreuke in Matteus 5 gelees. Ek het veral baie gewonder oor Matteus 5:4 – “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.”

   Haar stukkende hart was vir my ’n duidelike teken dat ek hier met ’n geseënde vrou te doen het. Ek het haar nie jammer gekry nie, ek het haar bewonder... Kerkbode rubriek: Die vreemde vrou se trane

06/11/2014

love is not powerless, it is power stepping down to serve, letting go of control, the transformation of the hunger to control 
into compassion, embracing a longing for others to grow

.  ..  . .. .. .... . . . .. .... .. . . .. . . .. . . ..... .. .

Dit gee my nogal 'n kick elke keer as ek "2014" skryf, voel of ek iewers in die toekoms woon.


13/10/2014
My aanbieding verlede week by Renaissance Konferensie: "BUITE-KERKLIK maar nog GELOWIG":

Wanneer jy water in 'n houer gooi, help die houer om die chaos te beperk, dit help dat die water nie die wêreld vol hardloop nie. Dis die hele idee met meeste strukture.
Ongelukkig het bewaring dikwels ook 'n inhiberende effek. Die probleem is dat die houer nie net die inhoud beskerm nie, maar dat dit ook vorm - die water neem die vorm van die houer aan.
Dit gebeur ook in sosiale strukture soos die kerk . . .


02/10/2014
Jesus promised those who would follow him only three things:
that they would be absurdly happy,
entirely fearless,
and always in trouble.
The problem is that most of us figure that two out of three ain’t bad.


- Greg Levoy


30/09/2014
Die man is die hoof? Nie in dié huis nie!
(my rubriek die week in Beeld / Netwerk24)


Dis maklik vir Paulus om te sê "die man moet die hoof van die huis wees, hy was nie getroud nie.  
    As jy nou wil chaos sien, maak iemand soos ek die hoof van 'n huis!
    Ek weet ek moet eintlik sê ek en my vrou is heeltemal gelyk, maar dis eenvoudig nie waar nie. Dalk in waardigheid voor die genade van die Liewe Here, maar nie in vermoë nie, nie in die dag tot dag uitvoering van basiese take nie.
    Marina is 'n fascinating hoof, baie dankie, sy is slimmer (het byvoorbeeld 'n PhD), werk harder, is meer selfbeheersd, het beter onderskeiding, is mooier (rêrig!), is besonder well spoken en kan dinge doen waarmee ek sukkel, soos uit haar kop uit reg spel (selfs in Engels sonder spellcheck) - en sy kan goed in 'n groep saamwerk.     
 

    I submit, not by force, but by the natural order of things! Meeste van die tyd (so nou en dan het ek 'n glipsie).
    Ek kan nou nie namens Paulus praat nie, maar ek vermoed, dat sou hy met my vrou getroud wees, hy anders oor die saak sou voel. En dan was daar vandag vroue dominees in die Dopper kerk en was die Pous dalk 'n vrou - al hou ek nogal van die een wat ons nou het.
Ek kan nie van alle huwelike praat nie, net my eie (daar is glo gesinne waar die teendeel goed werk).
    Jy dink natuurlik nou dat ek hier probeer opstaan vir die regte van vroue ter wille van vroue, maar jy is verkeerd, nie dat ek dink dis nie nodig nie, inteendeel, vroue word oor die algemeen steeds baie sleg behandel, maar almal lei hieronder, ook mans.
    Emma Watson (Harry Potter se vriendin), het verlede week 'n baie mooi feministiese toespraak by die Verenigde Nasies gelewer . . .



25/09/2014

best to be genuine - if you want it to appear genuine


23/09/2014
 ". . . I saw that my critical questions made my father sad, but I nevertheless hoped for a constructive talk, since it appeared almost inconceivable to me that he should not have had experience of God, the most evident of all experiences. I knew enough about epistemology to realize that knowledge of this sort could not be proved, but it was equally clear to me that it stood in no more need of proof than the beauty of a sunset or the terrors of the night . . . "
- Carl Gustav Jung (Memories, Dreams, Reflections)


22/05/2014
Rykdom hou ’n groter bedreiging in vir die kerk as armoede.



"I did not leave the university - after twenty years - and move in with people with disabilities at L’arche because I wanted to help them, but because I needed better teachers . . ."  
" . . . God reveals Himself in vulnerability . . . "   
- Henri Nouwen

 10/09/2014
". . . let me tell you that Acid Alex is a book about child abuse and how it leads directly to crime. Its about spiritual abuse as an opiate of the masses and drug abuse as an opiate of the senses. It explores selling God as a drug and taking love as a pill. In a weird way it tries to prove that we do not inherit the earth from our ancestors we are currently only borrowing it from our children, and, loving them is our spiritual healing . . ." Al Lovejoy
 


“Sin happens whenever we refuse to keep growing.”
― Richard Rohr


11/11/2014
My take op die Steve Hofmeyr stem-sing fenomeen:
Los hulle. Laat hulle hulle liedjie sing!
    Daar is dalk history, maar daar is geen haatspraak in nie, net gebergtes en kranse en stuff. As jy rassisme haat, moet jy lief wees vir rassiste, anders is jy nie konsekwent nie. Gun hulle hulle pret.
    Nie dat ek dink almal wat die stem sing is rassiste nie. En ten minste 'n paar van hulle sing bloot saam a.g.v. groepsdruk (op die Innibos video op Youtube het baie mense verveeld gestaan en rondkyk sonder om te sing, terwyl ander gejive het - op die STEM!).
    Lets face it, dit was lekker vir baie van daai mense, dit het hulle tone laat krul (baie van hulle se tone krul ook as Gerrie Pretorius, Annemarie my skat, sing). 
    Maar laat die wat wil sing, sing. Mandela het after-all opgestaan vir die sing van die stem - moet nou nie lelik wees met 'n liedjie omdat jy nie van Steve hou nie!
    Dis eintlik wonderlik dat ons volkslied so divers is.
    Ek sou natuurlik ook verkies dat die klomp die hele volkslied sing, maar dit gebeur darem gewoonlik by  kultuurbyeenkomste (soos Innibos) - van 'n klein groepie mense in ons land - en nie by die Worldcup nie (want ons het mos nie gekwalifiseer nie). Die media gee te veel mag aan hierdie klein groepie mense. Hulle begin nou al dink hulle is vryheidsvegters.
    Ek voel daaroor soos ek destyds oor die AWB gevoel het as ek op die TV sien hoe hulle parades hou, dril en vlae hys. Ek het altyd gedink, goed so, ten minste hou hierdie ouens hulle besig. Terwyl hulle dril, praat net een ou. Ten minste vir 'n rukkie was hulle besig met iets anders as om pypbomme te bou en wapens en blikkieskos te versteek (terwyl soveel mense honger is). Terwyl hulle parades hou kon hulle nie die kinders indoktrineer by braaivleisvure of lelike goed skree vir swartmense op straat nie . . . En jy kon hulle duidelik uitken, jy’t geweet waar hulle is.
    Die klomp is darem nie almal soos die AWB van ouds nie. Maar is dit noodwendig 'n slegte ding as Steve hulle besig hou met die sing van liedjies?
    Baie linkses is net verdraagsaam met alles links van hulle. As jy wil vry wees, moet jy vry wees al die kante toe. Ook die ou wat jou irriteer sy plekkie gun. Vryheid van spraak beteken almal mag hulle liedjies sing - solank die woorde nou nie sê "maak dood die boer" of “donner die moffies" of “swart mense is dom” (of die tipe goed wat Steve deesdae tweet) nie.
( Nuuskommentaar: Maroela Media 11/2014)

09/08/2014

Dis die eerste keer dat ek weer in Prieska is na my solo roeitrip (van Vaaldam af tot Alexanderbaai) in 2005. Ek het vanoggend sommer heimwee toe ek op die brug stop. Op die eiland onder die brug het ek destyds my Kajak gelos en oor geswem om 'n kos te koop in Prieska en toe weer verder geroei.
    Laat daai aand - ver anderkant die dorp -  toe ek op 'n sandbank kamp opslaan om vir die eerste keer in baie dae iets anders as vis op die vuur te braai, besef ek met 'n skok dat my beursie, met al my geld, bankkaart, paspoort weg is.
    Die volgende dag roei ek na 'n plaashuis, aangedui op een van my kaarte, en doen iets wat ek eintlik nooit doen nie. Ek was bang die boere skiet op my as ek skielik uit die bloute in my toestand (het teen daai tyd nie te goed gelyk en geruik nie) by 'n plaashuis opdaag.
    'n Tannie het met haar rug na my gestaan by 'n waskamer. Ek het keel skoongemaak en toe sy omkyk sê ek: “Ek is 'n dominee en ek roei see toe.”
    Die tannie het geglimlag, my ingenooi en vertel dat dit nie die eerste keer is dat iemand wat roei daar aanklop nie. 'n National Geographic filmspan wat ook die rivier geroei het, het glo jare gelede meeste van hulle toerusting verloor in 'n storm en ook daar kom skuiling soek.
    Die tannie was so bly om my te sien.
    “Dit is asof die Here jou gestuur het,” het sy gesê en my die hartseer storie vertel van haar kleinkind wat weke tevore daar op die plaas verdrink het. Sy kon nie glo ek is 'n predikant nie, dit was vir haar asof die Here my gestuur het - huisbesoek deur 'n vuil dominee op die rivier is die laaste ding wat sy verwag het. Sy het haar hart uitgepraat en ons kon saam bid.
    Later het die oom opgedaag en het ons saam gekookte kos geëet - soos net boere mense dit kan maak.
    Die oom het my sy bakkie geleen en ek het terug gery Prieska toe om my beursie te gaan soek. Ek het op die einste brug gestop en tot my groot verligting my beursie in die water tussen die riete gekry.
Dit was een van die mooiste dae van my lewe. Nie net omdat ek my beursie terug gekry het nie, maar omdat ek wonderlike mense ontmoet het en gevoel het dat die Here op sy misterieuse manier aan die werk is - iemand het eenkeer gesê, toeval is wanneer God besluit om anoniem te bly.
    Die tannie het my (met 'n sak vol koekies en ander kos), by die rivier afgelaai.
Dit was 'n paar dae se roei tot op Groblershoop - waar ek weer wonderlike mense sou ontmoet . . .

As jy meer wil lees oor die roeitrippie hier is die link na 'n blog met 'n artikel wat destyds daaroor in WEG tydskrif was: 
http://kajakseetoe.blogspot.com/


24/05/2020
voorwaar, voorwaar, 
people of the lie, 
was toe reg
die boosheid kruip toe weg
agter kamstige skynsels van lig
the one who impressed me most
turned out to be a ghost
cruel to the core
en die leuen wen weer
and she’s in the clouds
and I’m on the floor
en die leuen wen weer
and we’ll close that door
and be no more
sela


07/08/2014
Belhar? (sug)

Die mense met wie ek te doen kry voel min vir denominansionalisme, kerkreg en belydenisskrifte. Hulle weet eintlik nie eers wat die woorde beteken nie (en van hulle is dominees se kinders!). Hulle motivering om die dinge te doen wat Belhar sê, kry hulle sommer by die bergpredikasie self. 
    Dit sal baie meer beteken - vir hierdie wêreld - as ons die energie wat ons in sit om Belhar ingestem te kry, sou gebruik om te doen wat die belydenisskrif sê (dan sou dit ook sommer makliker ingestem word). Die wêreld het die demonstrasie daarvan meer nodig as die kerkpolitiek daar rondom.
   Dit is dalk belangrik dat ons net weer eerlik kyk na die redes waarom dit so sukkel om ingestem te word: Aan die een kant, die redelike groot groep van ons NG kerkmense wat nie sterk voel oor eenheid met ander kulture nie. Aan die ander kant die feit dat die nood in Suid Afrika in praktyk 'n relatiewe lae prioriteit is (“in praktyk” soos in “op gemeentes se begrotings en kalenders”  teenoor “in teologie” - die meeste dominees lees tog die regte boeke en gebruik woorde soos “missionaal”). Nie 'n lekker gedagte nie, maar baie van ons eie kerkmense is na 'n leeftyd se prediking en Bybellees steeds meer materialisties en rassisties as wat ons wil erken! Daar is natuurlik ook bitterheid oor die verlede en Mammon self, wat 'n rol speel aan beide kante van die gesprek.
    As dit vir die sinode (wat is 'n sinode nou eintlik?) belangrik is dat ons nader aan die VGK beweeg (as wat Belhar sê régtig belangrik is), moedig dan gemeentes aan om gereeld saam te eet, saam eredienste te hou en saam uit te reik na die gemeenskap . . .
lees artikel (Kerkbode rubriek)


my artikel: Hoekom is die Susters altyd laat?! - wat ek destyds geskryf het toe die Hervormde Kerk verklaar het dat Apartheid toe tog 'n Sonde was.


 05/08/2014
Alianis het opgestaan en die podium met sy groen vingers vasgevat.
“Ek doen graag verslag oor die Planeet Aarde.”
    Elke moontlike denker was saam in die vertrek. Die aarde was die enigste planeet met intelligente lewe wat hulle tot op hede kon opspoor. Meeste van hulle was nog kinders toe die projek begin het.
    “Vir hierdie lesing wil ek fokus op die dominante spesie, genaamd: DIE MENS. ’n Besonder geweldadige wese! Die eerste skokkende ding wat ek ontdek het is dat hulle lyke eet.”
    Daar was ’n effense roering in die saal - om een of ander rede het amper almal geglo dat, sou daar lewe op ander planete wees, die wesens vreedsaam sou wees.
    “Hulle eet die liggaamsdele van 'n verskeidenheid spesies: vlieëndes, waterbewoners en die wat gewoon saam met hulle op land rondloop. Dit is asof DIE MENS in oorlog is met alles wat lewe op die planeet aarde. 'n Massa wesens word in konsentrasiekampe aangehou om later geëet te word.”
    Daar flits fotos op die skerm van varke en hoenders agter tralies en ander diere wat deur drade loer van kampe waarin hulle aangehou word.
    “DIE MENS is tegnologies gevorderd. Meeste lyke word byvoorbeeld verwerk, netjies verpak en in koelkamers gestoor . . .
    DIE MENS is 'n kreatiewe wese, hulle sal byvoorbeeld die liggaamsdeel van 'n vlieënde wese toedraai in 'n dun repie van die lyk van 'n landdier met 'n snoet, of van die lyke maal en in vorms druk of bolletjies rol . . .
    Soos ek reeds gesê het is DIE MENS ’n geweldadige soogdier wat gereeld en op grootskaal ook mekaar dood maak, al eet hulle om een of ander rede nie liggaamsdele van hulle eie spesie nie . . .”
    En só het Alianis vir dae lank "van lewe op aarde"
vertel .
    Later het hy oor ligter dinge gepraat, ander vreemde gedrag van DIE MENS. Hulle het gelag toe hy 'n video wys van 'n man met die naam Kurt se dans moves, gegril toe hy verduidelik hoe DIE MENS voortplant met basies dieselfde liggaamsdeel as waarmee hulle piepie - en gefluit toe 'n foto  van daai ou in die OMO advertensie
op die skerm verskyn.
    Maar as jy mooi kyk sou jy sien hoe hulle gedagtes dwaal. ’n Vrees het onder die alien geleerdes begin groei, die vrees dat DIE MENS op 'n dag húlle planeet sou ontdek. 






Nou die dag se boodskap by een van my gunsteling plekke

https://youtu.be/AeorvvKXUyA?t=32




07/09/2014
SWAK DIENS!
Ek was in die sitkamer toe sy bel. Was oortuig dis een van my vriende wat probeer gekskeer. Het begin twyfel toe die persoon al minder lekker klink - nie een van my vriende act so goed nie.
    Daar was skielik 'n vreemde roggel geluid. Gelukkig vra ek haar naam. Skrik my simpel toe ek besef dis rêrig nie 'n hoax nie.
    Sy't neergesit. 

    Ek bel rond, met 'n gesukkel kry ek haar adres by 'n vriendin. 
    Soontoe gejaag, geklop, geroep, te kere gegaan, geen antwoord. Doodstil. Kon aanvoel hier’s groot poef, toe skop ek die deur - dis nie so maklik soos in die flieks nie.
    Binne was dit chaos: die vrou op die vloer, uitgepaas, haar hande bond - rooi en blou en geel - die hele plek vol pilhouertjies, eenkant 'n leë boks wyn.
    Moes haar kar toe dra.
   By die naaste hospitaal - 'n "PRIVAAT hospitaal" - sê hulle iets in die lyn van "hier red ons net lewens as die geld reg is . . .” 

   Jaag verder.    
    By Steve Biko het die vrou begin bykom. Soortvan. Vir kort rukkies. Sy was hoog, dronk, deurmekaar. Die mense by ontvangs het gedink sy's my vrou. Moes lank in een van die gange sit en wag.
    Dinge het al meer gespanne begin raak, veral toe sy kliphard begin gesels. Een van die swart verpleegsters het verby gestap, sy't aan my hemp getrek, met haar vinger gewys en gesê: "Kyk daai meid se lelike skoene." 

    (Ek moes al dikwels in publieke hospitale se gange sit en wag, maar die diens was nou pateties! Dit het gevoel of die "personeel" ons aspris vermy. Swak diens!) 
    Die vrou het het elke nou en dan uitgepaase en dan weer bygekom, tekere gegaan oor die toestand van die personeel, die hospitaal, sommer die hele land. 
    Maar (op die ou einde), (na alles) het hulle uiteindelik toe tog haar lewe gered.

20/06/2014
. . . elke keer praat ek daaroor dat hulle die kerk se vurkieheining moet afbreek en die deure deur die week oop los, dat die beste ding wat hulle kan doen met die kerk se geld is om dit vir die armes te gee, vertel ek hoe my Sondagskooltannie vir my gelieg het oor Jesus . . . praat ek my hart uit. En hulle jaag my nie weg nie!
    Dis asof hulle die goed wil hoor. Asof hulle weet dinge is nie reg nie. Hulle gee nie om wat die dominee sê nie, solank hy eerlik is - en oor Jesus praat.
    Kerkmense is moeg gevlei. Hulle soek nie meer “predikers wat net vir hulle sê wat hulle graag wil hoor nie” (hulle is almal APK toe - en ek word nooit genooi om by die APK te praat nie). Verby is die tyd toe ons nie politiek in die kerk mag gepraat het nie - byvoorbeeld teen die feit dat swartmense nie eredienste mag bygewoon het nie. Niemand is meer 'n kommunis nie. Die vervolging is verby. Kerkmense is kwaad vir Zuma, maar hulle soek vir Jesus!
    Wat 'n wonderlike tyd om in die bediening te wees.
    Maar soos Spiderman se oupa vir hom gesê het: “with great freedom comes great responsibility” (of het hy gesê "strength"?) 


- Lees my artikel: Nuwe Vryheid in die Kerk is nie net sleg nie -  in Beeld 


08/07/2014
Maroela Media het my gevra om iets te skryf oor die geweldadige gebeure verlede week Iniwildernis:



22/06/2014
Echo Community meditating on the beatitudes in Matt 5:1-12 this month

Things we realized: 
 

Being blessed according to Jesus:

Being blessed not about being safe, comfortable, rich, popular . . ? Not about good things happening to us, but about being good!

- Being blessed is more about what happens in and through us, than what happens to us.

- Growing up? Spiritual growth is about growing down!
"Unlearning"   - Matt 18:1-6

- Being blessed = becoming Jesus-like 


20/02/2020
ek moes al baie preek en het al heelwat geskryf oor die idee dat ons die kwaad deur die goeie moet oorwin, dat bitterheid 'n bose ding is wat oor ons kom, 'n gif wat ons self drink . . .  so, ek het gedog ek het dit, ek sal dit kan hanteer as iemand naby my my verneuk en belieg, wat 'n ontnugtering dat dark-bitter-despair nie diskrimineer nie, dat die teorie oor hierdie dinge geen beskerming bied nie, dat dit so min energie dra . . . Here help my, is eintlik al wat ek hieroor kan sê . . 

12/06/2013

Elke nou en dan loop ek iemand raak wat sê of skryf ons moet meer akkomoderend wees, meer "oop" vir ander se opinies. As jy mooi kyk is baie van hulle egter net oop vir die links van hulle (die regs van hulle is nie oop genoeg om te akokomodeer nie). Om "oop" te wees beteken tog sekerlik dat ek ook oop is vir die wat minder akkomoderend is – wat minder oop is. (Die ironie hier kan ʼn mens natuurlik verder van jou kop af maak . . . nie net die ironie in dit waarna ek hier verwys nie, maar ook in die blote feit dat ek hierdie einste woorde hier in kritiek skryf op die wat kamstig oop is . . .) Die "ware" post-modernis (of post-post-modernis of whateva) sal byvoorbeeld mos eintlik ook baie lief wees - en spasie hê - vir die modernis. Hy of sy sal die "modernis" mos ʼn drukkie wil gee eerder as om met hom of haar te baklei? 
Of kan ʼn mens fundamentalisties wees teen fundamentalisme? Miskien is dit onmoontlik om oop te wees. Dalk is ons almal toe. En slegs as ons dit besef, is ons skielik effens minder toe? Miskien is Sakkie Spangenberg en Nevil Norden glad nie so verskillend nie? Ewe "oop"?! Miskien gaan liefde oor meer as om net oop te probeer wees? Miskien is ons besig met die verkeerde vraag? Miskien moet ek vanaand vroeg gaan slaap? . . .  nag al my virtuele- en ander imaginary friends


... . ... . . .... .. ..  ... . ..  ..

Stephan De Beer vertel nou die dag van die gemeente naby die middestad wat een oggend afgekom het op die lyk van 'n hawelose man op hulle kerkgebou se stoep. Hulle reaksie was om ʼn vurkieheining op te sit.
     Wat ʼn vreemde visserman! ʼn Visserman wat nie sy nette span om die visse om die boot te vang nie, maar eerder ʼn heining oprig om die visse uit te hou. 

     Die feit is, ons sou verkies dat die visse hulle afstand hou, dat ons kan "gaan visvang" wanneer óns wil (byvoorbeeld op naweek- en vakansieuitreike). Dis moeite om die armes so naby te hê - en dit lyk nie goed nie.
     Ons wil so graag veilig en gemaklik kerkwees dat meeste van ons tyd, geld en moeite vir geboue, toerusting en personeel gaan om die gemeente bedien - onsself.
     Te veel van die geld wat Sondae vir die “uitbreiding van die Koninkryk” ingesamel word, word Maandag gebruik om meer gemaklik en veilig kerk te wees.
Baie gemeentes roem daarop dat hulle 10% van hulle inkomste na buite gee. Die enigste verskil tussen hierdie gemeentes en die ryk man in die verhaal van die ryk man en Lausarus is dat die ryk man nie daaroor gespog het dat hy sy krummels vir die arm man
gee nie.     
     Om 10% van gemeentelede se tiendes te gee, beteken eintlik jy gee 1% (en natuurlik is dit heelwat minder, want gemeentelede gee selde ʼn tiende). 
     Dit is krummels.
     Die alternatief vir “krummels gooi vir die armes” is nie om brode te gooi nie, maar om ʼn maaltyd te deel. Nie om net uit te reik na mense in nood nie, maar om hulle in te nooi en saam met hulle kerk te wees.

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

10/05/2013
If there is no God, there should be no theology, if there is no living-Christ, there should be no Christianity. If all is fiction, the best thing for us to do would be to call it that.
     But strangely unbelieving Christian theologians are being payed large salaries by the Church (I use the word, “unbelieving” and not “doubting” meaning theologians that came to a conclusion about the fiction of Christ - all doubt at times). And for me it is not so much unethical for the church to pay them - the church should be gratuitous to all, and “give to him who ask” - but for them to make a living on something they do not believe in; to say from the pulpit only what is being expected of them to say, while personally having the conviction that it is all a lie. The whole “personal faith” versus “public faith” idea. If I can not  say publicly what I believe privately, what should I say? Only what they want to hear? What is the definition of integrity for the clergy?  
     I have been criticized a lot for saying this, but I have great respect for Abel Pienaar. When he came to the conclusion that he can no longer believe the message of the gospel as proclaimed by the church, he boldly said it, walked away from the pulpit and waved goodbye to the all the benefits and financial securities of the clergy. A lot of people trust him, because he is honest.
     I have spoken to many who share his conviction but don't have his balls. 
     My congregation should have the assurance that I preach the gospel because I believe it (even though I might not understand a lot of it) and that if I come to the conclusion that most of it is a lie, I will boldly say it. Because my wish for them would be that they would not believe a lie.
     All this potential honesty in church is being complicated by money.  
     I sometimes wonder how many clergy would, if they could get a well paid secular job, with the same money and benefits for the same work-hours, after taking that job, continue to pray with people, continue to share the gospel or even continue attending church.
     There’s a lot of disillusioned people in ministry. Wonderful, beautiful, clever people, but in great agony because of the tension between their personal conviction and public message. 


27/07/2014
In the magnificent palace church, a handsome court preacher, the cultivated public’s chosen one, steps before a select circle of the distinguished and cultured, and preaches movingly on the words of the apostle, “God chose the lowly and the despised” — and no one laughs.
    - Sören Kierkegaard

. ... . ... . .. .... . .... . .. .   .... . ..    ..  .  . ... .....  .   ..  .....


Hoor nou weer van die soveelste gemeente wat hulle barmhartigheids- en sendingberotings sny "om hulle boeke te laat klop..."  - minder belangrike goed eerste?

 Niks is gevaarliker vir die kerk as “om veilig te speel” nie 


07/08/2014
ek is ryk (ek weet 'n mens mag dit nie eintlik sê nie), al is my kar ouer as Katinka en raas my briekskoene, al moet ek nou weer geld by Marina leen om 'n huurkar te bespreek (om moreaand Prieska toe te ry van Kimberley lughawe af - hulle vat mos sommer R2800 vir ingeval iets gebeur) en weet ek nie hoe gaan die vliegtuigkaartjie koop vir die storie wat ek later die maand in die Kaap moet gaan doen nie (die mense gee darem altyd die geld terug maar gewoonlik eers na die tyd), die blote gedagte dat mens probleme soos hierdie het, dat jou kredietkaart op sy limiet kan wees, sê jy is ryk, eintlik skatryk - arm mense vlieg nie, huur nie karre nie en mag nie worrie oor oortrokke kredietkaarte nie, al is hulle “niks” eintlik seker tegnies meer as my “in-die-rooi”, after all: ek is met 'n dominee getroud, ek het 'n vangnet (daar is 'n sendeling wat uitreik na my!) - hopelessness is a luxury of the privileged - nie dat ek hopeless is nie, maar ek sou kon wees, as ek nie geweet het ek is ryk nie


15/06/2014
Die SAVF het my gevra om met die bestuurders van hulle kinderhuise te praat oor “hoe kweek 'n mens verantwoordelikheid by 'n tiener” - ek wou eers terug mail en vra of ek eerder oor world peace kon praat, maar was bang hulle vang nie my grappie nie.
    Ek moes noodgedwonge dink aan verantwoordelikheid.    

    Onverantwoordelikheid ken ek beter. Maar hoe sou mens dit verwoord?   
    Uiteindelik het ek by die “slotsom” gekom onverantwoordelikheid is om: nie om te gee nie. Iemand wat onverantwoordelik optree, gee nie om vir hulleself, vir ander en/of die wêreld nie.
   By van ons wildste tieners by Echo sien ons dikwels 'n tipe NUMBNESS. hulle moes noodgedwonge hard word in 'n poging om hulleself te beskerm teen seerkry. Numbness is soos 'n geestelike eelt op 'n mens se hart. Dit verdoof jou vermoë om empatie te ervaar.
   Dissipline, roetine en al daai tipiese dinge het sekerlik 'n belangrike rol te speel in die aankweek van verantwoordelikheid, maar die eerste prys is wanneer 'n jongmens by die punt kom waar hy “die regte ding” doen, nie omdat hy moet nie - nie uit vrees vir straf of mislukking nie - maar omdat hy/sy begin OMGEE.
   Dalk is die vraag waarmee ons ultimately besig moet wees: hoe leer ek 'n kind om weer lief te hê?

06/06/2013
is daar iets meer onaanskoulik as 'n ongelowige teoloog?
- iemand vir wie die misterie nie meer bestaan nie
 

kan ’n mens meer fundamentalisties wees as dit?

Richard Rohr waarsku dat sonder gereelde bewuswordings van God se teenwoordigheid die teologie maar net nog 'n magspel word . . . 
 05/06/2014

". . . he is not far from any one of us. For in him we live and move and have our being . . ."
Paulus

Love Meister Eckhart se verduideliking:
     Hy het gesê dat anders as met 'n bouer wie se handewerk bly staan as hy sy gebou verlaat, sal indien God sy skepping verlaat (selfs net vir 'n oomblik), alles wegval in niks.   

    God kan nie losgemaak word van sy skepping nie. Dis hy wat die kleinste deeltjies waaruit ons atome bestaan, só om mekkaar laat spin, dat ons hieroor kan dink.

    Paula D'Arcy: "God comes to you disguised as your life." 

    Die uitdaging is om God elke dag op nuwe (en ou) plekke te "ontdek" . . . 


And he is before all things, and in him all things hold together. Col 1:17

 30/05/2014

Tshwane Mayor, Kgosientso Ramokgopa, planned to evacuate all the homeless (500+) from the city council shelter (2 Struben street) today! Middle of the winter . . . 2 days notice . . .  
 
Thx everyone that send a message/mail to Mayor Ramokgopa and media! 

Here is the contact info again -  for just in case...
Mayor Kgosientso Ramokgopa:
Tel: 012 358 4763
Fax: 012 323 5117
Shanellec@Tshwane.gov.za
Joshua 0734524712
Tinyiko 0718732289


 Letter from the Mayor's office:

"The Office of the Executive Mayor regrets that the letter has been sent and has ordered the Health and Social Development Department to withdraw it.
No one will be evicted. We see the letter by the department as a grave mistake by the department.

Member of the Mayoral Committee for Health and Social Development will visit the shelter today to discuss the matter . . .

 . . . the MMC for Health and Social development will host an open meeting with the occupants of the building t to address the concerns and outline the temporary measures for persons in the Shelter during the renovations process.

The will be no evictions until such time that the project manager has arranged a phased in renovations of the facility to ensure that there is minimum temporary relocation during such refurbishments and repairs

Blessing Manale"

25/05/2014
Jesus het duidelik 'n groter probleem gehad met rykdom as met armoede (die ryk jong man, die ryk man en Lasarus, Mammon . . .)
   Maar is lewe van armoede nou die “Ultimate Good” ? 'n Mens sou byvoorbeeld kon vra: “Waarom moet ons die armes help as armoede dan so wonderlik is?” .
   As daar sparake is van die  “Ultimate Good”, gaan dit nie oor rykdom óf armoede nie, maar eerder liefde en selfopoffering - barmhartigheid.
   Die idee is nie dat ons streef na 'n lewe van armoede nie, maar na lewe van meer en meer liefde.
   “Al deel ek alles wat ek het aan ander uit . . . en ek het nie liefde nie, baat dit my niks” - 1Kor 13:3
   Die twee is verweef in mekaar. Een van die teken dat ons werklik liefhet is natuurlik dat materiele doed en finansies minder belangrik word - veral in ’n wêreld met soveel nood.

    “Gaan leer wat dit beteken, ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,” Jesus sê hierdie woorde 2 keer in die Matteus Evangelie.    
    Watter ander motief is daar? Vrees, skuldgevoelens? Jy kan aanhou offer sonder om aan te hou te groei, maar barmhartigheid, vra dat ons harte sal aanhou groter word - en 'n klomp ander goed kleiner.  
    Ek kan offer sonder dat ek geestelik groei, maar barmhartigheid vra dat ons binnekant verander, al hoe meer ruimte skep vir ander - dat ons groei in empatie.

24/05/2014
Die geestelike lewe word maklik bloot net nog 'n poging om myself te regverdig, te verduidelik waarom ek is waar ek is, en waarom ek daar moet bly.
   Maar die Gees van God wil ons nie maar net beter laat voel oor waar ons is nie. Hy beweeg ons - altyd dieper, altyd wyer - die onbekende in . . . Groei, is altyd “groei in vryheid” - essensieel 'n beweging - dit beteken: ek hoef nie te stop nie, ek mag aanhou beweeg.
   Ek het jare gelede dié qoute gehoor (kan eerlik nie onthou deur wie nie): “Without personal development, you are now the person you will always be, and hell starts one day, when this person meets the one you could have been.” (or who we acctually
were created to be).
   Groei is dikwels pynlik. Ons wil graag iewers stop en sê: dis nou genoeg, hiervoor sal ek settle. Maar die Gees van God dink meer van ons.
   Hierdie vryheid van ons is verweef in die vryheid van die wêreld - soos TLF se motto vir die jaar so mooi uitspel: “your freedom is my freedom”
   Hand 1:8



23/05/2014
always, either a longing or an expectation . . . 
 
I know I must live in the moment . . . but I'm not so sure my "now" is in the present, it always feels a bit in the past, sometimes even in the future - except for a very few silent exceptions (maybe that's why we need more silence?)


Dalk moet ons heeltemal ophou “nooit” en “altyd” sê. Moet ons nooit weer sê “dinge werk altyd sis of so” nie. Moet ons eerder altyd erken dinge kan verander. Dalk moet ons aanleer om sekerhede altyd met 'n “never say never,” in ons gedagtes vas te hou (en nooit tot 'n finale slotsom kom oor enige iets nie) . . .
    Of dalk is hierdie hele dekonstruksie-idee net  nog
'n pot snot? 
    Relativisme, 'n stupid spelletjie wat heeltyd haar eie reëls breek?
    Dalk moet ons (byvoorbeeld) onthou dat party goed net een keer in die geskiedenis gebeur en nooit weer nie.
    Dalk is daar eerder sekerheid EN onsekerheid, ewigheid EN tydelikheid . . . dalk is dit beter om te erken dat dit óns koppe is wat bietjie klein is en dat ons verskriklik baie foute maak. As om tot die slotsom te kom dat die een ALTYD die ander relativeer.
    As dit waar was, was daar nou niks - en hier sit ek dan en tik op my rekenaar!?

nag imaginary friends

21/05/2014
Jung calls it "the ego", Paul "our sinful nature", Rohr "the false self ". . .
we want to look better rather than be better, feel better rather than grow 
-  but Jesus is more interested in our growth than our image & comfort


1kor13 flat

al praat jy soos 'n engel
al gedra jy jou
soos 'n pastorie vrou
sonder liefde
is jy fokol


14/05/2014

we can only have answers if we have doubts - doubts are the questions of those who seek faith 

.. ... . ..... . .... . .. .   .. . ... ....


onlekker om te besef jou kritici is waarskynlik reg - soos in Marina se preek by gisteraand se diens... die kanse is glo baie goed dat ons heeltmal blind is vir ons eie foute, daarom het ons eerlike mense om ons nodig.
    "wat mense agter ons rug sê is belangrik, want dis dikwels die waarheid"(!)
    ek het al met lang redenasies geantwoord op hate-mail en ander vorms van kritiek, maar sê nou hulle het 'n punt beet. sê nou ek ís so arrogant, ongelowig, bevooroordeeld, ondankbaar, oningelig... soos hulle beweer? ooo vrek


18/04/2014
Maroela Media het my gevra om vir hulle te skryf - kommentaar op nuusgebeure (weird dat hulle my vra, ek weet). Gaan kyk bietjie op hulle site: www.maroelamedia.co.za - en mail my as jy idees het jaco@echoyouth.co.za
17/04/2014

Kerkgeboue oop vir gebed, nie net op Sondae nie, maar die hele week . . .  onmoontlik, onprakties, te gevaarlik? Die Katolieke en Anglikane is Gereformeerde en Charismatiese gemeentes een voor hiermee. Selfs in van die wildste middestede in die wêreld (soos Kalkutta, Nairobi, Mexico City . . . Johannesburg, Pretoria . .  .) kan jy enige tyd van die dag in 'n Katolieke kerkgebou in stap om te gaan bid. 

     Die hele idee is tog om die gemeenskap te dien. Of het 'n kerkgebou net nut as daar 'n dominee is wat preek?


Dalk moet kerkstrukture ook meer soos Jesus lyk?
Lees my rubriek die week in Beeld :
http://www.beeld.com/opinie/2014-04-15-kerke-moet-totbekering-kom



13/04/2014
Ek werk nie eintlik nie, nie rêrig nie, ek sit net heeldag en praat en bid en lees en skryf . . .    
     Die laaste paar dae was ek egter op die plaas. Ons bou 'n enorme afdak by die rivier (9x9m) - ons cummunity se wegbreek plek waar ons kampe hou.
     Moes 'n klomp bloekombome afsaag vir pale, 'n vrag sand inwerk, gate grou, deure insit, meet, plak, kap . . . die tipe goed wat meeste normale mense vir 'n lewe doen.
     'n Great week. Dit voel of my reset-knoppie gedruk is. Ons het saam gesweet en net gefokus op die werk voor ons en die ouens wat saam met ons spook, niks anders nie, en dit was verbasend bevrydend - goeie terapie.
     Jung het gesê: “Often the hands will solve a mystery that the intellect has struggled with in vain . . .”
     Dalk is mense soos ek se koppe deesdae so deurmekaar omdat ons nie meer werk nie . . ?



14/04/2014
Iemand het gesê ek moet iets skryf oor wat ek dink van die Oscar sage. Ek dink hy moet die waarheid praat . . . en ek dink ons moet hom genadig wees.
     Hy verdien dit nie! sê jy
     Nou wat is jóú definisie van genade?

______



08/04/2014

I couldn't sleep, so I thought about the different ways we as humans think about (unreachable) stars and galaxies . . .  
Lets face it, the astronomer and the astrologist is probably both wrong in the end. At least it is clear with the astrologist - even in the beginning of his/her argument. 
     But with the astronomer, we (and not even he) might never know the error in his/her assumptions and conclusions. The lie is hidden by his carefulness and earnestness - in his logical way of seeking. Thus his theory transforms in to a fact that everyone ends up believing.
     But . .  at the end science also deceive us. The fact that the error takes longer (centuries?) to be discovered, doesn’t make it less of a lie.
     Truth is hidden in the mystery of nature - and God. Little truths here and there might be known (every now and again) but the whole-truth is unknowable to humans. The whole-truth is a mysterious truth - it only settles in reality, imagination is to weak to hold it.
nou gaan ek slaap, nag al my digital imagery friends 




24/04/2014
Every now and again someone decides not to walk away from God - not to try and hide themselves anymore - but to turn around and rather walk towards Him, to seek more awareness, not less. 


to my fellow explorers:
     don’t think that if you can’t know everything about Him that you can know nothing of Him 
     do not think that if you know something of Him that you can know everything about Him
     you and I are amazingly small
     but luckily, He is amazingly gracious
     the knowledge of these 2 truths, is a good start for those willing to venture into the mysterious quest towards the most ancient being of all
     - don’t forget to enjoy the journey - and lets share what we find


24/03/2014

 . . . liefde kan net bestaan waar daar vryheid is - sonder vryheid is daar net afhanklikheid, nie liefde nie.
    'n Mens sou kon sê dis 'n misterie dat God daai “verbode boom” in die tuin van Eden gesit het, die groter misterie is egter dat ons kies om in die skadu van daai enkele boom te lewe. Onthou, daar was 'n menigte goeie bome - en ander plante en riviere en mak-wilde-diere(!) . . . ’n beautiful plek vol vryheid. Die bose boom was die klein uitsondering, die enkele oop deur - for just in case they wanted out.
    Die skeppings verhaal in Genesis 2 lees soos 'n gedig, op 'n stadium sê die skrywer: “Hulle twee, die mens en sy vrou, was kaal, maar hulle was nie skaam nie
    Toe ek dit nou weer lees, skree iets hier binne in my (en ek dink nie dit was net my hormone nie), Hohaa!    
    Daar is iets in ons wat verlang na daai tuin van Eden, wat weer vry wil wees. Wat wil kaal hardloop sonder om skaam te wees. Ons smag daarna - en as ons daai vryheid nie kan kry nie, vul ons die leegheid met enige iets, al kan dit daai knaende verlange selfs net tydelik verdoof.
    Waarvoor is ons bang? Om geken te word . . ?
    Ons is steeds skaam - ons wil nie kaal wees nie. We want to cover up.
    Werklike Community kan 'n ruimte skep waar iets van daai vreemde vryheid aan die begin weer ontdek word. Waar “kaal-wees” voor mekaar aangemoedig word. Waar ons weer leer om oop en eerlik voor mekaar te lewe en saam te ontdek dat die verbode bome eintlik vêr in die minderheid is.
     Om werklik geken te word - en werklik te ken - kan bevrydend wees. Om liefgehê te word vir wie ons weklik is (kaal), nie vir wie ons voorgee om te wees nie - en om ander so lief te hê.
     Maar dis ook gevaarlik. Om geken te word is 'n hoë risiko oefening. Hoe nader ons ander aan ons toelaat, hoe seerder kan ons kry. Daarom isoleer ons onsself in 'n poging om veilig te wees . . . 
     Maar die alternatief vir intimiteit is eensaamheid. 'n Mens kan net werklik veilig wees teen seerky deur ander as jy alleen is.  
    Om “vry te wees” is om te groei - om nie hoef te stop nie, maar te mag aanhou beweeg.
    Eenvoud en vryheid loop natuurlik saam. Die blote gedagte aan die woorde van Jesus, dat ons nie moet bekommerd wees oor wat ons moet eet of aantrek nie want God sorg dan vir die voëls en die lelies . . . is vir ons skrikwekkend. Ons is vies vir Jesus as ons dit lees. Ons wil só graag goed hê om oor bekommerd te wees.
    Ek dink nie Jesus was besig om ons op 'n quilt-trip te sit oor ons besittings nie, ek dink Hy wou wys hoe min ons regtig nodig het om gelukkig te wees. Hoe eenvoudig dit is. Hoe vry ons eintlik gemaak is om te wees . . .



vakansietyd




 20/05/2014
ek en Nelus (moderator van die NG Kerk) skryf nou om die beurt 'n rubriek vir Kerkbode. whoopy! dis nou wat ek sou noem 'n “awesome tension”. hy wil Biskoppe aanstel (lees sy rubriek die week) en ek wil net begin torings omtrek en hoenders afskroef . . . eintlik great dat 'n koerant soos Kerkbode die ruimte skep. in die verlede het die kerk te dikwels die tipe spanning gesien as iets negatiefs, iets wat “opgelos” moet word. toe Neels, die redakteur, my vra of ek die rubriek sal skryf het ek gesê dit kan gevaarlik raak, waarop hy geantwoord het, hy weet, dis wat hy soek. hoha! you got to love this church


Behalwe vir Kerkbode skryf ek ook rubrieke vir Beeld en onlangs het Maroela Media my gevra om vir hulle nuuskommentaar te skryf.    
    Dis ironies, want hulle is almal instellings - en verteenwoordig 'n groep in die samelewing - op wie ek eintlik uiters krities is. Tog verdra hulle my, sê hulle ek mag maar eerlik wees (selfs die Kerkbode edit my nie meer as ek my taal meng nie). Oral waar ek kom is mense nicer met my as wat ek al ooit met hulle was!
    My vriend Francois het my al gewaarsku dat “hulle” jou al nader gaan trek en dan absorbeer - tot jy so naby is dat jy eintlik nie meer 'n stem het nie . . . Hy is baie slimmer as ek. Maar tot nou toe beleef ek tog iets anders. Dis asof “vleitaal” die laaste ding op hulle agenda is. Ek mag maar krities wees oor die media in Beeld; oor my frustrasies met die NG Kerk in die Kerkbode; teen blanke rassisme skryf by Maroela Media.
    Al wat hulle blykbaar wil hê is dat ek eerlik sal wees - en aktueel. Wat 'n wonderlike vryheid. Dit maak dat ek sommer minder krities voel oor al drie - en hulle mense . . . (#%&@!* dalk was Francois reg!)
19/03/2014

ons leef in ’n wêreld waar kriminele eintlik maar doen wat kriminele tipies doen (steel, moor . . .), politici maar doen wat politici tipiese doen (wat ook al nodig is om aan bewind te bly en meer mag te kry), besighede wat besighede doen (geld maak) . . . maar is die kerk besig met dit waarmee volgelinge van Jesus "tipies mee besig moet wees"?


One can insult an honest man or an honest woman, but to tell a thief that he is a thief is merely la constation d'un fait  
- Leo Tolstoy


18/03/2014
“. . . during my stay in Paris, the sight of a public execution revealed to me the weakness of my superstitious beliefs in progress. When I saw the head divided from the body, and heard the sound with which it fell separately into the box, I understood, not with my reason, but with my whole being, that no theory of the wisdom of all established things, nor of progress, could justify such an act. And that if all the men in the world from the day of creation, by whatever theory, had found this thing necessary, it was a bad thing; and that therefore I must judge what was right and necessary, not by what men said and did; not by the idea of progress, but what I felt to be true in my heart.”
- Leo Tolstoy


12/03/2014
Vryheid, gelykheid en broederskap? No way. Nie hier nie. Dalk lank lank gelede in die kop van 'n ongelowige Fransman . . . maar moenie vir my kom sê mense is vandag "gelykwaardig" nie.
In my laaste jare as student het ek 'n baie ou, siwwe, Renault 5 gery - een van daai klein blou karretjies, 'n bietjie groter as 'n Mini. Tot my groot frustrasie moes ek soos meeste studente altyd buite die hekke van die universiteit parkeer en ver stap tot by die fakulteit.
    Want ek was maar net 'n arm student . . .   
    Op 'n dag breek my kar weer. Gelukkig kuier Marina se pa-hulle by ons en hy leen my sy nuwe Mercedes. Net daar besluit ek, vandag parkeer ek binne, tussen al die belangrike mense.
    By die sekuriteitshek, kyk ek stip voor my uit en wys bloot met my regter hand vir die wag om oop te maak.
    En hy het!
    Wat 'n wonderlike gevoel was dit nie.
    Die volgende dag is my Renault weer “reg” en dog ek by myself, net vir 'n proefneming, kom ons kyk of dit nie dalk weer werk nie.
    Ek stop voor die hek. Kyk stip voor my. Wuif vir die wag om oop te maak (my gesigsuitdrukking was presies dieselfde). Die volgende oomblik skrik ek my boeglam. Die wag kap met sy knuppel teen die venster. “Wat dink jy doen jy?” raas hy, “julle studente moet buite parkeer!”.
    My proefneming het aangetoon dat dit in hierdie wêreld eenvoudig onmoontlik is om belangrik te wees in 'n Renault 5.

Vir 'n tyd lank het ek in Indië gewoon. Ek was brandarm. Vir maande het ek en 'n klomp ander ouens onder 'n palmtak afdak op die grond geslaap en onder 'n enkele kraan gebad. Ek kan nie in 'n koerantjie soos hierdie verduidelik in watter toestand die toilette was nie. Dit was nie maklik nie.
    Ek het egter gou 'n “trick” geleer in my poging om nou en dan 'n bietjie beskawing te beleef.
    Dit was maklik. Ek het het eenvoudig die goedkoopste bus gevang na die middestad en by die eerste vyfster hotel ingestap. Ek het agter gekom dat ek nie eens hoef “op te dress” nie, die blote feit dat ek 'n Westerling was gee my vrye toegang tot die geriewe - ek het selfs 'n keer of wat kaalvoet opgedaag. Al kon ek nie eers 'n een ster hotel bekostig nie, het die man by die deur my keer op keer soos 'n ryk man behandel.
    Want ek is mos 'n Westerling!
In hierdie wêreld het mense nie gelyke waarde nie. Dis 'n feit.  
    Waarde hang af van geld, status en vooroordeel.

Een van die beste voorbeelde hiervan is Privaat hospitale - waar hulle slegs lewens red as die geld reg is. Die mediese bedryf is sekerlik een van dié mees onetiese bedrywe in die wêreld.
    Ek is met 'n dominee getroud so ons het 'n goeie mediese fonds.     Nou die dag is ek in die hospitaal vir 'n operasie aan my enkel.
    Vyfster behandeling!
    Laat een nag lui ek die klokkie, want die pyn was erg. 'n Ouerige verpleegster kom by my kamer in en ek sien sy is effe kruppel. Ja verduidelik sy, toe ek haar uitvra, haar voet is ook seer, sy weet nie hoe sy die volgende paar weke se skofte gaan maak nie. Haar operasie is eers volgende maand, in Kalafong. Toe gee sy my 'n inspuiting en stel die lugversorging 'n bietjie af.

(Kerkbode - Nuwe Hart)

 11/04/2011

. . . there's organizations, programs, philosophies, theologies, theories . . . and then there's this beautiful chaos called community . .  #ECHO_Community_Meal
 
07/03/2014

'n Dwelm-ou in een van ons huise het op 'n dag die ingenieur wat saam met hom bly se rekenaar gesteel en gaan pand vir heroïne. Dis nie vreemd nie - maar daar was baie belangrike data op daai rekenaar . . . lang storie.
    Ons besluit toe om iets te doen wat ons eintlik nooit doen nie: om die rekenaar terug te koop by die betrokke drug dealer in Sunnyside - met die ooreenkoms dat die dwelm ou gaan vir rehab en hy dan later die geld begin terug betaal . . .
 
    Wat wél vreemd was, was die reaksie van die dealer toe ek hom bel:
    Dit was vroeg Sondag oggend. 
    “Can we meet you half past ten?” vra ek. 
    “No, no!” antwoord die heroine dealer in 'n
Nigeriese aksent, “I’m still in church then, you can come twelve o’clock.”   
    Wel, dink ek toe ons ry, dis seker nie só vreemd nie, my kerk sit vol rassiste.

(ps - die hele storie het op die ou einde plat geval - die laptop was op daardie stadium glo al reeds in Zimbabwe)

05/03/2014 
. . . die gevaar van georganiseerde godsdiens is dat dit God probeer vasvang - "sodat die mense kan kom kyk . . .”  
    Jy kan natuurlik ʼn lewe maak uit 'n vreemde wese in ʼn hok. ʼn Mens kan geld maak met God! Maar laat ek nou nie weer op daardie band-wagon klim nie.  
    Die waarheid is dit: God laat Hom nie vang nie! Daai wese in die godsdiens hok, hoe interessant of vreesaanjaend hy ook al mag voorkom, is nie God nie.  
    Dit het die Fariseërs en ander "bestudeerders van God" byvoorbeeld erg ontstel toe Jesus . . .   
My rubriek vandag in Beeld

27/02/2014

of all my therapists, I miss the sea the most



die boot was hout en grys

en die water en die lig ewe blou

en grys en vaal

die see was nat en kaal

en die lig, ewe leeg en lig

en vaal

en stil

die boot het nie beweeg nie

ook nie die lig nie

en ook nie die water nie



11/02/2017




23/02/2013
 . . . Kunstenaars het die vermoë om die potensiaal in goed raak te sien. Hulle kan nog droom. My vrou skilder. Gee haar ʼn paar dooie buisies verf, ʼn kwas en ʼn leë lap gespan oor ʼn eenvoudige houtraam en netnou-netnou lewe daar ʼn droom op daardie doek . . .     
     Die kuns van die lewe het te doen met hierdie misterieuse potensiaal van dinge: dat iets wonderliks gedroom kan word uit ʼn paar dooie goedjies; nuwe lewe uit 'n hopelose situasie; iets ongeloofliks uit niks . . .  - Die Kunstenaar en sy mense


One asks why the same man who has watched the most atrocious events dry-eyed, who even has committed cold-blooded crimes, will weep at the theatre at the representation of these events and crimes? It is that he does not see them with the same eyes, he sees them with the eyes of the author and the actor. He is no longer the same man; he was a barbarian, he was agitated by furious passions when he saw an innocent woman killed, when he stained himself with his friend's blood. His soul was filled with stormy tumult; it is tranquil, it is empty; nature returns to it; he sheds virtuous tears. That is the true merit, the great good of the theatres...” Voltaire on Tears

02/04/2011
“It would be possible to describe everything scientifically, but it would make no sense; it would be without meaning, as if you described a Beethoven symphony as a variation of wave pressure.”
― Albert Einstein

03/02/2014
Unless someone like you cares a whole awful lot, nothing is going to get better. 
- Dr. Seuss
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......
niemand was ooit te sleg vir Jesus nie . . . maar party was al te goed - veral in hulle eie oë


Lees


ek is totaal bipolêr oor die kerk - lag / huil 




soms voel ek lus om die here alleen te dien
net ek en hy
bogger die kerk
bogger die wêreld
en al daai teologiese chit-chat
eenvoudig
privaat
alleen
soms voel ek om weg te kruip soos saddam
in ʼn bunker
net my stoppelbaard, my skewe tande en ek
bogger bush
bogger die land wat brand 


22/02/2014
Whether human beings admit it or not, we are all in love with - addicted to - the status quo and the past, even when it’s killing us . . . for some sad reason, it is joy that we hold lightly and victimhood we grab unto.
- Richard Rohr

02/11/2013
hoop is nie 'n gedagte nie . . .  hoop is 'n teenwoordigheid


You won't meet anyone today who isn't important


As Jesus vir die Ryk Jongman gesê het, neem my net aan as jou persoonlike verlosser en saligmaker, het hy dit waarskynlik gedoen


12/04/2013
"As tannie nie daarvan hou dat die kinders swart is nie,
gaan raas met God - hy't hulle so gemaak"


At one time I was so immersed in problems of church and society that my whole life had become a sort of drawn-out, wearisome discussion. Jesus had been pushed into the background; he had himself become just another problem.

- Henri Nouwen

29/01/2014

dit wil toenemend voorkom asof die Christen boekbedryf se nommer een motief is om geld te maak uit die gratis Evangelie - dalk is ek net sinies, dalk is alles deesdae lekker flashy omdat die Here die bedryf so seën! Wat ek wel nie lekker verstaan nie, is byvoorbeeld hoekom die Bybel nie altyd oral gratis digitaal versprei mag word nie . . . en 'n paar ander dinge. Cum se vinnige afhaal/opsit van oom Solly was ook nogal interessant, hulle was nie seker wat die mark die gelukkigste gaan maak nie. Wat sou die beste wees vir die besigheid? Om nice te wees met die oom of om hom "uit te haal" . . ? Toe doen hulle maar albei . . . 


“I dream my painting and I paint my dream.”
― Vincent van Gogh


daar’s vier vaal engele bo my bed. het hulle al baie dopgehou (in die dag - in die nag is hulle net skadu's). ooo hulle beweeg soo stadig . . . soos 'n kerkvergadering (ironies, want engele is veronderstel om vry te wees? die wêreld vol te vlieg?) ek wonder baie oor wat van daai viertjies gaan word, shame
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Christenwees is dalk eerder 'n kuns - as 'n wetenskap

22/01/2014

Ek weet mens is nie eintlik veronderstel om jou substances te meng nie,
maar Gert Vlok Nel en Denis Johnson se Jesus' Son. . .  



21/01/2014
huise vol mense vol liefde
- die droom



het gisteraand gedroom van die mooiste kerkgebou met 'n reuse "fuck the poor" sticker teen die voordeur (yes, I need prayer) 

.   .   .   .   .   .   .   . 

10/10/2013
When the woman showed her love for the children that were not her own, and wept over them, I saw in her the living God, and understood What men live by...
- Leo Tostoy



In the dark night of the soul, bright flows the river of God.
- St John of the Cross

23/02/2014
“If your great sins have ever driven you so far from him that you regard yourself as not being close to God, then you should still regard God as being close to you. It can be very destructive if we regard God as being distant from us, since whether we are far from him or near to him, he is never far from us and always close at hand. If for some reason he cannot remain within, then he goes no further than the door.”
- Meister Eckhart

.   .   .   .   .   .   .   .



"It is quite apparent that written language does not live in scrolls or books . . ." - Bruce Malina (The social word of Jesus and the gospels)




HOEKOM IS DIE SUSTERS ALTYD LAAT?
(ek voel nou nog meer so - na Vrystaat Sinode se negatiwiteit en traagheid) #belhar

18/12/2013 
Ons kuier by my skoonfamilie in Howick. Vir die eerste keer het ek tyd om te dink aan minder dramatiese dinge. Soos die over-acting in 7de Laan.
     Ek kan my nie uitspreek oor die gewig van die draaiboek nie. Kon nog nooit twee episodes na mekaar kyk nie (nie dat dit blykbaar saakmaak nie). Waaroor ek wel opinie wil lig, is die over-acting. Hulle onderskat die gemiddelde kyker - wel, dalk juis nie - maar ek voel hulle onderskat my. 
     Die frons van 'n verontregte kelner is dikwels net te diep, die mondjie van daai ou tannie hang soms net te laag vir TV - al daai groot oë wanneer iemand verbaas is, al daai baie skewe kyke . . . 
     7de Laan speel af op TV. Dis onnodig om te act asof jy op 'n verhoog is, waar die mense 30m ver sit. Die meeste mense sit twee meter van die skerm af - hulle sal 'n karkatjie sien voor jy hom voel.
     As ek reg onthou - toe ek op 'n dag skool gebank het in st. 9 - het hulle nie in The Bold and the Beautiful só gemaak nie. Hulle was meer subtiel. Ek het gevoel hulle het my as st. 9 leerling se intelligensie gerespekteer. Hulle het geweet ek, en die ander kinders wat skool bank, kan “tussen die lyne lees”. 
     Ek het al een of twee van 7de Laan se mense ontmoet en in die gewone lewe is hulle eintlik heel normale mense..?


04/02/2014

Ek dink nie ek sukkel méér met vuil gedagtes as meeste ander ouens nie, hoop nie so nie, maar ek sou verkies dat mense eerder praat van “bladsy” as van “pagina” (haat anglisismes). 
      Mag ek eerlik wees? Die kerk kan maklik die plek word waar ons die meeste voorgee. As ek nie kan eerlik wees by die kerk nie, waar dan? Die hele idee van 'n privaat-teologie en 'n publieke-teologie klink nie vir my baie eerlik nie. En dit klink na harde werk! Die spanning kan ondraaglik raak.
       Dalk sal mense ons glo oor die mooi goed, as ons ook eerlik is oor die lelike goed? Of hoort die tipe deursigtigheid net by die goddeloses? (wat 'n woord: “ g o d d e l o s e s ”)
       Scott Peck waarsku dat ons ons maklik in 'n skyn idee van "Community" kan bevind - wat hy 'n "Pseudo-Community" noem - as ons nie kans sien om weerloos voor mekaar te lewe nie, as ons net eerlik is oor die mooi goed (as ons harder probeer om goed te lyk as om goed te wees).




die onbrood het vermeerder
ons leër gelaat
die ondors het oorspoel
droogte gereën
ons onseker gemaak
 

soos dik donker
so dik
soos masker
dikke mistroostigheid - soos laster -

mistigheid
 

só maak die onbrood
die ondors
die reën


13/12/2013

 Lelike goed het al gebeur in die naam van sogenaamde “goeie teologie” . . . lees my rubriek oor die illusie van "goeie teologie" in die week se Rapport solank hier

13/02/2014

'n Woordsom vir die ooms en tannies op gemeentes se finansiële- en eiendoms kommissies:

Krummels” is daai stukkies wat oorbly na ons almal klaar genoeg gehad het, reg?
Sou 'n mens kon sê 'n goeie voorbeeld hiervan is daai tiende - van mense se tiendes wat in offergawe mandjies gegooi is vir “die uitbreiding van die koninkryk” - wat uiteindelik uitkom by die sending of diens van barmhartigheid? Met ander woorde, dít wat gegee word ná al die mense wat hierdie betrokke “fiktiewe gemeente" (want hierdie is net 'n woordsom) bedien en die gemeente se geboue ens. betaal is. Dit wat met ander woorde oorbly?
  Ek is nie baie goed met somme nie, so, kyk of u  met my saamstem:
n Tiende van 'n tiende is een persent, reg?
En ons almal weet, meeste mense gee nie tiendes nie, maar eerder “twintigstes" of “vyftigstes”, wat die gemeente se tiende, 'n tiende van van twintigstes en vyftigstes maak, reg?
Hier is die vraag: Watter persentasie van hierdie (fiktiewe) gemeente se omset gaan WERKLIK vir die “uitbreiding van die koninkryk”? (Vat 'n raai!) Van die bietjie, wat ingaan hoeveel kom uit? Is hierdie gemeente nie 'n bietjie swaar op “over-heads” nie?
Sou dit wys wees, van u of my, om gemeentelede met 'n passie vir “die nood daar buite” en die “uitbreiding van die koninkryk” aan te raai om dit te doen via die strukture van hierdie gemeente? Waarom sê u so?
  


(Ps - as die bogenoemde u ontstel, gaan u heeltemal uit-freak as u sien
wat Luk 16:19-31 hieroor te sê het)


Gedagte vir die dag:

Jesus het nie veel te sê gehad oor tiendes nie . . . maar hy het 
wel kom wys hoe ware omgee lyk, toe hy homself kom gee het.

Die alternatief vir, “krummels gooi vir die armes”, 
is nie om brode te gooi nie, maar om 'n maaltyd te deel.


vir meer oor hierdie onderwerp, lees hier
(Skatryk Kerke in 'n Brandarm Wêreld)



09/12/2013
 Nog 'n ou het my aangevat omdat ek iets mooi gesê het oor Mandela. As ons die tipe goed sê stel ons hom in die plek van Jesus,  help hy my reg .
   
Hy worry heeltemal verniet! Ek voel eintlik baie sterker oor Jesus. Juis daarom wil ek die mooi in ander probeer raaksien.
    Dit is belangrik om nie net 'n passie VIR Jesus te hê nie, maar ook die passie VAN Jesus . . . en Jesus se passie was mense (hy't sy lewe vir hulle gegee). 
    Die hele idee dat wanneer ons iets mooi van iemand sê, ons hom skielik in die plek van God stel, is soos om te sê ons moet opgewonde wees oor Jesus, maar nie doen wat Hy gesê nie.   

As 'n boom dan aan haar vrugte geken word, is dit sekerlik net so belangrik om te leef sóós Jesus, as om te praat oor Jesus? 
    Wat Mandela uniek gemaak het, was nie dat hy foutloos was nie, maar dat hy lief was vir sy vyande.
    Wat hy gedoen het is nie veronderstel om so uniek te wees in 'n wêreld met soveel Christene nie, maar dit is . . .  
- lees die res van die storie in Beeld

15/11/2013



Onderhoud met Heidi Baker
Ek het Iris Ministries se Villiage of Joy in Pemba, Noord Mosambiek, besoek, onder andere met die oog op 'n onderhoud met Heidi Baker. My enkel was erg geswel en steeds in 'n verband na twee operasies, maar ek kon darem die dokter (en my vrou!) ompraat om steeds te vlieg.

Was nogal iets om by 450+ woes Charismatiese Christene op krukke op te daag (bietjie soos 'n vuur wat uitbreek in 'n brandweerstasie). Laat ek net dit sê: Daar ís vir my voet gebid!  Hulle het meer as een keer op God geskree oor my enkel. Die een ou het gesê sy been het begin spring toe hy vir my bid. “Wrong leg!” het ek 'n grappie probeer maak. (Het dit eintlik baie waardeer. Beautiful mense).

Ek het 'n paar keer met Heidi kon gesels. Sy het 'n ongelooflike indruk op my gelaat. Sekerlik een van die mees fassinerende mense wat ek nog ooit raakgeloop het. ʼn Vreemde wese! Moeilik om te beskryf.

My onderhoud met haar het onder andere gegaan oor Moeder Teresa se invloed op haar lewe, met die oog op 'n artikel oor die ondenkbare ooreenkomste tussen twee mense uit totaal verskillende tradisies: die een 'n Katoliek en die ander so Charismaties as wat jy kry. Ek het gelees en gehoor hoe Heidi dikwels vir Moeder Teresa aanhaal in haar boeke en praatjies...

We only do what we do for Him, in Jesus, through Jesus, with Jesus, to Jesus. We make ourselves totally available to Him. What joy to give one’s life for love!” - Heidi Baker




16/11/2013

'n Eerlike vraag is 'n vraag waarvan jy nog nie die antwoord ken nie. Te dikwels vra ons vrae bloot om dit te bevestig wat ons dink ons reeds weet, of om iemand te "trick" - eintlik maar om ons ego’s te voer sê Richard Rohr. As ons besef wie ons eintlik is, hoe klein ons is en hoe deel van alles ons is en bewus word van die grootheid van die misterie, word ons vrae al hoe meer eerlik, want ons is dan toenemend meer "oop" . . . Eerlike vrae is belangriker as goedkoop antwoorde.



27/05/2014

. . . daar is dinge wat nie met ekonomiese krag en politieke mag reggebuig gaan word nie, dit gaan “reg gedien” moet word. Van onder af. Die kerk was selde in die verlede goed met mag, sy is op haar beste ʼn bediende! lees my nuutste artikel oor die Kerk en Mag - in die tyd van Zuma

09/11/2013


 ek het al elke moontlike sonde gedoen - en ek's nou eers veertig . . .
oukei, ek het darem nie kinders gemolesteer, klein katjies doodgemartel, saam met 'n prostituut geslaap, my vrou verneuk  of 'n plaasmoord gepleeg nie (en ek het ʼn energy saving device op my geyser) . . . maar Matt 5:28, 5:22 . . .
#dankietogvirgenade!

.   .   .   .   .   .   .   .

“To children, to the poor, to all who suffer and are lonely, give always a happy smile—give them not only your care, but also your heart." —MOTHER TERESA

.   .   .   .   .   .   .   .
26/10/2013


ʼn Minder godsdienstige belewenis van God
Die Fariseërs en ander godsdienstiges in Jesus se tyd kon God hanteer solank Hy iewers in die geskiedenis was, in ʼn boek of in ʼn tempelboks, op godsdienstige feesdae . . . maar nie ʼn God wat asemhaal en rondloop nie - veral op minder godsdienstige plekke - en allermins nie ʼn kaal God aan ʼn kruis nie.
     Wanneer die godsdienstige instelling haarself begin verkoop as díe een wat op "sekere plekke" en "sekere tye” belewenisse van God se teenwoordigheid vir mense moontlik maak, kry sy skielik ondenkbare mag - g’n wonder politici is dwarsdeur die geskiedenis dikwels saam met godsdienstige leiers in die bed gevang nie.
     Om bewus te leef van God se teenwoordigheid is ʼn baie belangrike saak. Richard Rohr waarsku in sy boek, The Naked Now, dat sonder “belewenisse van God se teenwoordigheid”, die teologie leeg is en eintlik maar net nog ʼn magspel word - in ʼn magsbehepte samelewing.
     Baie gelowige mense beleef ʼn groeiende gaping tussen hulle godsdienstige lewe en die “groter wêreld daar buite”. Hoe ironies is dit nie dat die “godsdienstige wêreld” toenemend gesien word as die “kleiner, begrensde wêreldjie” nie?
     Die gevaar van georganiseerde godsdiens is dat dit God probeer vasvang - "sodat die mense kan kom kyk . . ."
     Jy kan natuurlik ʼn lewe maak uit 'n vreemde wese in ʼn hok. ʼn Mens kan geld maak met God!
     Maar laat ek nou nie weer op daardie band-wagon klim nie . . .
     Die waarheid is dit: God laat Hom nie vang nie! Daai wese in die godsdiens hok, hoe interessant of vreesaanjaend hy ook al mag voorkom, is nie God nie.
     Dit het die Fariseërs en ander "bestudeerders van God" byvoorbeeld erg ontstel toe Jesus se dissipels koring pluk en Hy siekes begin genees op die Sabbat; toe hy saam met sondaars begin uithang; toe Hy nie sy hande was volgens die godsdienstige gebruike van die Jode nie en nie die gebruiklike vasdag hou nie . . .
     Jesus het soveel anders gelyk as dít wat op daardie stadium in hulle godsdienstige hokke was.
     Maar, sou jy met reg kon vra, is dit nie ook waar dat God se teenwoordigheid op sekere plekke en spesifieke tye, sterker en duideliker beleef kan word nie?
     Ons glo tog byvoorbeeld dat die Bybel God se wil aan ons openbaar. Juis daarom sit ons spesifieke tye opsy om die Bybel te bestudeer. Jesus het homself dikwels gaan afsonder op “eensame plekke” om in die natuur te gaan bid. En selfs Paulus sê God openbaar Homself in die natuur (Rom 1:20).
     Alles waar, Jesus self het mense in sinagoges die waarhede van die ou geskrifte geleer, maar volgens Jesus word God ook veral beleef op minder godsdienstige plekke, daar waar mense lief is vir mekaar en omgee vir vreemdelinge en vir weerloses, Hy leer ons dat God ook saam met sondaars eet.
     Wat bly oor? Niks! God is oral.
     Die kerk het soms die manier om die Evangelie onnodig ingewikkeld te maak, veral deur belewenisse van God se teenwoordigheid te probeer skeduleer en formaliseer.
     Vreemde dinge gebeur wanneer mense bewus word van God se heilige teenwoordigheid ook op minder godsdienstige plekke - mense gedra hulleself eenvoudig oor die algemeen beter op heilige plekke.
     Die klassiek godsdienstige byeenkomste en die kerklike kalender kan dien as geestelike katalisators wat poog om hierdie ander groter, holistiese bewustheid te stimuleer. Die kerk word dan meer as net 'n plek waar mense “kan kom kyk hoe lyk God”, sy word 'n gemeenskap wat eerlik saam soek.
      Die groot funksie van die godsdienstige beweging is tog nie om God te probeer vang nie, maar om mense te bevry en te help om te ontdek, dat Hy toe al die tyd nader is as 'n hartklop.
     Paulus en Silas het Hom beleef in die tronk; Petrus het ontdek dat Hy by hom was toe hy in ongeloof begin sink het - selfs toe hy Jesus verloën; Paulus sien Hom tussen die heidene in Athene in die standbeeld van die “onbekende God” en selfs in die gedigte van Griekse skrywers (Hand 17 en Tit 1:12); die tollenaars en sondaars ontdek tot hulle verbasing dat Hy saam met hulle eet - en ʼn bruidegom dat Hy daar is toe sy wyn opraak . . .


"We're all first-timers at doing life. Teenagers struggle because it's new to them, it is their first time being teenagers" - Jacques Botes

 08/11/2013

The alternative to the metroman-forJesus/hipster-theology's "Iets look good for Jesus sake" idea, is not to shift to "looking bad for Jesus sake" . . . but not to give a damn!  
- 'cause looks is not supposed to be that important, is it?
(Matt 6:25 . . . )

 .  .. . .  ... . . .   . . ... . ..   .. . ...  . .  .


By die ringsitting het hulle gepraat oor die vorige vergadering en lede gekies vir die volgende vergadering. Die skriba het noukeurig notule gehou - en seker gemaak hulle hou by die agenda. Die voorsitter het voor gesit. Na hulle op klein gevoude papiertjies gestem, die stemme met sorg getel, en die nuwe verkose lede gelukgewens is, het hulle saam koffie gedrink en gepraat oor die weer. Daarna het die nuwe voorsitter voor gaan sit, afgesluit met ʼn gebed en die vergadering verdaag sodat hulle kon terug gaan na hulle huise.

. . .... .  ... . .. . .... . .   ... . . ... . ... . .

Francois is nie my gelowigste vriend nie, maar hy is baie eerlik - en ek love hom vir dit.


“God is at home, it's we who have gone out for a walk.”
―Meister Eckhart







 17/06/2013

Contemplative Christianity seems to be more popular than ever. Everyone is reading about Francis of Assisi (I'm reading Chasing Francis by Ian Morgan Cron - awesome book). There is a new interest in beautiful thinkers like Thomas Merton and Thomas Keating. 
     Important to remember, Contemplative Christianity is not about escaping, but about a simpler life and a deeper awareness - which includes deeper empathy.
     Authentic contemplative Christianity will ultimately take us into the realities of this world, not away from it. It will bring about a deeper awareness - not one more way of escaping reality. The hope is that contemplative life will do to us what it did to St Francis of Assisi. That it will make us better servants, more grounded. But this tipe of contemplation (not the talk of it) is extremely rare in 2013. We simply have no St Francis.




wees marley, kleinboer, tolstoy . . . selfs moeder t
people who love the alien
- humans -
maar spaar my die praatjies
van "ooms in torings"
en belese geleerdes
wat ʼn dooie fok voel vir lewendes
wat Jesus nie sal herken nie
al kom hy helder oor dag
reguit op hulle af
en vra vir kos



BEELD se proust vrae hierdie week aan my en my antwoorde . . .



dit was nie asof die liggaam aspris links beweeg as die kop wou regs nie
nie meer nie
teen daardie tyd was dit onwillekeurig
amper soos ʼn stuiptrekking
so random soos konvulsies
onhanteerbaar
amper soos hallusinasies
wild - met skuim om die mond en als
maar elke nou en dan sou die lyf almal verbaas  
en (skynbaar per ongeluk) die regte bewegings maak
en dan
vir ʼn oomblik
sou alles stop
in totale verwondering
dan sou niemand kon raai daar is fout nie
want die liggaam dans saam met die kop
- soos die nek van ʼn swaan met die kop van ʼn swaan of ʼn engel met haar vlerke 


 ... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Te veel kerke bestaan - dalk nie in teologie, wel in praktyk - eintlik maar tot voordeel van predikante of pastore . . .   


... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Ek wens hulle wil ophou karring aan Jesus. Ek hou van hom soos hy is - thank you very much - al maak hy my party keer bang en dikwels erg ongemaklik, al verstaan ek hom ook nie altyd lekker nie en wens ek party keer ook hy was nie ernstig met wat hy gesê het nie. 
. . . . . . . . . . . . . . . . . . .

ʼn Kerktannie is al weer kwaad vir my oor een van my artikels, sê ek hang die social-gospel aan, en sy's reg - die “unsocial gospel” is bietjie “unJesuslike” vir my
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......




Die skare het die politikus uit sy kantoor gesleep en in die middel van die pad laat lê. Hulle het gedans en geskree en die pad met stokke geslaan, maar toe hulle die band om sy nek wou sit, het hulle vergeet om die Mercedes af te haal, toe ry hy oor hulle.
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Die meeste wonderwerke wat ons hier by ECHO beleef het, het gekom deur God se liggaam. Ons sou byvoorbeeld bid vir ʼn huis en dan het mense dit vir ons gegee - ook ons karre, meubels en die ECHO trok is nie uit die hemel uit gebeam nie. 
- God se gunsteling instrument om mense se gebede te beantwoord is . . . . . mense?!
.. . . .... . .. ... . . . ...
26/09/12
“The poor are always prophetic. As true prophets always point out, they reveal God's design. That is why we should take time to listen to them. And that means staying near them, because they speak quietly and infrequently; they are afraid to speak out, they lack confidence in themselves because they have been broken and oppressed. But if we listen to them, they will bring us back to the essential.” ― Jean Vanier
... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

Drie geraamtes het uit ʼn X-straalfoto aangestap gekom en by binnelandsesake gevra vir water. Die vrou by die toonbank het vir ʼn oomblik opgekyk en toe haar toonnaels verder geverf, asof hulle glad nie bestaan nie. Dit was vir hulle niks nuuts nie en die drie het besluit om haar nie te haat nie, want sy was mos eintlik lankal reeds dood.
 .. . . .... . .. ... . . . ..... . . .... . .. ... . . . ...
Hier's sewentig kerke
en die plek lyk glad nie soos die koninkryk van God nie  
.. . . .... . .. ... . . . ..... . . .... . .. ... . . . ...

no its not chaos, its "organic church" - and I love it


13/07/2012
wonderlike aand gehad by NG-Lynnwoodrif se jeugsaamtrek met jongmense van reg oor die stad: Waterkloof, Garsfontein, Mamelodi, Sunnyside, Pen, Viva, ECHO . . .  - wens dit kan oral so wees. gisteraand @ Sesmylspruit, vanoggend saam met dominees van Oosterlig  . . .  - beautiful people all around. hierdie naweek 'n begrafnis(!) en praat by 2 groot events @ Youth Fest - Hatfield Portuguese Ministry en hoop om draai te maak by Viva se Art Festival in die plakkerskamp - besige tye!

... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......
was vanaand by New Beginning - 1200 mense woon saam in 'n stok ou tronk in Boksburg - die mooiste kerk wat ek in 'n lang tyd gesien het. vanaand wonderlike tyd gehad saam met hulle jongmense en die advokaat & landros wat die byeenkomste reël, ek het nog soooo baie om te leer
... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......






Die kerk mag nooit die plek wees waar jongmense net gewaarsku, gepaai en vermaak word nie. Die evangelie is baie meer opwindend as dit! Dit bewaar nie net nie, dit beweeg! 
Jesus het nie gekom om ons in te perk nie, maar te bevry - nie net om ons te beskerm teen die wêreld nie, maar juis om ons  in die wêreld in te stuur. Die wêreld is so min die vyand van die kerk as wat die see die vyand is van vissermanne.
Wanneer ons praat oor jeugbediening, waarna streef ons? Jongmense wat getrou inskakel by kerkaktiwiteite, nie rook en drink nie, nie rondslaap nie, uitblink in sport en hulle huiswerk doen?! Dit is alles mooi en goed, maar ek dink ons is tevrede met te min.
   'n Passie vir Jesus is nie genoeg nie, dissipelskap impliseer dat ons ook die passie van Jesus sal hê.  As ons nie by Jesus aansteek en sy passie ons passie word nie, mis ons die punt en loop ons die gevaar om meer soos "jappie-christen-skrifgeleerdes" as soos Jesus te lyk. In die hart van die evangelie is die oproep om soos Jesus, ook ons lewens te gee vir 'n stukkende wêreld. 
   Die wêreld het meer as net 'n klomp soet jongmense nodig. Wat ons nodig het is dapper vredemakers wat die donkerste gate van hierdie wêreld sal opsoek om juis daar 'n lig te wees. Jongmense wat weet wat liefde is - en wat liefde kan doen.
   Die evangelie wat ons aan jongmense verkondig is net vervelig as ons nie die hele storie vertel nie. 
   Mense wat na Jesus geluister het, was of ontsteld of verwonderd - nooit verveeld nie.
... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......







 11/09/2014
baiekortsuidafrikaansekortverhale:
Fuck the poor, he said - in the end the poor fucked him. 


19/05/2012 23:00
Het vanoggend amper die kar omgegooi toe ek teen ’n lamppaal in Duncanstraat sien daar staan iets oor "daardie blog post" van my op 'n Beeld-plakaat. 
Was glo ook in Burger in die Kaap - waar mense nou eers kwaad is vir my. 
Die Burger het letterlik net die deel waar Tony Campolo vloek, en die laaste paragraaf waar ek vloek, ingesit - alles in die middel uitgehaal! 
Met ander woorde, net ’n erg verskraalde artikel, uit Neels se artikel in Beeld, oor my blog post, is geplaas. 
Nou lyk dit nog erger. . . ai toggie. 
Ek het geen probleem met kritiek nie, maar sou graag wou hê dat die wat nie saam stem nie, die ding ten minste een keer self kon lees - kritiek is fine, ek haat dit egter om mis verstaan te word. 
But what to do? (Hoop maar weer die Here slaan 'n reguit hou met 'n krom stok) 

- ten minste was vandag alles behalwe boring!


... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......
bedien more 05h00(!?!) nagmaal by 'n mannegroep; 06h00 Echo bid-aksie; 07h30 praatjie by hoërskool - en ek is nie ’n oggend mens nie
... .. . ..  ..... . .. ... ..... . . ..   ... ..   .. . ......

Ek was saam met een van ons seuns op die begrafnis van sy ma. Dit was die eerste keer in baie jare dat hy naby haar was.
   In graad drie het sy gereeld met hom seks gehad.
   Sy pa was ʼn bietjie van 'n teleurstelling. ʼn Verrimpelde armblanke oompie met 'n snor - glad nie die monster wat ek my voorgestel het nie. Hy en sy vrou het destyds in die tronk gesit vir wat hulle aan hulle eie kinders gedoen het. Sy suster was ook daar (die enkele kere wat sy die afgelope paar jaar kom kuier het, wou sy elke keer by hom geld "leen").
   Hulle was vriendelik met hom en hy met hulle. Hy was eintlik heel oukei. Ek het ʼn groter issue met die hele affêre gehad as hy.
   Ons was nie by die after-party nie - ek het sommer vir ons McDonalds gaan koop


 20/05/2010
Dis genade dat drome nie waar word nie:
(Maroela Media rubriek  - Confessions oor kerkwees)

 As onskuldige laerskool seun het ek gereeld gedagdroom. Aanvanklik was dit heel onskuldige drome. Ek onthou hoe ek heel aan die begin van my laerskool loopbaan gedroom het dat ek eendag as ek groot is, 'n honderd lucky-packets gaan koop en dit alleen in my huis gaan sit en oopmaak, of ʼn hele emmer Kentucky by myself opeet.
     Ek het ook besluit dat ek eendag baie ryk gaan wees en ʼn hele lot van die game-masjiene wat in die kafees staan, in my eie sitkamer gaan hê – en dan elke aand na werk, speel ek en my vrou tot in die vroeë oggendure Pac-Man, Space Invaders en Street Fighter!
     Later het my drome minder onskuldig begin raak.
     Ons asbes laerskooltjie se atletiekheld was heelwat ouer as ek. Hy het om een of ander rede niks van my gehou nie en my gedurig voor die ander kinders geboelie en verkleineer. Die ou bullebak was dan ook die hoofkarakter in baie van my minder onskuldige drome.
     Ek het byvoorbeeld in my geestesoog gesien hoe ek twintig jaar later ʼn body-builder is, met ʼn Kung-Fu agtergrond. Ek loop hom een aand raak in ʼn stil donker stegie. Hy herken my nie. Vir ʼn paar oomblikke kyk ek hom vreesloos stip in die oë. Hy word bang en soek verskrik rond. Daar is niemand om hom te help nie. Dit is net ek en hy. Ek gryp hom om sy nek en gooi hom op die grond neer en terwyl ek sy neus in sy kop inslaan sê ek: “Onthou - jy – wat – jy – gedoen – het – toe - ek – in – standerd – een – was?!” en dan huil en soebat hy dat ek hom asseblief nie verder moet seermaak nie.
     Ek het ook gedroom dat ek eendag vyf keer ʼn dag, op sewe verskillende maniere, seks met my vrou gaan hê. Ook maar goed drome word nie altyd waar nie…

.. . . .... . .. ... . . . ...



Die ware verhaal van 'n ou wat eintlik heel normaal gelyk het: Na die aanddiens sê 'n ou wil my sien.
In die konsistorie, omring deur die swart en wit fotos van vroom dominees wat toekyk, vertel hy my sy getuienis (dit nadat ek hom gevra het of hy dwelms gebruik, ten spyte van die feit dat hy baie ordentlik voorgekom het).
Hy vertel hoe hy jare gelede op die plaas iets gesnuif het - sy pa het hom baie omgekrap oor iets en hy wou glo net 'n bietjie wegkom. Hy kry toe die vreemdste gevoel, sê hy, en gaan lê met uitgestrekte arms op sy rug onder 'n boom. Die volgende oomblik sien hy God wat bo hom staan, afbuk en hy hoor 'n diep stem uit die hemel wat sê: "Stop jou kak"
Hy sê hy het hom daardie dag nugter geskrik en sal nooit weer aan dwelms raak nie.
"Van toe af stap ek 'n nuwe pad saam met die Here," was sy presiese woorde. Later het hy wel erg begin drink.

.     .      .
It is terrible when people do not know God, but it is worse when people identify as God what is not God. - Leo Tolstoy
.     .      .

Greatest racial divide of the week here in South Africa: 
Sundays, between 09h00 & 10h00
By 11h00 things start to settle down a bit again . . .

... . .. ... .. .....  .  .. . ....  ......

was late last night at our new Centurion house - realized how many dreams came true in the past year - what a motivation to dream on. feel so blessed in so many ways. our greatest effort totaly minute compared to the enormity of the need on the ground though - showing many kids away every week. it really sucks. constant feelings of guilt. new houses full even before we start. always these mixt emotions of gratitude and guilt. we're all a bit spiritually-bipolar I guess!  
#echo_community                                                .   .   .   .   .   .   .   .




12/12/2012
OK, I googled myself (vein I know, pray for me). 

The one anti-sosial-gospel-caring-christian-emerging-website warns people about my liberal social-gospel teachings - calling me a false prophet (along with some very cool people though),
the other (anti-sosial-gospel-emerging-christian-website) posted one of my articles (without my permission) on their homepage, urging people to read it!?! Now I'm confused - even more than in my usual state (even more than them?)  

If I'm a liberal - and totally fundamentalistic about the self sacrificing love of Jesus - then maybe . . . I'm actually just a heavy confused evangelical fundamentalist? 

Whats wrong with being confused?!
 (maybe best if they do the judging - they clearly have the gift!)  

 - what if I don't feel at home with the fundamentalists or the liberals,
what will they call me then?
 it will probably depend on which one of the two you talk to, right?   

en wat maak dit nou in elkgeval saak? kom ek skryf liewer 

'n gedig vir aliens: 

'n Waarskuwing vir aliens:

hey vreemde wesens
van onbekende sterrestelsels
hou op wonder
ons bestaan!
daar is toe lewe hier buite
 
vrees ons
want as ons julle dalk op een donker dag ontdek
kook ons julle lyfies in potte
en braai julle boude op roosters
voor ons julle bruin uitkak 
in die water 
en die lug  
van julle heelal
 
maar slaap vir nou maar rustig 
in julle vreemde klein wêreldjie 
terwyl ons nog sukkel met ons tuigies 




09/05/2015
some say truth is black and white, 
it may be . . . but I think love is grey
(or
multicoloured!

for example:
The TRUTH is that you and I don't deserve grace,
but we still get it!
(get it?)




22/03/2011
Gisteraand moes ek by ʼn plek praat en toe onthou ek weer van die lesse wat ek geleer het op ʼn  roeitrip - en toe besef ek, ek moet seker iets daaroor skryf . . .  

Daar was nog altyd hierdie ding in my wat wil vry hardloop. ʼn Paar jaar gelede - toe ek dit nie meer kon hou nie - besluit ek om seetoe te roei: die Vaalrivier tot by Douglas en van daar af die Oranje tot by die see. Dit was ʼn naïwe poging. Daar was nie veel tyd vir fiks word nie, ek was eintlik heel onervare en ek het met die goedkoopste toerkajak wat in Suid-Afrika vervaardig word geroei.  Dit was wonderlik, beautiful . . . en dit was tough. Die hele trippie seetoe het meer as ʼn maand gevat.

 Daar was veral 2 groot uitdagings - en 2 groot lesse:
 
1)    Stilte. Dit was ʼn solo trip - 32 dae se stiltetyd. Soms was daar interessante mense langs die water saam met wie ek kon oornag, maar die meeste van die tyd moes ek iewers alleen op ʼn sandbank of eiland slaap. Ek onthou volle dae wat ek nie ʼn enkele mens gesien het nie. Geen iPod, geen radio, net ʼn selfoon ('n  Nokia 3210, sonder musiek en dit was voor selfone op die internet kon gaan) - daar was soms vir dae aan een geen selfoonopvangs.
Die geestelike kant van die toer het sy eie uitdagings gehad.
The most difficult journey, is the journey inwards.
In die stilte moes ek myself face. Dit was aanvanklik meer goed as lekker. Soms het ek soos ʼn mal ou hardop met myself gepraat, later het ek geleer om die stilte te embrace. Ons het stilte meer nodig as wat ons besef. Daar's goed wat in stilte gebeur wat moeilik is om te beskryf. ʼn Ware misterie. Dit is assof jy God diep in jou hart voel praat, sonder woorde.
 
2)    Hindernisse. Damwalle, strooversnellings, watervalle, groot afstande . . .  Daar is niks erger as wanneer ʼn rivier verander in ʼn dam nie, skielik moet jy roei sonder die hulp van die stroom en jy weet iewers voor lê daar ʼn damwal en jy gaan of jou kajak moet omdra, of teen die wal moet afsak met ʼn tou. Dieselfde met watervalle – waarvan daar gelukkig min was.
Ek het egter gou agter gekom dat die grootste geveg eintlik nie teen die hindernisse is nie, maar teen myself. Daar was elke keer hierdie ding in my kop wat ek moes wen.
My lyf sou gaan waar my kop sê - maar my kop was lui en bang en moeg . . . 
Later het ek ontdek dat hoe meer onmoontlik die hindernis lyk voor die tyd, hoe groter is die vreugde na die tyd. Ek het geleer om ʼn oorwinning oor ʼn hindernis te vier – deur ʼn klein dansie uit te voer of ʼn energybar te eet.
Ek het ook geleer om met hindernisse te praat. Ek sou byvoorbeeld vir ʼn damwal vertel van al die ander damwalle wat ek al oor is; en ʼn groot stroomversnelling van ander white water wat ook probeer het om my bang te maak.
 
Hierdie uitdagings is nie uniek aan ʼn roeitrip seetoe nie - net bietjie moeiliker om te fokus hier in Suburbia. 
Omdat ek nie vriesgeriewe gahad het nie, was ek redelik afhanklik van vis om die two-minute-noodles af te wissel. Nodeloos om te sê, ek was redelik dik vir vis toe ek uiteindelik in Alexanderbaai aankom. Vriende van my het my deur die nag terug geneem na Pretoria.
Die eerste aand terug by die huis het Marina vir my ʼn verrassing: Sushi vir aandete!



15/08/2014

Om swaar te trek omdat iets slegs gebeur het, in moeilike tye, is een ding. As jy bietjie af is, want jy is heeltemal platsak, hartseer, want jou ma is dood, jou hondjie is raakgery of jy is moedeloos want jy skryf byvoorbeeld more eksamen.
    Maar daar is 'n erger vorm van swaarkry. 
Wanneer jy down is terwyl dit oral om jou eintlik heel goed gaan. Wanneer jy baie het om voor dankbaar te wees en jy voel steeds crap - jy het genoeg om te eet maar word nie versadig nie.     
    Twintig jaar gelede sou jy nie kon glo dat dit eendag so goed sou gaan met jou nie. Maar dis twintig jaar gelede, nou jaag jy nuwe groter goeters na.      
    While winning the rat race your mind suddenly opens, one day, and all you see is rats - even in your own little mirror.
    Hopelessness, a luxury of the fortunate.
Affluenza, what a beautiful, impressive disease.   
   
    it can steal the beauty from the rising sun 
    the sung of the morning bird
    to the setting sun 
    the night fowl’s song  
    die hele lied vir die 
    vollemaan

14/04/2010
Julius Malema is te veel soos PW Botha en te min soos Nelson Mandela. Ek moet bely, ek is nie mal oor hom nie - hy klink te veel soos my Vrystaatse ooms om die braaivleisvure wat almal in die see in wou jaag... Enige vorm van nasionalisme lyk vir my na 'n narsistiese oefening van selfbevrediging. Maar nou noem ons onsself Christene, volgelinge van Jesus . . . what to do?
Lees my artikel vanoggend in Beeld:
Die Malema dilemma - Beeld 14/04/10





Die vreemde plekke waar ek die jaar geslaap het:

“Skryf 'n bietjie iets oor die vreemde plekke waar jy die jaar geslaap het,” sê Marina vroeër vanaand.  
   Ek kan nie slaap nie (en dis 03:25!) so nou skryf ek.
   Ek het die voorreg om amper elke maand op 'n klomp vreemde nuwe plekke te slaap (68 dae laas jaar om presies te wees . . .).
   Die jaar het begin (soos elke jaar die afgelope 7 jaar) in 'n hangmat op 'n eiland. Na 'n koue reënerige nag se seil het 'n dhow 15 van ons met 'n paar kajakke op Inhaca gelos, 'n week later kom haal hy ons weer ('n dag laat, want daar was 'n sikloon in Madagaskar wat stormagtige weer in Mosambiek tot gevolg gehad het - sien, everything is connected)
  
Serenity. My hangmat hang dertig meter van die water af.  Ek het 'n kontrepsie gemaak met 'n enorme seil wat met die trek van 'n tou oor my toespan as dit reën. My beste ingenieursontwerp tot op hede - al lyk dit glo nie goed nie.
   'n Paar weke later het ek by Chris De Vries en sy vrou in hulle huis op Bloemfontein geslaap. Ek moes 'n reeks aanbied by die studentegemeente waar Chris die dominee is. Chris en sy vrou is fantastic mense met goue harte wat leef wat hulle glo. (Daar maak binnekort 'n Echohuis op Bloem oop . . . volgende keer slaap ek hopelik daar) 
   In Thabazimbi het ek in ’n gastehuis met vreemde geluide geslaap.
   Ek moes die middag en die volgende oggend by 'n skool praat.
   Die aand by 'n gastehuis bo-op nn koppie sit ek in my kamer met my rug teen die muur na 'n audioboek en luister.
   Op 'n stadium hoor ek iets. Ek haal die oorfone uit. Dit het geklink soos 'n kind wat saggies huil? Ek sit die oorfone terug. Weer hoor ek iets. Weer haal ek die oorfone uit.
Was dit 'n huil of 'n sagte kreun?
   Toe begin iets stamp teen die anderkant van die muur.
   Die gekreun word harder. Dis 'n vrou met besondere 'n hoë stem besef ek (díe dat ek gedink het dis 'n kind wat huil). Toe begin 'n man hyg, en toe raas hulle saam, die gestamp word harder, en so hou dit aan . . .  besonders lank.
   Ek was baie nuuskierig om die volgende oggend te sien hoe die mense lyk, maar hulle was reeds weg toe ek wakker word.
   'n Ander interessante slaapplek was Walvisbaai.
   Ek het in 'n Sonja se gastehuis gebly. 'n Beautiful plek, reg op die strandmeer. Vir die eerste keer in my lewe kon ek (elke liewe dag!) op my bed sit en vir 'n skool dolfyne kyk. Ek het twee seisoene op een dag beleef, geleer van Oosweer. Een oggend die Topnaars se nedersetting besoek en een aand na my praatjies by die kerk galjoen geëet by erg vriendelike mense.
   Ek was 'n paar keer in die Kaap.
   Niel wat ons Echohuise daar bestuur se huis is in Blouberg, hulle gastekamer kyk uit op Tafelberg. Ek slaap gewoonlik met die gordyne effe oop - met die hoop om makliker wakker te word.
   Ek probeer om as ek in die Kaap is 'n paar aande te couch-surf by van ons Echohuise. Die huise is amper altyd vol, en 'n sitkamerbank is 'n lekker kuierplek as mens min tyd het - al loop jy bietjie snaaks die volgende oggend.
   In Ysterplaat bly ons Echomense in wooneenhede bo-op 'n kerksaal se verhoog (for real). Gedurende die dag het hulle programme met kinders in die saal.
   Ek het KFC gekoop en hulle het vir my 'n matras gegee om op te slaap - op die kant van die verhoog waar dit nie toegebou is nie. Almal het die aand om die matras gekuier, ons het KFC geëet en geluister hoe amazing sing Mari, “It’s gonne be a bright sunshiny day . . .”
   Later die aand besef ek ons kort dringend chocolates en bied aan om te gaan koop. Toe ek terugkom het Miriam, 'n vlugteling meisie uit die die DRC vir my 'n bed opgemaak op die matras, met 'n kussing en al. Sy is soos die ma van die klomp. Die volgende oggend baie vroeg, toe ek op pad is na 'n meeting met mense van die Paarl was sy reeds besig om ontbyt te maak.
   Hierdie is nie 'n chronologiese weergawe nie, want kort voor die saal slaap in Ysterplaat het ek op die stoep geslaap van 'n stokou huis in Calitzdorp.
   Die plek is beset deur Michiel, ons Echo-konneksie in die Klein-karroo. Dit was 40grade daai dag, die aand het die wind wild begin waai, daar was stof in my hare en my ore en my oë,  en die volgende dag was dit 11 grade (I kid you not).
   Die huis is verbind aan die Calitzdorp museum. Reinette het die volgende oggend 'n boodskap uit Pretoria ge-Whatsapp wat sê haar vriendin werk by die Museum en sy waarsku dat die mense op die dorp vreeslik steel. Niel het vir haar 'n foto van my op die stoep, met die museum se bordjie in die agtergrond, gestuur en geskryf sy
moenie worry nie, daar is 'n nuwe sekuriteitswag.

   Daar was Fatimas backpacker in Tofo, Mosambiek. Hulle was so chill dat ons met 'n gasstofie, in hulle restaurant, op die dek wat uitkyk oor die see ons eie kos gemaak en ons eie wyn gedrink het.
   In Windhoek het ek eers by my vriend Jan gebly en toe besluit besluit om nn paar aande in 'n homeless shelter te slaap. 
   Ek was laat die eerste aand (want ek moes elke aand by 'n gesamentlike kerk ding praat). Die plek word bestuur deur 'n groot ou wat vroeër in die tronk was. Hy was kwaad, het teen daai tyd al genoeg gehad van boemelaars wat nie by die reëls hou nie.
   “Sorry meneer,” sê ek, “ek sal enige plek slaap” - ek kon nie sê ek sal nie weer laatkom nie, want ek moes die volgende aand weer by nn kerkding praat.
   Hy gee my twee dog-blankets - laatkommers kry nie matrasse nie -  en sê ek moet in die binneplein onder die sterre slaap.
   Ek was bly want die plek was oorvol en dit was warm.
   Ses mense het saam met my onder die wasgoedlyne geslaap het.
   Leonardo, 'n seun van 19 het my jammer gekry toe hy sien ek het nie 'n matras nie en vir my tee gemaak. 'n Ander ou, wie ek vermoed 'n skisofreen is, het by my kom sit en die reëls verduidelik. Later die aan kom hulle met 'n matras daar aan wat hulle op een of ander manier gekry het. Elke keer as hulle vra wie ek is en wat ek doen het ek net geantwoord met "ek's maar hier en daar" en dan weer 'n vraag gegooi in hulle rigting.
   Die eerste oggend het ek nie mooi verstaan nie. Hulle het gesê ons moet 6uur opstaan, maar ek het nie besef hulle bedoel dit so letterlik nie. Half 6 het 'n gospel cd van Cora Merie ons wakker gemaak.
   Die groot ou uit die tronk wat die plek bestuur, het sesuur om die hoek van die binneplein geloer en gesê staan op. Ek het vir hom 'n thumps-up gewys, en gesien hoe almal om my opstaan en hulle beddegoed opvou. Die volgende oomblik skree die groot ou: “Het ek nie fokken gesê staan op nie?”
   Ek het hom nie weer ge-thumps-up nie, opgespring soos daai Bybelse ou wat genees is, my bed opgeneem en hom gevolg na die plek waar die beddegoed gebêre word.
   Daai aand was ek weer laat . . . 
  'n Oom uit 'n gemeente waar ek die vorige jaar 'n reeks aangebied het, het 'n Bybelboodskap kom gee. Ek het heeltyd afgekyk, bang dat hy my sou herken.
   Daar was baie gastehuise, selfs een in Bapsfontein . . . dominees se huise . . . gewonde mense se huise . . . rykmense se huise . . .
   Soos die huis van ’n erg welgestelde vrou in Witrivier. Sy was oorsee en het gesê ek kan gratis vir die week daar bly, en myself help in haar luukse kroeg - bless her soul.
   Noem my skynheilig (ek doen ook!), elke dag het ek by die gemeente gepraat oor armoede, elke aand het ek in 'n vyfster-hotel-huis (met 'n fantastiese kroeg) geslaap.
   Gedurende die Julievakansie was ek saam met 140 kinders op 'n gemeenskapsprojek in Matlala. Ek het, soos die afgelope 19 jaar, onder die sterre op 'n klein stoep geslaap - deels om te kyk of die kinders stout is, deels sodat die son my vroeg kon wakkermaak, deels omdat dit so mooi is as die son my wakkermaak . . .
   Later die jaar slaap ek in 'n wit berghuisie in 'n kloof buite Robertson. Toe Johan Dorfling my die laaste oggend kom oplaai lughawe toe, was daar seeu op die berge - magic plek, magic mense.
   Iewers die jaar onthou ek 'n paar aande in die berge naby Porterville waar ek onder 'n boom geslaap het. Ook 'n klein Hout cottage langs 'n dam by Cranford naby Howick . . .
   Tussenin was ek heelwat op ons plaas langs die Wilgerivier buite Frankfort. Ons het o.a. ’n gathering gehou met 45 van ons leiers van reg oor die land. Ek dink ek het op die withuisie by die rivier se stoep geslaap, maar kan nie lekker onthou nie.
   Marina en die kinders was 'n paar keer saam plaas toe. Ek het  ook dikwels die jaar die projek alleen besoek en dan alleen by die rivier geslaap. My happy place.
   Die laaste uitslaap was Jeffreysbaai. Wonderlike mense van Global Challenge my in 'n woonstel wat hulle gratis kan gebruik laat bly. Dis op die derde verdieping, reg op die strand met ’n fantastiese uitsig oor die see.
   More is dit Sodwana toe saam met 40 jongmense in tente . . . en dan plaas toe saam met Marina en die kinders - my sussie-hulle kom kuier - en dan huis toe . . . . en dan begin die hele storie weer van vooraf in 'n hangmat op Inhaca.

...........

As daai outjie by die fakulteit daarop aandring dat jy hom doktor noem, doen dit maar – en bid vir sy fragile ego. Dieselfde vir jou dominee en pastoor. Shame man! 
- Jesus het afgekom aarde toe, dalk moet 'n paar van sy gesante dit ook probeer? 
#watsetwakisditdie
(lees niemand meer Matt 23:6-12 nie?!) 
.....................


“What do I think of Western civilisation?" 
"I think it would be a very good idea.” - Mahatma Gandhi


26/02/2020
so the world's on fire

and so you say
the only way
is to move into the water?

- but we’ll drown
become the fire fighter
 

in town
they're the only ones, who's lives matter
in places burning down




24/03/2013
Die anonieme ou, wat my uitgevreet het oor my boodskap vanoggend op RSG, gaan heeltemal uitfreak as hy vanaand s’n hoor . . . 

In die middel van sy kritiek (net na hy gesê het ek praat “net soos daai bruin predikers” - ʼn kompliment in my oë), vra ek hom wat sy naam is. ʼn Goeie move, want vir die res van die kort gesprek praat ons toe oor waarom "iemand so bekend soos hy” nie sy naam moet noem nie . . .  (vermoed ʼn regse politikus - of dominee)

Anoniemiteit bring nie die beste in mense na vore nie. 

Tot onlangs kon mense anoniem kommentaar lewer onder aan Beeld artikels - meeste het hulle soos varke gedra, en goed gesê wat hulle nooit in hulle eie naam sou sê nie. Beeld het dit gestop. Beter so.
 
Ons kan die beste van mekaar verskil wanneer ons eerlik is oor wie ons is.  


gisteraand kyk ek 'n program op Aljazeera oor hoe mense gemartel word met musiek by Guantanamo Bay - ek was nog nooit nie daar nie . . . maar nou die dag op radio Jakaranda . 

. . .

Is verlede week genooi vir 'n gesprek met Christina Landman op 'n Kruiskyk (moet bely ek het nog nooit self na die kanaal gekyk nie though), vandag 'n gesprek met Abel Pienaar oor die woord fees, die Kerkbode se onttrekking, moeilike vrae . . .  - interessante tye! My en Abel se teologie verskil woes baie, maar ons voel albei ons moet eerlik wees oor wat ons glo / nie glo nie. Say it as it is!




04/07/2010
In Katmandu het ek jare gelede ʼn dikwielfiets gehuur om na die Chinese ambassade te gaan soek. Langs die pad het daar ʼn man gelê en kreun, toegedraai in plastieksakke swart gevlek deur ou bloed. Ek het hom innig jammer gekry en vir hom ʼn Coke gekoop. Hy was vies, want die Coke was warm - toe ry ek.
    Die volgende dag hoor ek by die vrou van die koeldrankstalletjie dat iemand hom na ʼn hindoetempel geneem het om daar te sterf. Later droom ek, ek kom in die hemel en Jesus sê vir my: “Thanx vir al jou moeite! Thanx vir die warm Coke…”

 10/02/2018
oop en vry soos ʼn kruis
meer soos vlerke - as soos kerke
leeg en lig
meer soos vrede as soos werke
wat sweef na buite
en wegraak op die gees se wind
tussen herfs se ligte blare
stof en stere
en hierdie eienaardige nuwe vorm van lewe







13/02/2010
Skrywers Skryf.



07/06/2020


jou hond dink dalk jy’s 'n god
en jou stupid budgie en jou groupies ok
maar sê nou daar's iets soveel slimmer as jy
'n alien, 'n gees of 'n morality play
or a devilish fraud
or metamorphic thawed . .
dan’s jy gefok
want let’s face it, 
jy’s net 'n gewone mens, who faked it . . 

(gode het nie nodig om te lieg nie
- nie eens nodig om te bieg nie,
maar jy leuenaar . . . jy . . )





 30/04/2013
(in 'n droom..) 

Mammon gaan kerk toe

Heel aan die begin van die diens maak hy sy grand entrance. Styg stadig op - sonder die gevlap van vlerke - en hang soos ʼn goue fungi nat naby die nok van die dak. Honger, drillend.
    Onder hom gaan die suigelinge te kere. Maar hy hang stil, doodstil - want dis 'n kerk. Wag vir net die regte oomblik. 
    Soos die lofprysing groei, sien van die meer begaafde lidmate in hulle geestesoë hoe iets neerdaal, raak bewus van 'n vreemde teenwoordigheid wat hulle siele aanraak. Hier en daar val iemand om - party val self, ander word gestamp. 
    Sy spektakels (
spektakels nie tentakels nie, want dit was 'n great show)begin beweeg, heen en weer, heen en weer, asof gesinchroniseerd op die maat van die groeiende ritme, soos die lang vingers van ʼn dirigent - of 'n hidroterapeut. 
    Die invisible-hand is nou voluit aan't werk.
    Iemand in die agterste banke kan dit op ʼn stadium nie meer hou nie en bars trane uit in, vreugdestrane.
    Na wat soos ʼn ewigheid voel, word dit uiteindelik stil.
    Die leier, ʼn man met ʼn dik boek en ʼn goue ring, neem beheer en koördineer nou dinge van voor af: diakens, ushers, skoonmakers, kategeseonderwysers, die klankingenieur, kameraman, koster, die Bybel, die kerkgeskiedenis - die Vader, die Seun en die Heilige Gees - almal moet help voer. Geen wese word gespaar nie. Selfs die demone, hulle moet stoot terwyl die engele trek.
   Alles verloop verbasend glad.
  Dis nogal iets om te aanskou, wanneer Mammon Sondae kerk toe gaan, die tipe ding wat mens sou dink jy net in flieks sien . . . 




02/10/2019

Sy’t  gemoan oor sy gedigte . . . toe sê hy vir haar: "As die waarheid 'n mens begin bang maak, is dit dalk tyd om jou kak te stop?"

#baiekortSuidAfrikaanseKortverhaal



23/04/2014
ek onthou
nog die paasskou
revolusionêre skoonmaakmiddels
stofsuiers wat lewens verander
spuitgoed wat keer dat brille toewasem
- en daai remote controlled voëltjies met die plastic vlerke -
ek onthou nog paasfees
al daai hasies met die eiers
en die kerke met die torings en die klokke
maar dis alles in die past nou
die paasfees
die paashaas
daai hele past-show


14/03/2018
“Community is a sign that love is possible in a materialistic world where people so often either ignore or fight each other. It is a sign that we don't need a lot of money to be happy--in fact, the opposite.” 

- Vanier



20/09/2014
op 'n dag (in 2014) het ek besluit om op te hou lewe. ek het op die bed gaan lê, halfpad uitgeblaas en opgehou asemhaal. dit was die wonderlikste gevoel van rus - vir omtrent 30 sekondes - toe raak dit erg ongemaklik, en toe besluit ek om maar verder te lewe. so hier is ek nog steeds.  






03/11/2014
hy’s tussen jou naels en in jou hare
in die spasies van die stukkies van jou atome

in jou hart en in jou are
jou emosies
jou vrese
jou vrae
in die vibrasies
in jou ore
hy’s in die kyk in jou oë
hy’s in jou drome
in jou vyande
in jou onkunde

in jou mal
 

so lê terug 
relax
hy’s oral


 08/04/2016
it wasn’t enough to build a tower . . .
they had to put a chicken on top



.   .   .   .  





.   .   .   .  





 01/01/2013
Ek en Marina is vandag 14 jaar getroud - time flies when you're having fun! Ongelooflik om 'n vrou te hê wat AL my foute ken en nog steeds lief is vir my. I feel so lucky - en lus vir die toekoms. What a journey. Sy's 'n hemelse wese, die Here weet, 'n genuine engel. 





 10/08/2015


in 'n maand met die naam augustus het my ma die aarde verlaat
sy’t opgestyg
als agtergelaat
vir ons, die donker - en ’n fokker met die naam Kanker
en só is sy gebore in stukkies stof en as
wat waai en waai en waai - sy't nog altyd gehou van vlieg though
met die tyd sal sy seker deel word van sterre en onbekende biologiese prosesse
   wie weet?
               maar vir nou
                                   hang sy nog eers hier  r
                                                                              o
                                                                                        n
                                                                                                      d  







03/04/2016
vanoggend weer Comfortably numb van Pink Floyd geluister en gewonder, besef ons nog dat straatkinders kinders is?


 03/10/2012

Niks is erger as kerkvergaderings nie





20/05/2016
 
what a small, humble, courageous, powerful man (en ek praat nie van Jan nie) 


"Because forgiveness is like this: a room can be dark because you have closed the windows, you've closed the curtains. But the sun is shining outside, and the air is fresh outside. In order to get that fresh air, you have to get up and open the window and draw the curtains apart." 
Desmond Tutu



12/12/2012
mag silhoeëtte kom drink
waar geel gedrogte hang
mag die wind hier huil
en mag alles skielik stop



__________________________________________________________________

the end







32 DAE SOLO SEETOE ROEI

Jaco strydom ECHO Jeug