11/01/2024
mystery is no enemy to the believer
it can fill us with wonder
one of the most beautiful manifestations of faith . .
23/11/2022
we'd rather look better and feel better, than become better - this is the great compromise that keeps us from growing spiritually . .
___________________________________________________________
It wasn’t curiosity
that did the killing
and it wasn’t a cat
It was mediocracy
- and it was a bat
______
______
10/11/2023
Die nonne van Kalkutta
Greta en David is albei verlief, elke nou en dan verdwyn een van hulle om op ons goedkoop hotelletjie se Wifi te probeer Facebook of Whatsapp. Veral David, wat onlangs die meisie van sy drome ontmoet het - ons sou na die tyd spot en sê hy was in die Karoo terwyl ons in Indië was.
Sané en Annuschka is iewers besig om die tipe herinneringe te bou wat mens later in jou lewe oor en oor vertel, herinneringe van "die dae toe ons nog jonk en vry was". Van die ander slaap al. Bushy is nog wakker, hy drink elke oomblik in. Ek dink die backpack-travel-ding het hom nou finaal gegryp, hy sit en droom. Bushy is 'n fantastiese ou, as good as they come, een van die slimste, fluksste, eerlikste, vryste mense wat ek ken.
Dis ongelooflik om saam met dié klomp in Indië te wees. My helde. Die mense wat die lewe leef waaroor ek maar net kan preek. Ons ken mekaar goed, soos familie wat mekaar aangeneem het (nie omdat ons moes nie, maar omdat ons wou.).
Wonderlik om die enigma van Indië deur hulle oë te beleef. Hulle grootste gawe is dat hulle ‘n way het met mense, veral mense wat swaarkry. Meeste bly saam met ons jongmense in een van ons Echo-huise in Pretoria, een of twee is op ander maniere betrokke.
By "Kalighat - house for the dying" in Kalkutta, kon ek sien hoe 'n Indiese non genaamd Caroon, onmiddelik met Sané connect. Sy het binne minute haar eie hart gedeel sonder om vir 'n oomblik oogkontak te verloor met die vreemdeling uit 'n ander wêreld. Oor en oor, het sy oor twee goed gepraat: haar liefde vir God en die eensaamheid en weerloosheid van die sterwende mense in Kalkutta.
Ons het baie vrae gehad. Baie om te leer.
Na sy geduldig al ons vrae probeer antwoord het, vra David of ons vir haar kan bid, hy stop in die middel van sy sin, verander sy vraag en en vra of sy nie eerder vir óns sal bid nie - ons was duidelik die mense daar wat gebed die nodigste het! Sal sy so gaaf wees om te bid dat ons God se hart meer soos sy verstaan?
“Nee,” verras haar antwoord ons. As ons gebed nodig het sal ons self moet gaan kniel en bid in die kapel ('n gebedskamer reg bokant die twee vertrekke waar sterwende straatmense en melaatses versorg word). God self sal ons bedien, sê sy en haar oë blink - asof sy 'n geheim ken.
Ons het vir 'n rukkie almal stil bo in die kapel - waar Moeder Teresa so dikwels gekniel het - op ons knieë gaan sit. Ek het doelbewus weer Sister Caroon se woorde in my kop rondgedraai, bang dat ek dit sou vergeet - en gebid vir my eie selfsugtige siel. Terwyl ons elkeen in stilte probeer besig raak met God, kom nog nonne in en kniel in stilte.
Na 'n rukkie stap ek uit en skep vars lug op 'n balkon wat uitkyk oor 'n tipiese Kalkutta aandtoneel. Van oorkant een van die besige strate vang 'n vreemde beweging my oog. 'n Stokou Indiese vroutjie met 'n dikkerige stok vir 'n kierie in haar hand skuifel sukkel sukkel oor 'n baie besige kruising - karre, tuk-tuk's, busse, fietse, schooters, honde, voetgangers, koeie . . .
Met 'n skok besef ek: sy is blind!
Ek kon my niks erger voorstel nie. Om blind en alleen te moet wees in die verskriklike chaos, in die vuil stad.
Maar tot my verbasing weet sy duidelik waarheen sy op pad is. Aan my kant van die straat was 'n tipe polisie versperring. Toe sy dit bereik gly sy haar een hand oor die bokant van die versperring en skuifel dan al met die reëling langs tot by die trappe van Susters of Mercy.
Die deur waaraan sy klop was skuins onder my waar ek op die balkon van die kapel staan en afkyk. Die deur gaan oop en ek sien hoe iemand haar na binne nooi.
'n Heilige oomblik.
Eers sag en toe al harder kom die klanke van 'n baie ou lied uit die kapel. Die evening-prayer het begin. Ek gaan terug en kniel saam met die ander en die nonne - sommige uit Oos-Asië, ander uit Europa, een uit Afrika en 'n hele paar vroue uit Indië.
Vir die volgende uur bid en sing ons saam met die nonne en voel iets van hoe God se hart hier in die teenwoordigheid van sy liggaam klop.
Net daar op my knieë begin ek wonder: hoe sou die wêreld lyk as elke Christen die evangelie soos Moeder Teresa en hierdie nonne sou verstaan? Miskien was die idee nooit dat hulle hierdie wonderlike "wow-uitsonderings" van die Christen-wêreld moes wees nie. Sê nou dít was maar net "hoe Christene is". Onselfsugtige mense. Mense wat iets groter as materiële rykdom - iets groter as hulleself - ontdek het om voor te lewe. Sê nou almal sou, soos hierdie nonne, kies om hulle lewens te gee vir 'n stukkende wêreld (soos Jesus?).
Dalk is dit die nabyheid van die blindes wat hulle help om te kan sien . . .
2 dinge geleer die laaste jaar:
- there isn't anything so bad
that you can't make it worse
- moenie die ander wang draai
as jy nie gebliksem wil word nie
___________________________________________________________
(uit my rubriek vandag in Beeld)
’n Minder godsdienstige belewenis van God
Die Fariseërs en ander godsdienstiges in Jesus se tyd kon God hanteer solank Hy iewers in die geskiedenis was, in ʼn boek of in ʼn tempelboks, in rites en tradisies en wette, op godsdienstige feesdae . . . maar nie ʼn weerlose God wat asemhaal en rondloop in die hier en nou nie - veral nie op minder godsdienstige plekke nie - en allermins ʼn kaal God aan ʼn kruis.
Wanneer die godsdienstige instelling haarself begin verkoop as díe een wat op "sekere plekke" en "sekere tye” belewenisse van God se teenwoordigheid vir mense moontlik maak, kry sy skielik ondenkbare mag - g’n wonder politici is dwarsdeur die geskiedenis dikwels saam met godsdienstige leiers in die bed gevang nie.
Om bewus te leef van God se teenwoordigheid is ʼn baie belangrike saak. Richard Rohr waarsku in sy boek, The Naked Now, dat sonder “belewenisse van God se teenwoordigheid”, die teologie leeg is en eintlik maar net nog ʼn magspel word, 'n ego-spel - in ʼn magsbehepte samelewing.
Baie gelowige mense beleef ʼn groeiende gaping tussen hulle godsdienstige lewe en die “groter wêreld daar buite”. Hoe ironies is dit nie dat die “godsdienstige wêreld” toenemend gesien word as die “kleiner, begrensde wêreldjie” nie?
Die gevaar van georganiseerde godsdiens is dat dit God probeer vasvang - "sodat die mense kan kom kyk . . ."
Jy kan natuurlik ʼn lewe maak uit 'n vreemde wese in ʼn hok. ʼn Mens kan geld maak met God. (Maar laat ek nou nie weer op daardie band-wagon klim nie..)
Die waarheid is dit: God laat Hom nie vang nie! Daai wese in die godsdiens hok, hoe interessant of vreesaanjaend hy ook al mag voorkom, is nie God nie.
Dit het die Fariseërs en ander "bestudeerders van God" byvoorbeeld erg ontstel toe Jesus se dissipels koring pluk en Hy siekes begin genees op die Sabbat; toe hy saam met sondaars begin uithang; toe Hy nie sy hande was volgens die godsdienstige gebruike van die Jode nie en nie die gebruiklike vasdag hou nie . . .
Jesus het soveel anders gelyk as dít wat op daardie stadium in hulle godsdienstige hokke was.
Maar, sou jy met reg kon vra, is dit nie ook waar dat God se teenwoordigheid op sekere plekke en spesifieke tye, sterker en duideliker beleef kan word nie?
Ons glo tog byvoorbeeld dat die Bybel God se wil aan ons openbaar. Juis daarom sit ons spesifieke tye opsy om die Bybel te bestudeer. Jesus het homself dikwels gaan afsonder op “eensame plekke” om in die natuur te gaan bid. En selfs Paulus sê God openbaar Homself in die natuur (Rom 1:20).
Alles waar, Jesus self het mense in sinagoges die waarhede van die ou geskrifte geleer . . . . maar volgens Jesus word God ook veral beleef op minder godsdienstige plekke, daar waar mense lief is vir mekaar en omgee vir vreemdelinge en vir weerloses, Hy leer ons dat God ook saam met sondaars eet.
Wat bly oor?
Niks!
God is oral.
Die kerk het soms die manier om die Evangelie onnodig ingewikkeld te maak, veral deur belewenisse van God se teenwoordigheid te probeer skeduleer en formaliseer. Die vloek van die dogma - volgens Jung.
Vreemde dinge gebeur wanneer mense bewus word van God se heilige teenwoordigheid ook op minder godsdienstige plekke - ons gedra onsself mos oor die algemeen beter op heilige plekke.
Klassieke godsdienstige byeenkomste en die kerklike kalender kan dalk dien as geestelike katalisators wat help om hierdie ander groter, holistiese bewustheid te stimuleer. Kom ons hoop.
Want as dit gebeur word die kerk meer as net 'n plek waar mense “kan kom kyk hoe lyk God”, sy word 'n gemeenskap wat eerlik saam soek en verwonder en ontdek.
Die groot funksie van die godsdienstige beweging is tog nie om God te probeer vang nie, maar om mense te bevry en te help om te ontdek: dat Hy toe al die tyd nader is as 'n hartklop.
Paulus en Silas het Hom beleef in die tronk; Petrus het ontdek dat Hy by hom was toe hy in ongeloof begin sink het - selfs toe hy Jesus verloën het; Paulus sien Hom tussen die heidene in Athene in die standbeeld van die “onbekende God” en selfs in die gedigte van Griekse skrywers (Hand 17 en Tit 1:12); die tollenaars en sondaars ontdek tot hulle verbasing dat Hy saam met hulle eet - en ʼn bruidegom dat Hy daar is toe sy wyn opraak . . .
JacoStrydom/Beeld/Netwerk24
'n Groot man in kakieklere kom nader. Teen die kant van sy kortbroek hang 'n pistool.
“Skielik voel ek veiliger!” maak ek 'n grappie toe ons groet. Ek nooi hom om te sit.
In die vorige verkiesing het hy meer as 'n duisend stemme gekry, sê hy.
Jo, sê ek.
Hy vertel van al die moeilikheid wat die mense op die dorp en die plase moet verduur. Daai ander lot maak dit nie vir 'n ou maklik nie, sê hy.
Ek vra wat hy doen as hy nie politieke vergaderings bywoon nie.
Hy sê hy het 'n mini-loan besigheid. Amper al sy kliënte is swart en sy besigheid doen deesdae eintlik besonder goed!
Sjo, sê ek.
Ons praat oor die kerk - hy het by die eienaar gehoor ek is 'n tipe kerkman.
By húlle kerk neem hulle nog alles wat die Bybel sê letterlik op, sê die politieke man en maak sy oë groot.
O, sê ek, soos daai versie wat sê verkoop jou goed en gee die geld vir die armes, of die een wat sê wees lief vir jou vyande?
Hy lyk nie happy nie. Ons praat oor ander goed.
Ek kan nou nie gedagtes lees nie maar ek dink wat hy eintlik bedoel het is die versie wat sê “die Here is my herder” en dalk die een in Levitikus (19:27/28) wat sê mens mag nie tatoeëermerke hê of jou wangbaard en die hare voor jou ore skeer nie? (Eintlik net die een deel, help ek myself reg, want hy sny duidelik sy sidies en sy wange is skoon geskeer)
Hy was 'n vriendelike man - al leef ons nie op dieselfde planeet nie. Al wat ons waarskynlik in gemeen het is dat ons albei Afrikaans is.
Dit help nie ons wil net met mense praat met wie ons saamstem nie, nie in hierdie land met al haar diversiteit nie.
(My rubriek vanoggend in Maroela Media)
]
Mathilda: "Pappa ek hou van 'n seuntjie by die skool"
Ek: "Weet daai seuntjie ek het 'n gun?"
Mathilda: "Ag hy hou nie eintlik van my nie so pappa kan hom maar skiet"
die kerk het ’n buitengewone vermoë
om wreedhede weg te steek
Die illusie van goeie teologie
(uit Confessions oor Kerkwees - aanvanklik geskryf in Rapport )
Hoe dikwels moes ons deur die jare hoor hoe dosente en ampsdraers van veral die drie susterskerke met genoegdoening opmerk dat “ons gereformeerdes darem baie goeie teologie het”; en dan dikwels ook die waarskuwing om versigtig te wees vir die swakker teologie ander kerklike tradisies.
Lelike goed het al gebeur in die naam van sogenaamde “goeie teologie” - en dit kan weer! Die Here help ons, ons verwar maklik konformeer en doleer met reformeer. En Jesus, alhoewel altyd handig en teenwoordig, is steeds té dikwels iewers in die agtergrond as dit by eintlike belangrike sake kom.
Die ou NG-grappie uit die apartheidsjare (toe die gemeentes en teologiese fakulteite floreer het) gaan so:
Die dominee kom af op Jonas waar hy op sy knieë voor die
preekstoel hurk.
"Wat dink jy doen jy?” vra die dominee ontsteld.
“Ek maak net die vloer skoon my baas,” antwoord Jonas.
“O,” sê die dominee verlig, “ek dog net jy bid!”
Miskien moet ons onsself herinner dat hierdie tot redelik onlangs nie net ’n grappie was nie, dit was ook “goeie teologie” (en is vandag steeds in sekere kerkkringe, soos die APK).
Ja, daar was Bonhoeffers in die tweede wêreldoorlog, Beyer Naude’s in apartheidsjare . . . maar hulle was altyd die uitsonderings - onder kritiek van hoofstroom konformerende kollegas.
Dis byvoorbeeld vandag steeds heeltemal moontlik om “teologies te floreer” in ’n kerkgebou, ’n lesingslokaal of studeerkamer sonder dat jou voete ooit die spreekwoordelike grond raak; sonder dat jy ooit in ’n plakkerskamp of die middestad kom en sien hoe swaar mense kry.
Selfs die beste teologie is leeg sonder empatie. Die twee is natuurlik nie veronderstel om sonder mekaar te bestaan nie, maar te dikwels doen dit.
Die Franciskaanse priester Richard Rohr waarsku dat die teologie maklik net nóg ’n magspel binne ’n erg magsbehepte samelewing kan word; nog 'n plek om te presteer nog 'n kompetisie om te wen.
Daar is baie ironieë in die stryd oor wie reg is oor God. Soos byvoorbeeld die Gereformeerde dominees se sterk teenkanting teen die charismatiese idee dat dit die Here se grootste behoefte is dat sy kinders so ryk en gemaklik as moontlik moet wees; die sogenaamde “voorspoedsteologie”.
Krap ’n mens egter onder die oppervlak, vind jy dat baie gereformeerde predikante en gemeentes eintlik presies dieselfde leef. Charismatiese pastore en Ng-dominees lees dalk die Bybel verskillend, preek verskillend en bid verskillend, maar uiteindelik kom hulle vanuit twee totaal uiteenlopende teologiese strominge by presies dieselfde lewensstyl uit. En hier praat ek nie van buitengewoon skatryk televisie predikers nie, maar gewonde dominees en pastore - soos ek!
Ons teologie verskil dalk baie papier, maar, lets face it, ons lewensstyl lyk eintlik maar dieselfde. Ons kan net so wel ophou stry.
Miskien is die probleem dat ons “goeie teologie” veral op papier of in preke soek, in plaas daarvan om te besef dat ’n boom aan eintlik sy vrugte geken word (volgens Jesus).
'n Vraag wat ek al baie oor gewonder het is waarom doen die goeie teoloë wat ek ken so min? Waarom leef hulle dan nie die goed nie?
En jy’s reg, daar is uitsonderings. Maar, let’s face it (again!), as ons wil hê die kerk se boodskap van liefde moet ernstig opgeneem word, het ons nie bloot beter uitsonderings nodig nie.
Wie meeste van van ons, meeste van die tyd is, sê meer oor die bepaalde tradisie waarvan ons deel is, as die uitsonderings.
In die kerk wil ons deur die eeue graag hê die wêreld moet hoor wat ons te sê het, maar keer op keer ontdek ons: die wêreld is meer geïnteresseerd om ons dop te hou as om na ons te luister.
Jesus het gesag gehad, want jy sou dieselfde boodskap kon kry, bloot deur hom dop te hou, al het jy nie 'n woord gehoor van wat Hy sê nie. Daar's nou vir ons 'n uitdaging!
My eie grootste teologiese ontnugtering het gekom vanuit twee uiters uiteenlopende kerklike tradisies: die Katolieke en Charismatiese; die mense met die “swak teologie” volgens my destydse gereformeerde professors en kollegas.
Oor die jare is my gereformeerde denke erg verrinneweer deur besoeke aan moeder Teresa se Susters of Mercy in Kolkatta in Indië en onlangs selfs méér so deur ’n besoek aan die ekstreem charismatiese, Heidi Baker, in Pemba in die Noorde van Mosambiek.
Ten spyte van die enorme verskille in die tradisies waarin die twee hulself bevind, is dit fassinerend hoe dieselfde Baker en Moeder Teresa se teologiese uitkyk is.
Almal wat al van Heidi Baker se boeke gelees het, weet dat sy Moeder Teresa as haar grootste menslike rolmodel beskou – al is sy ’n Katoliek! Toe ek Heidi hieroor uitvra, was haar antwoord dat hulle teologie “eintlik dieselfde is”. En as ’n teologiese boom aan haar vrugte geken word, is dié uitspraak sekerlik waar.
Heidi se bediening, Iris, gee daagliks kos vir meer as 10 000 armes in Mosambiek. Hulle bedryf honderde kinderhuise, skole en klinieke in Mosambiek, een van dié armste lande ter wêreld.
Haar hele menswees skree liefde en eenvoud. Jy sien haar bykans nooit sonder ’n kind op die arm of onder ’n boom besig om in Portugees te gesels met iemand oor hul probleme nie. Die hele “Village of Joy” in Pemba wemel van “haar kinders”. Hulle noem haar “Mamma Aida”. Baie van die jongmense wat vandag leiersposisies in dié gemeenskap bekleë, het jare gelede daar aangekom as honger en verwaarloosde babas of kleuters.
Wat my die meeste opval van die teologie van Moeder Teresa, Heidi Baker en ander soos hulle, is die eenvoud daarvan - hoe verbasend baie hulle regkry met min teologie.
Hulle teologie is Jesus en liefde. So eenvoudig en so moeilik soos dit. Dit is asof hulle hele wese sê: “Jy kan nie jou lewe vir Jesus gee sonder om jou lewe ook vir die wêreld te gee nie!”
Ná my besoeke aan Indië en Mosambiek vra ek myself al hoe meer af of ek eerder in ’n wêreld wil leef waar die meeste Christene soos my teologieprofessors dink, klink en leef, of soos Moeder Teresa en Heidi Baker?
Ek het uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat goeie teologie en liefde veronderstel is om saam te loop. Maar as daar spanning kom tussen die twee, kies liefde!
______________
Often the hands know how to solvea riddle with which
the intellect has wrestled in vain” C.G. Jung
Moenie dieselfde fout maak nie!
___________________________________________________________
Waarom hoor mens nooit van 'n konferensie by ’n kerk oor die vraagstuk of 'n ryk jong man bevestig mag word as dominee nie - as skrifgesag dan so belangrik is?
(o ja, nou onthou ek . . . die Kairos-ooms is mos ryk en nie gay nie)
11/02/2023
"They came looking for dark and terrible revelations and instead found out something even more dark and terrible: that their lives were trite and boring."
- David Wong
well adjusted to a profoundly sick society.
- Jiddu Krishnamurti
___________________________________________________________
“Men are the devils of the earth,
and the animals are the tormented souls.”
- Schopenhauer
die wag,
was dit benoud
en die donker
en die dood
voel dit beter
en die sand
en die sout
weet jy wat agter bly lê
sien jy die skulpe,
die skedels
die gladde wit beentjies
die stukkies krap
weet jy hoeveel vandag nog
drink
aan jou drome
verdrink
in jou woorde
wat wil jy hê
wat maak ons met jou
seespook
jy wat vannag nog hier
rondloop
And
God is serenity
and certainty
and creativity
and m y s t e r y . . . . .
"Our world," he said, "is far more advanced than yours. For reasons you'll understand shortly."
A thin, bony, naked woman entered the room, carrying two small, white kittens. She sat one of the fluffy cats in my lap and stuffed the other down my shirt. She turned and left.
- David Wong
Die blog het pas 85 6000 hits, wohoo tx almal
- die teologie is nie te waffers nie though (soos Fanie, 'n belangrike kerkman, mense waarsku)
___________________________________________________________________
03/06/2023
“Real magic can never be made by offering someone else's liver.
You must tear out your own, and not expect to get it back.”
― Peter S. Beagl
06/05/2023
daai vreemde wese
hey!
laat daai duiwels soos lindwurm
varklangs kransaf wei,
so sê Hy
en wys,
maar voeg dan by,
en laat daai los hoer wat dors ly,
ook water kry
en dan sê hy,
en help tog daai man
wat gepik is deur die lang slang,
want
help jy hom
help jy my
. . . en so en so en so sê Hy
14/02/2023
"Most criminal justice systems treat you better if you are rich and guilty than if you are poor and innocent . . . ” one of the reasons we started Echo Legal, a Christian Legal witness to the vulnerable and the poor in our city.
#EchoLegal
#EchoCommunity
02/03/2023
We have the most to learn from those who are different from us . . . In the words of Ralph Waldo Emerson: "In my walks, every man I meet is my superior in some way, and in that I learn from him"
at the open office on the Wilge . .
. . sighned contract with Penquin last week, now witing, writing . . .to grow we need authentic sharing community
and raw contemplative solitude in nature,
most people are afraid of both
- and choose to rather live somewhere
in the mediocre middle . . .
“We are what we pretend to be,
so we must be careful about what we pretend to be.”
― Kurt Vonnegut
03/03/2021
Every creature
is a word of God.
- Meister Eckhart
Sal iemand - wat die waarheid ken - my kwalik neem?
dink ek het vir eers genoeg gehad van NGK heiliges . . (en tog gaan ek aan..)
___________________________________________________________
'n Welgestelde kerktannie het sekerlik iets om te gee vir ’n oumatjie in die plakkerskamp wat na ’n klomp weeskinders omsien . . . maar sy het veral baie om by haar te leer.
01/09/2022
the Lord will say, I was hungry, and you didn’t feed me, thirsty, and you didn’t give me a drink, I was a stranger, you didn’t invite me into your home . . .
Then we will reply, ‘Lord, but we did contemplate’ . .
erg besoedelde ghoeroe
eiegeregtige wese
vol leuens, wrede gedagtes
en vrese
What a kid I got, I told him about the birds and the bees
and he told me about the butcher and my wife.
- Rodney Dangerfield
“Madness is something rare in individuals — but in groups, parties, peoples, and ages, it is the rule.”
― Friedrich Nietzsche
kerkmense is nie die eerlikste mense op aarde nie . . . dikwels meer into 'liturgie' en 'die regte voorkoms' as 'rou waarheid' (ek is waarskynlik bietjie subjektief in my waarneming, ek weet...)
Ek moes van 'n massa goed ontslae geraak. Stupid onnodige goed waarmee ek deur die jare leer saamleef het.
Vandag is my studeerkamer minimalisties: 'n enkele stoel, 'n matras, ’n meditasiematjie en 'n boekrak (die lessenaar is ook gefire). Ek kan dit weer daar binne waag . . ."
"Om kerk te wees vandag het jy ten minste vyf of ses van die volgende goed nodig: 'n kerkgebou of ouditorium, teologiese opleiding,’n koster, belydenisskrifte, kerkreg, 'n sinode, 'n saakgelastigde, 'n jaarlikse ringsitting, 'n kalender, 'n Bybel, ’n website, ’n konsistorie, 'n klanksisteem, 'n pastorie, 'n letterbord, liturgiese handleidings, 'n dataprojektor, 'n klomp geld, 'n orkes, beligting, kontrakte, kommissies, ’n preekstoel, 'n toring met 'n hoender op . . . - en deesdae selfs 'n vurkieheining . . . "
Someone asked Henri Nouwen why he decided to leave Harvard, he said: “I’m speaking about prayer, but have less an less time to pray, i speak about community, but I have no time to form a community, I’m teaching things like “blessed are the poor”, while living in this very ambitious place . . . “
Later he said, "I did not leave the university - after twenty years - and move in with people with disabilities at L’arche because I wanted to help them, but because I needed better teachers . . ."
Often a particular spiritual depth - and a silent authority - are found amongst people who actually live the spiritual things most Christians only talk, sing and pray about. It’s as if they discovered a secret that can not be explained, only experienced.
Maybe there are certain spiritual things that can only be discovered in certain (often dark) spaces, and you have to visit these places it in a real, tangible way - with your physical body. (Because “presence makes the difference”)
It is one of the ironies of life, that we often only discover the light inside of us once we dare to enter truly dark places.
Is there anything worse than the religious chitchat of comfortable theologians playing it safe, always only watching from afar - consoling their conscience with a little bit of charity every now and again?
There is something of God’s heart that we won’t find in most beautiful cathedrals, the best theological institutions, the most amazing Christian books and music, not even in Bible study, worship, meditation or prayer. It is reserved to be discovered in true community with the most vulnerable.
It is Jesus who said: “I was hungry and you gave me something to eat, homeless and you gave me a place to stay . . . whatever you did for one of the least of these . . .”; “Blessed are the the meek, the merciful, the peacemakers . ."; He told the story of a Good Samaritan to Jewish religious leaders to explain the core of their religion and said loving our fellow human, is equal to loving God . .
20/02/2022
it is not happiness that makes us grateful, it is gratefulness that makes us happy . .
04/02/2023
Hy was ‘n goeie teoloog, belangrik en uitgesproke teen al die ongeregtigheid en ongelykheid in hierdie land vol armoede, weemoed en swaarkry, met ‘n luukse huis in die stad, twee smart karre, ‘n groot belegging in die bank en ‘n strandhuis - wat meeste van die tyd leeg staan …
Nou en dan het hy 'n vuilgedagte gehad, iets soos “die wit rykkes is selfsugtige fokkers,” maar dit heelwat mooier verwoord wanneer hy in die openbaar sou praat of iets daaroor sou skryf (natuurlik heel onbewus van die feit dat hy self ‘n blinde fokker is - want eiegeregtigheid is die siekte van ons tyd)
Die lelikste P-woord in Afrikaans is pretensieus…en die kerk is vrot daarvan . .
When your lover is a liar, you and her have a lot in common,
you're both lying to you!
- Susan Forward
“The acceptance of oneself is the essence of the whole moral problem and the epitome of a whole outlook on life. That I feed the hungry, that I forgive an insult, that I love my enemy in the name of Christ -- all these are undoubtedly great virtues. What I do unto the least of my brethren, that I do unto Christ. But what if I should discover that the least among them all, the poorest of all the beggars, the most impudent of all the offenders, the very enemy himself -- that these are within me, and that I myself stand in need of the alms of my own kindness -- that I myself am the enemy who must be loved -- what then?
As a rule, the Christian's attitude is then reversed; there is no longer any question of love or long-suffering; we say to the brother within us "Raca," and condemn and rage against ourselves. We hide it from the world; we refuse to admit ever having met this least among the lowly in ourselves.”
- C.G. Jung Memories, Dreams and Reflections
01/09/2022
vra of ek nie net vir een keer iets moois van hom kan skryf nie
Maar ek moet tog eerlik wees,
sê ek,
anders glo niemand my nie!
Ek het gisteraand tot laat gelê en dink
en ek is jammer,
sê ek,
ek het weer slegte nuus: jou ma was ’n hoer
Toe speel ek God en skryf sy storie . . .
___________________________________________________________
there would be a lot less noise in this country if all the racists would stop pointing out other racists
09/05/2023
What is reading but staring at dead trees for hours and hallucinating vividly? Skryf is nie veel anders nie!
Die probleem is jy word soms só een met die hallusinasie dat jy jouself later moeilik onderskei. Of dalk is dit nie 'n probleem nie? Dis 'n tog fout om byvoorbeeld na 'n sonsondergang (of enige ander misterie) te kyk en aan jouself te dink as 'n blote toeskouer.
Jou silhoeëtte is op daai oomblik so deel is van wat daar afspeel as die sakkende son, die wasige wolke en die horison . . . Lets face it, jy is ook die sonsondergang, in a very real sense - of jy dit nou wil weet of nie . .
(party evangeliese christene het 'n probleem met hierdie gedagte want hulle God is nie alomteenwoordig genoeg nie)
13/09/2021
Blessed is the man who is content on living cheap in a tiny house overlooking the vastness of the wilderness - simply living and living simply - while wandering far and wide and deep . . .
wat raas as die pasiënte in Eugene Marais wil slaap
wat op dokters se karre skyt - en nou en dan ʼn karwag se kop
is ons die aliens oor wie bygelowige Zoeloe kinders honderde jare gelede reeds nagmerries gehad het
of is ons die brandweermanne wat net ʼn vuur wou blus
maar toe (per ongeluk) ook die enigste lig?
Ministry can indeed be a witness to the living truth that the wound, which causes us to suffer now, will be revealed to us later as the place where God intimated [God’s] new creation.
—Henri J. M. Nouwen
klippe met groot oë
vanaand is die karoo swart
en sopnat
ek het hom so gereën
dis oor helen martins
en die snippers glas in haar oë
vanaand was die mis soos beton op die berg
en koud
ek het hom so gekry hier in die nuwe bethesda
dis oor koos malgas
en sy nonnetjie
en daai donker kamertjie
en veral oor daai laaste woorde wat die dominee gesteel het
(en al daai gefluister)
vergeet die uile
dis kraaie wat nou hier krap
grootoog rondkuier
blink goedjies bekyk
We have people living together in 13 houses. People from extremely different backgrounds and cultures sharing, not only a house, but often a room. Some were street children with very little education, others have University degrees. There are Zulus, Sothos, Afrikaners, Indians . . . from South-Africa, Kenia, Burundi, Zimbabwe, Mozambique . . . living together for years (Echo is turning 15 this year). So, don’t tell me things like “oil and water don’t mix”, water and water does! Go read Col 3:11.
Diversity can be South Africa’s biggest blessing, but then we need a change of attitude - because, lets face it, no one’s going to change color.
Don’t tell me it’s not possible. I won’t believe you!
Ek het ook al wonderwerke gesien. Een van die wonderwerke is die uiteenlopende mense wat Sondae se Echo-erediens bywoon en saam eet. Dis deesdae altyd kleinerig (miskien so 60+ op 'n goeie aand), maar daar is mense uit verskillende kulture en sosiale agtergronde, 'n argitek, onderwyser, binneshuiseversierder, opvoedkundige sielkundige . . . en vlugtelinge, Zoeloes, 'n Iranese familie, haweloses, kleurlinge . . . you name it. Dis beautiful. En dis 'n wonderwerk, want meeste van hulle woon saam en ken mekaar actually goed. En dis chaos en 'n bietjie deurmekaar . . . maar dis steeds amazing om te dink dis moontlik - al is dit maar bietjie van 'n krippel poging . . .
13/02/2020
Entitlement is always bad,
but never as bad as when those in power cry victim
―
Ek het gisteraand gedroom Suid-Afrika het gestem vir 'n nuwe leier - Zuma is toe uiteindelik gefire.
Letterlik.
Julius het gesê as hy wen, privatiseer hy die myne, vat al die boere se grond, kanseleer Afrikaans en laat almal overalls dra. Steve het gesê hy gaan Sunette Bridges aanstel as minister van Kuns en Kultuur en vir Dan Roodt as die hoof van die Nasionale pers.
Toe weier ek om te stem.
. . . en toe's ek verlig (?!)
(mens kan nie help wat jy droom nie)
Die Engelse het 'n uitdrukking “killing time”, in Afrikaans, om “die tyd om te wens”. Hel, dís tragies! Tyd is te kosbaar.
Dit ís so, ons is gehok met die hoop om die wêreld se nuwe grootste vyand te probeer terughou en op hierdie stadium weet ons nie hoe lank dit gaan aanhou nie. Maar 'n mens kan, of jou tyd en energie gebruik om te tob oor die dinge waaraan jy niks kan verander nie, of jy kan fokus op dit wat jy wél tot jou beskikking het.
Soos tyd. Ons het skielik 'n klomp onbeplande aftyd. Meer as wat ons dalk ooit weer sal hê.
Die spreekwoord “time heals,” het nog nooit soveel betekenis gehad nie.
Daar is 'n klomp mense vir wie hierdie 'n verskriklike tyd van krisis is. Bid vir hulle. Maar die laaste ding wat ek en jy, as ons van die gelukkiges is wat bloot gehok is, moet doen is om onsself jammer te kry oor krisisse wat ander mense tref.
Op 'n vreemde manier dwing die pandemie die mensdom tot introspeksie. Om te fokus nie net op onsself as individuele mense nie, maar ook op onsself as deel van die kollektiewe mensdom - en deel van die natuur.
Dit maak dat ons stop en vrae vra oor onsself, oor wat regtig belangrik is, oor die rigting waarin die mensdom besig is om te beweeg en oor wat ons besig is om aan die aarde te doen.
Gelukkig kry die ekologie nou ook 'n bietjie tyd, ’n blaaskans. In van die grootste wêreldstede, sien mense nou vir die eerste keer hoe blou die lug eintlik is.
Dis waarskynlik die eerste keer in die geskiedenis van die mensdom dat letterlik die hele wêreld op een enkele ding fokus - in die 2de wêreldoorlog het mense nog kant gekies.
'n Gemeenskaplike vyand het ongekende potensiaal om die mensdom in nuwe eenheid te laat saamwerk. Aan die anderkant bestaan die gevaar dat as slegs 'n persentasie mense werklik geraak word, dit kan maak dat sekere groepe erg selfsugtig begin optree en net weer hulle eie mense probeer bevoordeel. Ons sal moet sien wat gaan gebeur.
In Tolkien se The Fellowship of the Ring gesels Frodo en Gandalf:
“I wish it need not have happened in my time," said Frodo.
"So do I," said Gandalf, "and so do all who live to see such times. But that is not for them to decide. All we have to decide is what to do with the time that is given us.”
not with an explanation,
but with a poem about the mystery
of creation . . .
hulle het als gevat
sy tong
en sy lippe
toe praat hy maar met die gun en die klippe
niemand het verstaan nie
maar ten minste was hulle nou bang vir daai lanie
excuse the pun
maar that’s how it all begun
with a man without a tongue
(dankie haai)
Ons wou graag 'n God hê soos Kersvader
maar toe kry ons die Here Jesus . . .
ons het geskrywe en mooi gevra: "een vriendelike vet vrygewige God soos Kersvader, asseblief . . . "
. . . maar toe kry ons 'n moeilike maer Jesus
vir Kersfees
(sug)
'n tingerige mannetjie sonder sokke
met 'n leë sak
aan 'n dooie boom
sonder klokke
VSA / Taliban
verkluim / verbrand
opgooi / diarree
Cora Marie / Jurie Els
Steve /Julius
maagpyn / hoofpyn
keuses, keuses, keuses . . .
Couldn't get much info on traveling/paddling Pemba on the web, so here's my little contribution
- contact me for more detailed info: jaco@echoyouth.co.za
Pemba island Zanzibar sup trip |
I had to do a solo trip (to gain some sanity) and it had to be over Easter - rest of the year already packed. First I thought of Transkei, but then some of the people in our community borrowed the vehicle I share with Echo. And then a few things happened: I remembered a dream I had a year or two ago, saw a cheap plane ticket on the web (Fastjet) and then, to top it all, Marina told me that my in-laws were planning a visit! (I know what you think, but it actually only meant that she wouldn't be alone with the kids). The stars were lining up fast, so I double checked the limit on my credit card and got the ticket.
I boarded the plane at
I boarded the plane at O.R. Tambo a few days later, weighing in my inflatable stand up board (sup), everything else stuffed into a waterproof bag as hand luggage.
Stayed one night in a very cheap and shaky joint near the port in Stonetown and took a ferry to the neighboring island to the North called, Pemba.
Pemba (63km in length) is smaller and wilder than Zanzibar and not much of a tourist destination, partly due to the tense political situation with mainland Tanzania - or so most travel guides warn.
Truth is, I couldn't find any proof of tourists ever being harassed on Pemba. I landed three days after the election. Had lots of chats with locals on ferrys, dallala’s (taxi’s) and on the beach. Everyone talked politics. Beautiful friendly intelligent people, fed up with rigged elections, harassment by the army and being exploited by mainland Tanzania. Just about everyone I spoke to on Pemba, the same as did the locals on Zanzibar (Unguja), said: “First we were colonized by the Arabs, now we are colonized by mainland Tanzania”.
The name, "Tan-zania", is actually "Tanganyika" (previous name of mainland Tanzania) combined with "Zanzibar".
Back to the trip.
At the Port in Mkoani I met a taxi driver named Mohammed Hassim who offered to drop me of at a small fishing village,Tumbe, 50km to the North-east.
The most dangerous form of travelling Pemba is on the road. People drive like crazy, killed two chickens on the way. The valleys on the island are all covered with a dense cover of clove, coconut, mango and other fruit and crop plantations.
Beautiful.
Had to walk a distance among clay huts in tribal Tumbe to reach a small beach surrounded by mangroves.
Stayed one night in a very cheap and shaky joint near the port in Stonetown and took a ferry to the neighboring island to the North called, Pemba.
Pemba (63km in length) is smaller and wilder than Zanzibar and not much of a tourist destination, partly due to the tense political situation with mainland Tanzania - or so most travel guides warn.
Truth is, I couldn't find any proof of tourists ever being harassed on Pemba. I landed three days after the election. Had lots of chats with locals on ferrys, dallala’s (taxi’s) and on the beach. Everyone talked politics. Beautiful friendly intelligent people, fed up with rigged elections, harassment by the army and being exploited by mainland Tanzania. Just about everyone I spoke to on Pemba, the same as did the locals on Zanzibar (Unguja), said: “First we were colonized by the Arabs, now we are colonized by mainland Tanzania”.
The name, "Tan-zania", is actually "Tanganyika" (previous name of mainland Tanzania) combined with "Zanzibar".
Back to the trip.
At the Port in Mkoani I met a taxi driver named Mohammed Hassim who offered to drop me of at a small fishing village,Tumbe, 50km to the North-east.
The most dangerous form of travelling Pemba is on the road. People drive like crazy, killed two chickens on the way. The valleys on the island are all covered with a dense cover of clove, coconut, mango and other fruit and crop plantations.
Beautiful.
Had to walk a distance among clay huts in tribal Tumbe to reach a small beach surrounded by mangroves.
Tumbe |
At around 15:00 I started paddling - at last. Was extremely hot. Had to paddle hard the first 3km into a 20km/h headwind and the incoming tide.
It was horrible and beautiful.
Mangroves to my left and two small uninhabited islands, called Usubi and Hamisi, to the right, white sand, emerald blue water, lots of birds (Pemba has 183 bird species, 4 endemic).
I did only around 15km a day (unfit paddler, slow boat, to much gear and the freaken carrybag and pump that I had to take along . . .).
I camped on the beach, sleeping every night on the sub under the stars, not needing to put up the tent even once, ‘cause it never rained.
Spend one night on the edge of the Ngezi forest, home to the endemic, Pemba flyingfox (a huge bat with a wingspan of 1,8m that looks more like a flying Siamese cat - that doesn’t eat humans).
I planned the trip as much as possible according to the wind and tide (had to go head on into the wind on tree occasions though). The Kaskazi was still going strong, the consistent North-east Monsoon from November to March. From the point at Vrumavimbi it was all downwind and I later rigged a downwind sail (with one of my three T-shirts).
Lots of fish, saw a huge barracuda in the shallows.
My down wind T-shirt-sail |
Funde-gate turned out quite okay in the end, not much worse than Hellsgate at Inhaca in Mozambique. Njao and Funde are beautiful islands with thick vegetation, totally desolate beaches on the seaside and one or two tiny fishing villages on the landside.
Came upon some small caves at low tide on Njao .
Met lots of friendly fisherman all the way, some fishing of ngalawas (outrigger canoes) or mashua (small dwows), others spearfishing far offshore without boats for octopus.
Was very hot and humid during the day (37 °C), and at night (27°C) luckily very few mosquitoes. (found an island with no humans - walked naked half a day)
Faced a horrible sidewind when crossing the bay from Funde to the point east of Wete, from thereon things got even worse when I had to turn head on into the wind.
Reached Wete just before 20:00 the last night. Stressed a bit when my arrival freaked out some guys with AK47’s. One asked for a permit or papers (I honestly still don't know if you need it or if such a thing even exists). I gave him my passport. No further mentions of permits. I started to offload the sup.
They didn't know what to do with me, but after I gave one of the guys - a Rambo lookalike with a AK47 - my fishing rod and to one of the others my shoes everything was better (wasn't a bribe, had to leave stuff behind, it turned out my most irritating “wetshoes" was one number to big and I had to pay R200 for 2 kg of extra weight to Fastjet, less than what the rod was worth, decided earlier to leave some stuff behind anyway).
Tried to be quiet and friendly.
You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone.
Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice).
Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back.
Took a taxi the next morning, feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours).
The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown. He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...
Tried to be quiet and friendly.
You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone.
Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice).
Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back.
Took a taxi the next morning, feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours).
The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown. He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...
Tried to be quiet and friendly.
You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone.
Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice).
Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back.
Took a taxi the next morning, feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours).
The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown. He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...
Tried to be quiet and friendly.
You don't mess around with AK47 carrying bad-asses in the dark outside of public view when you’re all alone.
Did my trick of inflating my boat and putting it into the bag, which impressed them greatly. We became instant friends. They dropped the guns and even offered to dispose of my empty water bottles and other garbage (see, even people with guns can be nice).
Had to walk quite far uphill in the dark into Wete with the sub-bag on my back.
Took a taxi the next morning, feared for my life, killed three more chickens (honestly) on the way to Mkoani, boarded the ferry back to Zanzibar (4,5 hours).
The people of Zanzibar (Unguja) and Pemba must be some of the most friendly and helpful people on earth, in spite of having a hard time under their government and foreign lodge owners. Like Abdula, whom I met on a dallala to Stonetown. He speaks Swahili, English and French fluently, works at a 80$ a night hotel for 70$ a month...
Jaco Strydom
As dit verkeerd is as “hulle” dit doen …
Ek lees nou net weer die berig van ’n week of wat gelede oor Solidariteit se besluit om klagtes in te dien by die SAPD, die Gelykheidshof en die Onafhanklike Verkiesingskommissie teen Syanda Gudebe en Lindsay Maasdorp van BLF oor hulle haatspraakboodskappe na aanleiding van die tragedie by Hoërskool Driehoek.
Ek onthou hoe daardie boodskappe my persoonlik ontstel het. Hierdie land is sieker as wat ons besef, het ek gedink.
My gedagtes het my teruggevat na ander soortgelyke uitsprake. Ek onthou ’n swart man op Twitter se opmerking dat daar nou gelukkig een wit mens minder is nadat iemand die nuus gebreek het van ’n vriend wat so pas in ’n motorfietsongeluk gesterf het.
Dit is nie ’n nuwe verskynsel nie.
Dis meer algemeen as wat ons wil erken. Hoeveel keer moes ek as kind hoor hoe die ooms en die tannies ná ’n nuusberig oor ’n taxi- of ’n mynongeluk opmerk dat daar nou ten minste “minder van hulle” is.
Elke mens wat tragies sterf, is iemand se kind, iemand se broer of suster, iemand se vriend …
In ’n stadium skryf ek ’n artikel vir ’n koerant oor die konflik tussen die Jode en die Palestyne na aanleiding van ’n groep kinders wat dood is, en ek sit die skakel op Facebook. ’n Man wat ’n ouderling was in ’n gemeente waar ek vroeër die jaar gepraat het, skryf in reaksie op die berig dat alle Moslems doodgemaak moet word.
“Ook die vroue en kinders?” vra ek.
“Ja,” sê hy, “die goed teel aan soos vlieë.”
Ek en ’n paar vriende het een jaar vroeg in Januarie op Inhaca-eiland in Mosambiek gaan kamp. Terug by die huis laat weet iemand my dat vier jongmense daar verdrink het. Ek soek dadelik op die internet na meer inligting oor die voorval.
Dit was ontstellend. Vier jongmense van Suid-Afrika het verdrink baie naby aan die plek waar ons etlike dae vroeër nog gekamp het. Daar is ’n soektog geloods, al was daar eintlik min hoop dat iemand lewend gevind sou word. Ek het my die angs van die familie en vriende probeer indink.
Amper meer ontstellend was sommige opmerkings op sosiale media en onderaan die nuusberigte. Mense het duidelik begin agterkom dat die jongmense wat verdrink het swart was. Meer as een persoon het dinge geskryf soos: “Hulle kan mos nie swem nie. Wat soek hulle in die see?” Ander het gespekuleer dat “hulle sekerlik weer dronk was”. Van die grootste kritiek was op die moeite wat van Suid-Afrika se kant gedoen is om met die soektog te help.
Hoe dikwels lees ons hierdie soort uitsprake op sosiale media of onderaan digitale nuusberigte. Die kommentaar onderaan Maroela Media en Netwerk24 (om net twee te noem) se berigte is na my mening een van die swakste vorme van kommunikasie in hierdie land. Oor die algemeen. En dit is nadat die kommentaar gesif is!
Kan jy dink hoeveel Syanda Gudebe- en Lindsay Maasdorp-opmerkings daar sou gewees as dit nie vir die sif was nie.
Ek skryf rubrieke vir verskeie publikasies en dit wil voorkom of dit dikwels dieselfde mense is wat ingesurf uit die buiteland kom om te kom gal braak. Van hulle geniet die speletjie so baie dat hulle meer as een profiel het.
Niks goeds kan uit haatspraak kom nie.
Die probleem is dat rassisme vir die rassis net ’n probleem is as hy of sy aan die ontvangkant daarvan is.
Daar sal heelwat minder geraas in hierdie land wees as rassiste ophou om kritiek uit te spreek teenoor ander rassiste. Dit word ’n bose kringloop met geen goeie einde nie.
In Noam Chomsky se woorde: “If it is wrong when they do it, it is wrong when we do it.”
___________________________________________________________
22/08/2021
In my stiltetyd vanoggend, besef ek: Paulus seën keer op keer in sy briewe die mense vir wie hy lief is met die woorde “genade en vrede”. . . sy groot wens vir hulle
Belangrike woorde, goeie wens
want,
sonder genade kan ek nie bestaan nie
en sonder vrede kan ek net bestaan
en nooit werklik lewe nie
16/05/2022
Uitgewer het laat weet Alle Sondaars Welkom is die 4de beste verkoper die week van alle Afrikaanse boeke landswyd (19de over all - Engelse titels ingesluit, 17de op Bargain Books se top 100 . . . ). Baie dankbaar.
Maar daar is ook 'n vraag:
Waarom wil die Christenboekmagnaat, C.U.M. Boeke, nie die boek op hulle rak hê nie (tot op hede)?
Kan net spekuleer. Voel hulle uitgesluit in die titel? Is dit omdat daar nagstukkies in is, en nie net dagstukkies nie? Is dit die lelike ou op die voorblad?
Ek het hulle gemail met die vraag, nog geen antwoord nie though, so, op hierdie stadium kan ek net raai . . .
I've learned that even when I have pains,
I don’t have to be one . . .
Maya Angelou
Ons praat oor donker tye, happy tye, hate mail, die keer toe Bouwer Bosch actually kwaad geword het (for real!), Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, sy kinderjare, Steve Biko, onderwysers, vakansie, die NG Kerk, die nuwe musiek video, #Politees, die siekte, die toekoms . . .
die duister in
net die volmaan
en die leë aarde
en die memories
en die see
en die leuens
en die tussenin
net daai lonely longing
everything
in between
has gone terribly wrong
everything
in between
Die Kerk en mag in die tyd van Zuma
'n Mens hoor dikwels hoe iemand sê, “as ek net een dag ryk is” of “as ek eendag 'n belangrike posisie beklee,” dan gaan hy/sy dit of dat doen om die wêreld 'n beter plek te maak. Ook in die kerk kry ons die gedagte: dat die Afrikaanse kerke in Suid-Afrika byvoorbeeld al minder van 'n rolspeler is, omdat sy toenemend minder mag het onder die ANC regering (anders as in die tyd van die NP).
Want 'n mens het posisie en mag nodig as jy verandering wil sien. Reg? Nie noodwendig nie.
Die Amerikaanse sosioloog, Tony Campolo, vertel die verhaal van 'n stad in Amerika waar daar 'n inrigting vir geestelik gestremdes was. 'n Groepie mense het die visie gehad om van die pasiënte met 'n goeie prognose te herintegreer in die gemeenskap deur 'n paar huise te ontwikkel in residensiële woonbuurte.
Die inwoners was woedend. Hulle hou toe 'n vergadering in die stadsaal. Die plek was stampvol.
'n Verteenwoordigende raad het voor op die verhoog gesit. Na die voorsitter 'n klomp besware aangehoor het, het hy voorgestel dat hulle tot stemming oorgaan. Soos jy jou kan indink was die stem oorweldigend teen die beplande huise.
Hulle was net reg om huis toe te gaan toe daar skielik 'n roering agter in die saal is. Almal het omgekyk. Hulle kon hulle oë nie glo nie. 'n Vreemde stilte het oor die plek toegesak.
Moeder Teresa was op 'n besoek in die stad. Sy was laat en het amper die vergadering gemis.
Die mense het haar dadelik herken, díe stokou, klein, geplooide vroutjie wat stadig met haar kromgetrekte rug tussen hulle deurstap. Moeisaam het sy opgeklim teen die trappe van die verhoog en op haar knieë gaan staan voor die raadslede. Sy het met 'n sagte stem gepleit en gevra of hulle nie asseblief weer sal stem nie.
Die voorsitter het oor die mikrofoon vir die inwoners gesê van moeder Teresa se versoek.
Hulle het weer gestem en die keer is daar eenparig besluit dat die ontwikkeling van die huise vir die gestremdes kan voortgaan. In elke plaaslike koerant was daar glo die volgende oggend 'n berig oor die vreemde voorval. Niemand kon dit glo nie - maar niemand het gewaag om die nuwe voorstel te beveg nie.
Na Campolo die storie vertel, vra hy die vraag: Wat is dit wat aan 'n klein, kromgetrekte ou vroutjie met 'n sagte stem soveel outoriteit gee?
Na aanleiding van navorsing in die sosiologie maak hy dan 'n saak uit vir die verskil tussen klassieke magstrukture en hierdie vreemde vorm van outoriteit.
Die twee grootste magstrukture is polities en ekonomies. In kontras hierteenoor staan hierdie vreemde outoriteit wat kom deur selfopoffering en diens.
Waar mense aan magstrukture móét antwoord - anders is daar moeilikheid - het hierdie vreemde outoriteit 'n ander tipe invloed. Dit gaan nie soseer oor wat 'n bepaalde persoon sê, of hoe hy of sy dit sê nie, maar eerder oor hoe die een wat dit sê, leef.
Die vroeë kerk was 'n goeie voorbeeld hiervan. Die historiese sosioloog Rodney Stark wys in sy boek, The Triumph of Christianity, hoe die vroeë kerk haarself dikwels in tye van totale magteloosheid bevind het. Maar ook dat dit juis vanuit hierdie posisie van solidariteit met die weerloses was, vanwaar sy met ongekende spoed gegroei het (van 'n paar duisend tot twintig miljoen in die eerste drie eeue), en dít sonder enige politieke of ekonomiese mag of status.
Die kerk was selde in die verlede goed met mag. Sy is op haar beste 'n bediende!
Dit is goeie nuus vir die magteloses, maar wys ook op die ongelooflike outoriteit wat iemand wel met politieke en ekonomiese mag skielik het, wanneer hy/sy eerder kies vir 'n lewe van selfopoffering en diens.
Ek het die aankondiging van die nuwe Pous op die TV dopgehou. Dit was baie interessant om te sien wat die sekulêre media daarvan gemaak het. Oor een ding kon CNN, die BBC en selfs Aljazeera, nie uitgepraat raak nie. Oor en oor het joernaliste met oë wat flikker van verwondering vertel dat hierdie pous 'n nederige man is. Dat hy in 'n eenvoudige woonstel gewoon het as kardinaal. Dat hy nie met die Limousine gery het nie maar saam met die ander met die bus. Dat die nuwe pous iemand was wat homself met die armes vereenselwig het en dat hy deur sy lewe dikwels opgestaan het teen sosiale ongeregtigheid.
Ek weet nie of hy so goed is soos almal sê nie, maar die reaksie van die media wys daarop dat die wêreld vreemde outoriteit gee aan 'n leier wat omgee vir weerloses en 'n reputasie het van selfopoffering en diens.
Mense luister eenvoudig eerder na iemand wat omgee.
Die Russiese skrywer Leo Tolstoy het in die laaste derde van sy lewe heelwat geskryf oor die beginsel dat boosheid nie met boosheid oorwin kan word nie; dat 'n mens mag nie met mag beveg nie, maar juis in die "teenoorgestelde gees". Hy was amper obsessief oor die bergprediking, veral Mattheus 5:38-48 waar Jesus sê dat ons ons vyande moet liefhê en dien.
Vreemd genoeg was dit die Hindoe leier, Mahatma Gandhi wat Tolstoy se interpretasie van Jesus se woorde ernstig opgeneem het. Gandhi het dikwels na homself as 'n dissipel van Tolstoy verwys en selfs vir 'n tyd lank 'n “Tolstoyan Community” net buite Johannesburg bedryf.
Later sou die woorde van Jesus soos beskryf deur Tolstoy in sy boek, “The Kingdom of God is within you,” ook groot impak hê op die denke van mense soos Martin Luther King en Nelson Mandela.
Selfs die magtiges kan impak hê, as hulle bereid is om te dien!
Ek het al gewonder, sou Julius Malema 'n paar jaar gelede sy huis in Sandton verlaat en sy politieke agenda dryf, uit 'n plakkershuis, of hy nie skielik ongekende outoriteit sou hê nie? Of enige iemand hom dan kon stop? Maar toe kies hy eerder die pad van politieke en ekonomiese mag . . .
By baie Afrikaanse kerkmense hoor jy vandag stemme dat hulle magteloos voel. Dat die nuwe magsisteme in die land hulle al meer marginaliseer. Wat natuurlik nie heeltemal waar is nie, want al het die Afrikaner vandag kwynende politieke mag, is 'n groot klomp ekonomiese mag steeds in hulle hande - ons is steeds die base op die plase en besit steeds 'n reuse klomp besighede en eiendom in hierdie land. Hoe dit ook al sy . . . of ons nou mag het of toenemend magteloos voel, as ons vir Jesus volg en ons wil verandering sien sal ons moet leer om te dien.
Daar is dinge wat nie met ekonomiese krag en politieke mag reggebuig gaan word nie, dit gaan “reg gedien” moet word. Van onder af.
Jesus het gesê:
"Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense." (Mattheus 20:24)
Miskien berus te veel van ons hoop (of wanhoop) in Suid-Afrika op ons verwagtings van die politici en ekonomie? Is dit waar ons hulp vandaan kom?
Natuurlik moet ons bid vir die mense in magsposisies - ons moet veral bid dat hulle minder bewus sal wees van hulle status en meer bewus van hulle verantwoordelikheid tot diens ten opsigte van hierdie land en sy mense. Dalk moet ons bid dat hulle Jesus se voorbeeld sal volg en ook 'n bietjie afkom aarde toe.
As die Evangelie dan die beste gekommunikeer word, nie vanuit 'n posisie van mag nie, maar vanuit 'n posisie van weerloosheid, is die Suid-Afrika van vandag dalk toenemend 'n ideale plek om te probeer kerkwees!
Nou die dag lees ek in 'n koffiewinkel op 'n kaartjie die volgende woorde:
“As 'n groot klomp mense elkeen iets kleins doen sal die hele wêreld verander.”
Ek het amper geval daarvoor, maar toe ek bietjie dink besef ek dat Jesus presies die teendeel gesê het. Hy het gesê: “As 'n klein groepie mense alles gee - hulleself gee - sal die hele wêreld verander.” Hoe vreemd is die boodskap van die Evangelie nie!
Dis goeie nuus! Want sou dit so wees dat net die magtiges impak kon hê, was die potensiaal vir positiewe verander gereserveer vir 'n baie klein groepie bevoorregtes in die samelewing. Was dit so dat 'n mens baie moes hê om gelukkig te wees, sou lewensgeluk vir min mense moontlik wees.
Maar nou kom sê Jesus die teendeel, dat daar is outoriteit is in selfopoffering en diens: dat om te gee mens gelukkiger maak as om te ontvang. Skielik is die grond gelyk want almal, ryk en arm, magtig en weerloos kan dien. Almal kan gelukkig wees want almal kan gee, van Sageus die hooftollenaar tot 'n paar eenvoudige vissermanne.
Dalk is die hele idee van baie Afrikaners dat ons deur God geroep is om "te heers in Afrika", waar ons die groot fout maak? Ons is eerder geroep om onsself te gee en haar te dien! Veral as ons onsself volgelinge van Jesus noem.
Die duidelikste voorbeeld van verandering deur selfopoffering en diens, van hierdie vreemde vorm van outoriteit, is natuurlik Jesus self, en een van die beste opsommings daarvan is geskryf deur Paulus in Fil 2:5-11:
"Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word . . .”
en ek sê: praat bietjie harder ek kan nie mooi hoor nie . .
23/08/2021
’n Vreemde vlieënde vryheid
Laat niemand sê hy was net ʼn bietjie vreemd nie. Hy was om die minste te sê, super weird – ʼn gedaante uit die buitenste ruimte; ʼn vreemde wese van ʼn ander wêreld (hierheen gebeam in ʼn hout portal).
Godsdienstiges kon nog doen met ʼn God in ʼn tempelboks of selfs ʼn God in ʼn boek, maar ʼn kaal God aan ʼn kruis?
Hy was eenvoudig te anders, te vry, te naby. Het buite geslaap, met die wind gepraat, op water geloop, veertig dae gevas sonder om te kroek, wyn gemaak uit water en op 'n wolk weggevlieg.
Godsdienstiges het hom meer omgekrap as sondaars; rykdom was 'n groter probleem as armoede . . .
Toe mense Hom met klippe gooi het hy nie terug gegooi nie – nie met klippe; nie met 'n meteoriet of 'n planeet nie – bloot tussen hulle deurgestap.
Hy kon gedagtes lees, die toekoms voorspel, blindes reg beam en dooies opwek.
Mense glo dit nie, want dit klink te goed om waar te wees, maar let's face it: 'n bo –natuurlike wese uit die vreemde het ons aarde besoek . . . Jesus was 'n Alien!
maak oop oor my
here
en lig my op
ubduct my tog
o alien god
maak oop oor my
here
en lig my op
ubduct my tog
o alien god
maak oop oor my
here
en lig my op
ubduct my tog
o alien god
vvssshhhhh
Die confusion van die skaap se oë
sy lewe lank
vrees hy die donker,
die jakkals,
die wolf,
die lammervanger,
maar dan, een Vrydagmiddag
onder helder son
is dit die herder
wat vir hom kom
hom vasvat, hom wurg,
met lem verskeur
en later onder moeë maan
met wyn, aartappels en beet, lag
der laaste stuk van sy lyf oopbreek
skud en slurp aan sy murg
en sy amper alles opvreet
the most important attitude I've tried to acquire when living in India - and later traveling Bangladesh, Nepal, Pakistan . . . and South Africa(!) is to look upon the different people of this world with interest, not with judgement . . .
the curious heart is open to new discoveries - judgementelism traps us in our own small world of self justification where we trick ourselves in believing that we are the only ones that know
when the truth is shameful
people will choose a lie
as daar iets is wat ek geleer het, is dit dit:
moenie by mense probeer leer wat altyd die veilige gemaklike plekke opsoek nie, al het het hulle die CV en die status . . . leer by die wat dit actually gewaag het om Jesus die donker in te volg . .
- die teologie word maklik net nog 'n power game - by die hele lot, die gereformeedes, charismate, katolieke . . .
Talk is cheap, veral vandag! Vra "wys my?" as hulle hulle slim praatjies praat . .
(net dit,
sela)
Op 'n plattelandse dorpie vertel die eieares van 'n koffiewinkel my dat 'n belangrike man van 'n politieke party daar uithang. Sy wil my só graag voorstel.
'n Groot man in kakieklere kom nader. Teen die kant van sy kortbroek hang 'n pistool.
“Skielik voel ek veiliger!” maak ek 'n grappie toe ons groet. Ek nooi hom om te sit.
In die vorige verkiesing het hy meer as 'n duisend stemme gekry, sê hy.
Jo, sê ek.
Hy vertel van al die moeilikheid wat die mense op die dorp en die plase moet verduur. Daai ander lot maak dit nie vir 'n ou maklik nie, sê hy.
Ek vra wat hy doen as hy nie politieke vergaderings bywoon nie.
Hy het 'n mini-loan besigheid, vertel hy trots. Amper al sy kliënte is swart en sy besigheid doen deesdae eintlik besonder goed!
Sjo, sê ek.
Ons praat oor die kerk - hy het by die eienaar gehoor ek is 'n tipe kerkman.
By húlle kerk neem hulle nog alles wat die Bybel sê letterlik op, sê die politieke man en maak sy oë groot.
O, sê ek, soos daai versie wat sê verkoop jou goed en gee die geld vir die armes, of die een wat sê wees lief vir jou vyande?
Hy lyk nie happy nie. Ons praat oor ander goed.
Ek kan nou nie gedagtes lees nie maar ek dink wat hy eintlik bedoel het is die versie wat sê “die Here is my herder” en dalk die een in Levitikus (19:27/28) wat sê mens mag nie tatoeëermerke hê of jou wangbaard en die hare voor jou ore skeer nie? (Eintlik net die een deel, help ek myself reg, want hy sny duidelik sy sidies en sy wange is skoon geskeer)
Hy was 'n vriendelike man - al leef ons nie op dieselfde planeet nie. Al wat ons waarskynlik in gemeen het is dat ons albei Afrikaans is.
Maar dit help nie ons wil net met mense praat met wie ons saamstem nie, nie in hierdie land met al haar diversiteit nie.
(My rubriek vanoggend in Maroela Media)
19/09/2021
they thought that good theology was something that looked good on paper . . .
- it would have been so easy though
but now: a tree is known by it’s fruits?
not?
is this the answer to the big question: why most of the so-called “good theologians” are still living the normal, status quo materialistic life?
While Jesus was clearly counter-cultural to the core . . .
The great challenge even to the "good theologians”, is to follow Jesus . . . it seems . .
as jy op die verkeerde pad is, is die laaste ding wat jy moet doen om vinniger te hardloop . . ..
25/08/2021
Ons wil so graag ons eie (en ander) se diepste kern bevraagteken, maar op die ou einde is dít hoe eenvoudig dit is: as jy ‘n beter mens wil wees, begin beter dinge doen.
En dis goeie nuus! (veronderstel om te wees)
Dit is so, ons kern is lig, almal is na die beeld van God geskape, Jesus het vir ons almal gesterf… Maar, lets face it, goeie, godsdienstige uitblinkers wat al hierdie mooi feit erken en verkondig het, het ook dwars deur die geskiedenis van die horribleste, wreedste, bose donker goed aangevang - en min dinge walg die wêreld meer as “'n goeie godsdienstige” wat bose goed aanvang.
’n Goeie kern help niks te midde van slegte dade nie. Dit maak eintlik die skande groter. Met reg.
Gelukkig is die ander kant ook waar, van die mees aangrypende boeke en films, stories wat vertel word om ons te inspireer, gaan juis oor mense wat oorspronklik deur die samelewing as “boos” geklassifiseer is, maar op ‘n dag besluit het om goeie goed te begin doen.
Dis in die hart van die evangelie: Enigiemand kan verander, ‘n nuwe begin maak, terug keer na die oorspronklike plan, ‘n boom word wat goeie vrugte dra.
Op die ou einde is ek en jy so goed of so boos soos ons laaste daad . . . Dalk is juis dit die rede waarom Jesus meer gepraat het oor hoe ons moet lewe as oor hoe ons moet glo? Baie meer.
Dalk is daar nie iets soos 'n “goeie mens” of “slegte mens” nie, dalk is daar net goeie en slegte dade.
Grace is a great injustice
It’s the unfair act of giving something, potentially liberating to someone, who don’t deserve it
It’s tough, hard, painful, even cruel . . . but, without grace there is no Christianity
- genoeg vir een leeftyd, baie dankie,
gee my nou eerder die heidene . .
so gevaarlik
soos 'n bang
man
so dodelik
soos 'n lang
slang
so sleg skadelik
so giftig soos ‘n slap stert met angel
’n pap hang woord met 'n isme
soos alles wat dodelik is
- behalwe verg-isme
sit die netjiese tuinmense
maar anderkant die doringdraad
Darkness is often a spotlight that amplifies secret things seldom seen on sunny days, things hidden in ourselves - nocturnal truths about who we are . . .
die waarheid is nie altyd gewild nie
veral nie in die kerk nie
- it seems
die ryk kerktannies
wat anderkant Menlyn vergader
love die woorde van die berader
wat sê
hulle moet net meer en meer boundaries hê
Sê nou alles wat in hierdie wêreld gebeur het is rêrig. Dit bestaan. Soos rotse tussen branders. Die enigste rede waarom ons dit nie ordentlik kan bekyk en byvoorbeeld daaraan kan raak nie - net deur die stukkende vuil spieëls van ons geheue en verbeelding oor meeste dinge wat was en sal wees kan droom - is omdat tyd nie, soos ons aarde, rond is nie, dis redelik plat en reguit, in een enkele rigting, vorentoe. En soos o.a. Siddhārtha Gautama gesê het, alles verander altyd. Verandering is die enigste iets wat is.
As jy die hede op fast-forward kon sit, sou alles lyk soos golwe op 'n onstuimige see of vlamme in 'n vuur. Ook my en jou bestaan. Ook die lewe en die dood. Die enigste rede waarom iets soos 'n rots vir ons ewig lyk, is omdat ons nie lank genoeg kan kyk nie…
"Ek het by myself gedink: dit is ter wille van die mense self dat God hulle toets; hulle moet insien dat hulle niks anders as diere is nie"
2020/2021 was (tot dusver) die moeilikste jaar van my lewe, en dit was nie Corona nie, nie in my geval nie. Ek het uitgevind daar is erger dinge as siekte, moeiliker dinge om te hanteer as selfs my ma en pa se dood destyds, onmoontlike dinge . . .
is the gateway to harming your future-self
- time to face reality .. .
Oor skryf . . .
Ek het agtergekom skrywers skryf.
That’s it. Hulle sit op hulle boude en skryf.
- en dis flippen moeilik, want baie dinge trek mens se aandag af soos Netflix, en my hond Inhaca wat op die kinders se beddens piepie of heeltyd tjankgeluide maak as ek hom ignoreer en al my imaginary friends op Facebook en Instagram en die interessante bose dinge op die nuus . . . en dis baie makliker om lê en wonder as om te sit en skryf . . . . .
maar skrywers skryf . . (sug)
. . en ek het agtergekom dat kras eerlikheid heavy skaars is . . en gekombineer met kreatiwiteit, is dit die mees fasineerende kombinasie, want as mens eers die waarheid kan vertel met 'n leuen (fiksie) dan . . . DAN!
. . . en ek het agtergekom ek skryf op my beste na een glas rooiwyn - heelwat beter as na vier glase rooiwyn..
..maybe the people who concern themselves with big things like theological academic institutions, church law and church structures can answer the questions about lager stuff - like synods and church-politics ....
I don’t know how to steer big ships - only kayaks and inflatable boats - Jesus struggled to move 12 people, don’t think I can do better..
-my review in vandag se Beeld/ Netwerk24
“What the hell?”
Dit was my eerste gedagte toe ek Prophet se nuwe cover van Die Kolonie sien. Ek dog eers hulle spot met Jesus, toe sien ek dis Jan Van Riebeek met die zol en die pienk Ghoeroe-kleed - met 'n hart in sy een hand en 'n selfoon in die ander, tussen twee skroewedraaiers, bokant twee AK47’s onder 'n dollar teken en iets wat lyk soos die maan . . .
My tweede gedagte was, ek soek 'n plakaat vir ons hippy-shack op die Echo Plaas. 'n Grootte. Daar is soveel simboliek in die ding, oor waar ons vandaan kom, oor Suid-Afrika vandag, oor die ironie van kerkwees in 'n land soos die, oor ryk kerke in arm Afrika . . .
En die cover is sommer net freaken beautiful om na te kyk. Amper soos die effek van lugbesoedeling op sonsondergange.
Ek onthou hoe my oupa destyds opgemerk het dat die sonsondergange nooit so mooi (en so rooi) was, voor Sasol en Yskor in die Vaaldriehoek gebou is nie.
Ek luister na 'n liedjie op die album. Die eerste sin sê: “As die skepe ver uit die Noorde kom en die Bybel saam met die skepe kom en gewere saam met die Bybel kom, sal die slawe Sondag na die Kerk toe kom . . .”.
Die kerk-ooms gaan nie hiervan hou nie, dink ek.
Dis nie 'n gewone Gospel CD nie. Daar is nie een enkele liedjie wat 'n mens sou kon speel voor 'n begrafnis of by 'n vroue-teë nie. Die musiek is soos die cover.
Dis nie nog 'n Christen 'n album vol dagstukkies nie. Dit is is nagstukkies, die genre van die profete. En dis nie boring nie. Dit laat my dink aan “By the rivers of Babylon”, eintlik 'n ontstellende hartseerliedjie, maar op 'n lekker tune.
Dit maak dat die musiek jou vang. Onverhoeds betrap. Skielik onthou jy dat Van Riebeek met die Bybel hier aangekom het, besef jy hoe maklik godsdiens gemeng met geld 'n magspel word, skrik jy wakker vir die feit die Christen-kolonie met 'n kerk op elke hoek steeds 'n wrede plek is. Vergeet jy vir 'n oomblik van ander mense en ander godsdienste en wonder jy of dit nie hoogtyd is dat die Christene vir Jesus begin volg nie.
Profete vlei nie. Prophet se nuwe CD ook nie.
Die album is 'n vreemde vorm van heiligmaking wat die potensiaal het om die wit hel uit kerkmense te frustreer.
JacoStrydom/Netwer24/By-Bylaag/Beeld
We need the experience of wonder to feel at alive.
In the words of Henry David Thoreau “We need the tonic of wildness...At the same time that we are earnest to explore and learn all things, we require that all things be mysterious and unexplorable, that land and sea be indefinitely wild, unsurveyed and unfathomed by us. We can never have enough of nature.”
Mystery is no enemy to the believer, it fills us with wonder - the most beautiful manifestations of faith . . .
The 3 Ends
one road leeds into community (again) the other away from it, a choice between the sharp stinging pains of togetherness
and the dark sagging pains of loneliness . . .
or even worse
the choice of standing still in the emptiness
of not choosing
suspending in the limbo of indecisiveness
by not moving
fatally embracing the ever-lingering meaninglessness . .
in this world of populism
and group-identity
and empty middle-ground-mediocrity
- and that distant thing called christianity
a new discovery
of Kierkegaard-existentialism
from sickness unto death
but in the freedom
of Tolstoyan caring community
and St Francis
stillness
and save us from this virus
- and willem and steve and trump
om u naams ontwil amen
Servaas, een van ons jeugwerkers, laai die bebloede seun in sy kar en jaag. Hy bel my, vra waarheen hy die kind moet vat. Die naaste hospitaal sê ek, al is dit 'n privaat hospitaal. Het gevrees die staatshospitaal is dalk te ver.
Toe hulle daar aankom het die kind reeds sy bewussyn verloor.
“Het hy 'n mediese fonds, meneer?” vra die vrou by die toonbank - baie vriendelik.
“Hy het nie eers ouers nie,” hyg Servaas.
“Het u R5000 kontant meneer?”
“Nee?!”
“Dan kan ons hom ongelukkig nie help nie,” sê sy heel ordentlik, en begin weer tik op die rekenaar voor haar. Sy doen net haar werk. By die hospitaal red hulle net lewens as dit winsgewend is.
As julle 'n bebloede kind in nood slegs sal help as die geld reg is, is julle meer oneties as die dwelmhandelaars en pimps in Sunnyside of die eienaars van Teazers . . . skryf ek later vir die hoof van die hospitaal.Ek is seker dat as ons by 'n kroeg sou instorm (en nie 'n privaat hospitaal nie!) dat letterlik almal die kind sou probeer help.
In korporatiewe sisteme kry 'n mens dikwels hierdie unieke vorm van immoraliteit. Niemand is verantwoordelik nie. Die vrou by die toonbank voer net haar opdragte uit, dieselfde met die dokters aan diens en haar baas, die hoof van die hospitaal - selfs die direkteure van die maatskappy sal pleit dat die besluite lankal geneem is en dat dit maar is hoe besigheid hier gedoen word (dis nie hulle skuld nie).
So word bose sisteme in stand gehou.
Kry jy enige een van hierdie mense by 'n braai of by die kerk, stem hulle natuurlik heelhartig saam dat 'n mens se lewe meer werd is as geld, en dat geen moeite ooit ontsien mag word om 'n lewe te red nie.
Die vrou by die toonbank sou waarskynlik heeltemal anders opgetree het as iemand met 'n bloeiende kind by haar huis opgedaag het . . .
Mense is in staat tot groter wreedhede wanneer hulle deel is van sekere groepe.
'n Ander voorbeeld hiervan is die Waterkloof-Vier. Dit is onwaarskynlik dat enige van die seuns heeltemal op hulle eie die bepaalde aand sou rondry en 'n onskuldige man sou aanrand - en uiteindelik vermoor. Op hulle eie is hulle gewone stoute seuns, maar sit hulle in 'n sekere groep - en gooi 'n bietjie alkohol by - en skielik is daar 'n ander bose dinamiek aan die werk.
Scott M Peck gebruik in sy boek, People of the Lie, die term “group evil” om hierdie verskynsel te beskryf na aanleiding van van sy navorsing oor die die My Lai slagting in 1968 waar 'n groep Amerikaanse soldate onskuldige vrouens, kinders en bejaardes doodgeskiet het in 'n Viëtnamese dorpie.
Ek het in die vroeë negentigs na die beeldsendings van halsnoermoorde gekyk en gewonder wie die wrede omstanders is wanneer hulle alleen is. 'n Mens het die idee gekry dat die groep 'n waansin met 'n momentum van sy eie ontwikkel wat omstanders intrek en wreedheid aanblaas.
Amper soos 'n veldbrand wat op 'n stadium so warm begin brand dat hy sy eie opwaartse wind veroorsaak en dan vinniger versprei.
Hierdie groepe het die potensiaal om die identiteite van hulle lede te absorbeer in 'n nuwe oorheersende groepsidentiteit. Een van die vernaamste eienskappe van group-evil is dat die bewustheid van persoonlike verantwoordelikheid verdwyn.
Vryheid en die vermoë om persoonlik verantwoordelikheid te neem loop saam. Juis hierdie vryheid is dikwels ons grootste getuienis en is veronderstel om ons te laat uitstaan in bose groepe.
Veral by die meer aanvaarbare immorele groepe in ons samelewing, soos Privaat Hospitale, wat biljoene maak uit ryk mense se nood en tog wyer om 'n arm kind te help (in teorie is hulle natuurlik wetlik verplig, maar in praktyk is hulle 'n glibberige lot met allerhande ontwykende toertjies . . .). Geld is 'n wrede god.
Wat my amper meer ontstel is die baie Christene wat dit verdedig, so asof 'n ryk man se lewe tog meer werd is as die van 'n arm kind..
19/09/2021
they believed good theology was something that looked good on paper . .
why are so-many so-called “good theologians” still living the normal status quo materialistic life?
. . because they believe good theology
is something that looks good on paper . . .
and it could have been this easy though
but now
a tree is known by it’s fruits
you know
the greater challenge, even for the "good theologians”,
it seems
is to follow Jesus
to engage
of the page
“Wind hoort nie in ʼn huis nie!” sê sy
“Sê dit vir die wind,” sê ek
Met die gordyn in haar gesig, trek sy die venster toe
“Die huis lek”
“Beter so,” sê ek, “anders sou ons dalk versmoor”
(Is it perhaps because you're rich . . . but not gay?)
oooo, the inconsistency of that freaken self centered-christian-magic so called "scripture first" theology
Die ware verhaal van 'n ou wat eintlik heel normaal gelyk het
Na die aanddiens sê 'n ou wil my sien. Hy het 'n pak klere aangehad – 'n effe vreemde gesig in ons Echo erediens.
In NG Villieria se konsistorie, omring deur die swart en wit fotos van vroom dominees wat toekyk, vertel hy my sy getuienis (dit nadat ek hom gevra het of hy dwelms gebruik, ten spyte van die feit dat hy baie ordentlik voorgekom het).
Hy vertel hoe hy jare gelede op die plaas iets gesnuif het – sy pa het hom baie omgekrap oor iets en hy wou glo net 'n bietjie wegkom. Hy kry toe die vreemdste gevoel, sê hy, en gaan lê met uitgestrekte arms op sy rug onder 'n boom. Die volgende oomblik sien hy God wat bo hom staan, afbuk en hy hoor 'n diep stem uit die hemel wat sê: "Stop jou kak”
Hy sê hy het hom daardie dag nugter geskrik en sal nooit weer aan dwelms raak nie.
"Van toe af stap ek 'n nuwe pad saam met die Here," was sy presiese woorde. Later het hy wel erg begin drink.
19/12/2020
FAMINE IN THE FARM HOUSE
the rats
- and their children -
died like flies in the farm house roof . . .
but they didn’t know
though
living in the shadow
of the farm house down below . . .
humans
were the demons
dangerous dark gods with wondrous traps
and magical poisons
speaking only of death to rats
seeking only famine
and human wisdom
hoe meer wil dit lyk:
die armes
is toe nie so arm
toe nou alityd nie so ryk
Few days alone on one of the beautiful unspoiled rivers in Transkei - free accommodation, transport, seafood . . . very few humans . .
What an Easter.
“wildcamping" (no official campsites..) on a beautiful spot totally surrounded by mangroves, with typical green Transkei grass, to be reached only by boat/kayak - found it on Google earth while planning the trip
tricked myself into trying to live of the river and sea (did't take much food along only coffee, 2 packets of nuts, some droeëwors, a can of mushrooms . . .) Fishing a bit slow though, but it was spring tide and easy to collect mussels . . . and I had 2 bottels of wine :-)
Wonderful solitude on the river for a few days . . . saw the weather report, decided to find a roof for the last night . . . came upon a storybook place called The Kraal - the most a-freaken-mazing-Backpackers in hierdie deurmekaar land . .
23/11/2020
Nuutste Podcast
― Henry David Thoreau
“There was only one guy in the whole Bible Jesus ever personally promised a place with him in Paradise. Not Peter, not Paul, not any of those guys. He was a convicted thief, being executed. So don't knock the guys on death row. Maybe they know something you don't.”
― Neil Gaiman
Dit vra dat ek my sal dissiplineer, en leer om dinge soos die kritiese kyke van mense wat verbaas is dat ek aan die slaap raak in die dag te verduur. En Marina se kyke. Maar ek sal moet probeer, my helderste oomblikke kom nog altyd soos weerwolwe na middernag.
Twee jaar gelede het ek vir 'n tyd lank elke aand teen middernag gaan draf. Ek het opgehou want my voete het 'n helse geraas gemaak. Marina kon aan die honde se geblaf hoor waar in die buurt ek is. Om die waarheid te sê haat ek dit eintlik net om te draf. Oorgewig mense soos ek moet eintlik nie draf nie (dit onstel die buurt se troeteldiere), ons moet eerder stilsit en droom en skryf.
25/08/2020
moenie die ander wang draai, as jy nie geklap wil word nie
Die tannie by die kerk se woontselblok was ontsteld toe die eerste swart persoon in die geskiedenis intrek . . . toe sê ek vir haar, as tannie ongelukkig is omdat die meisie swart is gaan raas met God, Hy't haar so gemaak . . . en toe raas sy met my omdat ek nie respek het vir ou tannies nie . . .
- en toe dink ek aan daai liedjie van Koos Kombuis . .
Toe ons wegstap, trek hy sy hoed laag oor sy oë - wys net sy mondhoek hy huil.
(my rubriek vandag in Beeld)
en die duisternis juig
groei rankplante uit die kak in die krake
wat dorings vir vrugte dra
fear lying about it
(daar is ook nog 'n paar by Exlusive Books in Brooklyn en by Grounded at Echo)
was die sonsondergang nou amper maandeliks mooier
- die opkoms natuurlik ook -
ons was gehipnotiseer
diep geraak daardeur
in ons harte
- en in ons longe -
because they tried to tame the wild God . .
He changed the world
and then I saw that to be reckoned a “good theologian” these days
you don’t have to do much
just sit, read the right books, talk a lot about it . . .
weird though, because Jesus spoke more about how we should live than what we should believe . .
so the “good-theology-tree” is not known, these days (maybe always?) by it’s fruits, but by its many words, and by it’s ability to deconstruct, and talk and talk and talk and so on, and so on . . . and now the church looks like this . .
12/05/2020
not nice
not boring
but I see things . .
― The Way of the Heart
―
Die grootste ontnugtering die jaar was die vraag, wat al 'n geruime tyd by my spook, maar wat ek for some reason nou eers kon verwoord: hoeveel leuens wen die hele tyd?
Hel, ek dog ten minste sekere waarhede staan redelik vas. Daar is dinge waarvan ek so seker was . . .
Hoeveel waarhede is eintlik leuens - wonder ek nou heeltyd - want leuens is duidelik makliker om te glo. Die waarheid is soms net té ongemaklik, dit vra moeite en lei tot allerlei ingewikkelde komplikasies - veral vir kerkmense - veral vir mense in magsposisies, sogenaamde “grootmense” (die horribleste van alles is dat as genoeg grootmense dit glo, begin kinders dit later glo . . ).
Deel van die ontnugtering is die gedagte dat alles soveel eerliker sou kan wees buite die kerk . . . En nie net vir my nie. Húlle sou vandag soveel gelukkiger en vryer sou kon wees, hulle diepste gebede sou beantwoord kon word - sê nou byvoorbeeld ons was ingenieurs of plumbers of strippers of drankwinkel eienaars of boekhouers . . . (maar nou is ons kerkmense)
For if, by ill luck, people understood each other, they would never agree.
maar het jy die vlieg gesien
die spinnekop
die kokkerot?
jy sê jy glo nie in die kerk
maar het jy die toring gesien
- met die hoender op -
die konsistorie
met die klokke
die finansiële klerk?
daai aand was (soos gewoonlik)
gespikkel met ou sonne
die water (soos altyd) swart en alleen het wit geraas
die sand was (steeds) stil though
die wind onsigbaar
maar aanvoelbaar vir ons almal daar
(soos die gees)
die lewe was in ons en om ons en deur ons en tot ons
maar óns
ons was onseker
die vier van ons
ons het dit net vermoed
Het 'n droom gehad van 'n kerk met 'n “Fuck the Poor" sticker op - 'n mens kan nie help wat jy droom nie.
. . . Jesus het afgekom aarde toe - dalk moet sy gesante dit ook probeer . . .
want my griewe dra jou
hoog, hoog
bo die fasade
hoog bo die skou
nie soos 'n duif nie though,
meer soos 'n fokken pou
Nou die dag het ʼn sinode-oom my by ʼn kerkvergadering ʼn drukkie gegee. Nou, nadat ek die kerk in die koerant daarvan beskuldig het dat sy arm mense se geld gebruik vir eie gewin, los hy my uit . . . (dankie tog)
is daar ‘n vreemde vrede in eiegeregtigheid "wat volledig is"
is dit so
en is hoogmoed soothing
is ignorance bliss
gee materialisme rêrig rus
of is dit net deel van die fasade
Soren Kierkegaard: “We Christians are a bunch of scheming swindlers. We pretend to be unable to understand the Bible because we know very well that the minute we understand, we are obliged to act accordingly.”
in die hemel, eendag, sal ons op en af spring en baljaar
as ons hop
sal spokerige wit wolke ons vang
ons, die kleuters van God
met ou bekendes sal ons kamp en surf en braai en luidrugtig drink
en vergeefs probeer onthou van kanker, pedofiele en muskiete
en die voëltjies sal kwetter en die engele sal lag
en Hy sal na ons kyk
were the comedians . .
when people I love
want me to hate
people they hate . . .
“Life imitates art and art imitates life until both imitate imitation - Reality TV.”
― Brian Spellman
- Carl Jung
16/04/2011
daar's 'n ding
hier binnein
wat smag na die tuin van eden
kaal rondloop
_________________________
solank jy snaaks is
history
like nature
is filled with beauty and cruelty
and so will be
in this present darkness
and the white empty future
and the everywhere
and the so on and so on
and the so it will be
Eenkeer hinkepink ek in Simonstad se hoofstraat - tot my groot frustrasie was ek op krukke na 'n operasie aan my enkel. 'n Hawelose vroutjie in vodde klere wat staan en bedel sien my, storm op my af, gryp my aan die arm.
Ek was dadelik effens vies, maar soek tog in my sak vir 'n paar sente.
Voor my hand uit my sak is, vat sy my aan die ander arm, kyk my vol in die oë en sê: “Ai shame meneer! Jy moenie worrie nie, ek bid dat die Here jou gou sal help,” en gee my hand 'n sagte druk. Toe los sy my en sy verdwyn tussen die mense.
In Katmandu het ek jare gelede ʼn dikwielfiets gehuur om na die Chinese ambassade te gaan soek. Langs die pad het ʼn man gelê en kreun. Hy was toegedraai in plastieksakke, swart gevlek met ou bloed.
Ek het hom innig jammer gekry, gestop, gevra of ek kan help. Hy het gevra dat ek vir hom 'n coke moet koop - net dit. Ek het, maar hy was vies, want die Coke was warm. Toe ry ek.
Die volgende dag hoor ek by die vroutjie van die koeldrankstalletjie dat iemand hom na ʼn Hindoe tempel geneem het om daar te sterf. Later droom ek, ek kom in die hemel en Jesus sê vir my: “Thanks vir al jou moeite. Thanks vir daai warm Coke!”.
'n Engelse ou vertel my nou die dag hoe hy op 'n dag werkloos, haweloos en heeltemal moedeloos in 'n park gaan sit het. Die volgende oomblik, uit die bloute, kom die woorde by hom op: “It is most important to be tough in tough times!”. Net daar kry hy weer hoop. Met nuwe energie spring hy op en begin weer soek en kort daarna kry hy toe wraggies 'n werk.
Ek prys die Here vir daai woorde! Die ou se storie het my persoonlik al baie gehelp. Die woorde wat hy daardie dag in die parkie “gehoor” het, is vandag 'n nuwe slagspreuk in my eie lewe - en ek kon al 'n klomp mense wat self deur tawwe tye gaan daardeur bemoedig.
Baie van ons het alles wat ons oor God gehoor het - elke interpretasie van die Skrif - gekry by geleerdes en rykes, in geboue met torings en ouditoriums, in dik boeke, lesingslokale in biblioteke. So asof God net rondsweef tussen die geleerdes en rykes.
Te dikwels sien ons die “armes” bloot as die mense na wie ons moet uitreik, terwyl hulle dalk juis díé mense is, wat ons 'n paar geheime oor God kan leer . . .
(my rubriek vandag in Beeld)
―
“The proud person always wants to do the right thing, the great thing. But because he wants to do it in his own strength, he is fighting not with man, but with God.”
―
― Soren Kierkegaard
en af
en toe’s ek kaal!
daar was net gras, witstinkhout en bloekom
- ek wil nou nie brag nie maar die blaartjies was bietjie klein -
God het my gou gekry
gesê ek moet opstaan, nie worry nie, hy hou van kaal mense
ek het net effe skaam gelag
en rondgekyk
gewonder wat die kerktannies gaan sê
toe’t ek op my rug gaan lê
oop
soos iets wat wil vlieg
- soos ʼn kruis -
en ophou worry
en op sy asem opgestyg
Every night I wrote my sermon about poverty in the jacuzzi surrounded by candles and soft music . . . hypocrite that I am . . .
―
Col3:11
O God wat my aanbid
dien my en my volk vandag
hou ons veilig
bewaar tog ons besittings en ons trots
laat ons nie aan groot stukke vleis verstik
lei ons op ons paaie en by die werk
en by die kerk
gee ons vandag ons daaglikse gemak
vergewe ons ons haat
verstaan ons bitterheid
voel ons kwaad
en donder tog
die donker skelms op
- en stuur dalk volgende keer iemand meer geweldadig as
om U naams ontwil
Amen
Rohr, Merton, Jung and Nouwen keep me going . .
sy’t hom
laat om kom
op sy knieë gebring
gekopuleer
hom omgekeer
onthoof
kaal en koploos
gemaak
―
been sailing through the night, wet, windy, cold..
magic moment when at first light the island finally appeared..
- Mozambiqu2018
Dis alles behalwe uniek aan die Christendom. Moslems, Hindoes, Budhiste se priesters, monnike, leiers is so te sê altyd mans, vandag nog. Meeste godsdienste, soos meeste ander samelewingstrukture, het tot so onlangs as 150 jaar gelede, nog slawehandel regverdig, en meeste sien vroue steeds as minderwaardig, en diskrimineer steeds teen gays meeste - vandag nog. (Ook Afrika godsdienste en ander kultuurgroep).
En dis wêreld-tensdense, nie net godsdienstig nie.
Ateïstiese magstrukture het allermins 'n beter rekord - gaan kyk maar na Mao Tse Tung, Lennin, Stallin, Kim Jong Un ens.
Ten minste was dit Christene wat die voortou geneem het met die afskaffing van slawehandel. Kan jy dink hoeveel Bybelversies die konserwatiewe kerk-ooms daarteen kon aanhaal. Moes uiters moeilike gesprekke gewees het met baie sterk teenargumente - o.a. die erkende geskiedenis van die mensdom tot op daardie stadium…
Nou is daar weer so 'n gesprek. Die keer oor selfdegeslagverhoudings. En dis hoogtyd.
Die konflik wat so 'n gesprek uitlok is onafwendbaar, maar die enigste manier vorentoe is om dit te laat uitspeel.
Meeste kerke is uiters versigtig om enigsins hieroor te praat. Vir baie is die idee dat gays minder regte in die kerk moet hê as in die res van die wêreld 'n uitgemaakte saak. Ten minste praat die NG Kerk openlik daaroor.
Die kans is goed dat ons kleinkinders eendag hieroor gaan terugdink - soos ons vandag terugdink aan slawehandel en die idee dat vroue minderwaardig behandel moet word. Dalk sal hulle sê: “Kan jy glo my oupa-hulle het hieroor geargumenteer?” en nooit weet hoeveel moeilikheid dit geskep het vir die eerste mense wat die moet gehad het om begin opstaan en praat nie…
Die teenoorgestelde van 'n gemeente se "prioriteite"
- hou op brag oor dinge waaroor jy eintlik moet skaamkry
'n Bietjie charity uit dit wat oorbly na jy en “jou mense” klaar genoeg geëet het (en oor gelos het vir more en oormore en die jare wat kom), is nie die teenoorgestelde van 'n prioriteit.
Moenie jouself - en jou gemeente - bluf nie. Gaan lees weer daai storie van Lasarus wat buite moes wag vir die bietjie oorskiet wat van die ryk man se tafel af val . . .
(dis al klaar erg om so min om te gee, moet nou nie nog lieg ook nie)
#dieMissionaleGemeenteWeesIllusie . . .
Awe and wonder is everything - "Wow!" and "Thank you" are often the best prayers . .
In the words of Rumi "Trade your cleverness for bewilderment"
. . . in ons observasies en ons drome . .
and everyting . .
and in the in between . .
________________________________________
vra of ek haar ʼn storie sal vertel
sure, sê ek
vertel haar ʼn droom,
well adjusted to a profoundly sick society.
(uit my rubriek in Beeld)
Of sê nou daar is 'n wêreld waar almal blind is en een ou kan skielik sien. Die ander sal dink die ou het sy kop verloor as hy begin praat van lig en donker en die kleure van die sonsopkoms.
Of sê nou daar is 'n wêreld waar niemand kan ruik nie (en sê nou dis 'n manskoshuis) en een ou kan skielik ruik . . .
As die wêreld besig is om al meer mal te word is die kanse goed dat dié wat dit raaksien en uitwys as die malles beskou sal word.
“It is no measure of health to be well adjusted to a profoundly sick society.” sê Jiddu Krishnamurti.
En, lets face it, ons samelewing is nie lekker nie. Ons besoedel die lug wat ons self weer moet inasem, piepie in ons eie drinkwater. Ons is magsbehep, verslaaf aan geld en geraas en geweld.
Kyk hoe baie Suid-Afrikaners ondersteun steeds vir Zuma (en het destyds vir die NP gestem) en hoeveel Amerikaners stem vir Donald Trump - kyk hoe gewild is die Kardashians!
Allerhande reëls met strawwe is nodig om ons teen onsself te beskerm: om veiligheidsgordels te dra, nie te vinnig te ry nie, nie te drink en bestuur nie, nie te veel hoesmedisyne te koop nie, nie uit jou kar uit te klim in die wildtuin nie, nie aan hoogspanningsdrade te vat nie, nie jou eie kinders se skool af te brand nie . . . Is daar enige ander wese op aarde wat meer selfdestructive is?
Om eenvoudig te lewe, lief te hê en lig te reis is vandag “vreemd”. Om meer bymekaar te maak as wat jy ooit nodig sal hê, om vyandigheid met haat en geweld te beantwoord, om 'n selfgesentreerd te lewe is nie net aanvaarbaar nie, maar selfs bewonderenswaardig. Die groot druk is om beter en beter te lyk eerder as om beter te word.
Crazy!
As iemand die dinge sou doen waarvoor Jesus destyds gestaan het, sal mense dalk vandag nog meer uitfreak as toe - veral godsdienstige mense.
Abnormale gedrag is nodig in 'n wêreld waar normaal is wat dit vandag is.
― Sheila Cassidy
met van die pasiënte – party keer moeilik om te weet wie's wie...
die Sarie het daaroor geskryf en die Rooi Rose en die Mens Health en die Vroue Keur en die koerant . . .
die Sarie het daaroor geskryf en die Rooi Rose en die Mens Health en die Vroue Keur en die koerant . . .
(en nou gaan hulle seker seker sê, ek is ook nie lekker nie, want ek sien dinge . .)
Jesus spoke more about how we should live, than what we should believe . . . much more..
how about you give something AWAY (to the Jesus who said I was hungry, thirsty, without clothes..) - or do both, at least stop bragging about it
(go read Isaiah 58)
ons sal swerwe
ons vir jou suid-afrika!
na europa, na nieu-seeland . . . na kanadaa
ons is klaaa'
met afrikaaaa!
nie offer as jy vra
maar ons sál lewe
en ons sál swerwe
(en aanhou kerm en braai en verlang en moan en kla . . . )
ons vir jou suid-afrikaaaaa!
found only lies . . .
- even the truth were lies
'n leë dop
- net haar haar konsistorie lewe nog -
haar hart het lankal ophou klop
al lui haar klokke
- ok net op sondae
om laaste sondaar te lok
'n Paar jaar gelede praat ek by 'n interessante gemeente. Die meeste mense was gewone kerkmense, die tipe mense wat jy oral in eredienste sien.
Maar daar was ook vreemde wesens. Groot was my verbasing toe ek 'n klompie straatkinders in die agterste banke opmerk.
Ons was nog besig met lofprysing toe 'n gehawende man met 'n verband om sy kop ingestrompel kom. Hy het na alkohol geruik en sy balans was nie lekker nie. Tot my verligting skuif iemand weg sodat hy kan sit.
Toe kom nog twee haweloses kom ingestap. Weet hulle nie 'n mens moet betyds wees vir kerk nie?
Net voor die preek begin gaan sit 'n paar vroue in die voorste bank. Later hoor ek hulle is prostitute. Hulle mis glo selde oggenddiens.
Dit was beautiful!
Dis nogal iets om 'n prostituut en 'n materialis en 'n rassis die Here so saam te sien aanbid.
Terwyl ek daar voor staan onthou iets wat ek op Twitter gelees het: “Don't judge me because I sin differently from you”
Jesus het baie meer gepraat oor geldgierigheid en geestelike hoogmoed as oor dronkenskap en prostitusie. Hy waarsku dat ons nie vir God en mammon kan dien nie, vertel die storie van die ryk godsdienstige man en die arme Lasarus wat buite moes sit en bedel en sê vir 'n welaf jongman hy kan Hom net volg as hy sy geld weggee vir die armes . . .
Dalk moet ons nie so verbaas wees wanneer 'n prostituut, ’n dwelmverslaafde of 'n hawelose 'n erediens bywoon nie. Dalk moet ons eerder verbaas wees dat so baie welaf mense wat vir hulleself leef (en net nou en dan krummels vir die armes gooi) so tuis voel in ons eredienste.
Dis nou as 'n mens die dinge wat Jesus gesê het ernstig opneem . . .
InhacaIsland09/01/2020
He must go on and he cannot say: I will not think about it, but will go on just as I did before. There was one road, now there are two, and he must make his choice.”
nie gebind deur teenwoordigheid,
afstand of tyd nie)
the wannabe-mystique? (the deepest darkness often hides in the cracks nearest to the light . . .)
the contemplative spirituality without the simple, humble lifestyle of the true mystics seems to be a glorious but empty façade that often leads to extreme forms of self-justification and a superiority-complex, that even though better hidden, are often worse than that of the charismatic TV Evangelist (though never without a bit of look-good-charity on the side . . .).
- maybe precisely because the contemplative spirituality is potentially so pure, so self-denying, so blissfully awake and sooo peaceful . . .
but then, when this is not true, when there is no "it", when there is only the talk about "it", the opposite becomes true . . ?
(are the super spiritual Jesus-narcissists, in Scott Peck’s definition the ultimate: “People of the lie”?
I don’t know - it is easier to know what is not good than to know what is good - maybe we are all just screwed . .)
Ek staan nou die dag in 'n Christen boekwinkel voor duisende boeke oor lofprysing, gebed, stiltetyd you name it . . en ek wonder: is christenwees regtig so ingewikkeld?
Hoe het daai arme mense in die vroeë kerk gecope?
Dalk is my koppie net te klein om te begryp hoe God een oomblik kan sê, “plunder en maak dood”, en die volgende oomblik, “draai die ander wang, vergewe, wees goed vir jou vyande, maak vrede.”?
Hoe dit ook al sy, ek kan nie dink dat Hy kwaad gaan wees omdat ek wou glo dat Hy eintlik nog al die tyd goed was nie - eerder as dat hy wreed, bloeddorstig en inkonsekwent is . . .
Dit is 'n misterie sê jy. Ek stem saam! Maar vir my deesdae nie so seer 'n misterie waarom God daai wrede goed in die Ou Testament gesê het nie, maar toenemend eerder 'n misterie of Hy dit gesê het.
Sometimes religion is a beautiful mystery, sometimes the most ugly form of human creativity. Mag die Here ons help.
"Julle het gehoor dat daar gesê is:`'n Oog vir' n oog en 'n tand vir' n tand. ' Maar Ek sê vir julle:Julle moet julle nie teen' n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie." "Julle het gehoor dat daar gesê is:`Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat. ' Maar Ek sê vir julle:Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen…” Matt 5:38-45
Let the child pray!
Maybe we all have muti-personalities (as Jung observed)? Well I think I do. But where Jung thought the old man to be the better, I experience the opposite - different persons in different people of course.
I would allow the confused adult in me to argue like a grey wisdom-seeking philosopher - exploring what is good and bad and right and wrong and beautiful and ugly and the origins of things - but then there is always this voice in the background urging me to let the child do the praying.
I wonder about that. Is God after all not that interested in me being right about Him, but more about me being with Him - in childlike awareness of my smallness and His greatness? What is impossible for the old man is possible for the child.
The adult wants to do the holding, but the child just wants to be held.
Lekker slaap
throughout history loneliness has been one of the most popular excuses - often for horrible destructive acts (en ek’s ‘n dominee - soortvan)
10/10/2019
. . . feetjies, engele, voëltjies, waternimfe-
laat ek haar vry
na hy die kind geslaan het op die lip
die klein kop oopgekrap het
- gekraak het deur die been
toe sy tong uiteindelik ophou skree
hy skielik stil raak
die roggel opraak
sy oë van glad na grof raak
het hy die lyk gesleep
en hom gelos om op die hoek van duncanstraat te bedel
Nou die dag ry ek halfvyf die oggend iewers heen. Ek verstom my aan die massa mense wat dié tyd van die oggend langs die pad stap, op pad werk toe.
Hoe vroeg moes hulle opstaan? wonder ek.
Om so vroeg op te staan en soveel moeite te doen om by 'n werk te kom, wat waarskynlik min betaal (anders kon hulle mos vervoer bekostig), sê tog baie oor iemand se karakter.
Daar is meer goeie mense as bose mense, besef ek, al maak die dinge in die nuus my negatief.
Ek het onlangs vir nege dae lank om Zanzibar in Tanzanië geroei. Dit was 'n wonderlike tyd alleen, weg van alles.
Die meeste aande het ek sommer iewers op 'n stand geslaap, deels omdat dit verniet was, deels om naby die natuur te wees, deels omdat daar dikwels nie 'n backpackers naby was nie.
Die see en die mooi natuur het 'n groot indruk op my gelaat, maar daar was nog iets:
Letterlik almal wat ek langs die water ontmoet het was vriendelik en behulpsaam. En dít terwyl ek 'n vreemdeling was - wat toenemend soos 'n boemelaar begin lyk het.
Een oggend word ek wakker in my hangmat langs 'n klein strandjie. Iemand hardloop op en af op die sand, doen opstote, spring op en af en hardloop dan weer. Elke nou en dan loer die jongman in my rigting om te kyk of ek al wakker is.
Sy naam was Bobby. Hy wou dadelik twee dinge weet: Waarheen is ek op pad, en hoe hy kan help.
Terwyl hy my help om my kayak in die water te sit sê hy: “My philosophy in life is that kindness is the most important thing in the world”.
Terwyl ek wegroei dink ek aan die magdom Bobbys wat ek al teëgekom het. Die afgelope tyd oral in Zanzibar, dikwels ver van die luukse toeristeoorde af, maar ook al voorheen in Kenia, Botswana, Mosambiek, Namibië . . . en veral in Suid-Afrika.
Die mense van Afrika het goeie harte, stel belang en help graag.
Dís die reël en nie die uitsondering nie.
Reisigers wat deur Afrika toer sal dikwels hiervan getuig. (Dis eintlik oral in die wêreld so, nie net in Afrika nie)
Misdaad bestaan, en Suid-Afrika se statistiek met betrekking tot geweld is buitengewoon hoog, maar die mense wat boos optree is steeds 'n bitter klein minderheid. Die probleem is dat die uitsonderings van geweld, misdaad en haatspraak die nuus haal.
Met die gevolg dat iemand wat net heeldag op sosiale media sit, nuus lees in die koerant en televisie kyk hierdie waarheid nooit ontdek nie.
Dis soos die Matrix, jy moet dit self beleef om dit te glo.
Miskien is dit waarom Jesus ons roep om, soos hy, “af te kom aarde toe” en nie net vanaf 'n veilige afstand te oordeel nie.
'n Mens moet nader gaan om beter te sien.
lees rubriek in Beeld
Rubriek wat ek 'n paar jaar gelede geskryf het vir Kerkbode . . .
Skel my uit as 'n broer
Jy kan van my verskil. Jy mag my reghelp (asseblief). Jy kan my selfs slegsê (ek is teen hierdie tyd al redelik hate mail fiks), maar sê my sleg as 'n broer, nie as 'n heiden nie.
Goeie genugtig. As dit so is dat ons ons eenheid vind in byvoorbeeld ons siening oor gays, is Jesus lankal nie meer die middelpunt nie, dan het hy ver in die agtergrond ingeskuif. Dan het ons eie teologiese sienings belangriker begin word as Jesus self.
As ons só wil redeneer is die dominees van die Gereformeerde kerk nie ons broers nie, want hulle glo nie vroue moet in die amp wees nie - ook baie Charismatiese kerke. Dan is Baptiste pastore nie ons broers en susters nie, want hulle het 'n ander siening van die doop (of is doop nie 'n belangrike teologiese kwessie nie?).
Die feit is, hierdie mense ís my broers en susters - in Jesus se definisie, selfs meer as ongelowiges in my eie biologiese gesin.
Iemand wat byvoorbeeld nie met die NG-Kerk se sinodale-gay-besluit saamstem nie, kan mos sê, “Ek stem nie met jou saam nie. Ek lees die Bybel anders. Ek self gaan nie gays bevestig in verhoudings of die amp nie . . .” en dan aangaan in eenheid?
Waarom nie?
(Skirfbeskouing? Heeltemal fine as die "ryk jong man" bevestig word - en ons weet almal wat Jesus daaroor te sê gehad het . . . maar ons is ryk nie gay nie, so daai versie tel nie)
Hoe ironies is dit tog, wanneer dominees en kerkrade in die naam van “suiwer teologie” dreig om “weg te breek”. Is eenheid met ander gelowiges met ander woorde teologies minder belangrik?
Ek is van mening dat ons so min werklike diep teologiese debat vandag in die kerk sien, juis omdat die verhouding gedurig op die spel geplaas word.
Die dominee kan nie régtig eerlik wees oor moeilike sake soos rassisme, seksualiteit of evolusie nie, want 'n paar ooms en tannies op die kerkraad dreig gedurig om te loop. Daarom praat die dominee maar liewer versigtig - en word die spanning tussen sy/haar private en publieke teologie al hoe groter. Op 'n dag bars die bom en dan is dit uiters moeilik om met al die emosie in die lug oor dinge soos konteks en skrifgebruik te wil praat. Dis jammer, want dit sou baie beter wees as ons met vrymoedigheid oor moeilike dinge kon praat, lank voor die bomme bars.
Dis eers wanneer ons ooreenkom dat ons met mekaar sal aangaan "maak nie saak wat nie”, dat ons werklik eerlik kan wees.
Christen broers en susters het mekaar al in die verlede as vyande beskou oor dinge soos die nagmaal, doop, vroue in die amp, kleredrag, Sondagsport ens. Toe daar destyds oor hierdie dinge geredeneer is was daar baie emosie, maar na 'n paar jaar kan jy amper nie glo, “dís waaroor mense gestry het” nie. Dit sou goed wees as ons kerkmense bietjie vinniger tot daai besef kom en nie altyd eers baie jare later nie.
Die idee om die tipe spanning wat diversiteit bring te verdra ter wille van eenheid is nie vreemd aan die Nuwe Testament en die vroeë kerk nie.
Al was etiese kwessies vir Paulus geensins onbelangrik nie, lyk dit of eenheid onder Jesus se mense altyd vir hom 'n hoër prioriteit geniet het. Of dit nou gegaan het oor die eet van vleis wat aan afgode geoffer is of sy siening dat bekeerlinge uit die heidendom hulle nie hoef te besny nie (hy laat byvoorbeeld tog vir Timoteus besny ter wille sy interaksie met die Joodse gelowiges).
In die hart van ons geloof is daar ruimte vir 'n diversiteit van sienings.
Sekerlik een van die beste voorbeelde hiervan is dat die leiers van die vroeë kerk besluit het om nie te kies tussen die vier Evangelies nie, maar om al vier in te sluit (om nie die spanning op te los nie, maar om dit te handhaaf) al verskil die Evangelieskrywers se inhoud baie en het elkeen duidelik 'n ander beklemtoning.
As ons vandag hieroor moes besluit, sou ons waarskynlik “die regte een” wou kies. Dit sou jammer wees, want juis in die verskillende weergawes van die evangelieskrywers groei ons insig.
Miskien is waarheid nie soseer 'n voorwaarde vir eenheid, as wat eenheid 'n voorwaarde is vir waarheid nie.
Dalk moet ons opnuut ontdek dat ons mekaar se onderskeie sienings nodig het in ons soeke na God. Saam is ons beter - al maak ons foute.
Ons is vandag verslaaf aan inligting, ook teologiese inligting. Ek kom agter dat die laaste ding wat ek nodig het, is nog iemand wat my vertel van iets interessants wat hy of sy iewers gelees het.
Ek raak bewus van 'n groeiende begeerte na leermeesters wat die mees basiese Jesus beginsels leef.
Wat 'n mens by jou ghoeroe sien is net so belangrik as wat jy by hom/haar hoor - indien nie meer nie . . .
Jy hoef nie met alles saam te stem met wat hierdie mense sê nie, maar ten minste is dit vir 'n verandering nie die ryk jong man wat die goeie nuus van Jesus probeer verduidelik nie.
but we do preach what we practice
- every single day
in every possible way
Read more at https://www.brainyquote.com/quotes/meister_eckhart_38531
Read more at https://www.brainyquote.com/quotes/meister_eckhart_3853
Entitlement is always bad,
but never as bad as when those in power cry victim
these days . . to many influentials resembling Julius Malema, Steve Hofmeyr, Jacob Zuma, Donald Trump . . .
to few Nelson Mandela, Desmond Tutu, Mahatma Gandhi . . .
(Will the good guys win? Don't know..)
09/06/2019
DIE GROOT FIGHT
soos spieëls
met hol poorte
iewers aan die agterkant
poorte na ʼn vreemde lig
skitterende moontlikhede tussen takke
soet ronde holtes
van hopeloosheid en hoop
. . . op my rug gaan lê, opgekyk . . .
“Geluk met u verjaarsdag liewe Jesus”
“Dankie”
“Wat wil u hê?”
“World peace”
“Jo,” sê ek, “wat van 'n liedjie oor u geboorte deur 'n bekende Afrikaanse sanger?”
Dink mense mooi voor hulle name gee? Is hulle dalk aspris? Hoe gebeur dit dat 'n tronk Polsmoor genoem word?
En Weskoppies. Is dit reg om 'n geestesinstelling 'n naam te gee met die woord “koppie” in?
Die Amerikaners is nog erger, hulle noem hulle seuns, Dick. Die naaste wat ons in Afrikaans daaraan kom is, Tielman. Dis asof daai naam ontwerp is om iemand soos ek freudiaans te laat gly. Ek het al gewonder of die ouers bewus was waarmee hulle besig is, of is hulle net erg onskuldige mense?
But with the astronomer, we (and not even he) might never know the error in his/her assumptions and conclusions. The lie is hidden by his carefulness and earnestness - in his logical way of seeking. Thus his theory transforms in to a fact that everyone ends up believing.
But . . at the end science also deceive us. The fact that the error takes longer (centuries?) to be discovered, doesn’t make it less of a lie. Elke nuwe ontdekking ontbloot 'n ou leuen . . .
Truth is hidden in the mystery of nature - and God. Little truths here and there might be known (every now and again) but the whole-truth is unknowable to humans. The whole-truth is a mysterious truth - it only settles in reality, imagination is to weak to hold it.
Solitude in nature x
Simple living x
Community with the poor and true solidarity with the marginalized x
Restitution, reconciliation, effort in making peace x
Open to different views x
Meditation before the pedicure at the spa ✓
Spiritual chats only with the rich and the white and the powerful ✓
Reading nice books about the mystics ✓
Crumbs to the poor ✓
. . . my problem with your theology is not that you are to much like Thomas Merton, Henri Nouwen or St Francis . . . .
Jy het dinge aan die gang gesit wat al meer ‘n bose momentum van hulle eie ontwikkel. En nou is jy te trots om dit te probeer stop - want daar is ‘n deel van die storie wat nooit in die lig mag kom nie (veral nie nou na jy dit so lank ontken het nie) . .
My Lord told me a joke. And seeing Him laugh has done more for me than any scripture I will ever read.
― Meister Eckhart
(not the simple living, not the community with the poor . . . just the peaceful feelings and the nice thoughts . . .)
There seems to be some core differences between the classic contemplative spirituality of St Francis, Mother Teresa, Henri Nouwen, Thomas Merton, Ruth Burrows, Jean Vanier, Richard Rohr, Ron Rolheiser . . . and the contemporary versions gaining more and more popularity today: where the above mentioned persons (and other mystics) are studied and acknowledged, but in practice, the emphasis is on constructing and strengthening individual boundaries rather than cultivating a life of community, solitude and self sacrifice.
Not talking about the theory being taught. Many of today’s teachers will say things like: “contemplation will take you into this world”. But when the lifestyle of the teacher says the opposite, the “into this world” part of the teaching has little authority.
At the core it is often nothing more a “God help me feel better about myself” spirituality - all about finding myself and not so much about giving myself.
A way of finding peace without becoming a peacemaker - without engaging the messiness of this world. It is the “how to be a peaceful rich young man” alternative to the message of the Jesus (maybe why contemplation classes is always so popular among the rich?)
What we plant in the soil of contemplation, we shall reap in the harvest of action.
― Meister Eckhart
(supposed to be..)
If your spiritual practice doesn’t lead you to some acts of concrete caring or service, then you have every reason not to trust it
__ Richard Rohr
“Wanneer ’n bul vier totties het, is daai bul ’n koei en nie ’n bul nie,” sê ek . . .
Ek is 'n dominee, soortvan, maar nie regtig nie, 'n skrywer, maar ek word amper niks betaal nie, so ek kan dit nie 'n beroep noem nie . . .
Public speaker, dink ek nou die dag. Hel ek praat letterlik elke week iewers. Het 'n paar weke terug 17 praatjies gepraat in 2 weke (verlede jaar eenkeer 19 praatjies in 2 weke) Dis reekse by kerke, jeugweke en ander skoolpraatjies, praatjies met dominees, praatjies met maatskaplike werkers, praatjies met onnies, by ouetehuise, selfs by universiteite, opi radio, konferensies, ontbyte, selgroepe, koek en teës . . . maar dit voel nie soos 'n werk nie though - want ek vertel meeste van die tyd net stories.
Dit suck eintlik as ek lees iemand sê op Facebook of Twitter hy of sy is 'n “public speaker”. Ek dink altyd: ag asb, wat doen jy eintlik. Seker waarom ek nie kan dink dat “praatjies praat” my “werk” is nie. Dis g’n beroep nie.
Dalk is my eintlike werk om te lewe, te worry, te droom, te dink? (Dis sulke harde werk 'n mens het gereeld koffie of wyn nodig om dit te kan aanhou doen. En solitude.)
My grootste verantwoordelikheid is sekerlik ons Echo community (ons het 13 huise vol stoute kinders, 'n plaasprojek, programme by 10 skole, kampe, uitreike, eredienste, weeklikse saam etes, allerhande krisisse . . . moeilikheid is ons besigheid!)
Daar is meetings en admin en horders een tot een gesprekke by coffee shops en planne maak en worry oor finansies en weeklikse aksies . . . . maar na 18 jaar het ons 'n formidabele span, so moenie dat ek jou bluf nie, dis nie asof ek vreeslik baie doen nie. Die community ding werk - die Hand 2 kerk idee. Ons is in 'n sekere sin een van die kleinste gemeentes in die land, minder as 150 mense, maar omdat amper almal doelbewus saamwoon en alles deel, kry hulle heelwat meer reg in die gemeenskap as gemeentes met 4000+ lidmate. Baie omgee, baie chaos.
En ek doen minder as vroeër - ons het meer as 40 leiers in ons huise wat saamwoon, 3 maatskaplike werkers, 'n drywer, 'n handyman, wonderlike mense wat die goed op ander dorpe bestuur . . .
After reading Kierkegaard I decided to at least try to be a Christian for one day a week - for a wile.
On that (special) day I would fast, because fasting supposedly helps with awareness - it's a constant reminder of the endeavour of the day. I would read more Bible and spend more time in prayer than usual, try to discipline my mind concerning materialistic, hateful and lustful thoughts . . . and I would spend the night with the homeless on some street corner (the story of how Marina came to make peace with her husband sleeping on the street - a miracle in itself - I will maybe tell on another day).
I always have this wonderful feeling when I walk back home early the next morning . . . but then, literally within minutes, the dark boring contrast of my normal life would start to take over - and soon I would have to learn to be a Christian allover again (sug) . . . . . . . . .
(hulle het hom actually geplaas . . )
Ek lees nou net weer die berig van 'n week of wat gelede oor Solidariteit se besluit om klagtes in te dien by die SAPD, die Gelykheidshof en die Onafhanklike Verkiesingskommissie teen Syanda Gudebe en Lindsay Maasdorp van BLF oor hulle haatspraak boodskappe na aanleiding van die tragedie by Hoërskool Driehoek.
Ek onthou hoe daardie boodskappe my persoonlik ontstel het. Hierdie land is sieker as wat ons besef, het ek gedink.
My gedagtes het my terug gevat na ander soortgelyke uitsprake. Ek onthou ’n swart ou op Twitter se opmerking dat daar nou gelukkig een witmens minder is, na iemand die nuus gebreek het oor 'n vriend wat pas in 'n motorfietsongeluk oorlede is.
Dis egter nie 'n nuwe verskynsel nie.
Dis meer algemeen as wat ons wil erken. Hoeveel keer moes ek as kind hoor hoe die ooms en tannies na 'n nuusberig oor 'n taxi- of mynongeluk opmerk dat daar nou ten minste “minder van hulle is”.
Elke mens wat tragies sterf is iemand se kind, iemand se broer of suster, iemand se vriend . . .
Op 'n stadium skryf ek 'n artikel vir 'n koerant oor die konflik tussen die Jode en die Palestyne na aanleiding van 'n klomp kinders wat dood is en sit die skakel op Facebook. 'n Man wat op daardie stadium 'n ouderling was in 'n gemeente waar ek vroeër die jaar gepraat het skryf in reaksie op die berig dat alle Moslems eintlik doodgemaak moet word.
“Ook die vrouens en kinders?” vra ek.
“Ja,” sê hy, “die goed teel aan soos vlieë”
Ek en 'n paar vriende het vroeg in Januarie op Inhaca eiland in Mosambiek gaan kamp. Terug by die huis laat weet iemand my dat vier jongmense daar verdrink het. Ek soek dadelik op die internet na meer inligting oor die voorval.
Dit was ontstellend. Vier jongmense van Suid-Afrika het verdrink baie naby aan die plek waar ons etlike dae gelede gekamp het. Daar was op daardie stadium 'n soektog aan die gang, al was daar eintlik min hoop dat iemand lewend gevind sou word. Ek het my die angs van die familie en vriende probeer indink.
Amper meer ontstellend was van die opmerkings op sosiale media en onder aan die nuusberigte. Mense het duidelik begin agterkom dat die jongmense wat verdrink het swart was. Meer as een persoon het dinge geskryf soos: “Hulle kan mos nie swem nie wat soek hulle in die see?”. Ander het gespekuleer dat “hulle sekerlik weer dronk was”. Van die grootste kritiek was oor die moeite wat gedoen is van Suid-Afrika se kant af om met die soektog te help.
Hoe dikwels lees mens hierdie tipe uitsprake op sosiale media of onder aan digitale nuusberigte.
Die kommentaar onder aan Maroela Media en Netwerk 24 (om net twee te noem) se berigte is na my mening sekerlik van die swakste vorms van kommunikasie in hierdie land. Oor die algemeen. En dis ná die kommentaar gesif is! Kan jy dink hoeveel Syanda Gudebe en Lindsay Maasdorp tipe opmerkings daar sou wees as dit nie daarvoor was nie.
Ek skryf rubrieke vir verskeie publikasies en dit wil voorkom asof dit dikwels oor en oor dieselfde mense is wat in surf om te kom galbraak. Van hulle geniet die spelletjie so, hulle het meer as een profiel.
Niks goeds kan uit haatspraak kom nie.
Die probleem is dat rassisme vir die rassis slegs 'n probleem is as hy of sy aan die ontvang kant daarvan is.
Daar sal heelwat minder geraas wees in hierdie land as rassiste ophou om kritiek uit te spreek teenoor 'n ander rassiste. Dit word 'n bose kringloop met geen goeie einde nie.
In Noam Chomsky se woorde: “If it is wrong when they do it, it is wrong when we do it.”
https://maroelamedia.co.za/…/meni…/wreedheid-is-aansteeklik/
#baiekortafrikaansekortverhale
Ron Rolheiser explores this further by warning us to be careful not get stuck in the typical radical left/right ideologies of our day, or even worse the comfort of hanging back in the mediocre middle. “Rather go deeper,” he says, “like Jesus, go wherever compassion takes you.” He talks a lot about “carrying our solitude at a higher level”.
This is the way of the early church, the desert fathers, the mystics, the way of mother Teresa and St Francis of Assisi . . . the alternative, the good news of the Gospel - that is counter cultural in its core.
Sy was nie hoogmoedig of 'n snob nie, net gevoel mense van ander rasse moet hulle afstand hou - en die ousie moet buite uit die blikbord eet
Nthando, my joy teacher,
trying her best to teach me her skill
- Richard Rohr
Maybe the problem isn’t that we don’t talk enough...
showing is stronger than telling
(just saying . . .)
love and self sacrifice should be your philosophy
hulle het als gevat
sy tong
en sy lippe
toe praat hy maar met die gun en die klippe
niemand het verstaan nie
maar ten minste was hulle nou bang vir daai lanie
excuse the pun
maar that’s how it all begun
with a man without a tongue
LEEF LIG, eerste eksemplare gekry . . .
hopelik die week op die rakke
(Exclusive Books, Bargain Books, selfs CUMboeke . . .
of direk by my: jacostrydom@icloud.com / 0844777123)
Die suksesvolle lewe gaan oor bymekaarmaak, groter word, groei in status, meer mag, belangriker posisies, groter gemak, hoër punte, vinniger spoed, rekords wat oortref word. Meer, groter, belangriker …
Maar nie volgens Jesus nie. Volgens Jesus moet jy altyd iets laat gaan as jy regtig suksesvol wil wees, as jy nader aan God wil groei.
Jy moet mínder hê, nie méér nie.
Die dissipels moes hulle nette los. Die ryk jongman sy rykdom. Jy moet van jou bitterheid ontslae raak, sewentig maal sewe keer vergewe, die ander wang draai, goed wees vir jou vyande . . .
HUISGENOOT..
"There’s a place where my greatest joy and the world’s greatest need meet, and that, Frederick Buechner would say, was your calling. And I think that’s a pretty good definition of a calling. How do you know when God is calling you? Well I don’t know, in my own life I think that for years I tried to avoid loneliness, because it hurts to feel lonely. Now I’m beginning to recognize that maybe that’s what it feels like when God calls me. Maybe when God is calling, it hurts. Maybe when God calls us, it feels like a pain. And for years in my own life, I tried to drown that pain. I tried to avoid that pain. I tried to fill that ache with all kinds of what I can now look back on and see was a lot of stuff that was destroying me, corrupting me. And to listen to the call of God means to accept some of the emptiness that we have in our own lives. And rather than always trying to drown out that feeling of emptiness, instead of always trying to fill it with a lot of junk, to allow that to be a door through which we go to meet God.
And this is where I think moral purity begins to play in, that almost everything that corrupts us is something we use to fill some kind of ache, some kind of emptiness. And moral purity might be nothing more than a call to accept the ache and to accept the emptiness, and to allow ourselves to go through that to where God is calling us to go. And the joy of the Christian life is that those aches, those needs, that emptiness that we’re going to encounter because we’re human, is ultimately met in Christ, and that everything that we try to fill it with that is not Christ will never really fill it."
- Rich Mullins
It is true for all, and it will always be true no matter who you are, where you are or when you say it . . . (if I said these words ten years ago, it would have been just as true - that would have been the most recent moment in history then - and so on)
there are only probabilities in what we call the future
and there are memories,
but the only thing we truly have is this very moment
only now is now,
the rest are only hopes and dreams
13/03/2019
Die tipe ding is niks nuuts op sosiale media nie, aan die linker en regterkant van die teologiese spektrum.
Ek onthou daar was laaitjies soos hy saam met my op skool. Hulle moes eenvoudig elke nou en dan 'n kind boelie in 'n poging om hulle eie maatjies te beïndruk.
Dis fine dat ons as Christene van mekaar verskil, maar hoe ons dit doen is tog belangrik. Dalk kan ons iets by Dietrich Bonhoeffer hieroor leer.
Bonhoeffer het radikaal van Schleiermacher en Adolf von Harnack verskil. Het hoegenaamd nie met hulle teologie saamgestem nie en dikwels standpunt daarteen ingeneem. Maar hy het dit op 'n gans ander manier as mense soos Frikkie Mulder ens. gedoen (hy het maniere gehad), soveel so dat hy genooi is om op Von Harnack se begrafnisse te praat. Mense wat Von Harnack goed geken het getuig van sy respek en selfs bewondering vir Bonhoeffer.
Die manier waarop Dietrich Bonhoeffer van mense verskil het was 'n getuienis van die evangelie waarin hy geglo het. n Mens kan nie in die naam van die Evangelie op 'n onevangeliese manier van mense wil verskil nie - dan is Jesus lankal nie meer die middelpunt nie.
The most important thing for a pastor/priest/dominee is to live like a Christian
(not beautiful sermons, impressive worship sessions..)
It's our walk that gives authority to our talk - not the other way around
(dit gee mens hoop in hierdie tye)
maar nie oor jou nie
so jy sal nie daarvan hou nie
- Update1: Emile Johnson van C.U.M. het my gebel, hy sê "dit isssie so nie . . ." (ek raai glo verkeerd) boeke soos die verkoop net nie goed nie
- Update2 (Feb2019): uitgewer kontak my vandag, die boek is uitverkoop (binne bietjie meer as 'n jaar - sonder dat hy op die rak by die grootste Christen boekwinkel was), 2de druk nou in die pyplyn . . .
Sy sê sy het deur die nag gehardloop, ʼn keer of wat geval en in haar moegheid en skok vergeet en met die stompies in die grond gedruk. Sy was twaalf.
Maar sy het daai seuns vergewe, sê Mariatu Kamara, want hulle was net kinders soos sy in grootmense se oorlog.
Vandag bring sy hoop sonder hande. Haar boek se naam is “The Bite of the Mango” en ek raak steeds tranerig as ek aan haar dink - haar dapperheid en die weemoed van so baie in Afrika wat nie soos sy kan skryf nie.
'n ou foto van oorlede Hansie die hanslam (een van die hoofkarakters in hierdie tragiese verhaal)
- het Hansie omkring want Jaco Swanepoel is ook in die foto
'n Identiteitskrisis is 'n aardige ding. Ons het hanslam gehad wat het gedink hy is 'n hond. Hy het karre gejaag en ander vreemde goed gedoen wat aanvanklik baie snaaks was, maar nie vir lank nie.
Veral nie toe hy op 'n dag skielik 'n groot skaap was nie.
Sy nuwe slegte gewoonte was om die mense wat by die rivier kamp se kos te steel.
Ek vermoed hy het begin dink hy is 'n mens, as hy lus was vir 'n bier het hy bierblikke begin omstamp (dit sal my nie verbaas as Hansie in daai tyd een of twee skaaptjops ingekry het nie . . .)
Die probleem was Hansie se hardkoppigheid - hy het gedink hy weet hoe dinge werk. Elke nou en dan het hy lekkergoed en chips wat hy steel sommer met die plastiek en al ingesluk, of 'n brood met sakkie en al, of rommel uit asblikke. Dit was vir hom lekker, but it did’nt end well.
Hansie het vroeg gesterf. Identiteitskrisisse is gevaarlik.
Hansie is geen uitsondering nie, ons land is vol identiteitskrisisse. Van dit is snaaks. Soos die pastoor van 'n paar jaar gelede wat gemeentelede met doom gespuit het. Die pastoor moes 'n baie vreemde prentjie van homself gehad het, die mense wat vorentoe gekom het om gespuit te word, nog meer.
Dis is 'n landswye tendens. Eintlik is die hele wêreld op sy kop.
Die ANC het 'n identiteitskrisis. Hulle klink lankal nie meer soos Nelson Mandela nie.
Die Afrikaners het 'n identiteitskrisis, hulle hou aan om dinge te sê soos “Afrikaans is Groot”. Amper soos 'n kind wat probeer afshow.
Wat is fout met klein wees?
En dan is daar die kerk. Sy het duidelik vergeet wie sy is.
Elke nou en dan vat 'n kerkoom my aan omdat ek na die kerk verwys in die vroulike vorm. Waar kom jy aan die liberale snert, wil hulle weet. Die antwoord is, in die Nuwe Testament waar die kerk die bruid van Christus genoem word.
Google Image jy die woord “church”, is die eerste meer as honderd prentjies, fotos en tekeninge van geboue. Sommiges het torings met hoenders op, ander lyk soos ouditoriums.
Elke geslag kerkmense staan voor die uitdaging om die eerste prentjie van kerkwees in die Nuwe Testament te herontdek. Om weer te onthou waar ons vandaan kom, wie ons eintlik deep down is.
Die eerste prent wat 'n mens in die Nuwe Testament van die kerk kry is die van 'n omgee-gemeenskap waar almal alles deel, tot so 'n mate dat dat niemand iets te kort het nie. 'n Gemeenskap van mense wat eenvoudig lewe en 'n groot verskil maak met min.
Waar liefde wen.
Natuurlik is dit nie verkeerd om geboue en strukture te hê nie, kerkgroei het nuwe uitdaging gestel aan die manier waarop Christene hulleself organiseer.
Maar dit kan gevaarlik wees as 'n mens die slaai met die slaaibak begin verwar. Kyk wat het met Hansie gebeur, as hy hom soos 'n skaap gedra het, het hy vandag nog geleef.
As nog een tannie vir my 'n “Maak skoon jou huis” DVD gee, kom ek iets oor.
Moenie 'n fout maak nie, ek hou ook nie van tuindwergies nie - en ek het Liewe Heksie op laerskool laas gelees . . .
Nou dat ek daaraan dink, daar ís actually 'n paar goed in my huis wat die “Maak skoon jou huis” geestelikes se halo’s donker sal laat trek. Byvoorbeeld my Indiese fluit en 'n Keniaanse kitaartjie (met 'n gesiggie op) en die Toa Te Ching in my boekrak en die prentjie van 'n engel langs my bed . . .
Ek sê nie my huis is “skoon” nie (Hier lê ook nog iewers 'n huisgenoot wat my skoonma - nou pun intended - hier vergeet het en 'n paar onbetaalde Etol-boetes)
Die ding is ek verstaan “Maak skoon jou huis” mense nie, alles wat gesiggies het en oud of snaaks lyk moet uit, maar Mammon is soos altyd welkom - vir hom moet ons God dank en ons hande in die lug gooi? (en hy's eintlik die enigste enetjie wie Jesus 'n afgod genoem het)
Ek wil nou nie lelik wees nie, maar ek voel Tiaan Gildenhuys diskrimineer. Hoekom is die Hulk poppe bv. boos? Wat van Barbie en Ken? Is dit omdat Hulk groen is?
“Watse woord?”
“F.A.K.”
“Daar’s ooms wat nie gaan hou van wat jy sê nie..”
Voor ons te ontsteld raak oor kerkgetalle wat daal, voor ons verder droom van 'n groot kerk wat floreer, is dit dalk nodig dat ons net weer onthou wie ons is.
Vriende van my was onlangs op 'n staptoer. Weer eens moes ek dieselfde ou storie hoor: “Ons het te veel goed saamgevat. . ."
Ek is nie 'n vreeslike stapper nie, maar ek het destyds met 'n kajak van die Vaaldam af see toe geroei en dieselfde ervaring gehad.
'n Klomp van die goed wat ek saamgevat het om my reis beter te maak, het presies die teenoorgestelde uitwerking gehad. My kajak was onnodig swaar en het water ingekry.
Ek moes afpak en dinge agterlaat. Om ligter te reis was 'n moeilike maar nodige besluit, 'n besluit waarsonder die reis vorentoe onmoontlik was.
Hierdie beginsel geld ook vir die kerk. Deur die jare het sy al swaarder begin reis, groter strukture gebou, al meer hulpmiddels bymekaar gemaak, dikwels met die beste motief.
In die proses het ons egter vergeet hoe min ons eintlik nodig het. Ons het die kuns van die vroeë kerk om lig te reis verleer. Die kuns om baie te doen met min.
As die vroeë kerk so baie regkry het met so min (hulle het die gesig van die magtige Romeinse ryk verander) is dit onredelik om te verwag dat 'n groot kerk met soveel strukture, geboue en ander hulpmiddels nog meer regkry?
Waarom is die impak van die groot kerk vandag minder as die impak van die klein kerk van destyds?
Waarom gaan dit nie beter in 'n gemeenskap met letterlik 'n kerk op elke hoek nie? Moet daar nie meer vrede te wees in 'n land met soveel vredemakers nie?
Daar is dorpe met meer kerkgeboue as straatkinders en steeds is die kinders op straat.
'n Kerk wat probeer floreer is met ander vrae besig as 'n kerk wat, soos Jesus, haar lewe probeer gee vir 'n stukkende wêreld.
Dalk het die kerk te veilig en te groot geword om in die donker krake van 'n stukkende samelewing in te pas. Miskien is dit nodig om weer die waarde van klein wees en lig reis herontdek.
Ek vermoed dat, of die kerk nou doelbewus gaan stop en afpak of nie, die kans goed is dat sy haar in die toekoms in elk geval in 'n al meer weerlose posisie gaan bevind, en ek is nie seker dat dit noodwendig slegte nuus is vir die evangelie nie.
Volgens Jesus word die evangelie die beste verkondig nie vanuit 'n posisie van mag nie, maar vanuit 'n posisie van weerloosheid. Liefde word geloofwaardig wanneer jy so naby kom dat die een vir wie jy sê “ek het jou lief” jou kan seermaak - in Jesus se geval kon doodmaak.
Wie weet, dalk ontdek die kerk in die proses weer die kuns om baie te doen met min . . .
https://www.netwerk24.com/…/kerk-moet-leer-om-meer-met-mind…
JacoStrydom/Beeld/Ntewerk24/Rubriek/30/01/2019
(nie so maklik nie though)
Remember: you can deconstruct everything and accomplish nothing - stop playing the theo-philo-ego-game and rather start with the Jesus basics . . . (or go study something else - or you too might risk becoming a total freaken hypocrite for life)
Bangladesh is een van die armste en mees dig bewoonde plekke op aarde. Dit is ook een van die lande wat jaarliks deur die meeste natuurlike rampe getref word. Vroeër daardie dag het ek gesien hoe mense op ʼn besige straathoek fietse, Tuk-tuk’s en karre deur kniediep water stoot.
Die lug was nou grys en goud met net ʼn paar vaal silhoeëtte in die verte.
Onder ons het ʼn blou babatjie op die vuil water aangedryf gekom. Ek het geskrik toe ek haar sien en probeer om nie te kyk nie. Toe die boot uiteindelik vertrek het haar lyfie alleen gelê en opkyk.
Is dit dalk beter vir die kind om dood rond te dryf as om in dié hel-hole van ʼn plek te moes lewe? Vir lank het ek probeer om nie weer hieraan te dink nie - maar sy wou my nie los nie.
Ek en Sean het elke aand sommer buite op die dek geslaap, dit was goedkoper.
Partykeer, laat in die nag, het die kind by my kom kuier - dan het ek haar probeer troos, en het ons lank na die sterre en die skaduwees op die bewegende oewer gelê en kyk . . . tot sy weer oor die kant van die boot in die swart water verdwyn . . .
Litnet resensie deur Barend van der Merwe (wat sê hy is eintlik 'n ateïs):
"Confessions oor kerkwees is nie my tipiese leesstof nie. Ek het die boek verniet gekry, en omdat dit verniet was, het ek dit maar gelees. Maar ook om ander redes. Dalk is dit die buiteblad van die boek wat my nuuskierigheid geprikkel het. Jaco Strydom is duidelik nie ’n tipiese NGK-dominee nie. Hy dra ’n beanie op sy kop en maak die vredeteken met die hand. Hy gebruik Engelse woorde en is hip en with it en cool. Oukei, nie dat Engelse woorde my werklik beïndruk nie, maar dit skep tog ’n bepaalde atmosfeer van iets anders as die gewone. En die boek self is darem nie werklik deurspek met Engels nie. Dis eintlik net die titel. Die inhoudsopgawe bevat ’n hele rits opskrifte wat redelik uitdagend sal wees vir ’n tradisionele gelowige. Opskrifte soos “Sê nou die Christene sou vir Jesus volg” en “Die illusie van ‘goeie teologie’”.
Dis nie ’n boek wat mens in ’n sin of twee kan opsom nie. Strydom beskryf die boek as ’n “stirfry”. Dit is ’n versameling van sy rubrieke en webjoernaalplasings oor sy bediening en sy gewaarwordinge daarrondom. Maar daar is ’n interessante goue draad wat deur sy skryfsels loop.
Strydom keer keer op keer terug na een saak, en dit is Jesus. Vir Strydom bly die fokus op Jesus. Daar is ook vir my as ateïs waarde hierin, en dit het my geboei, want ook ek geniet dit om oor Jesus te lees. My eie siening van die Bybel, en spesifiek die evangelies, is dat die sinoptiese evangelies waarlik fassinerende boeke is, en niks minder as literêre meesterstukke nie. Die groot verligting, hoe meer jy lees, is dat daar nie in hierdie boek al weer ’n gedurige gehamer is op die smet van die mensdom nie. Op die soenoffer en Triniteitsleer en die erfsonde nie. Nee, Strydom adem vir my iets van die gees van die Bybelse Jesus en bepleit eintlik juis minder wette en reëls. Hy sê selfs dat die kerk se sinodes minder mag moet hê. Volgens Strydom het Jesus “meer gepraat oor hoe ons moet leef as oor wat ons moet glo” (37). As dit nou nie verfrissend is nie, dan weet ek nie!
Kliek hier om te lees wat sê Cas Wepener, Stephan Joubert en Hennie Stander oor die boek
Toe praat ek oor die ou wat langs Jesus aan die kruis tot bekering gekom het, en sê dis nooit te laat vir 'n nuwe begin nie.
En dis waar. Die Bybel is nie 'n verhaal van goeie mense wat heeltyd die regte ding gedoen het nie. Allermins. Die heilige boek is vol onheilige dinge.
Dis eerder 'n verhaal van mense vol foute wat 'n tweede kans gekry het. Petrus het Jesus verloën, Paulus vervolg die kerk, Moses pleeg moord, Dawid owerspel . . . En dís net die “geloofshelde” van wie ons ons kinders in die Sondagskool leer!
Jy kan nie drie bladsye lees of iemand maak droog nie. Dit begin by Adam en Eva en eindig (op hierdie stadium van die geskiedenis) by jou en my.
Ek praat dikwels met mense buite die kerk. Baie van hulle beleef toegewyde Christene as voorskriftelik. Mense wat maklik ander se foute uitwys. Dis jammer, want 'n mens sou dink Christene sou die Bybel ken en juis tuis voel tussen mense met foute . . .
(my rubriek vandag in Beeld https://www.netwerk24.com/Stemme/Sielsgoed/dis-nooit-te-laat-vir-n-nuwe-begin-nie-20181205 )
"Julle gaan almal doodgeskiet en opgevreet word en julle koppe gaan in lapas soos hierdie een - waar ek nou sit en skryf - hang.
Daar is no-way-out op 'n plek soos die. Julle lot is seker. 'n Feit soos 'n steak. Die mensdom is steeds honger vir julle - al het hulle genoeg om te eet. As jy val, voel 'n gewone oom skielik soos 'n man - en dis belangrik vir gewone ooms.
Dis egter nie net sleg nie - daar is erger dinge as die vinnige einde van 'n koeël. Ten minste kan julle met sekerheid weet nie een van julle gaan vir meer as twee jaar lank pynlik aan kanker sterf soos my ma nie.
You lucky you."
-Jaco
Why don’t churches use their property to bring hope to the community?
Is it because:
A) They do not see it as a blessing to be shared?
B) They do not not really care about the need in the community?
C) They do not believe the Gospel they preach?
31/03/2019
(my FB kommentaar op die ou wat op die Andamans met 'n pyl geskiet is - wat later in Maroela Media verskyn het . . )
Toe ek op die Anamans was, was daar nuus oor 'n visserman wat skipbreuk gelei het op North Setninel en doodgemaak is - een van vele deur die jare. In 2006 het dieselfde lot twee ander vissermanne getref. Hulle lyke is aan pale op die strand gehang as waarskuwing aan besoekers.
In 1974 is daar op 'n National Geographic span met pyl en boë geskiet.
'n Voortvlugtige uit 'n Indiese tronk wat daar beland het is vermoor. Ons weet van ten minste twee skepe daar gestrand is, waar die mense moes veg en vlug vir hulle lewens . . .
As jy “the most dangerous places in the world” Google is die kanse goed dat jy iets oor North Sentinel gaan lees . . .
Maurice Vidal Portman was in die 1880’s op 'n paar ekspedisies na die eiland. Hy het o.a. op een van die ekspedisies 6 mense (4 kinders) as deel van 'n navorsingsprojek na die hoofeiland ontvoer, die volwassenes is dood en die kinders is later teruggeneem. Dalk het dit groot invloed op hulle agressie teen Westerlinge?
Nie waar dat daar nog nooit “vreedsame” kontak gemaak is nie though.
Die Britte het reeds in die 1800’s Onge stamlede van 'n ander eiland na North Sentinel geneem in 'n poging om te kommunikeer omdat hulle gedink het hulle praat dieselfde taal - wat nie die geval was nie.
Daar was ook meer onlangs vreedsame interaksie - voor toegang tot die eiland verbied is - tussen 'n groep Duitse toeriste en die North Sentinals. Niemand weet waarom hulle so vriendelik ontvang is nie.
Daar was ook al studies op die eiland deur 'n Indiese antropoloog.
'n Mens sou die eiland wou beskerm teen Westerse invloed om 'n klomp redes, o.a. omdat hulle waarskynlik swak weerstand het teen ons siektes. Ook die vrees oor potensiële impak van buite op hulle kultuur ens - jammer dat die “Christen gemeenskap” te dikwels gelyk is aan “Westerse samelewing” en kolonialisme, dat ons ons aanvanklike vryheid verloor het.
As mens bewus is van die foute van die Westerse samelewing is dit maklik om primitiewe stamme te verromantiseer. Gaan ook maar rof daar. Utopia bestaan nêrens nie.
Daar gebeur dikwels dinge in hierdie samelewings wat moeilik is om te ignoreer as jy wil hê liefde moet wen.
Vroue het byvoorbeeld dikwels besondere swak status, word as eiendom van mans beskou - om nie eers te praat oor wreedhede teenoor gestremdes, gays, albino's of enigiemand wat bietjie uitstaan omdat hy of sy anders is nie.
Met meeste van die Andaman stamme wat vandag gereelde kontak het met bosbouers, vissermanne en ander groepe van die hoofstroom Andamans gaan dit toenemend al beter - al was dit nie aanvanklik die geval nie.
Groot reddingspogings is byvoorbeeld aangepak om destyds met die Tsunami van die stamme te help. Van die stamme het totale uitwissing in die oog gestaar.
'n Ander interessante feit: Amper al die mense op die erg afgeleë Nicobar eilande, Suid van die Andamans is Christene (94%).
Hierdie Nicobar Christene leef steeds baie primitief - vang vis in selfgemaakte long-boats, woon in gras hutte, vier steeds tradisionele feeste . . .
Hulle is bekend as een van die mees vreedsame stamme op aarde (vroue word o.a. gelyk gesien aan mans - iets wat nogal uniek is vir primitiewe stamme…) en hulle jaarlikse moordsyfer is 0.
(Die sekulêre media is uit die aard van die saak nie gretig om hieroor te berig nie).
Ek het gemengde gevoelens oor die ou wat met die pyl en boog doodgeskiet is. Kan nie help om vir hom en sy familie jammer te voel nie. Gee hom dit: hy was dapper en hy het verseker geglo in wat hy gedoen het. Ek het sy dagboek inskrywings gelees en kan nie help om empatie met hom te ervaar nie.
’n Mens kan baie praat oor die manier waarop hy dit probeer doen het.
Ek besef dis maklik hier waar ek voor die rekenaar sit om vanuit 'n gemaklike materialistiese lewe te oordeel oor ander mense wat 'n verskil probeer maak . . . En as ek dit doen, wat sê ek van die vroeë kerk en die Apostels?
Ons is vandag Christene omdat hulle grense oorgesteek het, gevaarlike en dikwels verbode grense (die vroeë kerk was 'n verbode organisasie).
'n Mens kan krities wees oor wat die ou gedoen het - dis ook my eerste reaksie. Maar, lets face it, ons weet nie wat hy sou doen, sou hulle hom aanvaar nie. Sou hy deel word van hulle tradisie, hulle taal leer ken, saam met hulle woon op hulle manier? Of op 'n tipies arrogante Amerikaanse wyse probeer Bible-bash?
Baie skade is al aangerig deur dit wat mense probeer doen het - dikwels met goeie motief. When helping Hurts is 'n goeie boek.
Maar groot skade word ook aangerig deur die moaners, mense wat selfsugtig terugsit, 100% vir hulleself lewe, bloot krities kyk na ander se pogings, consumers wat net vat en niks noemenswaardig tot die samelewing bydra nie - nie eers probeer nie - behalwe kritiek op sosiale media.
As ek (as volgeling van Jesus) tussen die twee moet kies, kies ek John Allen Chau. Het met sy lewe betaal - en dit lyk nie of hy enige skade gedoen het nie.
Ek vermoed hy sou waarskynlik vir 'n tyd lank tussen die North Sentinels kon woon, sonder dat die res van die wêreld weet, maar die Indiese wette sou dit uiteindelik onmoontlik maak om verder as dit te gaan - definitief vir besoeke deur groter groepe ens.
Aan die ander kant fassineer die idee dat daar nog groepe mense is wat in totale primitiewe afsondering leef my. Ek sou ook graag wou hê dat hulle ten alle koste beskerm moet word teen “Exploits of the West”.
Daarom dink ek die 3km geen toegang radius om die eiland is 'n goeie ding. Wie weet watse effek vrye toegang sou kon hê.
Ek het self gereis deur die gebied van 'n ander groter stam, die Jawarras (met toestemming - al was ek die enigtse Westerling, die res was plaaslike Indiërs wat op die drie grootste eilande gevestig is).
Een van die redes waarom ek destyds daarheen gegaan was bloot die soeke na avontuur - elke nou en dan iets raak gelees oor die Andaman en Nicobar eilande toe ek op 'n stadium in Indië gewoon het . . . o.a. gelees van die beautiful ongerepte woude wat deur die Loneley Planet beskryf is as “Jurassic Park like forests” - en die ongerepte see . . . baie van die eilande is vandag nog totaal onbewoon . . .
en ek was al tuis op 'n paar van hulle (die Andamans, Noord Pakistan, Tanzanië se Pemba, die oop see . . .)
Die probleem is, mense wat bang is doen stupid goed.
Doem-prediking lei dikwels tot selfvervullende profesieë. Hulle saai vrees en haat wat maak dat mense oorreageer in situasies wat lei tot verdere konflik, die konflik word dan voorgehou as 'n bewys dat hulle vrese gerond is, wat maak dat hulle nog dommer dinge doen, selfs geweldadig begin optree, wat daartoe lei dat die ander party begin terug baklei . . . en op die ou einde het jy 'n gemors waarin almal verloor.
Ek onthou hoe ons destyds kakiebos op die plaas gerand het, gewoonlik op 'n windstil dag. Soos die vuur al warmer en warmer brand, styg die lug al vinniger op. Die vuur kry meer suurstof wat tot gevolg het dat hy nog warmer en vinniger brand. Selfs op 'n windstil dag, skep 'n vuur uiteindelik sy eie wind wat hom aanblaas.
Dis die probleem met rassehaat en die groeiende haatspraak oor die algemeen in ons land. 'n Tipe konflik word geskep wat homself aanblaas. ’n Bose kringloop.
Mense is uiteindelik so ver van mekaar af dat hulle letterlik op mekaar moet skree in 'n poging om gehoor te word.
Wat ons nodig het is die teendeel, om nader te gaan en moeite te doen om kennis te maak en te luister, so naby dat ons ordentlik met mekaar kan praat en nie hoef te skree nie.
Dis een ding as jou vrese gefokus is op die mense wat jou rêrig bedreig, maar wanneer die afstand al groter word tussen mense wat mekaar nie bedreig nie, die meerderheid van Suid-Afrikaners, voorspel dit niks goeds nie. Groter afstand beteken gewoonlik groter vooroordele.
Wanneer die afstand tussen ons en die objek van ons vrese groter en groter word word ons al meer oop vir onwaarhede en allerhande stories wat ons vrese bevestig.
Ons is geneig om te soek na bewyse wat ons angstigheid regverdig. Ons doen dit, dikwels onbewustelik, deur die stories wat ons vrese bevestig baie ernstig op te neem en dié wat die teendeel bewys met suspisie te behandel en byvoorbeeld af te maak as verdigsels of gegrond op swak navorsing.
uit my Maroela Media Rubriek vandag
Maar, hier ís meer as 20 NG Kerke (in die Moot 5x10Km radius?) . . . meer as sewentig kerke in totaal.
Krities? Dit maak my van my kop af! Ek begin ernstig wonder of die groepie mense hier rond wat Jesus se verlossing die nodigste het, nie dalk die Christene is nie. Ek sal probeer minder krities wees, as die kerke hier probeer om meer om te gee. Deal?
. . . by 2018 they started to sound more and more like PW Botha
and less and less like Nelson Mandela . . .
11/02/2016
Ek is met 'n dominee getroud so ons is van daai gelukkige mense met baie geld, ons het 'n goeie mediese fonds. Nou die dag is ek in die hospitaal vir 'n operasie aan my enkel. Fantastiese diens.
Laat een nag lui ek die klokkie, want die pyn was erg. 'n Ouerige verpleegster kom effe kruppel by my kamer ingestap. Toe ek haar uitvra, sê sy dat haar voet is ook seer, sy weet nie hoe sy die volgende paar weke se skofte gaan maak nie. Haar operasie is eers volgende maand, in Kalafong.
Toe gee sy my 'n duur inspuiting en stel die lugversorging 'n bietjie af.
Farm murders and attacks should be treated as priority crimes‚ because a specific group is being targeted. Not whites, farmers and farm workers.
The white genocide conspiracy theory driven by Steve and friends discredits any call for action - because it is based on lies, racial bias and bad analysis of stats.
I am disturbed by the 75+ farm murders and the other 19 000 murders a year in South Africa.
en my mond 'n paar woorde
toe’s die begrafnis skielik verby
ek het hulle nie geken nie
- hoe kon ek -
en hulle vir my
maar ek het darem R350 gekry
15/08/2018
- Pierre Teilhard de Chardin
Now the world is “civilized”, with only a few remaining fenced off pockets of wilderness (called "nature reserves")
What a mess..
Een van die beste voorbeelde hiervan is privaat hospitale (waar hulle slegs lewens red as die geld reg is).
Ek is met 'n dominee getroud so ons het 'n goeie mediese fonds. 'n Paar jaar gelede is ek in 'n hospitaal vir 'n operasie aan my enkel. Fantastiese diens!
Laat een nag lui ek die klokkie, want die pyn was erg. 'n Ouerige verpleegster kom effe kruppel ingestap. Toe ek haar uitvra, sê sy dat haar voet is ook seer, sy weet nie hoe sy die volgende paar weke se skofte gaan maak nie. Haar operasie is eers volgende maand, in Kalafong.
Toe gee sy my 'n duur inspuiting en stel die lugversorging 'n bietjie af.
As student het ek 'n stokou, sif, blou geroeste karretjie bietjie groter as 'n Mini gery, 'n Renault 5. Tot my groot frustrasie moes ek soos meeste studente buite die hekke van die universiteit parkeer en ver stap tot by die fakulteit.
Op 'n dag breek my kar vir die soveelste keer. Gelukkig kuier Marina se pa-hulle by ons en hy leen my sy nuwe Mercedes. Net daar besluit ek, vandag parkeer ek binne, tussen die belangrike mense.
By sekuriteitshek, kyk ek bloot stip voor my uit en wys met my regter hand vir die wag om oop te maak. Sonder om 'n woord te sê of 'n vraag te vra, laat hy my deur. Ek kon my selfbeeld voel groei.
Die volgende dag is my Renault weer “reg” en dog ek by myself, net vir 'n proefneming, kom ons kyk of dit nie dalk weer werk nie.
Ek stop voor die hek. Kyk stip voor my. Wuif vir die wag om oop te maak - my gesigsuitdrukking was presies dieselfde.
Skrik my boeglam toe die wag met sy knuppel teen die venster klop.
“Wat dink jy doen jy?” raas hy, “julle moet buite parkeer!”.
Met “julle” het hy natuurlik bedoel “julle met die sif karretjies”.
My proefneming het bevestig dat dit in hierdie wêreld eenvoudig onmoontlik is om belangrik te wees in 'n geroeste Renault 5.
Ek het op 'n stadium in Indië gewoon. Ek was brandarm. Heelwat armer as daai dag by hek van die Universiteit. Vir maande het ek en 'n klomp ander ouens onder 'n palmtak afdak op die grond geslaap en onder 'n enkele kraan gebad. Ek kan nie in 'n tydskrif soos hierdie verduidelik in watter toestand die toilette was nie.
Maar ek het gou 'n trick geleer in my poging om nou en dan 'n bietjie beskawing en gemak te beleef.
Dit was maklik. Ek het het met die goedkoopste bus gery na die middestad en by die eerste vyfster hotel ingestap. Ek hoef nie eers “opge-dress” het nie, die blote feit dat ek 'n Westerling (wit) was het my vrye toegang gegee tot die geriewe - ek het selfs 'n keer of wat kaalvoet opgedaag. Al kon ek nie eers 'n een-ster hotel bekostig nie, het die man by die deur het my keer op keer soos 'n belangrike man behandel.
Jesus was uniek, want Hy het nie hierdie spelletjie van ons wêreld gespeel nie, inteendeel, hy het gesê grootmense moet soos statuslose kinders word, die Samaritane was die helde in sy stories en Hy het dinge gesê soos "wie laaste is sal eerste wees".
Kurt Vanaugut - Slaughterhouse-Five
The Pharisees were fine with God as long as he was in a book, a ritual or a temple. But they couldn’t recognize him when he walked among them. It frustrated them when he walked through their fences to the side of those they despised. His freedom freaked them out.
― Henri J.M. Nouwen
–John Kenneth Galbraith
Dietrich Bonhoeffer
I had a memory of a memory
it didn’t satisfy me
the thirst prevailed
the truth escaped
again
now, only a longing for a longing
- no more wishes for dreams
Sy sê sy besef Australië wil net help (en sy wil nie ondankbaar klink nie), maar sy sien nie kans vir een van daai bootjies saam met ‘n klomp Siriese of Mayanmar vlugtelinge nie, as sy nie kan vlieg nie sal sy dit oorweeg om eerder te bly - en 'n boerboel aan te skaf . . .
met 'n voëltjie
in 'n hok:
jy’s vry sê hy
tweet tweet sê sy
jy’s myne sê hy
tweet tweet sê sy
Voltaire's fascination with the quakers:
A conversation with Andrew Pitt about war
America should not fear North Korea, America should fear America
Dis 'n week later en alles is weer skrikwekkend normaal op die aarde . . . (behalwe vir die Springbokke wat teen Italië verloor het)
Toe 'n joernalis vir WikiLeaks se Julian Assange vra oor hoe dit is om vir vier jaar te moet skuil in die Ecuador ambasade in Engeland, antwoord hy: “One of the best attributes of human beings is that they're adaptable; one of the worst attributes of human beings is they are adaptable. They adapt and start to tolerate abuses, they adapt to being involved themselves in abuses, they adapt to adversity and they continue on”
Wat's dit dié? (dalk is dit die freaken supermaan?!) 'n Tragic-action-comedy met 'n R18 rating vir violence, strong language en seks?
Moet ons lag of huil (of altwee)?
Gaan die flieks begin leegloop omdat mense nou meer nuus kyk?
Vir die eerste keer is ek ook lus om te emigreer, supermaan toe
reality is stranger than fiction
(my rubriek vandag in Beeld se By: Trump, Hillary en die Amerikaanse Christene (vir die wat nie ingeteken is op Netwerk24 nie)
“Perhaps, when we remember wars, we should take off our clothes and paint ourselves blue and go on all fours all day long and grunt like pigs. That would surely be more appropriate than noble oratory and shows of flags and well-oiled guns.”
― Kurt Vonnegut
we need reality and art, solitude and community - it is when we choose only the one and not the other that we are crippled, like a man who would exercise only his one leg
Ek en Marina lê op die bed en lees. Dis Sondagmiddag. Ek hoor iets wat nie te goed klink nie, haal die oorfone uit. Mathilda kom huil-huil ingestap, haar een wang is rooi.
"Sussie het op my kop gesit," sê sy deur die trane.
"Moenie op mekaar se koppe sit nie!" sê ek, hard genoeg dat almal in die huis kan hoor.
Mathilda hou op huil. "Ek het nie op háár kop gesit nie," verdedig sy .
"Maar jy het al," sê ek.
Marina gee haar 'n drukkie en vryf haar kop. Mathilda is tevrede.
Wat is dit met ons mense dat ons alewig op mekaar se koppe wil sit?
― M. Scott Peck
- die toekoms ok . . .
wohooooo soos in nou!
Read more at: http://www.brainyquote.com/quotes/quotes/d/desmondtut454135.html
Read more at: http://www.brainyquote.com/quotes/authors/d/desmond_tutu.html
Read more at: http://www.brainyquote.com/quotes/authors/d/desmond_tutu.h
there’s money in Jesus
there’s money in poverty
there’s money in the gospel
there’s money in the easter bunny
it’s all about you Jesus
bless us more
we will market you
we'll have a party on Easter,
- will even say Mammon is a bitch
(if you put down the whip . . . and bless us more)
I will follow you
(whenever and wherever there’s money)